Skok-onthullings kom glo oor Lily-mynramp

OPVOLG: Solidariteit se mediakonferensie is intussen afgestel. Lees gerus die opvolgberig hier.

'n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Die vakbond Solidariteit het gesê hy sal Donderdag hoogs vertroulike inligting onthul oor die oorsaak van die ineenstorting by die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga, in Februarie.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het gesê die vakbond het die inligting, wat glo bestaan uit verklarings van mynwerkers en ander sleutelrolspelers, op ʼn betroubare wyse bekom en het besluit dit is nou tyd om dit openbaar te maak. “Die tyd het nou aangebreek om die skuldige partye, wat direk tot hierdie ramp en verlies aan kosbare lewens bygedra het, aan die pen te laat ry,” het Du Plessis gesê.

Du Plessis het Woensdag tydens ʼn regstreekse onderhoud op PretoriaFM gesê die inligting en die gevolglike ondersoek daarvan kan moontlik daartoe lei dat die myn se lisensie herroep word of dat strafregtelike aanklagte teen sekere individue aanhangig gemaak word. Hy het gesê die vakbond het met die mynbestuur in verbinding probeer tree oor die inligting wat aan die vakbond bekendgemaak is, maar is met “minagting” behandel.

“Die mynbestuur het ons gedreig hulle sal Solidariteit verantwoordelik hou as die myn se lisensie herroep en die myn gesluit word en ons moet verantwoordelikheid neem vir honderde mense wat hul werk verloor. Ons het gesê dit is belaglik. Ons moet die waarheid wat tot ons beskikking is ontbloot en op die ou end kan ons nie verantwoordelik gehou word vir die mynlisensie wat herroep word nie, want ons het ʼn verpligting in ʼn lewe-en-dood situasie.”

Volgens Du Plessis het die mynbestuur Solidariteit al heeldag met regsaksie gedreig om die konferensie te kanselleer en nie die inligting bekend te maak nie, maar die vakbond het besluit om wel voort te gaan. Solidariteit het ook die myn se versoek Woensdag om oor die aangeleentheid te vergader, van die hand gewys en hulle genooi om Donderdag se konferensie by te woon en daar hul kant van die saak te stel.

Du Plessis het aan PretoriaFM gesê die vakbond sal tydens die konferensie verduidelik hoe hy die inligting bekom het, wat die verklarings behels, watter proses Solidariteit gevolg het in ʼn poging om met die mynbestuur te vergader en die regsgevolge bespreek van die waarskynlike ondersoek wat uit hul onthullings sal spruit.

Du Plessis kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Drie mynwerkers, Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda is in ʼn skeepshouer onder die grond vasgekeer toe ʼn gedeelte van die Lily-myn op 5 Februarie ineengestort het. Nog twee ineenstortings by ander dele van die myn het kort daarna gevolg. Reddingspanne het sedertdien probeer om by die skeepshouer uit te kom, maar was tot dusver onsuksesvol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Orpa ·

Ek kan jou took vertel van how hulls onvelig werk kan due plessis my kontak

Cherokee ·

Dit is jy wat hom wil kontak, nie hy wat jou wil kontak nie. So, as jy met hom wil praat, kontak hom.

Conrad ·

…daar is GEEN aanspreeklikheid en verantwoordelikheid in die mynbedryf teenoor menselewens en veral die omgewng nie. …dieselfde gesigte skuif van 1 myn na ‘n ander….dis die groottste prys wat betaal word…. Myn bestuurders is ‘n vetgevoerde “breed” wat wegkon met MOORD. Dankie en sterkte Solidariteit.

Myner ·

Ken nie die feite nie en kan nie kommentaar lewer nie, maar Alle bestuurders op myne dra Wetlike Aanspreeklikheid onder die MHSA, wat hul verplig om op te tree binne sekere raamwerke om te verseker die veiligheid van werknemers kom eerste. Dis n myn en dinge loop verkeerd, dis nie altyd moontlik om ongelukke te voorkom nie. Die verantwoordelikheid le swaar op jou skouers en dus verdien hul redelike hoe salarisse… Dink Conraad maak n fout om alle myn bestuurslede onder een kam te skeur… Dis nie maklik om al die verpligtinge na te kom soos deesdae voorgeskryf word deur die wet in SA nie, veral as jy omsien na 4000+ werknemers en km ondergrond werk in moeilike omstandighede. Dinge kan vinniger verkeerd loop soos by Lily, alhoewel ek glad nie n uitspraak sal maak voor die ondersoek nie afgehandel is nie…
Myne is gevaarlike plekke maar sonder hul sou hierdie land nie naastenby gewees het wat hy vandag is nie… Moenie oordeel voor al die feite nie bekend is nie… As die bestuur onverantwoordelik was sal hul straf regtelik aangevat word…

Pieter ·

Conrad. Ek sal nogal graag wil hoor waar so ‘n aanmerking vandaan kom. Wat jou agtergrond is in die bedryf en watse voorvalle by gedra het to sulke aantuigings.
Ek sien weer jou opinie uit ‘n ander oogpunt so kan nie met jou saam stem nie

MCS ·

Conrad, weet jy waarvan jy praat? As daai bestuur skuldig bevind word gaan hulle tronk toe! Net soos enige ander mens wat iemand moor in die land. En wie is jy om tese hul is vetgevoer! Wees bly jy dra nie n hele myn , sy werkers en unies op jou skouers nie! Mynwerkers werk ook nie vir peanuts nie, so moet nie al die myn bestuur onder dieselfde kam skeer!

tiger ·

My man se niemand kan hom genoeg geld aanbied om hom te laat terugkeer na ‘n mun toe nie.Hy het ‘n paar jaar gelede bedank ,sy pensioengeld geeis en sy rug gekeer op die mynbou na 34 jaar diens.Hy se ook myn bestuurders het ‘n geweldige wetlike verantwoordelikheid teenoor almal wat onder hulle werk en hy glo nie hulle verdien genoeg daarvoor nie.Veral nie omdat hulle al die unies se snert ook nog moet opvreet nie!Die nuwe arbeids wetgewing sit ‘n tou om hul nekke elke dag.

Tiger ·

Al wat ek kan se is my man het die myn ‘n paar jaar gelede bedank en geen geld sal hom laat terugkeer nie.Hy het 34 jaar onder in ‘n myn gewerk.Myn Bestuurders is wetlik verantwoordelik vir almal wat onder hulle werk op ‘n skag se veiligheid en ek is nie so seker of die geld wat hulle betaal word vir daai geweldige verantwoordelikheid genoeg is nie.

Chris ·

Ek stem nie saam nie ek het werk op Lily myn gedoen en hul het streng reels in plek en die bustuur soos Mike Begg gsan baie ondergrond om te kyk en seker te maak dat als reg loop en dan ek werk nou saam met verskeie myn base en hul almal is baie erg oor myn veiligheid kom ons kyk wat se nuus kom uit vandag

Corrie ·

Hoop Solidariteit kry iets uitgerig! My man het ook op Lilly gewerk n paar jaar terug maar is geboard oor hy n diabeet is….sonder enige uitbetaling….Ons Solideriteit uni verteenwoordiger het 2keer opgedaag met baie beloftes en toe hoor ons net nooit weer van hom nie. So wat tussen hom en die HR gebeur weet ons tot vandag toe nie want my man was net die eerste keer by toe word daar vir hom gese “hulle wil privaat” gesels. So Solidariteit,vee maar eers voor jul eie deur want deur julle en Lillymyn het ons alles verloor. Gelukkig het julle ons nie laat bly le nie,ons het weer opgestaan na 4 jaar!

Johannes Meintjes ·

Die mynwese in Afrika is seker die enkele grootste en voortgesette “koloniale belegging” in Afrika. “Leierskap” in Afrika sit dit onverpoos maar onvolhoubaar voort tot eie finansieele belang en ten koste van die burgery, die natuur en hulpbronne.

Marous ·

Op die kop Johannes. Solidariteit sal sekerlik nie oor hierdie geval sulke direkte uitlatings maak as daar nie ernstige foute was nie.

uil ·

Vakbonde soos solidariteit moet versigtig wees met hierdie tipe uitlatings, doen hulle dit vir roem of wil hulle regtig die bydraende faktor wees dat nog mense in ons huidige ekonomiese klimaat hulle werk verloor.

Nog n mynbou ou ·

Ek daag enigeen uit om n myn bestuurder se verantwoordelikhede te dra en nog steeds gefokus te bly.
Verkeerde dade word deur die werksmag uitgevoer vir verskeie redes vir persoonlike gewin en durf waag om disipliner op te tree dan is bestuurder die vark in die fee-verhaal.
Ek het nog Geen bestuurder raakgeloop wat kortpaaie promofeer nie en hulle is deeglik bewus van die nagevolge Al is hulle onskuldig.

Johan Booyens ·

Dit is so jammer dat oningeligte mense soos Conrad, sulke snert kwytraak. Ek is 37 jaar in die bedryf, en elke fatale ongeluk word deeglik ondersoek en stelsels in plek gesit om lewensverlies te voorkom. Ek is deel van n proffesionele span, wat veiligheid bevorder. Ek wil nie n bestuurder wees wat hierdie reuse verantwoordelikheid dra nie. Elke mens se dood word deur ons Skepper bepaal!

Se maar net ·

Kry maar weer die ou myners (mans) wat kan werk op ‘n myn en dit sal nie gebeur nie! Daar is soveel daar buite met die ondervinding maar nie werk kry op ‘n myn nie!!!! Onervare Kwalifikasies kom maar met ‘n Prys!!!!!!!

pieter ·

So waar(se maar net). Is net oor die 50. Sit al 3 jaar sonder werk en het 22 jaar ondervinding.

Nita ·

Jare gelede het huise op Blyvooruitzicht myn, in n sinkgat verwdyn. Een huis met inwoners en al. Alle intelligente wesens het geweet niemand gaan hulle uitgrawe nie. N gedenkteken is opgerig by die plek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.