Skok oor aanval by Gugulethu-biblioteek

Skade by Gugulethu-biblioteek (Foto verskaf deur Stad Kaapstad)

ʼn Groep betogers het Dinsdag die Gugulethu-biblioteek bestorm en rekenaartoerusting, vensters en deure beskadig.

Die voorval het oor middagete plaasgevind en personeel en biblioteekgangers is met geweld gedreig.

Volgens die Stad Kaapstad was die groep van plan om die gebou aan die brand te steek, aangesien polisiebeamptes later ʼn tipe brandstof buite die gebou gevind het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die voorval word vermoedelik verbind met betogings in die gebied. Personeellede is nie beseer nie, maar is getraumatiseerd ná die voorval. Hy doen ʼn beroep op plaaslike buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsforums om te help om die gemeenskapsfasiliteite te beskerm.

“Ons versoek ook enigiemand in die gemeenskap, wat enige inligting oor dié voorval het, om asseblief die polisie te kontak sodat ons die betrokke persone aanspreeklik kan hou.”

Smith het gesê die omvang van die skade is nog nie bepaal nie, maar dit volg nadat die Bilbioteek en Inligtingsdiens reeds 110 versekeringseise in hierdie finansiële jaar ingestel het, ter waarde van R1 247 864. Dit is drie keer hoër as die vorige finansiële jaar se 58 eise ter waarde van R377 394.

“Sommige van ons biblioteke loop deur onder misdaad en diewe steel enigiets waarop hulle hul hande kan lê, van lugversorger-eenhede tot rekenaars. Deure, vensters en dakke word ook gevandaliseer. Ons is stomgeslaan.”

“Ons werk baie hard om seker te maak ons biblioteke is modern en gebruik die jongste tegnologie tot voordeel van ons gebruikers. Ons SmartCape-fasiliteite is noodsaaklik vir leerders wat navorsing moet doen vir projekte en take, maar ook vir persone wat werk soek en selfs entrepreneurs. Kabeldiefstal of vandalisme en die diefstal van rekenaars ontneem hierdie persone van hierdie geleenthede.”

Die Stad het 104 biblioteke waarvan 17 prominent op die lys van versekeringseise is en 54% van die eise die afgelope drie finansiële jare ingedien het. Die grootste skade word by Bellville-, Bishop Lavis-, Eersterivier-, Goodwood-, Hangberg- en Heideveld-biblioteke aangerig.

“Ons personeel het met plaaslike raadslede begin vergader om die erns van die situasie aan die lig te bring tydens gemeenskapsvergaderings. Die gemeenskappe moet ons hierin ondersteun en eienaarskap neem van hul plaaslike fasiliteite en ons help om die oortreders aan te keer. In baie gevalle weet mense wie die oortreders is, maar hulle is te bang of te apaties om iets te doen. Biblioteke is ʼn baie belangrike hulpbron in die gemeenskap en moet ten alle koste beskerm word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

DS ·

Erken hy dat die polisie nie hulle werk ordentlik kan doen en daarom moet CPF en buurtwagte hulle werk vir hulle doen?

Sdlfbeskikking ·

Ja die polisie verloor die stryd. In n ander berig word gepraat van hoe beveiliging van polisiekantore prioriteit moet wees, so tot polisiestasies self kan nie eers meer hulself beskerm nie.

Casper Labuschagne ·

Dit is nie dat die polisie die stryd verloor nie, dit is dat ons besig is om ons eie toekoms te verloor. Daar is slegs ‘n dun blou lyntjie tussen ons en revolusionêre anargie, en daardie dun blou lyntjie is besig om uit te rafel omdat dit te dun en uitgeput geword het. Dit is nie meer Africa Addios nie, dit is nou Sud Africa Addios.

AmY ·

Hoekom vernietig hulle hulpmiddels wanneer hulle kwaad is? Ek sal dit nooit kan verstaan nie.

Napoleon ·

Dit sal nooit ophou as die gemeenskappe nie eienaarskap en verantwoordelikheid vir sulke bates aanvaar nie. Los hulle eerder en laat hulle vernietig, dan is daar niks; hulle het dit in elk geval verniet gekry.

Anoniem ·

Maar as blankes noem dat mense hulle eie nie sal ontsien nie is ons kolonialisties en bevooroordeeld, en nou? Waarom die skok? Wat jy saai sal jy maai!

Belaglik ·

Hou op om die plekke te VERSEKER en hou op om dit weer OP TE BOU na vernieting . LOS DIE verdomde plekke so nadat dit afgebrand en vernietig is . WIE SPITE HULLE?? HULLESELF!! Laat mense vir eens en vir altyd nou die gevolge van hulle KRIMINELE dade dra want die WET beskerm hulle nie.

bgj van der westhuizen ·

jp smiyh waar is jou meto polizie manne wat ons belasting betales baie geld kos een wee eens die belating betales in die ou wit aeas wat vi dit betaal maa ons ky niks van hulle diens hie nie en nou va jy die gemeenskap en buuwagte moet julle help jlle is net so soos die sapd vewag altyd eimand andes moet julle help julle is daar om ge gemeenskap te beskem sapd en meto nie ons om julle wek te doen nie

Blommie ·

Dis maklik om te se los dit net so, ek voel ook so!
Maar ongelukkig is daar onskuldige mense wat hierdie fasiliteite brood nodig het.
Daar moet net strenger teen staker opgetree word, hulle moet aanspreeklik gehou word vir die skade, maar dan vergeet ek die tronke bars uit hulle nate.
As daar nie strenger wette ingestel gaan word nie. Sien ek nog swaarder tye vir die land

@ Blommie ·

Dan moet die sogenaamde ‘onskuldiges’ maar die skuldiges aan die polisie uitwys sodat hulle die nodige STRAWWE ontvang . as jy dit opbou word dit oormore WEER vernietig en weer ly die ONSKULDIGES daaronder . hoe lank kan jy nog ONSKULDIGES se belange te beskerm deur SKULDIGES te paai en nat te lek? Niemand gaan teen die stakers optree nie . lyk dit vir jou of die REGERING en POLISIE dit ernstig opneem? Dit gaan NET werk as die onskuldiges begin opstaan teen die SKULDIGES!!

PietM ·

Dit is nie die wette wat afwesig is nie, maar die toepassing daarvan. Almal wil net altyd meer wette he. Klink soos die Aussies en Amerikaners wat niks kan doen as daar nie ‘n wet voor is nie.

Casper Labuschagne ·

Nog ‘n triomf vir dekolonisasie. Net soos daar geen opvoeding sonder bevryding bestaan het nie, bestaan daar nou geen toekoms sonder dekolonisasie nie. En so marsjeer ons almal na Pol Pot se jaar zero waar die ware sosialistiese mens bevry sal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.