Skok oor ‘godslastering’ in Engels-matriekvraestel

‘n Foto van die vraestel. ‘n Groter foto met die vraag by verskyn onderaan die berig

Talle Christene – leerders, ouers en onderwysers – het aanstoot geneem oor ʼn vraag in Dinsdag se matriekvraestel vir Engels eerste addisionele taal.

Die matrikulante is in die vraestel gevra om ʼn strokiesprent te ontleed waarin hulle in vraag vier gevra is om die afkorting “OMG” volledig weer te gee.

“My dogter het die vraag geantwoord, maar bygeskryf dat sy dit godslasterlik ag,” het dr. Wikus Buys, pa van die matrikulant en direkteur van identiteitsontwikkeling aan die tersiêre instelling Aros, gesê.

“Ons as ouers leer ons kinders om uit respek nie die Naam van die Here ydellik te gebruik nie. My dogter het gevoel sy word op ʼn geloofsvlak gedwing om teen haar liefde vir die Here op te tree.”

Buys meen die vraag het op godslastering neergekom en was heeltemal onnodig.

“Boonop kan dit as provokasie gesien word of ten minste is dit grof onsensitief van die departement van onderwys om hierdie soort vrae ná nasionale moderering in ʼn vraestel op te neem.”

Buys het verwag dat die onderwysdepartement veel meer wysheid aan die dag sou lê hieroor. “Ek het ʼn formele klag gelê en verstaan van my dogter se hoof dat sy ook reeds talle klagtes oor die betrokke vraag ontvang het en dat die onderwysers in die streek Dinsdag na die vraestel hierop reageer het.”

Buys het bygevoeg dat Christelike Afrikaanse onderwys reeds onder uiterste druk verkeer. “Ons as gemeenskap het nie nou sulke onnodige beledigende klappe nodig nie.”

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê sy departement het nog nie enige klagtes oor dié Engels-vraestel of die inhoud daaroor ontvang nie.

“Ek weet nie hoe ernstig die klagte is nie, maar ek dink die spesifieke vraag kan op verskillende manier geïnterpreteer word en dit is maar op die ou einde wat jy self daarvan maak.

“As mense aanstoot neem is hulle welkom om ʼn formele klag oor die vraag en antwoord by die onderwysdepartement in te dien,” het Mhlanga gesê.

Intussen het Marié Gräbe, ʼn taalspesialis verbonde aan die Skoleondersteuningsentrum (SOS), gesê die afkorting vir “Oh My G*d” soos dit in die woordeboek verskyn is godslasterlik.

Gräbe meen enige vraag wat te doen het met godsdiens moet liefs vermy word in ʼn matriekvraestel, aangesien ʼn wye verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika beoefen word.

“Die vraag is lasterlik, onvanpas en ook disrespekvol teenoor alle gelowiges in Suid-Afrika. Net omdat dit in die woordeboek verskyn, beteken nie dit hoef in ʼn vraestel ingesluit te word nie,” het sy gesê.

Dr. Salomé Romylos, ʼn lektor in Engels as onderrigmedium aan die Noordwes-Universiteit, gesê die Engels-vraestel was van ʼn goeie gehalte en het die geleentheid aan leerders gebied om hul kennis oor die vak en taal ten toon te stel op alle kognitiewe vlakke.

Romylos het egter ook haar kommer oor vierde vraag in die vraestel uitgespreek. “Leerders van ʼn spesifieke geloofsoortuiging kan dit beslis as lasterlik ervaar maar ander leerders sou dit net as ‘Oh my gosh’ verstaan het.

“Hoewel baie tieners die afkorting gebruik en die gebruik van die afkorting en frase in ʼn matriekvraestel die indruk kan skep dat dit aanvaarbaar is, is dit eintlik steeds ʼn taboe vir talle Christene.

“Ek dink kontroversiële afkortings soos hierdie een moet eerder heeltemal vermy word in ʼn opvoedkundige omgewing.”

Die foto hieronder wys die tekenprent met die aanstootlike afkorting (in geel gemerk) gevolg deur die vrag wat daaroor handel (ook in geel gemerk).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

202 Kommentare

Seeskulp ·

Sou ek ook sê. Soms sê ek OMS of Oh my soul vir iets. Oh my gosh is sekerlik veilig om te gebruik. Jammer dat liberalisme ook nou al in ons kinders se kele afgedruk word.

Gerhardk ·

Ag nee-wat! Ouers en leerlinge – of jy nou gelowig of ongelowig is – behoort almal kwaad te wees. Dit is oop vir interpretasie tensy daar duidlik in studiemateriaal na die ware antwoord verwys word. Andersins moet die wat die verskillende weergawe van die kinders reg gemerk word. Dalk moet die wat net een weergawe ken – “Oh my G-d” – ook maar geakkomideer word alhoewel ek dit moeilik vind dat mense nie die verskillende interpretasies ken nie.

So terloops. Snaaks hoe antieke taal- en gode/godsdienste van Europe en ander werelddele vandag nog sy invloed laat geld in die volksmond. Maandag, Dinsdag, Woensdag,…….. en Sondag.

Nici Schulte ·

As mens enige iets anders sou skryf as waarvoor dit regtig staan sou dit verkeerd gemerk gewees het. Almal weet dit is godslaster. Party geen net nie om om te laster nie en hierdeur het hulle die kinders gekry om dit vir punte te doen. Die regte ding sou wees om eerder die punte te verloor.

Hennie ·

Dis ‘n matriekvraestel en daar moet aan hulle verduidelik word dat “fall” = autumn.

Thinus ·

As jy teenoor god kan laster, dan is dit nie die Almagtige nie, want dan kan jy hom verklaar en is sodanige god nie werd om gedien te word nie! Joh 3:12 Ek het julle van die aardse dinge vertel en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek vir julle van die hemelse vertel? Die Almagtige wat ek dien is onverklaarbaar groot en klein en is als en kan nie in een woord vasgevang word nie. Indien jy dan goddelik geskape is, Gen 1:28 en Joh 10:34 Daarop sê Jesus vir hulle: “Staan daar nie in julle wet geskrywe: ‘Ek het gesê: Julle is gode’ nie? As jy as goddelike heilig is en tot niks in staat is behalwe deur God nie kan jy dus nie ‘n woord skep wat anders is as goddelik en heilig is nie en mag niemand dit ontheilig nie. Hand 10:15. Die Afrikaner en Israeliete is keelvol om deur die Satanistiese kerk vervloek te word Mat 23 en Open 6 en Rev 16:13 Toe sien ek uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die vals profeet drie onrein geeste kom wat soos paddas lyk, met Open 19:11-16 Die vals profete word krone gegee, soos woorde soos god, christus toegedig: Mat 27:29, 15:17 en Joh 19:2 en 19:5. Waarom staan daar in Mat 16:20 Toe het Jesus sy dissipels beveel om vir niemand te sê dat Hy die Christus is nie.?

Speedguard ·

Ek is amper dood seker hulle gaan se dit beteken in hulle begrip “Oh My Gosh”

Hannetjie ·

Ja ek het dit ook as ‘Oh my goodness ‘of ‘o my gosh’..ek dink nie negatief nie.Hul wou net reaksie gehad het.Ek glo meerderheid leerders het dit so gepen

Anoniem ·

Kon dit ni maklik oh my goodness gewees het ni. Nogtans geen rede om godslasterik te wees ni

OMG ·

@Anoniem, waar is dit godslasterlik as dit om my gosh is of oh my goodness?

Nettie ·

@Dries – het ek ook gedink.

Goeie hemel, is DIT die soort ‘vrae’ wat aan matriekleerders in ‘n matriekeksamen Engels I vraestel gestel word deesdae? Lieven loven land, ek sou daardie soort vrae eerder op grad 6-vlak verstaan en kon antwoord.

Bren ·

Ja, maar volgens die artkel is dit spesifiek as die godslasterlike weergawe in die woordeboek gelys. Dit is dan die antwoord wat die departement verwag.
N.S. 3 moontlike antwoorde

Aero ·

Ek stem saam fat for vrae baie maklik is. As n’ matriekleerling voel ek dat Engels eerste taal oor die algemeen te maklik is op sekere gebiede. Party vrae word gestel, dan word daar nog vir jou gese hoe jy dit moet antwoord – terwyl jy veronderstel is om te weet hoe om die vraag te antwoord. Ons word te maklik ge “spoon feed”. n’ Ander probleem wat ek het met die van is dat hulle te veel steun op apartheid as n’ tema. Dit kom baie voor in ons handboeke, and baie van ons luteratuur handel ook daroor.

Ek the dit verpes om daardie vraag te moes antwoord in die vraestel. Ek weet dat dit heel waarskynlik n’ Amerikaanse strokiesprent is (as jy kyk na die woordkeuse indie vraestel), maar dit was steeds onnodig en onregverdig om so n’ vraag in die vraestel in te sluit.

SO ·

Onsensitiewe vraag nr. 4. Die slotsom is moenie swak vrae vra en beter antwoorde verwag nie. Die vraag het geen opvoedkundige doel nie en is eerder afbrekend. Net my opinie

Landi ·

Ek stem 100% saam. Regtig nie ‘n vraag wat ek in ‘n matriek eksamenvraestel sou verwag nie.

Lorinda Gerber ·

Is daar dalk iewers `n petisie/iets wat mens kan teken? Ek neem ook aanstoot hieroor. Dis onvanpas en defnotief godslasterlik!

jhl ·

Die Skepper se naam is nie God nie. Die woord God impliseer soos ek verstaan meer n titel. Sy naam is “Ek IS” – volgens Homself aan Moses. Of YHWH. Of Elohim. Moet jy dan nie ook godslasterlik met n hoofletter gespel het nie.

Vicky ·

OMG!!!!!!!! Oh my gosh…word groot! Dis julle wat die lelik in als WIL raaksien, wat als lelik maak.

pieter spire ·

Geloof is n tradisie wat as kinders in ons ingeslaan is en afgedwing was. Ek is baie bly ons almal het gelyke regte in die land en word nie meer spreekwoordelik verdoem na die hel as ons openlik die menings van radikale gelowiges bevraagteken nie. Een voorbeeld is dat die aarde NIE 5 duisend jaar oud is nie.

Lené ·

Dit wys jou net weereens waarheen die mensdom oppad is. Dis afskuwelik om sulke goed te sien. Ek weet vir baie mense (selfs sommige ‘Christene’) is dit ‘n ‘aanvaarbare, alledaagse’ term om te gebruik, en ja, niemand is sondeloos nie, maar DIT is die een ding wat ek nog NOOIT kon OF sal aanvaar nie. Dis asof daar elke keer wat iemand dit so non shalant (???) gebruik, ek hier diep binne in my seerkry. En dis tye soos die, wat ons ‘oudmodiese’ Christene ons stem moet lig.

Lindie Welgemoed ·

My seun het ook geweier om dit te skryf. Hy het net geskryf Oh my gosh , maar ons almal weet dit gaan verkeerd gemerk word. Hy het net gesê hy sal dit nie skryf nie.

Nettie ·

Sjoe, Afrikaners kan darem eng wees! Die afkorting ‘OMG’ kan ook vir “Oh, my gosh” of “Oh, my goodness” staan.

hendrik eng is nie want die vraag kan twee of drie antwoorde he. ·

Dit het niks met Afrikaners te doen wat eng is nie want die vraag kon twee of drie antwoorde he en die departement weet dit . Is daar dan geen ander vraag wat hulle kon vra nie. Liewe hemel, n graad twee kind kan dit antwoord.

Madelaine ·

Dit gaan nie oor eng wees nie.
Dis teen ons Christelike geloof.
MAAR dis ook n belaglike vraag – want watter 1 van die DRIE opsies gaan hulle reg merk? Wat as die Dept se antwoord ‘Oh my God’ is maar my kind het ‘goodness’ of ‘gosh’ geskryf omdat hy juis nie God wil skryf nie??!!!
Ek sê weer: BELAGLIKE en onvanpaste vraag!!!

Michelle ·

Met ander woorde 3 moontlike korrekte antwoorde. Maar hoekom moet ons as Christene terug staan. GEEN ander geloofsgroep sal terug staan nie. Moontlik iets afbrand

Marietta ·

Genade mense gaan soek OMG op google dit beteken Oh My God, asook oh my gosh en ook oh my goodness. En as jy mooi verder lees kom laaste 2 oorspronklik van Oh My God. Ek sien dit as godlasterlik.

Ag asb ·

Jou seun is reg annie … dis die dominee se dogter wat nie blootstelling gekry het met afkortings nie … mag jou seun goed doen en sterkte met die eksamen xxx

Elna ·

My dogter het dit ook so geantwoord “oh my Gosh”so as hulle dit verkeerd gaan merk gaan daar moeilikheid Kom! Ons afrikaners gebruik nie die OMG in ons in ingils (engels) nie want ons is groot gemaak en opgevoed om nie te laster nie.

Lana ·

My seun ook so geantwoord.
Ons weet dis op sosiale media heeltemal bekend wat OMG beteken. Kyk na die Kardashians..Homechannel.
Masterchef..dis die eerste woorde van byna elke sin.
Geen ander geloof sou dit duld nie
So dankbaar en trots op die kinders wat hierdie vraag omseil het.

Nettie ·

Hoeveel van julle sê graag “Jeez” if “Jissie” of Jislaaik” as iets julle verbaas? Dit word afgelei van “Jesus” en is dus ook Godslasterlik.

Ek dink ons moet die groter prentjie in gedagte bring: die feit dat ‘n Amerikaanse strokiesprent gebruik word om ‘n alledaagse situasie uit te beeld (dit moet in Amerika afspeel, want hier in SA wag die kinders nie vir toelating tot universiteite/kolleges soos in Amerika nie) – in ‘n Engels I-matriekvraestel: werklik?

Genugtig, op watter Engelssprekende vlak word matrikulante dan vandag voorberei, as hierdie ‘n vraag in ‘n matriek-vraestel is? Lievenlovenland, dit is geen wonder dat 2/3 van die mense in SA vandag nie ‘n behoorlike gesprek in Engels kan voer nie!!! Toe óns desjare Engels as skoolvak geskryf het, moes ons kon “tenses” – ‘present, past & future’ doen en ontleed, ons moes kon begripstoetse aflê, ons moes sinskonstruksie kon ontleed, ons moes kon ordentlik Engels skryf ……

Ek dink die meeste matrikulante van vandag sou liederlik dop as hulle op óns vlak in Engels moes eksamen skryf!

Slappe ·

Indien dit norm geword het dat woorde wat in n woordboek voorkom aanvaarbaar is, laat dit die weg oop vir verdere vieslike taalgebruik…

Lerato ·

Die eksaminatore en moderatore moet geskors word. Nuwe vraestelle moet opgestel word. Vraestelle word minstens ‘n jaar voor die tyd opgestel.

Was daar iets rassisties in die vraestel, was alle hel los

Scholar ·

Can you hear yourself ?
You yourself said it takes a year for the papers to be made you wanna wait a year for your kid or you to write English

Stokkies ·

Ai.. as jy te dom is om te weet dit moet ‘oh my gosh’ wees dan is dit net jou eie skuld, dis van te veel TV kyk dat almal dink daar net die een weergawe van die afkorting. Dis die hele halaal gesertifiseerde kitskos kombuise van voor af

Frans C ·

Sjoe aangesien dit eintlik ‘n versagtende vormverbuiging is van’ O My God.’
Dit volg die selfde pad as die woord wat Nederlanders dikwels gebruik nl ‘potverdomme’
wat van ‘God verdoem my’ afgelei is.

Wie is nou eintlik ‘dom’ hier?

ES ·

Mense is tog so sensitief – hul sal mos nie Godslastering in ‘n vraestel sit nie. Jy kan mos vir jouself dink – Oh My Gosh (of goodness). Mense moet ‘n lewe kry…

Frank ·

ES, lees Frans C se kommentaar. Gelowiges wat weet/glo dat die gebruik van OMG teen die Here se wil is wil juis DIE LEWE eendag ontvang. Kyk hoe baie verbuigings is daar van ons Here Jesus se naam?

Piet ·

Nee hulle sal nooit God belaster in ons skole nie! Hulle open dan nog elke dag die parlement met skriflesing en gebed en doen soveel moeite die om Godsdiens in skole te bevorder. Die ANC vereer dan nou nog vir Totius omdat hy God so mooi vereer het in die volkslied.

Marietjie ·

Al wil sommige mense dit versag deur voor te gee dit staan vir oh my goodness, of oh my gosh… beide van daardie is steeds godslasterlik, want dit is maar net eufemisme vir die werklike naam van God. So, ja, ons moet OPSTAAN teen hierdie ding!! Onaanvaarbaar.

Troepie ·

Definitief ‘Oh my God’. Dstv het almal afgestomp. Foodnetwork se spul kokke gil gereeld ‘Oh my God’. ‘n Klein pienk hasie op ‘n kleuterprogram program gil dit. Die media maak ‘n bespotting van die Christendom. Die wat waag om te kla, word uitgekryt as verstok en agterlik.

DeVill ·

Hoekom is die “God” in “Oh my God” spesifiek die Christen God en nie een of ander god nie?

Zelda ·

Wat vir jou belangrik is, is dalk weer nie belangrik vir ander nie. Respekteer mekaar se sieninge. As dit nie vir jou belangrik was nie… kon jy maklik net verby gescroll het.

Paul ·

Kan mens nog oor enigiets vandag geskok wees???

In jou lewe!1111

JSO ·

OMG – Dit bekommer my meer dat DIT die tipe vrae is wat in ‘n MATRIEK VRAESTEL gevra word. Enige 4 jarige kind sal jou die regte antwoord gee.

Matriek 2018 ·

Geagte meneer

In elke Language vraestel word daar ‘n afkorting gevra. Glo my matriekeksamens is op standaard. As jy my nie glo nie, probeer self die vraestel doen of nog beter… Doen sommer die Wiskunde en Wetenskap vraestelle. Ek belowe jou jy sal nie 5% kry nie.

AmY ·

As hulle goodness of gosh gebruik, gaan dit seker verkeerd gemerk word?

Bokkie ·

Ek gebruik die afkorting OMW (oh my word) om nie verwarring te veroorsaak nie.

Leon Stevens ·

Oh My Word is ook Godslasterlik. Dit is ‘n versagtende vorm van OMG. Joh 1:1 praat van Jesus as die Woord en Jesus is self God. So, gebruik liewer iets soos Oh My Hat. Net ‘n gedagte. Groete

DeVill ·

As iemand “Oh my god” sê neem ek ALTYD aan hulle praat van hulle EIE god en nie myne nie.

Hoe anders dan want hulle praat van ‘n ander god en nie my God nie, want as hulle oor my God gepraat het sou hulle sê “Oh your God” en nie “Oh my god” nie!

Ek stem egter saam met almal wat sê dit is onnodige om die woord of afkorting ooit te gebruik!

Koos grobbelaar ·

In watter afGod glo jy Deville? As mense se Oh my God praat hulle van God. Praat jy van jou Noorse gode, indiese gode, griekse gode of wie? Daar is so baie gode, wie weet wie is reg en verkeerd!

James ·

Ja-nee. 25 jaar terug, het slim familielede met my baklei toe ek voorspel het dat hul slimgeit gaan lei tot verdomming. “NEE!” was die antwoord, “ons gaan hulle ophef tot by ons vlak”.

“I rest my case”, met ‘n bree handgebaar, en verwys die slim familielede na die huidige standaard van Matriek eindeksamens.

Ek voeg by, met GROOT lekkerte: “Ek het julle mos gese…”

Kameel ·

Wat is die verskil nou julle kyk tog na movies waarin dit duidelik uit gespel word.
Hoe nou.

woordeboek ·

OMG means “Oh My God”
So now you know – OMG means “Oh My God”
Oxford Dictionary, Cambridge Dictionary, Urban Dictonary en so kan ons in almal gaan naslaan

Ag asb ·

OMG …. O MY GOODNESS
O MY GOSH … DIS WAARVOOR DIT STAAN .. DIS NOU WEER DOMINEES WAT AGTER DIE DEUR STAAN WAT DIE MEESTE TE SE HET … KOM BY MAN DAAR GAAN MENSE DOOD EN JULLE WORRY OOR N AFKORTING

Leeutjie ·

Nou het ek gelag…. aanvanklik ook nie geamuseerd gewees nie!!

Afrikaanse Knaap ·

Geen wonder jou matriek sertifikaat in 2018 beteken niks nie. Daai vrae lyk so maklik. My 6 jarige sal dit kan doen.

Seeskulp ·

Sou ek ook sê. Soms sê ek OMS of Oh my soul vir iets. Oh my gosh is sekerlik veilig om te gebruik. Jammer dat liberalisme ook nou al in ons kinders se kele afgedruk word.

Helena. ·

Daar is ook n woord soos ‘gawd’ wat gebruik word in sommige boeke wat ek al gelees het..vir my bly dit onsensitief as daar soveel ander woorde is wat jy kan gebruik b.v. oh my word.

OMW ·

Dis Engels addisionele taal. Dis maklikler vir voor die hand liggende redes. Die Engels huistaal vraestel is van hoë moeilikheidsgraad.

Roelie ·

Liewe Aarde, moet hul nou al tekenprentjies hê om ‘n eksamenvraestel te beantwoord? Die standaard verval totaal en al. Nes die land. Gun wonder hul kan nie meer lees nie.

Zelda ·

Ja hul gebruik tekenprente maar my kind in graad 6 se vraestel was moeiliker as die ene.

Geweeg en te lig bevind ·

Dis blatant provokasie. Ons weet almal waaruit die afkorting tot stand gekom het. Meer kommerwekkend, is dat dit die standaard van vrae aan Matrieks is? Werklik? Seker dis nie ‘n graad 5 vraestel nie?

Snowball ·

Volgende jaar is verkiesing….hoe meer siele deurkom hoe meer stem ons…..

ouer ·

Ons kinders het dit ook as Eerste Jaars by Univ Stellenb ondervind – en dit was nog erger maar De Villiers en Kie het niks daarmee fout gevind nie en ook nie lektore wat Taal aangebied het nie.
Hulle het hard probeer om alles wat ons Geloof is en moraliteit vir ons is probeer afbreek maar ons het oorwin.
Goedheid oorwin altyd kwaad – dit is nou maar so.

Foxi ·

Waarom kla almal? O my genade tog…….60% kan nie spel, skryf of lees nie, al is hulle in matriek! So, ek glo nie baie sal OMG verstaan nie. ???

Bern ·

Vir almal wat hulle monde uitspoel met kommentaar soos “ag asseblief” en “in kele afgedruk”, onthou wat in die Woord staan. As ons die Here ontken sal Hy ons ontken. En nee, ek is nie ‘n dominee of iets nie, net ‘n gelowige.

Ben ·

Aangesien daar baie Gode in die wereld bestaan na watter God word verwys in OMG? Die woord GOD kom van die Egiptiese woord RA af. Dit beteken magtige en ‘n mens wat in ‘n magtige posisie is, is ook as ‘n God beskou. Die woord GOD is so algemeen dat ek nie God lastering sien daarin nie want dit verwys nie spesifiek na die Almagtige nie. Ek sou se godlastering is as ‘n spesifieke geloof se God uitgesonder word en sleg gese word.

kaartjie ·

Waarvoor kry hulle punte want as ek O my gosh/goodness/golly antwoord en dit word verkeerd gemerk dan het ek probleem daarmee!

Ouboet Daan ·

Nee, dit het niks te doen met dom te wees of so iets nie. “Oh my gosh” is nie die algemeen gebruikte verklaring vir die afkorting nie. OMG word wêreldwyd en in die inlitingtegnologiese omgewing vertolk en aanvaar as “Oh my God”. In watter eeu het jy groot geword? Skoenmaker hou by jou lees en weerhou jou daarvan om hierdie afgryse te vergoeilik.

christa ·

ja die koms van ons Koning is vining oppad. Jy kan dit aan die daaglikse omgang van die mensdom sien. Sonde is lankal nie meer sonde by die algemene jeug nie. Dankie vir daardie dogter wat nog waarde geleer het in haar ouerhuis, want by die skool sou sy dit beslis nie geleer het nie.

Annette ·

As jy nie n christen is nie sal dit jou nie pla nie. Maar vir my en my gesin ons neem aanstoot. My dogter het die vrastel geskryf en sy sê sy verloor eerder die punt as om dit te andwoord. Ons almal weet dis nie “oh my goodness” of “oh my gosh” nie. So ja, ons neem aanstoot.

Jax ·

Annette, 10 uit 10 vir jou dogter se besluit om eerder n punt te verloor as om die vraag te antwoord. Ek sou dieselfde gedoen het. Ek sal nie my Vader kan verloon nie! Hy het gesê Sy Naam is heilig – dis hoe ek my kinders ook geleer het! Jy kan uiter wat jy wil maar gebruik my Vader se naam in n onheilige manier en jy sal beslis gestraf word!
Ja, ek is n Christen en boonop n baie spesiale band met my Vader! Sonder Hom, is ek tot niks instaat! Sy Naam is Heilig!!

christa ·

as ‘n matriek eksamen so lyk kan ek sien hoekom vandag se matrieks nie kan lees, spel of praat nie. Dit lyk soos my graad 6 kind se vraestel

rollie ·

Die mense wat so tekere gaan hieroor kyk seker nie Amerikaanse TV reekse en flieks nie. Daar is elke tweede woord OMG en HS.

Michelle l ·

En dit is presies hoekom ek al baie programme ophou kyk het of boeke neergesit het. Stories wat die tipe taalgebruik konstant in my keel afdruk ag ek elk geval nie as kykbaar/leesbaar nie.
Wat is belangriker: my bietjie vermaak wat ek elk geval nie eers die storie gaan van onthou more nie of my oortuiging?

Laurika ·

My seun het die matriek eksamen gister afgelê. Hy dink dis verregaande dat iemand so sal oorreageer daarop. Hy het geantwoord Oh My Gosh. Hoe neem jy aanstoot? Hoe weet jy wat die skrywer hiervan bedoel het met Oh My Gosh? Dis mos oop vir interpretasie? Ek skryf hier: JIFSJI. Weet jy waarvoor dit staan en wat ek daarby bedoel? Nee? Mmmmmm dis oop vir jou eie interpretasie.

Magda ·

Rollie- as jy nie aanstoot neem nie, moet liewers niks sê daaroor nie! Realiteit is dat min mense is bereid om op te staan vir hul Christenskap en ek is trots om te sê ek neem aanstoot. En o wee.. die Departement praat strooi, ons is 10 ouers was reeds amptelike klagtes net na die vraestel ingedien het. Hule weet nie wat gaan aan nie, dit is hoekom ons onderwysstelsel” down the drain “is

Nick ·

Almal wat die afkorting met ‘n alternatief kon antwoord moet ‘n bonuspunt kry vir kreatiwiteit.
Mense gaan in ‘n verskriklike klomp watte toegedraai moet word om nie ongure woorde of afkortings te hoor nie. Solank jy weet dis verkeerd en jy gebruik nie daardie woorde nie, dan is jy mos op die regte pad.

Venter ·

“gosh” is slegs n eufinisme vir “G-d” wat meen n term wat sagter van aard is, so nee – dit is heeltemal verkeerd.
“goodness” klink veel beter maar dit is weereens n sagter manier wat in gebring was om G-d te se omdat die oorspronklike term “Oh My G-d” so kras geklink het.
Behalwe vir die feit dat die bedoeling van die term teen die grein van my geloof loop en daar geen verskoning is vir die gebuik daarvan nie, is ek totaal geskok oor die kwaliteit van die vrae wat skool kinders moet beantwoord deesdae.

Louwkie ·

Laat die land saam staan die opsteller van die vraestel en moderators moet afgedank word.

Corne ·

Ag regtig as dit n Matriek 1ste vraestel vraag is kan n Laerskool kind dit ook beantwoord. En OMG is Oh My Gosh of Oh My Goodness dis n term wat baie in oorsee gebruik word. Ek weet eerlik waar nie hoekom mense vandag Godsdiens aan als wil koppel nie. Regtig mense kom by. Een het nou weer n ding verkeerd geuiter en nou wil almal n bohaai maak daarvan. OMG is Oh My Goodness Oh My Gosh alhoewel daar baie na Oh My God verwys word in oorseese tv programme gelang seker maar van persoon tot persoon hoe jy dit wil opvat. Small things amaise small minds.

Landi ·

Corne, ons almal weet mos waarvoor die afkorting staan en dis nie o my gosh. Die kinders is lief om o my gosh voluit te sê, want jy kan die gosh so lekker uitdruk. Dan ook waarna verwys gosh, is dit nie maar ook ‘n aflyding nie. Net soos daar sal gesê word “oes” of “soep”, maar almal weet wat eintlik gesê word

$ ·

Corne dalk moet jy eers bietjie woordeboeke gaan naslaan en Engels leer spel voordat jy jou wil uitlaat oor wat Engelse afkortings beteken en Engelse frases wil aanhaal …

Zelda ·

@Corne .
Alles wat ons doen behoort aan God gekoppel te wees… jou hele leefwyse…. ek doen dit eerder voor ek in die hel n ewigheid moet verduur. So ja ons sal opstaan vir dit en alles koppel aan godsdiens (soos jy dit stel)

Frans ·

Slegs ware Christene wat nie WIL toegee EN ingee dat die misbruik van ons Here se Naam ‘n moontlike antwoord op die vraag (vraestel) gaan wees nie, sal die afkorting OMG as godslasterlik teenstaan. Die mensdom is al so gebreinspoel dat die afkorting onmiddelik as iets anders “gesien” word. In feitlik elke engelse fliek, asook sommige gesprekke tussen mense word OMG as “O my G*d” gebruik. Dit is ‘n jammerte dat mense se morele en godsdienstige waardes so laag geval het dat “alternatiewe” antwoorde op OMG baie vinnig verskaf word. Luister maar hoe ons jeug en volwassenes die afkorting OMG godslasterlik gebruik SONDER dat hulle dit eens agterkom. Die vraestel se vraag was uiters onsensitief omdat die opsteller(s) daarvan geweet het dat dit meer as een betekenis het, waarvan een ‘n godslasterlike betekenis is. As jy dit nie so wil insien nie, is die afkorting vir jou aanvaarbaar OMDAT ‘n godslasterlike antwoord nie “MOONTLIK” is nie en stem jy saam dat selfs ‘n godslasterlike betekenis daarvan dus aanvaarbaar is. Julle kan my maar uitmaak as “oorgevoelig”, maar so begin ons Here se Naam op taktvolle wyse onteer word in skole en vervaag die ontsag wat ons vir die Naam van ons Here het. Dit skole WIL Christelike godsdiens verwyder. Waarom dan nie begin deur kinders (en lyk my sommige ouers ook!) gewoond te maak aan sulke “aanvaarbare” “onskuldige” uitdrukkings soos OMG nie?

Nico ·

Wat my veel eerder bekommer is dat daar sulke tipe vrae in ‘n MATRIEKVRAESTEL is(!!!)
Liewe Hemel mense, dit lyk eerder na ‘n vraag wat leerders op LAERSKOOL vlak hoort te kry….
As dit die vlak is waarna ons standaarde gedaal het, dan sien ek GEEN hoop vir one land.

Matriek 2018 ·

Beste slimkop nico

wil jy nie maar n paar gr 12 fisiese wetenskap vraestelle van die internet af trek, dit probeer doen en dan weer besluit oor jou kommentaar nie. Jy sal jou agterent sien. dit belowe ek jou

Janine ·

Matriek 2018: Daar bewys jy Nico se punt. Geen hoofletters, geen vraagteken…. Julle sou beslis nie 25 jaar terug Matriek gemaak het nie, wat nog te sê van deurkom! Ons is deur skool sonder die Internet, sakrekenaars en afgebakende werk voor elke eksamen. Sterkte nietemin met jou eindeksamens.

Callie ·

GOD waarsku teen die ydelike gebruik van SY Naam. Vandag probeer almal die Bybel aanpas by hul lewensstyl. Dit is hoekom daar uit biljoene net n paar duisend die ewige lewe sal be erwe. Maak maar dit af of lag dit af. Almal weet dit is deel van liberalisme om Godsdiens te reduseer tot n nietigheid

Spook ·

Waarskuwings en dreigemente van spoke is niks werd. Die tyd dat die NG en NP jou brein beheer het is verby.

Stan ·

God is nie ‘n naam nie. Ons Christene het ‘n God wat se naam YHWH is. GoogleGod’s name?.
Sataniste se God se naam is satan / duiwel.

Aster ·

Origin
Early 20th century: from the initial letters of oh my God! (the final elements may sometimes represent goodness, gosh, etc.).

Leeutjie ·

Linda dit is nie vir my n grap nie. Ek neem aanstoot met jou antwoord. Dit is onvanpas!!!

Anton ·

Ek is self ‘n matriekleerder wat gister hierdie vraestel geskryf het. Ek het die vraag nie geantwoord nie en eerder verduidelik hoekom ek dit nie kan beantwoord nie. Dit is vir my hartseer dat ek gevra word om God se naam te misbruik. Soos die Heidelbergse Kategismus skryf in Sondag 36 is daar geen sonde wat vir God erger is as die lastering van sy Naam nie. Daarom is ek vreeslik ontsteld hieroor. Ek hoop dat daar genoeg druk op die Departement geplaas sal word om hierdie vraag te skrap en verskoning te vra. Hierdie Godslastering mag nie toegelaat word nie,

Michelle l ·

Dankie Anton. Met jou houding en geloofsoortuiging gaan jy nog ver kom.

Werner ·

Anton, net toe ek dink ons is gedoem met die jeug van vandag, lees ek jou kommentaar! Voortreflik, met sulke jongmanne gaan alles sommer voor die wind wees in die toekoms!

Josua Keys ·

Maak nie saak hoe graag van die lesers dit wil regverdig nie “OMG” beteken O MY GOD, o my “GOD”(Christus) in Afrikaans, dis duidelik!!!!!! Die vraag hier is waarom het hulle dit in die eerste plek in die vraestel toegelaat???? Die afkorting is in hoofletters geskryf, dit is duidelik wie hier aangeval word en dit in ‘n sprokies prenjie storie om die kinders en lesers te flous en God op die manier te tart en ‘n bespotting van Christene te maak. Waarom het hulle dan nie “omb” (o my boeda) of “omm” (o my mohamed) of “omc” (o my chrishna) of “omt” (o my tokoloshi) of “oms” (o my sangoma) of “omm” (o my mandela) gebruik nie, want dit is nie in ‘n woordeboek opgeneem nie en het nie n betekenins nie, so as jy jou aflyding wil maak soos in van die kommentare hierbo die geval was het ek vir u ‘n paar voorbeelde van ‘n afleiding!!!! Dit is duidelik wie hier aangeval word maak nie saak hoe jy dit wil regverdig nie. Dit is ironies dat ons kinders in prentjies die valsheid van Satan en sy magte moet ondervind en so moontlik hul grootmens lewe na Graad 12 in valsheid moet begin. Geen ander geloof was hier aangeval nie, sou die vraestel uit een van my afleidings bestaan het was die land reeds aan die brand, skole verwoes, paaie met brandende bande versper en oom Jan weer die skuld gegee. Dis maar my afleiding!

Thinus ·

Die woord “God” is nie lasterlik nie, dit verwys na die Duitse woord “Gut” wat in Engels “Good ” is waarvan die middelste o laat verval is om God te vorm? En is die eerste keer gebruik deur die Ariese koning tydens die sitting van die Eerste Raad van Nicaea in 325 AD deur die Romeinse keiser Konstantyn, n Baal aanbidder Mat 16 en 23 word nou deur Opeb 6 in werkingestel, met die stigting van die Christen kerk of Abrahamitiese gelowe.! Die erfsonde ingeskryf die tweede gedeelte van die Tora! Daar moet duidelik verstaan word daar is n radikale verskil tussen die Abrahamitiese gelowe wat van Ur kom, en Israel van Salem. Ur is in die Suide van Irak wat die Sewe sterre liggame aaanbid, daarom verwys Openb 13:18 dat as jy die wysheid, of “sophos” het dan sal jy die 666 kan verklaar, terwyl 666 in Papyrus 115 met 616 vervang word, die 46164 van die Totale Strategie wat, die Masorietiese Pentateug, Moabitiese Steen (Meshe Stele 613 Joodse wette )waar die eerste keer die Joodse Tetragram YHWH verskyn asook Sumeries Pentateug en by Nicaea word die Septuagint bgevoeg en word dit 46664. 666 is die som van die eerste 36 natuurlike getalle, maar ook die kwadrate van die eerste 7 priemgetalle en dan na Gen 2:2 wat dan een van die Grootste ontdekkings van die 19de eeu weerlê word, die heelal brei vinniger uit as wat die mens verken El Elyon rus nie. God beteken ook Pous!!!

Frans C ·

Sjoe dit is ‘n mondvol,maar dit maak dit nie die waarheid nie.Die onstaan van die woord gaan veel verder terug as dit.Die presiese betekenis wat dit oorspronklik beteken het is nie bekend nie.
Dat dit later ander betekenisse in verskillende tale gekry het maak die misbruik daarvan
nie minder aanstootelik nie vir Christene. Die woord het ook verwys na na ‘n gees wat gewoon het in die heuwel van klippe en grond wat oor grafte gebou is.

Jy kan ook nie sonde.’n afwyking van God se plan vir jou, erf nie.Jy kan wel lei aan die gevolge van die sonde wat jou voorgeslagte gepleeg het.Daarom staan daar ook in God se ooreenkoms met sy uitverkore volk in Eksodus 20.
5…..Ek verdra dit nie dat jy in ander gode glo nie.Ek reken met almal af wat hul rug op My draai,selfs met hulle kleinkinders en agter kleinkinders.
6.Ek bly getrou en my liefde bly vir altyd staan vir duisende geslagte lank vir almal wat lief is vir My en aan My gehoorsaam is.’

Die ou verbond het verby gegaan en om die rede het die voorhangsel wat die vertrekke in die tempel verdeel geskeur toe Jesus deur hemel en aarde verstoot,die offer gebring het wat tot versoening vir ons,God se aangenome kinders,deur Christus,gelei het.

Thinus ·

Ek het boeke geskryf oor hierdie onderwerp, wat deur die kerk en staat vernietig is? En ses aanslae opmy lewe oorleef, oor wat ek se!! Jesus was nie ‘n Jood nie, maar ‘n Israeliet wat die moord, of “Nag van die Langmesse” die uitmoor van Israel 722 VC te Nineve oorleef het. Daarom verwys hy na die teken van Jona. En se hyself dat hy nie Christus genoem mag word nie, Mat 16:20 hoekom nie terwyl hy waarsku teen die suurdeeg van die Mosesstoel – Mat 23 en dan hulle veroordeel! Hy se self dat elke individu is “godelik” Gen 1:28, en let op Joh 10:34 Daarop sê Jesus vir hulle: “Staan daar nie in julle wet geskrywe: ‘Ek het gesê: Julle is gode’ nie? Hy verwys na “julle” en in Gen 14:20, Hebr 7 word verwys na Melgisedek, maar ook na hom verwys as “Koning” terwyl die Israeliete geen koning gehad het nie, Rigters 17:6, 18:1,19:1 en 21:25. Jesus verkondig dan ook dat die kerk suiwer afgodsdiens is Mammon en vleg ‘n sweep en dryf hulle uit die tempel? Verder glo hy nie aan erfsonde nie Joh 9:3 en Ese 18:2 “Waarom gebruik julle in die land Israel hierdie spreekwoord: ‘Die vaders eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande stomp’? Moses word met Satan verbind Mat 23 en Juda 1:9 verder Trianisme Rev 16:13 ….uit die bek… draak …. die dier …. mond ….vals profeet drie onrein geeste kom wat soos paddas lyk.

Frans C ·

Hoe meer kommentare gelewer word,hoe duideliker word dit,dat mense dieselfde teks kan lees en dit dan op hul manier van siening van sake vertolk.Thinus maak ‘n paar wilde aansprake veral oor Mat 16.vers 20.
Daar lees ek:
20 ‘Nadat Jesus al hierdie dinge vir die dissipels gesê het,het Hy hulle verbied om vir ander mense te sê dat Hy die Messias,God se Gestuurde is’. Deur hierdie verbod bevestig Jesus presies wie Hy is en bevestig weereens Simon Petrus se belydenis in vers 15.U is die Christus.die Redder wat deur God na ons gestuur is.U is die Seun van die lewende God.’

Hierdie groot waarheid sê Jesus is deur sy Vader wat in die hemel is aan Petrus bekend gemaak.Jode is eintlik ‘n verwysing na die stam van Juda en Israeliete as afstammelinge van Jakob.’n Mens kan dit natuurlik baie meer ingewikkeld maak, maar ‘n eenvoudige vergelyking sal wees: Mense wat van Suid en Noord Holland kom is Hollanders,maar ook Nederlanders omdat hul in Nederland woon,
Dat na alle nederlanders, al is hul ook Friese as Hollanders verwys word,is redelik algemeen in die algemene Afrikaans.Inwoners en burgers van Israel kon dus na verwys word as:’“Israelim” in Hebrew “Israelis” in English.

Johnnie ·

Gods lastering gaan nou al meer en meer voorkom. n Week gelede kyk ek nuus op tv2 en hulle praat toe oor halloween en die aanbieder reken toe dat halloween aand die mees heiligste aand is. Ek wonder net hoeveel christene het dit ooit opgetel wat daar gese was. Maar die christene is nie eers meer lou nie maar yskoud en satan lag vir die sogenaamde christene want al wat n geloof is is mos deesdae n christen.

RG ·

Die Halloween storie grief my lankal. Waarom kan ons nie iets meer positief van die Amerikaners erf soos’n dag van Dank Betuiging nie?
Ek wens net ons kan nou op ‘n punt kom waar ons besef dat ons Afrikaner kultuur in die grond in vertrap word sodat ons eerder ons energie kan vestig op ‘n alternatiewe behoud in stede van te hoop dat dit sal beter gaan.

Baal ·

Verskoon my, maar ek spot nie jou god en kersfees nie. Ek vra dat u asseblief ook my geloof ten opsigte van halloween sal respekteer. Dankie dat u verstaan.

bosluis ·

Ek dink enige van die 3 woorde met n ‘g’ sou aanvaarbaar wees, ek dink die toets het meer gelê in of die leerder begrip het vir die uitdrukking

Leonard van der Dussen ·

Die godslastering is verkeerd. Dis reg dat daar verontwaardiging uitgespreek word. Daar moet aksie kom, nie net protes nie, maar langtermynaksie om te besef dat christene se kinders in christelike skole hoort, en nie die staatsbesoeldelde weergawe daarvan nie. En nie net christelike skole nie, maar ook christelike leerplan met eie eksaminering – laasgenoemde is ‘n lang pad voordat dit werklikheid kan word, maar dit moet NOU aangepak word.

Piet parys ·

Die persoon wat gese het net omdat die woord OMG in die woordeboek verskyn se dit nie dat dit buite die woordeboek mag gebruik word nie . My ou woorde boek het nog die K woord in en daar is i helse bohaai daaroor maar dan sit hulle nie dit in i vraestel en vrae wat dit beteken nie. Amen

Kleuterskool Vraag ·

Wanneer gaan die klomp “groot Christene” ooit leer dat die woord “god” of “God” ‘n TITEL is en geensins die naam van enige iemand is nie. Die God van die Bybel se korrekte Hebreeuse naam is JHWH (uitgespreek as Jahweh of Jehova) en sy Hebreeuse titel is Eloah (enkelvoud) of Elohim (meervoud) wat beteken “die God bo al die gode”. Jesus Christus se korrekte Hebreeuse uitspraak is “Jeshua Mashiach”. Jy kan dus nie die Christen God se Naam “ydelik gebruik” wanneer jy die woord “God” sê nie, want dit is slegs ‘n TITEL wat ook na baie ander gode kan verwys. Al die ander gelowe gebruik óók die titel “God” vir húlle gode. Waarom dan so afgaan oor die titel woord “God”? Waarom leer julle nie liewer om Sy korrekte Naam gebruik nie?

Andrea ·

Jy mag reg wees, maar ek het grootgeword met die naam/woord ‘God’ wat verwys na die Vader, die Skepper, die Almagtige. So vir my sal dié woord altyd die naam van die Almagtige Vader wees. Ek heg dus spesiale eerbiedige betekenis aan die woord, en vind dit onaanvaarbaar dat dit so lukraak gebruik word. Eks te oud om nou nuwe dinge te leer en eks baie seker my Hemelse Vader hoor my as ek bid tot Hom en Hom aanspreek as my God en Hemelse Vader.

Dafer ·

Dit is TAAL. Dit was nie ‘n eksamen om moraliteit te toets nie! Dit is die taal wat gebruik word!

Johan Neuteman ·

Dis lastering van God se Naam word in die derde gebod uitdruklik verbied, en is iets waaroor ons nie soseer ons regte as christene moet praat nie, maar moet getuig en die uitroep daar is net een ware God en Hy alleen moet geprys word.

dom ·

ag boohoo…. het die kerkmense nou weer niks om te doen nie ! ! !

vraag ·

Hmmm, goeie vraag ja, en is die woord “God” nie bloot ‘n titel nie? Dit is mos op sigself geen “naam” nie, dan nie?

Fielies ·

Ek is seker as hulle Engels vir die kinders leer en ‘n Engelse vraestel vir hulle opstel hierdie nie eers daarin sou voorkom nie, maar nou blyk dit dat ons kinders Amerikaanse Engels leer en ook so vraestel kry. Die Amerikaners kan in elk geval nie behoorlik Engels praat nie en by hulle is elke 4de of 5de woord in elk geval OMG.

waarheid ·

Dit gebeur by die universiteite ook – glo my.
Dit het met my eie Offspring gebeur .
Die lektore in taal asook die rektor(tum) voel ‘n veer – .

Spook ·

Dankie tog – dan vorder ons. Sou dit verwag by instelling waar std 8 nie die norm is nie.

Jannie ·

Ons GOD se Naam word nêrens in die storie genoem nie…….so watar is die Godslastering? Elke geloof verwys na hulle god as God!! Die GOD van Abraham, Isak en Jakob (Die Groot EK IS) se naam is YHWH en daar word na HOM as Elohim verwys!! SY Seun, ons Verlosser en Saligmaker se Naam is YASHUA!! So, waar is die Godslastering in die vraestel?

Juretha ·

Geen kommentaar wat dit anders probeer bewys sal werk nie, want soos ons almal weet gebruik die Amerikaners en BAIE ander lander as LASTER.

Julia ·

Verander dit Na OMM “Oh my Mohammed” en Kyk wat doen die Moslems met julle

Cilliers du Preez ·

4.1.3 Write the abbreviation of ‘OMG’ in full.
“OMG” is die “abbreviation”. Wat sou die regte antwoord wees?
Die vraag vra duidelik om ‘n afkorting neer te skryf.
Hoe kort mens OMG nog verder af? O… Aarde?
Moes dit nie dalk wees “Write the full words of the abbreviation ‘OMG’

Snowball ·

Jy is reg. Dit moes eerder wees: “Write the abbreviation OMG, in full?” Maar nou ja, soos die grappie loop, kom die nuwe onnie by die skool en word gevra: “Are you the new teacher?” waarop dié antwoord: ” Yes, I are”….interesting times!?

Andrea ·

Jy mag reg wees, maar ek het grootgeword met die naam/woord ‘God’ wat verwys na die Vader, die Skepper, die Almagtige. So vir my sal dié woord altyd die naam van die Almagtige Vader wees. Ek heg dus spesiale eerbiedige betekenis aan die woord, en vind dit onaanvaarbaar dat dit so lukraak gebruik word. Eks te oud om nou nuwe dinge te leer en eks baie seker my Hemelse Vader hoor my as ek bid tot Hom en Hom aanspreek as my God en Hemelse Vader.

TC ·

Skokkend! Almal gaan so tekere, maar jul het nie die vraag eens behoorlik gelees nie. Give abbreviation of OMG- dit is die afkorting! Vraag moes eerder wees what does OMG mean…. lees eers voor jy stupid kommentare gee, want dit plaad jou min of meer op dieselfde vlak aa die persoon wat hierdie simpel vraag opgestel het!

George ·

Wat ‘n vraestel! Geen wonder ek kan deesdae sekere mense se Engels gladnie verstaan nie. Veral oor ‘n telefoon!!!

Elize ·

Tyd dat ons net soos ander gelowe opstaan teen hierdie tipe van ding. Almal kan dit saggies afmaak as o my soul ens. Maar Jy en ek weet wat dit eintlik is. Staan op vir ons God se Heilige Naam. Kom aan!!!

Stripes ·

Ons weet alaml waarvoor OMG staan en ons weet dat dit van oorsee af ingewaai het met die gebruik daarvan in flieks, utube, facebook ens. Moet nou nie dat skeinheiligheid die oorhand kry nie. Oral word Godsdiens afgewater, in skole verban, kerke loop leeg maar dan word daar vinnig gevra “bid hiervoor of daarvoor”. As God deel was van ons lewens soos dit hoort, sou die land nie in die gemors gewees het nie en daar nie so baie elendes gewees het nie.

Net êk is is mos "reg" want ek sê so ·

Al is dit ook hóé opsigtelik dat die woord “God” slegs ‘n titel is en geen naam nie, sal sekeres hierbo steeds aandring dat net húlle “reg” is. Dis is tipies die houding wat sekere “christene” sal in neem, al bewys jy hulle verkeerd, en al verwys bv ‘n Moslem ook na sý god as “God”. Sekere christene sal net aanhou om die titel “God” eksklusief as húlle God se “Naam” toe te eien, terwyl dit inderdaad geensins korrek is nie.

Zelda ·

Maar dis omdat ons wéét daar is net EEN God….. geen ander nie!!! Amen

jaco ·

in die apartheidsjare het ek in die skool se godsdiensklas geleer dat net die doop van babas die enigste en die regte en die ware vorm van doop is.
Ek het ook geleer dat apartheid die wil van God was…
So ja, dinge was toe ook maar nie te lekker nie

Ironies ·

Ai, hoe ironies is dit tog nie dat dit die “grootste Christene” is wat nie eers weet wat hulle eie God se ware Naam is nie? Daar is soveel mense daar buite met die algemene kennis dat die Naam van die God van Abraham, Isak en Jakob is JHWH, uitgespreek as “Jahweh”, en Sy Seun se Naam is “Jeshuah” wat beteken “Jahweh Verlos”. Daar is selfs heidene wat oor hierdie algemene kennis beskik. Staan daar nie iewers geskrywe “my volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis” nie?

jaco ·

die uitspraak “Jahweh” is maar net ‘n sogenaamde “intelligent guess”. Daar mag ander maniere wees om dit ook uit te spreek.

Anet ·

Ek dank die Vader vir elke matrikulant wat aanstoot geneem het oor hierdie vraag. Dit sê vir my die onderwysstelsel het nog nie ons jeug totaal lamgelê nie. Ek is seker Jesus glimlag oor elkeen van hulle. Ek dink nie as dit gosh of goodness moes wees, sou die afkorting in hoofletters geskryf gewees het nie.

Phillip ·

Ek wil net reageer op die aantuigings wat gemaak word dat Christene nie weet wat hul God se Naam is nie.

Ja, ons is bewus van die verskil tussen God se Verbondsnaam (JHWH/HERE), sy titel (Adonai/Here) en Elohim (God). Die HERE maak Homself bekend in sy Woord onder al drie hierdie name of te wel titels. Byvoorbeel in Eksodus 20:2 staan daar: “Ek is die HERE jou God…” God identifiseer Hom met beide hierdie Naam en titel. Net soos wat mnr. Ramaphosa hom identifiseer met die naam Cyril en die titel president.

So wanneer God se Verbondsnaam, titel of enige ander Naam in die Drie-Eenheid (Jesus, Heilige Gees, Verlosser, Christus, ens.) misbruik word is dit Godslasterlik en word deur Hom verbied. In al hierdie gevalle word daar verwys na die Skepper en Koning van hemel en aarde, die Verlosser van alle sondaars wat in Hom glo. Laat ons daarom slegs God se Naam of titel met die grootste eerbied gebruik.

Ek hoop my antwoord is duidelik vir u.

Piet ·

Moet nou nie gaan staan en die mense se bubble bars nie! Hulle hou so van laster dat dit nou ‘n internasionale trademark geword het en dis tog so belangrik om in die mode te wees. Wie wil nou verkramp wees? En as jy durf waar om ons God te wil behaag dan is jy beide verkramp en radikaal. Snaaks daar is nog nie n wet wat ons “malles” in die tronk laat beland nie! Dit kom seker nog.

attie ·

wat beteken “gosh” as dit is waarvoor die “g” staan

Agie ·

Een wat vraestel saamgeflans het, het seker n breinfloute gehad. Een wat dit goedgekeur het, is breindood.

Se net... ·

OMG is an Internet acronym used to express shock or amazement and can be translated as, “Oh my God/gosh/goodness,” depending on your comfortableness with using the Lord’s name in vain. But that’s not the only thing to be shocked about. Law enforcement officers use OMG to refer to “Outlaw Motorcycle Gangs

Belphegor ·

Ag asseblief. As 6 letters van so n simpel aard in n matriekvraestel jou so erg pla, dan moet jy maar weer in jou doek inklim en aan jou melkbottel suig. Die vraestel, hoe snert die kwaliteit ookal mag wees, bestaan nie om jou gelukkig oor jou geloof te maak nie, dit bestaan om jou kind se potensiaal in terme van hul toekoms te toets. Hou op kla oor hierdie nonsens en word groot.

Baphomet ·

Onthou die volgende, hierdie is n FAL vraestel. Dit is die fak wat mens kies as jy net mik om deur te kom. Engels Huistaal is wat jy neem as jy eintlik iets wil leer en opgevoed word.

Matriekleerder ·

Nee dit is nie. Wat is die doel daar in om 50% vir HL wanneer jy 80% kan kry vir FAL. En dis nie asof engels HL so groot verskil maak nie, want wat doen julle anders? Poems? Die beter FAL punt kan dit vergemaklik om n gemiddelde A te kry.

FakWeet ·

Skielik is almal kenners in standaarde. Engels FAL is ‘n vak. Nie ‘n fak nie. Meeste Afrikaans- medium skole bied Engels as First Additional Language aan en dit is voldoende standaard (hulle leer bv darem spel). Tref asb die onderskeid tussen opvoeding en geleerdheid. Lg is skoling, eersgenoemde is die totale ontwikkeling van die mens, bv sy gewete, sy verantwoordelikheidsin sy norme- en -waardestelsel. Engels FAL het niks daarmee te doen nie.

Margariet van Rooy ·

Hierdie is pateties! Ek huil al vir tien minute saam met my man. Wat gaan van ons kinders word?

Ek bid douvoordag dat die Redder sy wapens sal gebruik om hierdie reg te stel. Ek gaan nie ‘n oog toemaak nie.

Succubus ·

Skoolsisteme deesdae maak dat probleme onstaan van iets wat nie eers bestaan nie.

Scholar ·

This is funny because the parents and children are looking for attention …. we will wait for the answer of this question and see if it’s “godslasterlik”
Look it’s your own problem if you wrote oh my god instead of oh my gosh/goodness because if oh my god was the first thing to pop up in her head it’s her own problem and she mustn’t complain!!!
Well It’s understanable for a teenager

Sandra van Wyk ·

Ek lees hierdie kommentare rustig deur, terwyl ek net diep in my hart teleurgesteld is.

Scholar ·

euphemism or NOTTT they’re not using the word god so I don’t see a problem and also all these …….. people complaining about ohhh it’s such an easy paper Must keep quiet because what did you do in grade 12 …. naaldwerk en kook

Punctuation, punctuation. ·

@ Scholar. No dear, in our time we distinguished between Higher and Standard grade, so that excellence was recognized and encouraged and rewarded for what it was, not watered down to a “one size fits all” so that the masses could pass with 30%.

OMG ·

Watter god is belaster? Wie se god is belaster? Hoekom is die god belaster? Kan die god van vrugbaarheid, liefde, wyn, oorlog ens belaster word? Kan die god van die YMCA belaster word? Dis simpel om te sê OMG staan vir GOODNESS. Of GRACIOUS. Of vir GAUTENG.

Linda ·

Matriekleerder….goed gese, gee hierdie kloosterkoeke gas !!!

Linda ·

Thinus die meerderheid mense wat hier kommentaar lewer het nie die vermoe om jou stelling te verstaan nie. Ek is heeltemal in verhouding met jou stelling, baie knap en uiters akkuraat !!! Wel gedaan !!!!

Naas Vermaak ·

Hou jy telling Linda? Die meeste mense hier is ook nederig en kraak nie ander af nie…so wie wen nou?

Linda ·

Thinus ek wil net ook se dat jou stelling hier my oog gevang het die heel eerste keer toe strepieskodes op produkte begin aangebring was !!! Baie mense, tot en met nou, verstaan dit nie !!! Dan argumenteer hulle hier oor n matriekvraestel. Dis goed dat die Departement die standaarde nou verlaag het, dan kan elke leerder n kans gegun word om te slaag !!!

Piet ·

Wat? Ek dag n skool se objektief moet wees om die kinders iets te leer? Ek het nooit gedink dit is om soveel moontlik te laat slaag nie. Wel die EFF sal dit seker ondersteun dan kry almal sertifikate en leef gelukkig tot in alle ewigheid. Klink fantasties!

Onnie ·

As ‘n taalonnie weet ek hierdie vraag is onvanpas. Of jy nou gelowig is of nie, liberaal is of nie, WEET jy jou vraestelle mag nie aanstoot gee nie. Jy bly weg van enige geloofskwessies, enige iets wat enige mens van ‘n sekere geloof, ras, geslag, seksualiteit, nasionaliteit ens. kan seermaak.

Hierdie vraag gee aanstoot. Dalk nie vir jou nie, maar vir ‘n deel van die bevolking en daarom is dit nie aanvaarbaar nie. Daar is ook miljoene ander strokiesprente waarmee visuele teks getoets kan word. Terloops, ‘n vraag met verskeie antwoorde of moontlikheid vir baie wye interpretasie (waar dit nie veronderstel is om ‘n oop vraag te wees nie) is ‘n swak vraag.

Hoof ·

Jy bly weg van kwessies – behalwe as jy jou skool se misie of saalopening doen- dan mag jy jou christenskap promofeer? Dit is waarom OGOD so belangrike rol speel.

Tanja ·

Hier het ons weer die bewys. Trek aandag af van die werklikheid. Dit is die belaglikheid en tydmors waarmee hulle ons kinders besig hou wat almal moet pla.
Skoolsisteem is besig om die nasie dom te kweek, sodat die armes net verder gemanipuleer kan word. En ons argumenteer oor OMG

Swak gestelde vraag ·

Vraag 4.1.3 is in elk geval swak gestel. Die woord ‘of’ moet uitgelaat word.

Danie ·

Al wat hulle moes skryf is “O MY GOSH”….Tipies ons nasie…sien net die negatiewe kant van alles…

Liefdeskind ·

Is dit ‘n matriek vraestel? OMG, geen wonder die kinders se IK neem af nie?!

Pieter Spire ·

Ek neem glad nie aanstoot nie. Ek verstaan nie hoekom mense so ontsteld is nie? Hoekom mat almal altyd volgens radikale gelowiges se pype dans?

Dawie ·

En sedert hierdie berig verskyn het is sowat vyftig mense vermoor en hoeveel duisende verkrag of beroof in hierdie land. Raak liewer daaroor beswaard.

Theresa ·

Volgens TV en sms-taal, ens. beteken OMG nie enige iets anders behalwe Oh My God nie.
Ek is trots op die leerders wat wel iets anders daarvoor weergee het in die vraestel, want dis stupid om dit in die eerste plek n vraag te maak.
Hoop hul kry ook die punte wat daaraan toegeken moet word. Maar helaas, dis wel die amptelike betekenis vir daardie afkorting. Luister maar hoe vryelik word dit in kommunikasie (veral tussen jongmense) gebruik. Dit word ook so singerig gesê nes hul dit op TV hoor…

VanAfrika ·

Kom ons wees nou meer volwasse want ons almal weet dat OMG by die Amerikaners begin het vir “Oh by G-d”. Omdat ons dit nie so kras en Godlasterlik wil laat klink nie het ons dit O my Goodness of O my Gosh gemaak. Moenie die terme gebruik nie, punt. Dit is Godslasterlik want dit is hoe dit bedoel was toe die afkorting begin gebruik was. Ek werk weer saam met kollegas wat so christelik is dat hulle heeldag “Je-us Chr-st” in die kantoor sê. Dit het so erg geword dat ek begin beswaar aanteken het daarop. Hulle laat glip dit nog maar met die nodige aanmerkings van my kant af knip ek dit kort.

Theresa ·

Hallo Matriek 2018 en paar ander wat sê baie van dié wat kla, sal nie nou matriek deurkom nie. Gee ons wat volgens jul so simpel is dieselfde jaar om voor te berei en jy sal dalk jou woorde sluk. Waarom so nydig wees net omdat mense nou hul menings gee oor ‘n afkorting? Studeer en slaag jou graad 12 – dis mos al wat nou vir jou van belang moet wees – nie om ander af te kraak nie.

Flip ·

Ek wil tog net iets hier se….as mense nie weet dat god/God beteken voorwerp van aanbidding , dan sal hulle nie so tekere gaan nie…Julle sien die Kerke het mense deur die jare so mis lei en vandag nog…..AS jy nie weet wat jou” GOD” se naam is nie het jy n problem…..want dis nie God nie…..dit kan net ELOHIM / YAHVAH/of YAHVASHUA wees…

n Geseende daggie verder!!

chantel ·

en daarom wil ek nie he die kinders moet stories en neem in ag kinderstories kyk op televisie want dit word heelwat gese asof daar niks mee fout is nie…want daar is nou Groot kinders wat in die kinder stories is nie meer Heidi of brakkenjan nie

Allan ·

Meaning of “OMG”:

Oxford English Dictionary: Written abbreviation for Oh my God: used when someone is surprised or excited about something:

Collins Dictionary: OMG is the written abbreviation for ‘Oh my God!’, used especially in emails and text messages.

Urbandictionary: Net-centric abbreviation for the popular exclamation “Oh my God!”

Macmillandictionary: OMG is an abbreviation of the expression oh my God

Cambridge Dictionary: Abbreviation for Oh my God: used when someone is surprised or excited about something:

etc, etc

Hannelie ·

Ek is seker verkeerd maar ek het altyd gedink dit staan vir : “Oh my gosh”? Ek weet sommige mense gebruik dit godslasterlik, maar ek weet nie. Wat sê die persoon wat die vraestel opgestel het?

Geordette ·

Vraag 1 is ‘n matriek vraag, wow my seun kry sulke vrae nou in graad 1. Geen wonder ons land is in sy glorie.

Soekie ·

Van die Oxford Woordeboek: Early 20th century: from the initial letters of oh my God! (the final elements may sometimes represent goodness, gosh, etc.).

Ander gode ·

Miga 4:5  : Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE (JHWH) onse God vir ewig en altoos.

Thinus ·

Wat ek nou gaan se gaan u skok tot in u tone? Dr. Buys ek sou egter ‘n bietjie meer wysheid van u verwag, maar ek verstaan en het volkome begrip vir u optrede, u is immers deur die Christen kerk voorberei vir die hel, (Mat 23) sonder dat u dit weet! Waarom dink u is Christen Onderwys afgeskaf? Die Abrahmietiese gelowe is volgens Jesus en die Bybel self Satanisme, en u is vir 2000 jaar mislei, deur die Roemeine en die Roomskatolieke kerk? En is die Afrikaner en Israeliete eeue heen vals beskuldig deur die kerk, deur sondes te skep om hulle onversadigbare Mammon te vul? (Sien Piet Retief se Handves in die Grahamstown Journal van 2 Feb 1834) Jou maande dae en jare is na hierdie afgode vernoem, Januarie na die god Janus ‘n twee gesig god wat na die verlede en toekoms kyk? Sondag en Maandag verwys na die Songod Baal en Maandag. Jou Wereldraad van Kerke keur Satanisme as ‘n geloof goed en is die eerste amptelike Satanistiese kerk in Columbia gestig. Die Bybel is deur die Jode geskryf, en nie die Israeliete nie, die Jode kom vanaf Ur, die Israeliete van Salem. Ek is die persoon verantwoordelik vir die uitskryf van christelike onderwys en is ek bereid om in ‘n openbare debat met u en enige van u kerkleiers te tree, u kan my e-pos adres by Maroela Media kry? Waarom erken die Jode nie vir Jesus nie?

Sunette ·

Ek weet dis heeltemal van die onderwerp af maar ek sou daai vraag pluk. In die eerste prent sou ek se anxcious tweede een angry en derde een annoyed. So hoe nou

Linda ·

Dit is juis die woord `fall’ en die noodsaaklikheid om dit te verduidelik wat die definitiewe aanduiding is dat die prentjie/venstertjie/strokie in Amerika gegenereer is. Ek het heeltemal ophou televisie kyk oor die voortdurende gebruik van die afkorting `OMG’ en meestal sommer openlik `O my God’! Dit het niks op die aarde te doen met eng wees nie – dit is openlike uittarting van die Here, wat teen ons beginsels is – as jy nie vir Hom is nie, is jy teen Hom. Ek is nie hoogheilig nie en gebruik ook kragwoorde.

Piet ·

Thinus ek hou nog altyd van jou en volg jou instette. Enige iemand wat iets van Godsdiens af weet sal weet dat jy beslis nie uit onkunde praat nie, ek verskil egter kwaai van jou in die geval. Die ou testament word ongelukkig nie gebruik/ gepreek deur die hoofstoom kerke nie hoewel hierdie boek baie min verander is deur die eeue. Daar is wel gepeuter. Die Romeine wat hul oog op wereld dominansie gehad het, het hoofsaaklik aan die nuwe testament gekarring. Dit by egter van kritieke belang dat mense nie nou alles afskiet wat hulle lees/ glo nie, want Jesus (of noem hom wat jy wil as dit vir jou belangrik is) het wel aan die kruis gesterf. Hy het God se Woord (die ou testament) vir ons gebring. Die Romeine (katolike) was goed om van alles boek te hou en genoeg bywyse bestaan, selfs vir ongelowiges, om nie in Jesus se lewe op aarde te twyfel nie. Moet liewers nie mense van God af wegdruk nie, want ek weet dis nie jou intensie nie, jy wil hulle nader bring. Verander dan jou skrywes effens dat ons steeds in gesprek met jou wil bly.

Magaretha van heerden ·

In die UK gebruik klein(baie klein) en groot dit. Hulle glo nie in God nie maar gebruik Sy naam om hulself uit te druk. Ek vra graag aan hulle “wie is jou god” want myne se Naam mag jy nie ydelik gebruik nie. Let wel klein lettertjie. Geen antwoord!

Eugene ·

Ons kan maar net wonder hoe die vraestelle oor vyf jaar gan lyk, as n matriek vraestel nou so iets bevat….skrikwekkend hoe ons standaard val.

Wam ·

Can someone please call you all a WHAMbulance! whaaa whaaa whaaaa

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.