Skok oor Gordhan glo by Valke moet aanmeld

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Die Valke wou nie Dinsdag kommentaar lewer op berigte dat Pravin Gordhan, die minister van finansies en vier beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said) na bewering beveel is om by die Valke se kantore aan te meld om waarskuwingsverklarings af te lê nie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê hy sal nie enige kommentaar oor die saak lewer nie.

Dit kom nadat The Daily Maverick Dinsdag berig het Gordhan, Ivan Pillay, die voormalige Said adjunk-kommissaris, Johann van Loggerenberg, uitvoerende beampte, Adrian Lackay, woordvoerder en Andries van Rensburg, voormalige Said-ondersoekhoof, deur die Valke beveel is om Donderdag om 10:00 by hul kantore in Pretoria aan te meld.

Volgens die verslag hou die bevel verband met strafregtelike vervolging weens ʼn beweerde “rogue”-eenheid binne die inkomstediens. Die mans het glo briewe ontvang waarin hulle ingelig word van die aanklagte wat teen hul aanhangig gemaak sal word. Gordhan sou glo ʼn “waarskuwingsverklaring” moet aflê, wat gedoen word voordat die persoon van ʼn oortreding aangekla word.

The Daily Maverick het ook berig Mulaudzi wou nie verder kommentaar lewer nie en gesê hy het nie die “mandaat om vertroulike inligting oor enige saak, wat steeds ondersoek word, te bespreek nie”.

Die DA het Dinsdag gesê die berig is ʼn “groot eskalasie” van wat die party die “Said-oorlog” noem.

“Die feit dat die minister gevra is om voor die Valke te verskyn, dui daarop dat hy moontlik ingelig kan word van aanklagte wat teen hom aanhangig gemaak gaan word en kan hy dus in hegtenis geneem word,” het David Maynier, DA woordvoerder, gesê. “Die inhegtenisneming van die minister van finansies sal beleggersvertroue verpletter, kan ʼn kredietstatusafgradering tot gevolg hê en sal ʼn ramp vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wees, wat reeds geen groei en werkskepping toon nie.”

Hy het gesê die enigste oplossing is om agter die kap van die byl te kom rondom die bewerings van die sogenaamde rogue-eenheid, deur ʼn kommissie van ondersoek aan te stel om dit te ondersoek.

Verskeie media het in Mei berig Gordhan gaan binnekort in hegtenis geneem en vervolg word op spioenasieaanklagte wat verband hou met die beweerde eenheid. Die eenheid is glo op die been gebring terwyl Gordhan kommissaris by die Said was. Die beriggewing het ʼn negatiewe impak op die geldmarkte gehad en het bygedra tot ʼn verswakking van die rand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Johann Marx ·

Waarom is die huidige regering so “hell-bent” daarop om die ekonomie en duisende werkende mense se lewens te verpletter en te vernietig? Wat wil hulle hiermee bereik?

Thana de Villiers ·

Sodat hulle ons ekonomie verder kan “rape” – die Zuptas wil alles he voordat hulle sal pad vat

Klong ·

Hulle kla gedurig die verkeerde persone aan
Wat van nommer een

Joann ·

Klong jy vat die woorde uit my mond uit. Wat van zuma? Hy is nie n druppel in n emmer nie,maar hy mag steel.

SA burger ·

Stem saam met Klong, wat reg is daar word glad nie teen nommer een wat SKULDIG is opgetree nie!

Ouman ·

Ek staan verstom dat een man die hele land gyselaar kan hou. Dit gaan alles deel van Zuma se plan om sy kloue op die land se beursie te kry sodat hy en sy bende hulle sakke kan volstop. Hulle moet gestop word en gou ook.

Paplepel ·

Begin solank nie-bederfbare goed bymekaar te maak en te bêre. Die Rand gaan binnekort weer in ‘n vryval. Dis jammer ‘n mens kan nie petrol ook opgaar nie.

Frederik ·

As ek reg onthou het KPMG mos al die bestaan al dan nie van die “rogue unit” ondersoek teen R22miljoen. Wat was die uitslag ?
Die afgelope verkiesing het die ANC hard geslaan. Hul sal nou die land sink as hul kan. Arme Pravin is juis nie een van Nammawan se oogappels nie, omdat hy nie sy meisie by die SAL verder uit haar onkunde wil help nie.

lynette ·

Is die 45 dae wat hy gekry het om Nkandla skuld te betaal, nie al verby nie???? Met die verkiesing het ander dinge die spotlight gesteel en nou dit, asook sy aansoek om appel teen die 783 klagtes se voortgaan van saak. Ek dink hulle probeer aandag aflei van dit wat wel belangrik is. Los vir Gordhan uit.

Jan maak n plan ·

Hierdie storie pla my baie. Eerstens I.p.v. om Zuma te arresteer gee hulle.nou vir Gordhan moeilikheid omdat hy sy werk reg doen. Tweedens is die sogenaamde Brigadier vreeslik voor op die wa deur dat hy n minister beveel om hom te kom sien. Derdens het hulle nie n idee of gee hulle bloot nie om wat hulle handelinge met die ekonomie gaan doen nie. Ek stem saam met die DA. Ek dink hier moet n raad van ondersoek word wat deur ander as die ANC gelei word.

Theo ·

Hier kom internasionale reperkusies, en dis nie net vir die Rand nie. Wat weet hierdie 5 persone dalk van no 1 en sy “cronies” in die uitvoerende komitee? Moontlik iets van die Guptas, Eskom, SAL, Die Valke, Wapen skandaal, Toekenning aan Rusland vir die bou van kernkrag stasies, Hidrobreking in die Karoo, Uraan myne en hulle almal se familie en vriende????? HKGK

Marina Grobler ·

Het dadelik gese dis in opdrag van ons president gedoem!!!
Wil die land straf omdat hulle begin sien hy is n vrot leier!!!
Hoeveel skade gaan die man nog die land berokjen?

Rina Kotze ·

Marina, ek stem 1 000% saam!

Hoeveel skade moet nog gedoen word???
Zuma is duidelik onaantasbaar en verhewe bo die wet!
Kan daar nie nou maar ‘n einde aan hierdie ramp kom nie?
Ons is almal moeg en siek en sat vir al die nonsens!
Ons eens pragtige land lê nou op die ashoop van die wêreld!

Help ons O Heer, help ons asb???

Frans ·

Ek ni n malema ondersteener ni ma hy is die enigste man wat zumpi sal lug saaaaaa malema vat hom

Theresa B ·

Wat is hierdie spul se probleem? Niemand doen hulle werk nie. Te besig om te kyk waar kan hulle wie “uithaal” sodat hulle mense in poste gesit kan word. Maak oop julle oë – ons land en mense gaan ten gronde. Duidelik beteken dit niks vir julle nie!!!

Cherokee ·

So wat stel jy voor moet ons doen? Vir die DA stem wat reeds met die EFF getrou het?

Kleintjie ·

Aaag ons kerm almal oor nr 1, maar niks gebeur nie. Hy en sy klomp impies is mos verhewe bo die wet.?

Flibo ·

Stem saam met Theo. Hulle sal alles in SA probeer vernietig. En nommer 1 is aan die voorpunt van alles. Hy en sy trawante saai onmin so ver as hulle gaan. Ons land sal nie weer regkom nie, nie met sulke dwase aan die spits nie. Hier kom nog veel meer lelike goed in die toekoms. Maar wat wou ?nou is die geleentheid om nog nader aan God te leef. Want hy is ons enigste hoop.

Columbiana ·

Well done ANC as dit julle misie is omndie ekonomie te boelie slaag julle daarin met vlieende vaandels. Dis duidelik Zuma en sy handlangers enige iets sal doen om hul kring van spotters te beskerm. Die red herring hier is elke keer SAL. Skandelik die manipulasie??

Mielie ·

Ek dink hierdie is groter as wat ons dink. Ek het dit verwag na aanleiding van die gerugte van die SAL die naweek. Mense probeer hom met alle mag te verwyder voor September. Daar is baie mense wat te veel het om te verloor. Die feit dat die regerende party nie die minister beskerm nie laat my wonder.

My opinie ·

Ek stem saam, dis strategie van die huidige regering om alles in die land verder op te mors en haat en anargie te saai. Die ego’s is verguis in die afgelope munisipale verkiesings en nou wil hul wraak neem en probeer wys wie is “baas” Die kiesers is baas. Die sogenaamde “leiers” is in diens van die belastingbetalers. Dis hoekom wetgewing op slinkse wyses in die grondwet geskryf word sodat dat zuma nie deur die die belastingbetalers afgedank kan word nie. Sy parlementere ondersteuners klou aan hom én hul poste, want hy verseker hul salarisse en enorme “by”-voordele. Dis jammer dat mense nie siek word van al die verbale diaree wat hul kwytraak en al die slinkse planne wat in die duister geïmplementeer word nie.

Oppies ·

Dis weerwraak omdat die net al nouer begin span. zuma sal als probeer om nie tereg te staan op sy honderde aanklagte van korrupsie nie. Die sg “Rogue unit” is op die been gebring juis om korrupsie hok te slaan, nie waar nie?

Lida ·

Pravin is nie dom nie. Julle sal sien op die ou end sit Zuma weereens agter alles maar soos gewoonlik distansieer hy hom van die moeilikheid. HY wat Zuma is, is die vrot aartappel in die sak.

Cherokee ·

Toe ek Ouman se kommentaar lees het die besef posgevat dat almal tevrede was daarmee dat die Guptas die pad gevat het maar Zuma is veel erger. Nie no 1 en ander troetelnaampies soos hy graag genoem word nie maar bloot Zuma. Hy is erger as was al die Guptas tesame kon wees. Die land is egter in ‘n ystergreep want as Zuma afgedank word as SP sal die EFF waarskynlik weer deel word van die ANC en dit is selfs meer ongewens.

Karma ·

Vir die eerste keer, Cherokee, stem ek en jy saam – die EFF se probleem is NIE met die ANC as instansie self nie; dit is met Nammawan! Die oomblik wat Nammawan tjaila (natuurlik met ‘n GROOT, vetbedrupte goue handdruk), is die EFF weer tjommas met die ANC en gaan ons blanke mense aftjop, want dan het hulle beslis ‘n twee-derdes meerderheid en kan hulle die Grondwet manipuleer en verander soos hulle wil.

Betrekkende hierdie artikel, wil ek net sê dat Min. Gordhan ‘n assegaai in die sy van Nammawan en baie van sy cronies is – die mêrrem by SAA, die master by die Es-Y-Bie-Sie ens. ens – ingesluit. Want Gordhan het verstand en probeer SA se kredietstatus en die ekonomie red en gee nie willens en wetens geld uit wat die land nie het nie. So, daarom ontslae raak van hom. Nou wil die ANC hul leiersverkiesingsbyeenkoms vervroeg. Hoekom? Hulle is sleg bloedbek geslaan tydens die onlangse verkiesings en weet dat Zuma hul beeld skaad. Mêrrem Nskosana Dlamini-Zuma het pas haar term by die AU klaargemaak, watch this space – hulle gaan hom met haar vervang ………..

Cherokee ·

Karma, hierdie vrae gaan verder. So ver soos *is Gordhan werklik so onskuldig as wat ons dit wil laat klink?* Waarvan wil hulle hom aankla? Op die oog af lyk dit asof ‘hulle’ tevrede was daarmee dat hy kleinwild jag maar toe hy vir die kaders gaan het hý die prooi geword. Maar is dit werklik àl wat dit is? Daar is rede om te dink dat hy oor genoeg inligting beskik om Zuma en kie te kan afpers. Maar as dit werklik so sou wees, waarom hom uitdaag? EN waarvan wil ‘hulle’ hom aankla? So, is hy wat Gordhan is onskuldig en is dit nie ook maar afpersing om ter wille van die land se ekonomie hóm te laat vryspring nie?
Dit is ‘n geroesmoes van vrae en om Gordhan nou as held te wil voorhou moet ook onthou word dat hy ‘n lid is van die ANC en dit was selfs terwyl hulle moordbomme in winkels geplant het. Vir die huidige, meer vrae as antwoorde.

Corrie ·

Ek stem saam… dudu se pos us op die spel.
Die gupta bande is aan die groot klok gehang. Dít en die nkandla skandaal het baie mense se oogklappe laat afval. Met die uittredende OB word probeer om ‘n gunsteling in haar pis te kry. Die OB adjunk kan voortbou op die goeie werk wat adv Madonsela gedoen het. Met hasr uit die pad is een van zuma se dorings uit sy vlees….nou probeer hy op geslepe manier van min Gordhan ontslae raak. Min Gorhan moet terugkap en die beste regsadviseur kry en zuma asook die aanmatigende Valke brigadier aankla (mét kostes) vir voortgesette teistering, naamskending ens. Genade tog+

Leon Bothma ·

Daar is ń verskuilde agenda van die anc agter die ding

Katrien ·

Dis duidelik dat die inwoners van hierdie land in ekonomiese boeie vasgehou sal word as die rand vryval.die ganse wat die goue eiers lê sal nie kan emigreer nie en ons almal sal slawe bly van hierdie kontinent

Elmien ·

Is die Valke blind of word iemand weer omgekoop? ek dink hulle maar eerste na die president kyk en die ander los wat iets goeds doen.

Johan ·

Indien Gordhan vervolg word gaan die ekonomie ʼn helse knou kry! Indien nr.1 suksesvol vervolg word sal die ekonomie weer kop optel en die Rand weer naby 94 vlakke wees!

Suzie ·

Hier kom groot moeilikheid vir ons. As Pravin afgedank word, gaan dié land sy alie sien, want Zuma en al sy trawante gaan genoeg steel sodat hulle verder in weelde kan leef, en ons gaan krepeer. Hoekom kan iemand nie van hom ontslae raak nie?

m ·

Ek dink hier is soveel geraamtes in die kaste. ….. Hierdie land sal nooit regkom nie want die korrupsie is net te veel. Daar is net te veel mense op die gravy train………………………………………………..

m ·

Ek dink hier is soveel geraamtes in die kaste. ….. Hierdie land sal nooit regkom nie want die korrupsie is net te veel. Daar is net te veel mense op die gravy train………………………………………………..

Esme Buitendag ·

Die ANC het op hulle herrie gekry met die verkiesing. JZ moet geld betaal wat hy nie het nie en die maklikste – skuif die fokus. Skuif die fokus so ver weg en gebruik Pravin Gordhan as die offer. En as alles in duie stort sal die DA, die opposisie en die inwoners van die land die skuld kry – net omdat hulle die ANC verwerp het.

Lida ·

Ek hoop Mnr Pravin krap ‘n hele nes vrot eiers oop. Hy is nie so dom om homself skuldig te maak aan enige misdryf of skelmstreke nie. Kom ons kyk wat gebeur. Ek dink ou Zuma gaan weereens tweede kom want sommige van sy eie parlementslede is gatvol vir hom.

Cherokee ·

Ò…!!! Was Gordhan nie lid van die ANC terwyl die ANC moordbomme geplant het in winkels en onskuldige mense vermoor het nie? Om hom nou op ‘n troontjie te plaas klink vir my na gebrekkige besluitneming. Miskien is dit net omdat hy grootwild wou jag en toe self die prooi geword het maar daar mag ook ander redes wees. Die ANC is besig om inmekaar te vou. Destyds was daar konserwatiewes(!) wat Trevor Manuel op ‘n troontjie wou plaas maar ook net totdat hy ‘n miljoen rand BMW met belastingbetalers se geld gekoop het. Hierdie is wilde wêreld en die ANC gaan net so skielik vou as wat die Nasionale Party dit gedoen het.

rr ·

Oppas , ek vermoed hy gaan baie harder val as wat hy dink. Daar is perke.Die lyn gaan iewers getrek word.

Rina Kotze ·

En so raak Zuma van al sy “vyande” ontslae”!

Want hy doen wat hy wil en kom weg daarmee! Hy is so skuldig soos kan kom, maar ander ry aan die pen!

Hou maar gerus so aan Zuma, dit gaan net die ANC ‘n hengse pak slae kos in die volgende Nasionale verkiesing! Hy doen eintlik die DA en ander oposisie partye ‘n hengse guns!

Koos ·

Het julle nou weer vergeet dit gaan op die ou einde apartheid se skuld wees.Snaaks die ANC het nie weer apartheid die blaam gegee omdat die DA so goed gedoen het nie.

Will i am ·

Kom ons luister na Snotkop se CD. HKGK!Mense ek sien wat hy sê dubbel en dwars. Waar gaan dit stop

Rapes ·

Ek hoop die bom wil nou bars dan an ons dalk weer oorneem en die land regruk.

Lance ·

Jy weet somige mens leer niks uit hulle foute nie …onthou jy wat Desember gebeur het toe Nene moes gaan ? Oops seker te lank terug ne hehe. Hy se mos ek het myself geeducate …well duidelik het hy want hy maak geweldige onnoselle besluite wat die hele land die afgrond instuur !

Rynhardt ·

Pravin Gordhan is lid van die SAKP .Die Anc is besig om hom en ander te blameer vir ekonomie!Gordhan is nie alleen om te blameer nie.Anc het vir 22jaar met implementering van Vryheidsmanifes SA se ekonomie vernietig!Zuma het ook n groot rol gespeel daarin!SA se ekonomie gaan nie regkom nie,want wereld kan nie uit sy finansiele siekte kom nie!Zuma word beskerm ,want hy moet volle uitvoering gee aan die uitvoer van Vryheidsmanifes.Dit beteken groter chaos!Dit is egter verstommend dat n deel van publiek nie kan sien wat voor hul oe ontwikkel nie.As jy na 22 jaar die ekonomie laat staan op 0% groei,se dit nie iets vir mense nie???

hans brits ·

Zuma is besig om homself op te hang vinniger as wat hyself dink.Sy eie anc got gaan hom diskwalifiseer.

Theo ·

Hans, ek wil hier met jou saamstem. Die plaat word warmer en die tou korter. Ook vir die lede wat hom so beskerm. Iemand gaan nog vorentoe die spreekwoordelik “beans spill”

Henrico Ferreira ·

Die kap agter die byl is dat as hulle nou korrupsie pleeg en die rand is sterk,kry hulle baie minder in hul sak,maar as die rand swak is,raak hul bankbalans baie vinniger groter…..siende dat tenders moet inkom vir watervervoer vanaf Lesotho en die kernkragsentrales,wat nog van die klomp brandstof wat verkoop is

Thana de Villiers ·

Solank hulle Zuma beskerm sal hy en die Guptas daarmee wegkom. Hulle weet as hy nou afgedank word sal hy moet opdok vir al daai aanklagte. Nou lees ek hulle praat van amnestie net sodat hy kan loop. Dan kom hy weg met alles!

Reg of verkeerd wie weet ·

Almal wat enigsins logika het en die speletjie jare dophou kan sien dat elke stap beter as ‘n skaakspel beplan word. Nuusgebeure om ander toe te smeer, mense te verwar ens. Hulle is meesters in die menslike sielkunde en weet hoe, wat en wanneer om bv. iets te laat uitlek of die aandag te verskuif. Die nuus (tydskrifte ens.) word gemanupileer om later tot in jouself te twyfel en sonder dat jy weet deel word van die babelse verwarring. Mense wat oor spelling kommer, mis meeste van die tyd die diepte van wat aangaan want hulle lees woorde, maar nie betekenisse nie… Van die briljantste mens kannie spel nie, maar kan dieper sien en dink… hulle voeg die regte berigte by die ware gebeur. Hulle sien die eff, anc, DA en almal se eintlike rol in als… tot die man opdie grond (ons) rol… Beste van als hulle weet als is op die end in God se hande en plan en nie die mens sin nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.