Skok oor Guptas-aanbod: ‘Jonas was nie die enigste een nie’

Pravin Gordhan, die minister van finansies, met sy adjunk-minister, Mcebisi Jonas. Foto: GCIS

Pravin Gordhan, die minister van finansies, met sy adjunk-minister, Mcebisi Jonas. Foto: GCIS

Politieke partye het Woensdagaand met skok gereageer oor Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, se erkenning dat die Gupta-familie hom wel die pos van minister van finansies aangebied het en het beweer dit is nie die enigste keer wat die Guptas in politieke besluite betrokke was nie.

Die EFF het in ʼn verklaring gesê die partye voel “geregverdig” deur Jonas se erkenning aangesien die Gupta-familie hulle as “skinderbekke” probeer uitmaak toe hulle voorheen die Jonas-bewering bekendgemaak het. “Dit bewys maar net dat Suid-Afrika direk onder die leierskap van ʼn onverkose, burgerlike familie van buitelandse nasionaliteit staan, wat die besluite en lewens van politici, spesifiek dié van Zuma, beheer en beïnvloed,” het die verklaring gesê.

“Nene en Jonas is nie die enigstes nie. Die EFF het reeds in September 2015 gesê die aanstelling van Mosebenzi Zwane as die minister van minerale hulpbronne was nie ʼn gesamentlike ANC-besluit nie, maar die besluit van die Gupta-familie om Ngaoko Ramatlhodi met hul marionet te vervang en sodoende staatshulpbronne te plunder. Die gevolglike verkryging van Optimum Coal deur die Guptas ondersteun hierdie feit.”

Die EFF het verder gesê dit is duidelik dat Zuma die politieke besluitneming van die land aan ʼn enkele familie oorhandig het en dat die Guptas die stemproses en demokratiese stelsel van die land nutteloos maak.

Intussen het Mmusi Maimane, leier van die DA, die EFF se bewering dat Jonas nie die enigste politieke hooggeplaaste is wat deur die Guptas genader is nie herhaal en gesê dat daar ook bewerings is dat Fikile Mbalula deur die Gupta-familie ingelig is dat hy die minister van sport en ontspanning sal word nog voordat Zuma hom daarvan ingelig het.

Die Gupta-familie het ook glo kennis gedra van die aanstelling van Des van Rooyen as minister van finansies nog voor enigiemand anders en boonop is twee senior raadgewers, wat noue bande met die Guptas het, glo in die nasionale tesourie saam met Van Rooyen aangestel sonder dat behoorlike prosedures gevolg is.

Volgens Maimane het die maatskappy Tegeta Exploration, wat deur die Guptas besit word, ʼn tender ontvang om Eskom van steenkool te voorsien kort nadat hulle die Optimum Coal-myn aangekoop het. Dit nadat Glencore, wat voorheen die myn besit het, nie die tender gekry het nie omdat die steenkool “sub-standaard” was. “Die New Age-koerant onder eienaarskap van die Guptas het ook moontlik voorrang geniet in die plasing van regeringsadvertensies,” het Maimane gesê.

Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het in ʼn verklaring gesê Jonas se onthulling het ingrypende implikasies vir pres. Jacob Zuma, aangesien dit sy posisie in die openbare oog en die ANC verder verswak.

“Me. Vytjie Mentor het gister presies dieselfde stellings oor die Guptas se rol gemaak en vertel hoe hulle haar ʼn ministerspos aangebied het. Die logiese afleiding is nou dat al die skinderstories die afgelope tyd rondom minister Nene se afdanking dan ook waarskynlik korrek is,” het Mulder gesê. “Die openbare beskermer of ʼn geregtelike kommissie moet die Guptas se invloed en rol in die regering ondersoek. Dit is die enigste manier hoe pres. Zuma op ʼn geloofwaardige wyse sal kan bewys dat die Guptas nie op hierdie wyse invloed in die regering uitgeoefen het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Theresa B ·

Hierdie Sirkus kry al hoe meer narre by elke dag…………………………………..

Oupa D ·

Mag hierdie tog asseblief lei tot die swanesang van die hoof-plunderaar in Suid-Afrika! Hoe op aarde kan die ANC dink dat enigiemand in Suid-Afrika langer na hierdie man kan opsien as President?

Willie ·

Zupta jou lekker ou Gupta, Gupta jou lekker our Zupta… Simonje- “we are one”.

Michael ·

Dit is hoe ‘n piesang republiek geregeer word…..Zuma moet vervang word en teregstaan op sy lank uitstaande kriminele aanklagte

m ·

So begin al die geraamtes uit die kas te val. Dis soos sepie. Wonder wat gaan ons more lees.

simon ·

Dit is hoogverraad. Uit en uit. Zuma en Guptas moet aangekla word van hoogverraad. Ook die minister van sport – elke hond kry sy dag. Ook al die ander wat onder Guptas se invloed en deur hulle gekoop is. Wie kan hulle daarvoor aankla? Afri- Forum kan julle?

Piet Snot ·

Nee, Afriforum moet hier uitbly. Dis vir die politici (in wie ons die grootste vertroue het – wat praat ek alles).
As Afriforum hom in die politiek begeef, gaan hy die saak van die Afrkaner nie behoorlik kan dryf nie.

Melt Olckers ·

Die Guptas het dinge lomp gedoen. Hulle kan glad nie kers vashou by die Amerikaanse Koch Broers wat weet om hulle koop van politici stil te hou.

Donald ·

En julle vergeet van Zumpie se ander Indian finansieele raadgewer moes tyd doen. Moontlik kan die Indian boeties ook tyd gaan doen in die hospitaal.

vernon ·

Jacob hiet die land aan gupta verkoop. Zuma en die guptas moet val. Die guptas moet hierdie land verlaat. Hoe gouer hoe beter.

Anoniem ·

Net so terloops – betaal die Chinese en Indiërs in ons land ook belasting?

pieter ·

ONTHOU DIT IS DIE TIPE PARTY WAT DIE ANC EN HULLE KIESERS VOOR STEM.

herman ·

So kom die waarheid altyd aan die lig. Zuma met sy ANC en Gupta moet net gelos word. Hulle hang hulleself. Kyk nou. Enige persoon wat nog ANC stem, is net so korrup soos die president en sy makkers. Die waarheid sal altyd seevier, kom wat wil. Ongelukkig neem dit net so lank somtyds. Die land is al ten gronde. Ek wonder net wie gaan al die gemors moet regmaak. Ek weet. Ek neem aan julle weet ook. Foeitog, arme mooi SA is opgemors. HOOP ALMAL SE OE GAAN NOU OOP EN DOEN IETS OMTRENT DIE GEMORS WAT DIE LAND IN IS!!!!!!!!!!!!!!!!!!

anna ·

Zuma is al lankal nie meer in beheer nie. Hoog tyd dat hy aangekla word vir hoogverraad want hy het die land laat lei deur ;n buitelandse gesin wat besig is om ook die land te plunder.

Nonnie ·

Die “Zuma-riool” is nog vêr van alles op die tafel ‘uitgespoel’….. hierdie is net die punt van die rioolspul….. Die gemors het nou ontplofpunt bereik…wag vir die groot slag….he he he he he

pat aldrich ·

Guptas het zuma waarskynlik geld gegee of geleen en nou eis hulle hulle pons vleis. Jy kan nie iemand wat jou siel besit weerstaan nie. Wie gaan die guts hê om die man te ontmasker of tee te gaan. Hulle is almal so saam in die sing. Skop een se bas en almal akreeu eina

Sê maar net ·

Nou ja, vuil wasgoed so voor die verkiesing. Nou word ‘n nuwe ANC persident verkies om Suid Afrika nog verder soos ‘n gekkeparadys te laat lyk. Net snaaks als kom nou uit, hoekom nie toe dit gebeur het nie? As dit nie so hartseer was nie, sou dit kon deurgaan as lagwekkend.

Rupert Ashford ·

Mmm, die messe is nou uit vir Zuma as die kanaries so begin sing. Hier kom ‘n ding. Die skoonmaakproses gaan egter pynlik wees want die marionette sit orals – dinge gaan nie oornag regkom net omdat Zuma die spit afgebyt het nie. En dan: Wonder of Juliass ons kan verseker dat dinge beter sal gaan as hy die prez is? Siende dat die EFF nou so ‘n kabaal opskop oor die onthullings.

Theuns ·

Ek wil graag ,n voorspelling waag. Zuma gaan niks oorkom nie. Die tekens is daar dat ons op ‘n eenparty staat en dictator skap afstuur! Ek baser my stelling op die volgende: Die OVK het gister berug dat dit vier jaar sal neem om die verkiesings lyste reg te kry. (Adresse- n ander storie wat landwyd deur die Media ondersoek moet word?) Die Betogings oor water, elektrisiteit en ander redes bevoordeel Zuma en sal hy gebruik om verkiesings uit te stel. Hy en die Guptas is besig om die belangrike departemente (Finansies, Polisie, Weermag, IPID, Departement van Energie enValke te rysmier en hulle eie mense aantestel om beheer van land oor teneem.) Onthou hy (Zuma) wil ‘n vliegtuig he (4Miljard) om te gebruik na sy termyn verby is en hy regeer as n Diktator. Hy is nie bekomered oor die Rand wat val nie want hy het verseker dmv die Guptas Rande gekoop en toe die val van die Rand beplan om n vet wins te maak!! Die Guptas gaan vir seker ook sy Skuld vir Nkandla betaal as dit gebeur in die termyn wat hy nog nie n Diktator is nie! Daar is nog baie ander tekens. Sal later deurgee. Boere Groete. Theuns

GES ·

Ek nie so seker daarvan nie. As ek die grondwet reg verstaan moet daar ‘n verkiesing plaas vind na verstryking van die termein om ‘n wettige tegering te hê.

Theuns ·

Hallo GES,
Ek praat nie van ‘n wettige regering nie maar van n “staats greep” waar ZUMA en sy cornuite die mag gryp!
Daar sal nie n verkiesing wees nie. Vir Zuma sal dit te gevaarlik wees om mag prys te gee. Dit sal vir hom meer voordelig wees om die mag te gryp. Die belangrike NEC 6 is seker ook betrokke. Hulle is doodstil na al die onthullings. Hulee staan ook veel te verloor as Zuma gaan.
Boere Groete. Theuns

Jakes ·

Die hele anc is korrup. Dankie de klerk verban die anc en gupta en de klerk

Willie ·

Theuns jy is volkome reg.. Hierdie is die begin van n staats greep, al die tekens is daar.. met al die betogings en protes, word die magte getoets… Kyk maar gerus hoe het Hitler aan bewind gekom…

Theuns ·

Dankie Willie dat jy ook so dink. Versprei die waarheid. Maroela Media is soos n ligtoring in die duiternis.
Boere Groete
Theuns

Theuns ·

Ek is nie n dobbelaar nie maar hier is ‘n goeie wenk vir my mede boere en Afrikaners. Koop Dollars nou!! Suid Afrika gaan afgegradeer word na Rommel Status en gaan die Rand waarde af- gradeer na $1/R25!Dit gaan jou n vet wins gee!
Groete
Theuns

Trolle ·

Theuns ek dink jy is verkeerd die dollar gaan sy g@t sien, daar is niks wat hom steun nie dis net n stuk pampier met geen goud wat hom kan backup nie.Vir lank moes mense in dollars olie koop wat hom sterk gehou het maar dinge gaan verander.

Theuns ·

Hi Trolle,
Die Rand se waarde word nie meer volgens die “Goud Standaard” beheer nie maar is ook maar n stuk pampier. Geld eenhede se waarde word bepaal deur goeie finansiele en politieke bestuur. Die regering kan maar gerus die naam van die eens trotse Rand verander na “palookas”. Ek koop vir jou n dop as dit wat jy se waar word. Dit is voorwaar goeie nuus!
Boere Groete
Theuns

Frans ·

Mense dit verstom my dat julle so verbaas is oor wat hier gebeur. Lees gerus die geskiedenis van die ANC in ballingskap en jy sal besef dat hierdie net ‘n voorsetting is van dit wat in ballingskap gebeur het. Die ANC-regering is ‘window dressers’ van formaat.

Om die gordyn effens op te lig kan jy uitreksels van Paul Trewhela se inside Quadro op die internet google en die amper hartroerende brief lees gerig aan Mandela wat dit bloot geignoreer het omdat dit die gruwelike dade van die ANC in ballingskap ontbloot. En wie was betrokke by die ANC se sekuriteit in ballingskap niemand anders as ons eie President Zuma.

Brett Nell ·

Ja swaar tye le voor, ons sal nou beslis in rommelstatus verval en dan gaan ons in n “failed state” status verval soos Afghanistan, Zimbabwe ens waar wanorde, faksie gevegte ens die hoogty vier. Dit sal uitloop op `n bloedbad as dit nie baie mooi hanteer word nie. Die geringste weerstand vanaf blanke geledere sal die gepeupel rede gee om onskuldige mense aan te val en te moor. Al hoe ons dan uit hierdie gemors kan kom is om die IMF te vra om SA finasieel te help om sy staatsskuld te delg en hulle het bepaalde voorwaardes soos privatisering, hiersiening van arbeidswetgewing ens wat ek nie dink die ANC voor te vinde sal wees nie.

My raad, blankes moet na die Wes Kaap trek sodat ons daar `n meerderheid kan wees en uiteindelik ons eie soewereine staat kan vestig. EN natuurlik die belangrikste, ons moet terugdraai na GOD. Hy alleen kan hierdie land red.

Sjoe nou was ek darem baie negatief, kom ons hoop niks van die eersgenoemde gebeur nie.

alida ·

Die Guptas is slim mense en hulle ou Zumpie se lae IK gebruik om te kry wat hulle wou he. Maar nou draai die wiel en almal is in die bollie !!!!

vernon ·

Mense, die hele afrika is ‘n voorbeeld wat hier met ons gaan gebeur. Ek eis. Wat van ons kinders en kleinkinders?

jaco ·

al die wit mense wat nou so kla oor die Guptas wat “help” om SA te regeer, moet voor hulle kla net onthou dat die Afrikaner Broederbond in die ou SA ook maar “mag agter die troon” was. Toe het niemand gekla nie…

Michiel ·

Jaco jy is nie verkeerd nie maar mens moet keer dat die tipe dinge aanhou en aanhou. Ons moet asb almal gaan stem – moet nou nie weer simpel wees met “wat help dit” of “nie een party is reg” nie, elke stem (vir watter ander party ookal as die anc) TEL!

CHRISTA ·

Jaco, al verskil is: dinge het gewerk! Met die wêreld se sanksies teen ons het ons nog ordentlike mediese dienste gehad, onderwysstandaarde was van die hoogste (jy kon met matriekvrystelling OORSEE gaan studier), Eskom het gewerk want alle kragstasies is behoorlik onderhou, huise wat deur die staat gebou was het nie na die eerste reëns weggespoel nie en ons watergehalte was van die beste in die wêreld en nie so besoedel soos vandag nie!!! Ons het selfs ons eie wapens plaaslik vervaardig en nie substandaard wapens ingevoer nie!! Jy sal sien: selfs Zuma se kwartmiljoenrand huis gaan na swaar reëns begin verbrokkel!

Faan Ries ·

1aKry Zuma voor stok in n hof
1b Gerrie Nel aanklaer
2. Vind hom skuldig saam met al sy lakeie
3. Gepaste straf (hoogverraad)
4. Ncandla op openbare veiling
5. Onteien Guptas van alle RSA belange/ eiendom
6. Rand weer R5.00 tot die pond

jaco ·

Gerrie Nel se velkleur en huistaal is verkeerd om in so ‘n high profile saak die staatsaanklaer te wees

Riaan ·

Dit is wat jy kry as ongeskoolde mense die land regeer en so lyk die res van Afrika.

Theo ·

Ek glo nie vir een oomblik glo dat sekere van die top 6 lede van die ANC se NEC tot op hede niks daarvan geweet het nie. Kom belangrike aanstellings juis nie oor hulle (die NEC) tafel vir bespreking nie?? Hierdie “coverup” kom al n geruime tyd, en dit bekommer my geweldig. As dit waar is van die Min van Sport, kan ek sommige keuses van SA krieket se bestuur en span keuses verstaan. As die Guptas vir Vytjie probeer omkoop het oor die vlug roete na India, hoeveel te meer nie in ander departemente wat moontlik korrupte Gupta aanstellings is nie? Nou neem die Guptas sommer ook n dreigende houding in jeens die fluitjie blasers. (Best way of defence is to attack) Die ANC het geen keuse as om nou huis skoon te maak nie. #Zuptasmustfall

Suzette Botha ·

Laat ons nie miskyk dat soveel gebede vir ons land op die oomblik verhoor word nie! Die duisternis word deur die LIG aan die kaak gestel! PDH

KP ·

Jaco jy kan nie verkeerd met verkeerd reg maak nie.
Stem saam ondersoek die Guptas.
SAID debakel tussen Monyane en Ghordan is ook om beheer oor inkomstediens te kry. Om alle agterstallige belasting te laat verdwyn.

Dan ·

Nou word geskarrel, die huis is aan die brand.!!!!!As daar gewaarsku word wil niemand luister nie.

faan ·

Hou hierdie verwikkelinge nie dalk verband met die pogings van die regerende party, n jaar of wat gelede, om die vryheid van die pers en die sogenaamde fluitjie blasers aan bande te le nie?

dries ·

Ek kan dit nie mooi verstaan, hoe kan jy sommer aantuigings maak, voor die hof se besluit. Soos ek verstaan is iemand onskuldig tot die hof hom skuldig bevind het. Moet nou nie die kar voor die perde span nie asb.

boemerang ·

As daar staan “jou Geloof” het jou gered. GLO EN HOU AAN hou VAS! Sal ni al di antw kry ni maar van lekke LAG kom….:(

m ·

Die blok is warm!!!! Wens ek kon vlieg teen n muur in die parlement gewees het … Dis seker so geskarrel met hierdie gupta storie, daar moet nou vure doodgeslaan word en dokumente wat vernietig moet word en al daai lekker dinge !!!!! Dis so flippen lagwekkend

humor ·

faan jy is heeltemal reg die pers is n groot wapen in die hand om die koruptheid van die huidige bestel te beveg, maar ook in die hand van die korupte staat om sy doelwitte te bereik. M. i.s. strek die seekatarms al ver uit soos o.a. die feit dat die hoof van die SAUK met sy reuse vergoedingspaket en valse kwalifikasies net nie gepos kan word nie. Maar dit strek nog verder uit tot die liberale pers wat t.s.v. bykans die totale verval van die land nog volhardend ondersteunend is.

Joann ·

Shame arme Zumie kan nie goed leesskryf en eerlik dink nie. Oki goed sien nie. Lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.