Skok oor hoeveel polisievoertuie in onbruik is

Argieffoto: SAPS

Die portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng het Vrydag sy skok uitgespreek oor die aantal polisievoertuie wat by die polisie se motorhawens in dié provinsie staan en wag om herstel te word.

Luidens ʼn verklaring het lede van dié komitee onlangs besoek by vier polisiestasies in die Tshwane‑ en Ekurhuleni-omgewing afgelê om vas te stel of enige vordering in die bekamping van misdaad in hul gemeenskappe gemaak is. Dié polisiestasies sluit in die Akasia-, Atteridgeville-, Etwatwa- en Boksburg-polisiestasie.

Daar is gedurende die besoeke aan die Akasia- en die Atteridgeville-polisiestasie vasgestel dat meer as die helfte van dié stasies se diensmotors nie in gebruik is nie, aangesien die motors herstel- of instandhoudingswerk moet ondergaan.

Luidens die verklaring word 24 voertuie van die Akasia-polisiestasie nie gebruik nie. By die Atteridgeville-polisiestasie is 22 voertuie nie in werkende toestand nie. In Etwatwa en Boksburg is onderskeidelik agt en sewe voertuie wat nie in gebruik is nie.

“Hierdie voertuie bly dikwels langer as ’n maand by motorhawens en word nie deur polisiebeamptes gebruik om aandag te gee aan misdaadtonele, patrollies uit te voer of polisiesigbaarheid te verseker nie,” lui die komitee se verklaring.

“Die komitee beskou dit as skokkend en vreesaanjaend, aangesien dit ernstige struikelblokke vir doeltreffende polisiëring inhou. Polisievoertuie is daarvoor bedoel om gemeenskappe te dien en te verseker dat polisiebeamptes op die regte plek op die regte tyd is.”

Die komitee beplan om die saak onder die aandag van Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, en lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, te bring in ʼn poging om ʼn plan in werking te stel om die probleem op te los.

Die komitee het onderneem om nog polisiestasies te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vita

Die voertuie staan by SAP Motorhawe omdat die plek wat parte verskaf baie swak is en nie die lede nie

Pieter

Indien die SAPS se wapenvaardigheid as maatstaf gebruik word, is dit heeltemal te verstane dat daar soveel voertuie in onbruik is.

SAPS het tans meer as 40% lede wat nie wapenvaardig is nie, en dit is lede wat met wapens rondloop. Dus sal dit sin maak dat daar ook meer as 40% lede is wat nie motorvaardig is nie.

leser

maak sommer ‘n draai by hercules polisie stasie ook

Johanna Botha

Gladnie verbaas nie …..ALLES is en word deurgetrek deur die anc !

Ep

Voertuie om misdaad tonele te besoek sê die kamstige komtee … nee jul narre dis hoofsaaklik vir privaat gebruik en om huis te te ry Wys my verkeerd asb!!! Kom vertel jou Faith en Elias as die dienste betaal word sal die werk gedoen word Niemand wil meer met staat besigheid doen want dis n uitgerekte poging om nie te betaal