Skok oor merke op baba: ‘Ek wil keer dat dit met iemand anders gebeur’

Die merke op Cody se lyf. Foto: Facebook

Die merke op Cody se lyf. Foto: Facebook

ʼn Ma van Johannesburg het ander ouers gewaarsku om op die uitkyk te wees vir tekens dat hul babas of kleuters by dagmoeders geslaan word, nadat haar seuntjie, wat 11 maande oud is, met merke op sy lyf by die huis aangekom het.

Elaine Pretorius was Vrydag geskok toe haar seuntjie, Cody, van sy dagmoeder af teruggekom het met rooi, opgeswelde merke op sy boude en sy. Pretorius het Maandag foto’s van die merke op Facebook geplaas en die inskrywing is reeds meer as 3 400 keer gedeel.

“Ek was Vrydag in Pretoria en my ma het Cody die middag by sy dagmoeder [in Alberton] gaan haal,” het Pretorius aan Maroela Media gesê. “Omtrent ʼn uur nadat hulle by die huis gekom het, het my ma Cody se doek omgeruil en die merke aan sy lyfie gesien. Sy het my gebel om te vra of ek iets daarvan weet, maar ek was natuurlik baie verbaas om daarvan te hoor.”

Die merke op Cody se lyf. Foto: Facebook

Die merke op Cody se lyf. Foto: Facebook

Volgens Pretorius het sy dieselfde aand foto’s van die merke aan Cody se dagmoeder gestuur en ʼn verduideliking geëis. Die dagmoeder het beweer Cody het op die klimraam gespeel toe hy gegly en sy hom gevang het. Volgens die dagmoeder was die merk aan sy boud waar hy seergekry het toe hy gegly het en die merk aan Cody se sy waar sy hom gevang het.

“Ek het dit dadelik nie geglo nie. Hoe kan ʼn baba van elf maande oud tot hoog bo-op ʼn klimraam klouter? En hoe hard moes sy hom gevang het dat die merke ure later nog steeds daar gesit het?” het Pretorius gesê. Sy het gesê sy was baie ontsteld en het onmiddellik haar kind uit die dagmoeder se sorg gehaal.

“[Die dagmoeder] het vir my gesê sy kan nie verstaan hoekom ek so ʼn groot bohaai maak nie en sulke aantygings teen haar maak nie,” het Pretorius gesê. Volgens haar het die dagmoder slegs twee kinders versorg en was dit Vrydag in elk geval die ander kind se laaste dag daar, omdat sy ouers hom na ʼn kleuterskool toe geskuif het. Maroela Media kon nie onmiddellik die dagmoeder vir kommentaar bereik nie.

Die merke op Cody se lyf. Foto: Facebook

Die merke op Cody se lyf. Foto: Facebook

Pretorius en haar verloofde, Ashley Panaino, is die volgende dag na die polisiestasie om ʼn klag in te dien. Sy vertel die polisiebeamptes het haar ingelig sy moet Cody eers na ʼn dokter toe vat om na sy beserings te kyk voordat sy ʼn klag kan indien. “Teen daardie tyd was die merke al weg en daarom sou dit geen doel dien om hom dokter toe te vat nie. Ons moes dit maar daar laat,” het sy gesê.

Pretorius het gesê sy het Cody juis sewe maande gelede by die betrokke dagmoeder geplaas, omdat sy geglo het hy sal meer aandag daar kry as by ʼn dagmoeder met meer kinders. “Ek het voor die tyd goeie goed oor die dagmoeder by ʼn ander ma gehoor, maar ek het nog altyd ʼn vreemde gevoel oor haar gehad en gewonder of Cody gelukkig is. Die vrou was altyd baie streng met die kinders en het vir Cody gesê hy is stout as hy begin huil wanneer ek hom aflaai. Dalk het sy hom in die verlede al baie pakslae gegee as hy huil en hierdie keer het dit net merke gelaat. Ek sal seker nooit weet nie,” het Pretorius gesê.

“Ek het hierdie foto’s op sosiale media gedeel om ander ouers te waarsku. Ander ouers moet weet om op die uitkyk te wees vir tekens dat hul kinders dalk nie goed behandel word by die skool nie. Cody het gelukkig nie ernstig seergekry nie, maar ek wil verhoed dat dit met iemand anders gebeur.”

Maroela Media het kenners oor die onderwerp genader en sal later berig oor hoe ouers soortgelyke situasies moet hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

97 Kommentare

Louisa Krügel Pieters ·

EK STAM…MAAK HAAR IDENTITEIT BEKEND!!
Hoeveel ander kindertjies / babas het sy nie al so hanteer nie!!

Mari-Zelle ·

Die mamma het op haar Facebook die dagmoeder se naam bekend gemaak. Maroela Media het dit net nie geplaas nie omdat die dagmoeder nie skuldig bevind is of iets nie, hulle het haar naam nie bekend gemaak nie om hulle kant skoon te hou. ?

Mari ·

Dit is mos duidelik vingermerke! As dit so stamp was van ‘n klimraam af sou daar die volgende dag bloukolle of iets gewees het. Is mos logies?

Leana ·

Dit lyk soos vingermerkte waar sy hom geslaan het. Kla die dagmoeder aan. Wonder hoeveel kinders het sy nog geslaan.

Charl ·

OPVOEDING moet gedoen word ja maar nie op so klein kind nie.. om so klein kind te slaam deer n dagmoeder is nie reg nie…

Uys ·

Met infrarooi kan die merke onder die vel met n kamera af geneem word nadat dit op die vel nie sigbaar is nie.
Polisie gebruik die tegniek.
Ek ken die fotograaf wat dit help ontwikkel het. Kontak my gerus.

Avontuurlustig ·

Pasop vir klippe gooi. My ma het my aan die buitekant van die kombuis venster gekry waar ek haar geroep het om te kyk. Ek het ‘n stoel tot by die kas geskuif, opgeklim en oor die wasbak tot by die venster geklim en uit by die diefwering tot buite waar ek haar geroep het. Ek was nege-en-‘n-half maande oud. Ek het op ouderdom 2 reeds ‘n arm EN ‘n been gebreek. Daar was nie ‘n kas te hoog om te klim of ‘n bed te hard om op te spring nie. Dis is/was my geaardheid en nie my ma, pa, boeties of sussies was daarvoor verantwoordelik nie.

Se maar net ·

Die dagmoeder het erken dat sy “weet” waar die kind se beserings vandaan kom. Dis ‘n bog storie. As die kind per ongeluk seergekry het dan kon sy mos die waarheid aan die moeder vertel!!!

Sorry ·

Sorry avontuurlustig, bok klimme en springe en hul beserings is 1 storie/prentjie, hierdie is slaan hale. N Baba van 11 mde kan nie stout wees om dit te regverdig,wens ek kan haar so hard slaan, regtig ure daarna nog so lyk, mag jy hier lees en tot in jou siel skaam kry dat jy n weerlose kind so mishandel het, in kort moenie na kinders kyk, as jy geld soek, gaan werk jou opperste bullie!

Denise ·

Ai hoekom vertel die dagmoeder liewer net van die begin die waarheid nie dan kon die moeder haar mooi laat verstaan dit sal nie weer gebeur nie !!! So n klein kindjie is weerloos teen groot mense en al die mammas hoop elke dag hulle kinders is veilig en gelukkig dit kos n baie liefdevolle , betroubare mens om na kinders te kyk jy Moet Job se geduld he kleuters is woelig en aktief want hulle is kinders!!!!!!!!!!!

Karen van Zyl ·

Dit is kinder mishandeling? Vingermerke gaan vinnig weg, dit los nie so diep merke nie, punt van iets? wat die arme kind meer gevoeter is.

Cherokee ·

Karen van Zyl, ek dink dat gevoeter eintlik geskop beteken.

Sarah Theron ·

Ek’s so bly jy het vir Cody uit die dagmoeder se “sorg” weggeneem. Wonder hoe sý (die dagmoeder) sou voel as iemand haar so hard slaan dat die merke vir ure bly sit. Duidelik is die houe ook nie deur klere of ‘n doek gegee nie. Ek sou aanbeveel dat Cody se mamma hom in elk geval dokter toe neem. Sterkte!!! Sarah Theron ( ook ‘n ma, Kaapstad)

Hannelie ·

Jammer ek glo nie die dagmoeder se storie nie. Die ouers moet dit verder vat.

kallie ·

Ek het my kinders meer as 30 jaar gelede ook uit ‘n dag moeder se sorg gehaal ,hulle was nog net die oggend daar en sy het albei geslaan! Ek het my geld terugeeis en nooit ooit weer was ons kinders naby ‘n sogenaamde dagmoeder nie! Asb Asb as julle kindertjies nie kan praat nie wees versigtig , dis julle kosbaarste besittings!!

arizona ·

Jy kan duidelik sien waar sy die seuntjie geslaan het haar vinger merke is baie duidelik sigbaar. Ek weet sulke jong kinders in baie woelig ek sal het een van 30 maande en ek het al menige kere gekeer dat hy val en lelik seer kry maar nog nooit het ek sulke merke op sy lyfie gelos nie. Hierdie arme seuntjie is sleg geslaan en as ek die mamma is name en shame ek haar, Laat almal weet waste monster is sy.

Janine ·

Dis nie mooi om dit te sien nie. Ek sal ook kwaad wees.
Maar dis naaks dat die ouma n uur vat om die doek die 1ste keer om te ruil.
Dit kon die ouma ook wees wat die kind pak ge gee het.
Ek praat niks goed of sleg nie.
Maar daar moes al die selfde dag iets gedoen geword het.

Rerig ·

Janine, wanneer laas het jy kinders grootgemaak? Ordentlike doeke hou ure as kind nie vuilgemaak het nie. Die dagmoeder se dan sy weet van die merke.

Columbiana ·

Janine jy weet duidelik so mon van kinders groot maak soos Zuma van wiskunde. Jy praat absolute snert

anne ·

Waar kom jy nou daaraan om die ouma te beskuldig ? Maak seker van jou feite!
Enige persoon kan sien dis vinger merke op die kind se lyf, dis nie val van ‘n klimraam af wat sulke merke los nie. Ek hoop die dagmoeder word vervolg.

Elaine ·

Anne, ek was nie by die huis op daai dag nie en ek kan jou waarborg dat my ma nie n finger sal lig vir een van haar 3 klein kinders nie!! So jammer maar ek aanvaar nie jou kommentaar nie!

anne ·

Elaine miskien moet jy weer my kommentaar lees.
Ek vra hoe Janine die kind se ouma kan beskuldig ???

m ·

ek vertrou ook ma nie aldag hierdie dagsorg mense en crèche’s nie. Ons kind was bloedrooi geknuip omdat sy haar natgemaak het……. so elke merkie aan jou kind moet na opgelet word want ek dink dit gaan maar rof by die plekke partykeer (ongeduld ens) en klein kindertjies kan altyd vertel wat gebeur het nie….

Jeanne Britz ·

Janine of jy kan nie lees nie, of jy het nie kleinkinders nie. Jou bewering dat dit die ouma ook kon gewees het is irrelevant. Daar erken die juffrou onmiddellik die kind het glo van ‘n klimraam afgeval of haar eie bas te red.

Johann ·

Ja…ek hoor al die klippe val; maar hoekom hoor ek niks van die besorgde mamma wat verandwoordelikheid vat vir haar keuse van die dagmoeder nie? Nerens hoor ek verandwoordelikheid aanvaar dat dit HAAR KIND BLY wat sy kies om by n dagmoeder te.los? Baie opvallend….

Elaine ·

Johann, ek wardeer nie jou opmerkings nie. As ma het ek als gedoen wat ek moontlik kon om die regte keuse te maak vir my kind vir die beste sorg. Ek het die vrou vertrou en my g*t gesien… Jy weet seker presies en ken seker elke liewe persoon se hele lewens history voor jy jou kind by n skool in sit?

Andrea ·

Johann, weet jy hoe moeilik is dit om n goeie dagmoeder te kry? Mens doen navorsing en vind uit, en soek en vra en bid dat jy uiteindelik die regte besluit neem. En dan bekommer jy nogsteeds elke dag of dit die regte persoon is. Nie almal is bevoorregd om tuis te kan bly en self hul kinders op te pas nie.

Stem saam ·

Ek stem saam mens moet die beste dagmoeder kry Johann en Elaine ek stem saam jou dit is moeilik. Johann ek verstaan hoekom jy vra, maar jong dit is nie soos parte koop nie, die vriendelikste vooraf, kan die slegste wees sodra hul alleen met die kleintjies is!!!! Elaine wees rustig, jy het beslis nie willens en wetens jou kind na ‘n Bullie geneem nie, maar toe jy dit agterkom onmiddelik jou kind verwyder – DIT MAAK JOU ‘N GOEIE MA!!!!! Dankie dat jy dit deel, dit help ander om meer sorgvuldig te wees, wens net ek was naby om jou met saak te gehelp het, buiten straf, moes sy genoem gewees het in openbaar dat sy nooit weer kindertjies kry om te mishandel.

Victor ·

Net 10 keer harder. Wie kan dit aan ‘n kind doen, net ‘n monster!

Lollapot ·

Hoekom het die dagmoeder nie, toe die ouma die kind opgetel het, genoem van die klimraam “seerkry” nie? Of onmiddelik die ma in kennis gestel van die voorval nie? Ek meen, dis nie asof die vrou na 60 kinders gelyk moet kyk nie. Die klimraam is ‘n uiterse bog storie. Name & shame die dagmoeder!

iets ·

Dit lyk na n val plek ook kan wees mense is gou om dag moeders en onderwysers aan te val .Maar dit hoekom ek altyd se om n dagsorg of dagmoeder te wees is een van die onselfsigtige werk wat ouers hou van kerm maar versym om te betaal.En klink ook visie hoekom solank wat om n kind se doek te ruil en wie se nie die ouma het oom n houtjie gegee nie

Ook'nMamma ·

Daai kleinding is beslis sleg aangedoen deur die “dagmonster”! Daai is vingermerke op ‘n kaal lyfie, van ‘n weerlose 11 maande oue kleinding. SIES!
My kinders was aldrie by ‘n dagmoeder, wat wonderlik met hulle was. En al het ek gedink sy oordryf soms, het sy my altyd laat weet van enige ongelukkies wat deur die dag plaasgevind het. Indien dit iets ernstig was, het sy onmiddelik gebel. Vir minder ernstige gevalle, het sy vir my of my man vertel wanneer ons hulle opgetel het. Dagmoeders is ongelukkig nie almal so wonderlik soos die mense wat ons gehad het om na ons kinders te kyk nie.
En vir die mense wat kommentaar lewer oor die werkende ma, ons is ongelukkig nie almal in die bevoorregte posisie om huis-mammas te wees nie. Ek sou bitter graag eerder by my kinders wou wees by die huis. Maar veral deesdae, is een inkomste bloot nie genoeg om aan die lewe te bly nie. Dis moeilik vir enige ouer om hulle kinders af te laai in die oggend, en te vertrou dat die persoon verantwoordelik is om na hulle om te sien.

vytjie ·

Ons as ouers is baie lief vir ons kinders en dus baie sensitief. Ek het ‘n regte klouter kabouter gehad wat van kleins af sy dagmoeder gryshare gegee het, want hy was gladnie bang vir klim ens. nie. Hy het soms soos ‘n oorlogsveteraan gelyk. Ek het hom laat begaan en nooit gekeer as hy iets beklouter het nie. Die woelwaters kan nogal vinnig klim en klouter en as een van daardie dwarslatte hom getref het kan dit nogal aardig lyk. Ek dink maak seker van jou feite voor jy self met ‘n hofsaak voor die deur sit. As daar sonder twyfel kan bewys word die dagmoeder het hom aangerand, maak ‘n saak en maak haar naam bekend. Ek self was altyd nerfaf en potblou. Rede…. klim en klouter….

Avontuurlustig ·

@vytjie – Ek was daai klouter kabouter – My ma was bekommerd dat die mense agteraf gaan praat oor sy haar kind so “mishandel”. Ek was gelukkig dat ek so ‘n kind soos ek gespaar was. My twee kabouters was baie meer besadig. Ek dink egter daar was vuilspel betrokke by Elaine se baba. Klimraam bloukolle gaan nie so vinnig weg nie.

Erika ·

Ek het ook ‘n klein woelwater van 20 maande oud. Hy is in ‘n kleuterskool. Daar is oral kameras wat als opneem. Ek kan enige tyd daarvoor vra en dit word vir my gegee. Die skooltjie weet goed dat dit my kind is, en as ek enige merkie op hom sien, dan gaan hulle bars. Ek het dit so aan hulle oorgedra. Dis baie ongelukkig dat die met die kleine mensie gebeur het. Mamma het reg opgetree om hom uit te haal. Sy sal haar dag kry, en dit gaan ‘n baie lang dag vir haar wees. Sterkte mamma en Cody!!!

Leilani ·

JY DAGMOEDER weet wat jy aan kleine Cody gedoen het, dis SLAANMERKE daai!

Theresa ·

Dring aan op nanny cam – en maak seker dit neem elke hoekie op.
Maar na so iets, sou ek nes jy maar kriewelrig oor die sorg daar wees.
Sterkte.

Theresa ·

Hoe oud is die kleinding? Kan hy al ‘n klimraam klim???

Klaas ·

Weet julle wat. As vandag se mammies met minder tevrede sal wees. Minder luuks lewe. Nie n boot n karravaan en twee karre moet help betaal nie sal dagmoeders nie nodig wees nie. Klip in die bos.

Tinktinkie ·

Wat rook jy Klaas? Van wanneer af is dit net d ma se werk om na kinders om te sien??? En hoekom werk vandag se pappies nie harder dat ons mammies by d huis kan bly en kinders oppas nie? Vrouens is mos slawe… my bloed kook. Stuur jou sommer na d dagmoeder toe dat sy jou van d klimraam af kan”vang”!!!

Cherokee ·

Daar het Tinktinkie, klein soos sy is, Klaas se klip in die bos met een hou tot gruis fyn gemaal.

Tannie ·

Klaas, dis dalk tyd dat jy ‘n draai in die werklikheid kom maak. Ek sou wat wou gee om al my tyd aan my kinders te spandeer, maar sonder my salaris is daar geen manier wat ons net die basiese sou kon dek nie. Wat sou jy voorstel moet ons opgee, ons medies, pensioen, versekering of dalk ophou om skool fonds betaal. Geen boot of karavaan nie en drie jaar laas vakansie gehou. Hou jou klippe maar eerder in jou hand.

Andrea ·

Regtig?!
Ek werk om kos op die tafel te sit! Respekteer eerder werkende ma’s. Weet jy hoe swaar is dit om jou kind by n vreemde af te laai en hy huil en klou aan jou?
Nie alle vroue is gelukkig om welgestelde mans te hê nie!

se ·

Klaas, in vandag se tyd moet BEIDE ouers werk om kop bo water te hou. Ons leef nie meer in die 1970s nie. In meeste huishoudings is die vrou die grootste of enigste broodwinnder. As ons jou redenasie volg moet pappas dan maar na die kinders omsien.

KlaasSeBaas ·

Klaas, as van julle mans mans genoeg is om die broek te dra, dan is dit nie nodig vir vrouens om te werk om jul plig te help vervul nie. Mans is veronderstel om die Hoof van sy huishouding te wees en nie die slapjas van die huis nie. So vat jou klip, bou ‘n brug en kom daaroor. Elaine, my innige simpatie met jou wedervaring met jou kind – ek sou sekerlik die plek afgebreek het. Geen wonder hy het gehuil as jy hom soontoe neem nie. Foeitog, dit is regtig erg om te sien dat iemand dit kan doen aan ‘n baba nie. Bar!!!

Bienks ·

‘n Mens moet baie versigtig wees om sommer aan te neem dat dit slaanmerke is en dan “slaanmerke” wat die dagmoeder toegedien het! Alhoewel ekself glad nie die dagmoeder se sogenaamde verduidelik aanvaar nie, weet ‘n mens nooit want eindelik daar gebeur het nie.

Maar dit kom gewees het dat die kind nie onder toesig was soos die dagmoeder beweer nie, en dan homself beseer het. Of iets kom gebeur het toe hy by die Ouma was. Soveel moontlikhede.

Die dagmoeder het dalk gecorner gevoel toe die ma ‘n verduideliking eis en het toe net iets uitgedink om die blaam van haar af te vat (wat dit nie regmaak nie).

Dis die ma se volle reg om haar kind te verwyder uit die dagmoeder uit. Sy het egter GEEN rede om ‘n publieke lawaai te maak oor iets of iemand as sy nie die bewyse het dat die betrokke person wel die oorsaak van die voorval was nie.

Ek lees verkeerd ·

Ek lees beslis verkeerd, regtig Bienks jy het ‘n goeie verbeelding, begin skryf fiksie, jy GAAN geld maak. net 2 kinders om op te pas, baba van 11 maande haal sy doek af, beseer hom en sit weer sy doek aan sonder om te huil, ag nee man, dit is ‘n bullie wat haar frustrasie op ‘n baba uithaal. Dit moet in die publieke oog gebring word, die gemors moet gestop word, daai baba het ‘n reg op veilige versorging en sy Ma die reg op gemoedsrus, sy het betaal vir daai versorging. Nee Ma en seun is te na gekom en almal moet dit weer en almal moet weet wie sy is, dit is die laaste baba. Stop so persoon voor daar ‘n lykie lê! Kyk hoe diep is daai hale en dink weer!

diamor ·

Ek is jammer maar as dit my kind was sou ek dieselfde en erger gedoen het. My kinders het ook geklim en klouter en seer gekry, MAAR juffrou het gebel en gese dit het gebeur, plus die merke getuig van die voorval. Ek weet nie van julle nie maar my boude is n paar keer gewetter en daai merke lyk maar dieselfde.

D. ·

Daai is definitief baie harde slaan gewees. Mens kan duidelik die vorms van die regterhand se vingers sien op die arme lyfie.
Jy het reg gedoen deur vir Cody uit te haal mamma. Geen kind mag ooit so hard geslaan word nie.
Sterkte aan jul en pas daardie klein lyfie op, dis jou reg om hom weg te neem van iemand wat jy nie meer gemaklik mee voel nie.

Gideon ·

Ek glo van harte dat daar goeie dagmoeders is, maar ek het ook so stel met my kind 25 jaar gelede afgetrap!! Ons het dagmoeders gesoek vir ons 3 maande oue baba, en het die fout gemaak om te kyk vir die mooiste huis en tuin in die omgewing!! Nadat my kind aand vir aand opgegooi het en ek nie kon verstaan hoe die kinders altyd so stil sit nie, word daar ‘n saak teen die vrou gemaak omrede sy die kinders so verdoof het. Pynstillers, susmedikasie en wat nog is daagliks voor die voet gegee!! Ek weet mammas moet werk maar ek dink nie dit is die ideaal nie!! Indien daar enige vermoede is van ‘n wanpraktyk , doen iets al plant jy ‘n afluister katoeter!!!

Wolbol ·

Haai dit is erg – kan mens glo dat ander mense tot sulke uiterstes kan gaan? Foeitog, arme kinders :-(

Eliza-beth ·

Jammer maar lyk vi rmy nie na vingermerke – te breed! Eerder ‘n belt! Net my mening. Ouers, moet asb NIE die goedkoopste dagmoeder kies nie. Gaan ook na bure agter en voor en vra bediendes wat daar werk of hulle kinders hoor huil en of daar slae uitgedeel word – mens kan tog mos hoor! Gaan ook deur die dag skelm (al moet jy tyd afsmeek by die werk) gaan loer oor die heining, of luister af. Jou kind se gesondheid, geluk en veiligheid kan deur geen geld gekoop word nie!

Andrea ·

Jy’s reg, mens moet enige iets doen om te probeer agterkom wat daar gebeur bedags voor jy jou kind daar los.

Tweetie ·

Dit is naamskending om iemand sommer net te beskuldig, sonder geldige bewyse. As jy nie kan bekostig om jou eie kinders met liefde groot te maak nie, moet jy nie kinders he nie. Dit verg baie aandag, tyd, liefde en geld om kinders te kan grootmaak. Dagmoeders of versorgers, spandeer meer tyd aan jou kind as jyself, waarvoor bring jy dan kinders in die lewe as jy nie ten volle betrokke wil wees nie.

Tannie ·

Sjoe, so net ryk mense kan liefde vir hulle kinders bekostig? Wat kos liefde Tweetie?

Victor ·

Tweetie, is jy die dagmoeder wat hier van gepraat word?

Geldige bewyse? Daar is die fotos! Net jammer hulle “name en shame” nie die dagmoeder nie

Andrea ·

Nie almal is welgesteld genoeg dat die ma nie hoef te werk nie. Tel jou seëninge as jy tuis kon bly by jou kinders. Nie almal is so gelukkig nie. Gaan maar bietjie stadig met die klippe gooi…

Thea Gerber ·

Tweety. As al die mammas ophou werk en na hulle eie kinders kyk, sal dagmoeders soos jy ook sonder ‘n inkomste wees en volgens die berig het jy nou al klaar twee van jou oppaskinders verloor

Sê net ·

Sjoe Tweetie. Skaam vir jou! Mag slegs “ryk” ouers dan die liefde van ‘n kind ervaar? En as daar dan net een inkomste is, hoeveel tyd dink jy spandeer die broodwinner dan met sy/haar kind? Sit moontlik heeldag (en nag) by die werk om die pot aan die kook te hou. Dink jy dis regverdig teenoor die kind om dan net ‘n enkel ouer teenwoordig te hê?

E ·

ń Kind van 11 maande kan skaars loop, hoe kan hy dan op ń klimraam klim? in ieder geval watter tipe voog laat so ń kleinding naby staalpype of houtbalke sonder toesig?Kon ń ander kind of ouer persoon hom dalk geslaan het?
Dit kan dalk ook druk/skaafmerke wees van apparate waaruit hy nie kon klim nie?

mamma moed ·

Tinktinkie na ek myself van die vloer af op geskraap het soos ek vir jou gelag het… kan ek by voeg ek is n enkel mamma nie uit keuse my kleintjie se pappa is oorlede toe hy nog baie klein was. Hy was bu dag moeder en dieselfde het my oor gekom glo my as ma torture jy jouselg oor jy nie die tekens raak gesien het nie. Hy het gehuil as ek hom aflaai en dan skryf mens dit toe aan skeisingsangs, ek het geglo doy was die awesomeste mens want sy het altyd so mooi verduidelik en mens wil glo daar is net goed in mense maar ongelukkig is dit nir altyd die geval nie… ek stem nie alle dagmoeders is so nie … mammas jou kind is ongelukkig vir n rede en as jy enigsins twyfel … luister vir daai stemmetjie!

Amanda van der Westhuizen ·

Ek sou verwag dat die doek en klere wat die baba aangehad het die “val & vang” merke minder sou maak? Dit sou tog kon dien as n effense buffer teen wat hy ookal geval het? Of reken ek nou verkeerd? So hoekom is die merke so duidelik asof dit direkte kontak was?

Stem saam ·

Stem saam Amanda, baie skerp, wens net die met die lees / oog probleme kan hier lees en weer kyk.

Chanell ·

Eerstens wat my bekommer is hoekom in die lewe is ‘n 11 maande oue baba op ‘n klimraam? Hul kan op daai ouderdom skaars loop wat nog te sê klim en klouter! My seuntjie is ook in ‘n kleuterskool en hy is absoluut mal oor sy juffrou en die maatjies, hy is ‘n woelige klein knapie en mens verstaan ongelukke gebeur maar sy skool stel my dadelik in kennis as iets gebeur! Dan vir al die verspotte mense wat duidelik in 1950 vasgehaak het dit is al lankal nie meer net mamma se werk om kinders groot te maak. Kom by mense tye het verander! Bo en behalwe dat bitter min mense kan bekostig om te oorlewe met ‘n enkele inkomste KIES ek om te werk en ‘n suksesvolle beroep te he. Ek is ‘n mamma maar ek is ook ‘n mens op my eie! Deur hard te werk en ‘n susesvolle beroep te he leer ek ook my kinders dat ambisie belangerik is! Basta met al die mense wat glo ‘n vrou se werk is om huis skoon te maak en kinders groot te maak dit is absoluut verregaande gelukkig het ek ‘n wonderlike man wat my nie met ‘n ketting aan die stoof wil vasmaak nie!

Sjoe ·

Hier is ‘n paar baie venynige mense wat kommentaar lewer. So onnodig. Duidelik leef julle nie in die werklikheid nie. So as ek nie ryk genoeg is om ‘n voltydse Ma te wees nie mag ek nie kinders he nie?? Wow!! En te SLEG om self na my kinders te kyk?? Iemand wat so kras en hard is
…laat ek eerder nou maar stilbly.

Victor ·

Ja, ek voel dieselfde. Toemaar, dis mense wat nie in die werklikheid lewe nie, vee jou af aan hulle opinie. Meeste gesinne moet albei werk om kos op die tafel te kry en ‘n dak oor die kop

Victor ·

Deesdae is daar selde ouers wat kan bekostig dat albei ouers nie werk nie. So, tensy jy in hierdie ma se skoene is, moet nie kommentaar lewer oor sy haar kind in ‘n creche moet sit nie. Ek kry hierdie arme kind so jammer. Name en shame hierdie dagmoeder!!!!

Gerhard ·

Met die geboorte van ons eersteling het ek en my vrou (wat baie goed gekwalifiseer is) ‘n besluit geneem dat sy sou ophou werk, ons sou die nodige opofferings maak, maar sy sou haar ten volle aan ons kinders wy. Ons kinders is steeds op laerskool, maar hulle is baie dankbaar vir ‘n voltydse moeder.

Johan Fourie ·

Daai kind is by ge kom toe die doek geryl was ek het sel 9 maande woelwater,Hulle le nie stil nie beweeg baie rond.dis hoekom die doek nie n buffer kon wees want daar was nie n doek nie,om te keer. Kyk mooi na die foto hoe die hand merk sit opwaartsDaai kind is bygekom toe hy nie wou stil le nie en half op sy sy ge draai was ,Hulle maak seker die kinners is skoon voor hulle op ge tel word so dit is 9 uit 10 keer nie nodig om jou kind se doek te ruil nie,maar wel op n later staduim.Ja n mens vertrou anner mense met jou kinners en hoop van die beste dat daar nie leet aan hulle ge doen word nie.Daar is duidelik n verskil tussen speel seer kry en ge slaan word.

Se Net ·

Ek het n baie woelige 4 jarige dogtertjies. Selfs of 11 maande was sy baie woelig. Ek moet haar die heeltyd dop hou. Sy vlieg van die bank af. Die bed. Sy klim en klouter oral. Ek was al so bekommerd oor al die blou merke opnhaar bene en sy. Maar sy is lief vor haar skooltjie en ek weet sy is vreesloos. So ek dink persoonlik kinders kry seer by n dagskool. Jy ken jou kind. Jy sal weet of hulle klim en klouter. Op 11 maande stap baie baba’s al rond. Party klim op alles. Alhoewel die geswelde merke weg was sondie blou kolle nog dasr wees. Die ma moes inelgeval n Dr gaan sien voordat sy dit na sosiale media geneem het. Dit sou die volwasse, verantwoordelike dinge gewees het om te doen. Wat het geword van skuldig to anders bewys word? Se net?

My bloed kook ·

My bloed kook, nie net vir die bullie dagmoeder nie, maar ook vir jou Sê Net, dit is belaglik. Die jong Ma was te ontsteld, ek weet, want ek het dit ook gehad en toe sy besef sy moet verder gaan was die merke af. As sy stil gebly het, was sy ‘n slegte Moeder, ek sal kyk hoe voel jy as jou kind of selfs jy deur iemand so geslaan is en Johan Fourie som dit baie mooi op, dit is absoluut my gevoel ook. AS JY NIE KANS SIEN VIR KIDS WAT ROL EN MENS WEES NIE, MOENIE NA HUL KYK, JULLE WAT SO OPKOM VIR DIE BULLIE MOET MOOI LEES, DIE BABA IS SLEGS 11 MAANDE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ek herleef myne en is tot vandag spyt dat my vuis nie soos hy wou verbykom, deur die bullie se gesig getref het nie!

danie ·

Ek het nou so lekker gelag vir al die komentare, dit is ongelukkig so dat ma en pa deesdae moet werk, ek persoonlik dink die dagsorg industrie moet meer gereguleer word, ek hoor baie dat iemand n dag sorg wil begin en dan word sommer elke jan raap en sy maat in diens geneem , bitter min op leiding word gegee aan versorgers. Ek is redelik oortuig dat 90% van dag moeders dit doen vir geld. Meskien is dit tyd dat daar mooi gekyk word na die kwalifikasies van die mense

Theresa B ·

Dis vreeslik. Enige iemand kan sien die seuntjie is geslaan. Ek kan net dink hoe die ou dingetjie moes gehuil het na daai houe. Maak haar identiteit bekend. Moenie haar beskerm nie.
Is daar nie iemand wat die ouers kan help met die saak nie (al is die merke weg). Die saak moet nie net daar gelaat word nie!!

Moegviraldiebeloftes ·

Aan die wie sê mammas moet by die his bly en kinders opppas – nie almal is gelukkig getroud nie, baie het nie die prins ontmoet nie maar die padda wat hom ‘n prins voorgedoen het. Dan dra daai padda ook nie by tot die kinders se behoeftes nie. Hy verdwyn soos mis voor die son en word nooit weer gesien nie. dis in elk geval nie net dagmoeders wat die probleem is nie kleuterskole is ook. Ons dagmoeder vra uit oor die merke op my kleinkind (die is baie woelig en klouter ook oral op en het al ‘n paar keer afgeval en seergekry) die kleuterskool wat tydelik na haar gekyk het het haar van die doekafspeen verongeluk deur OF haar te slaan oor sy nie kon wag op haar beurt om te gaan of omdat sy ‘n glipsie gehad het want sy was vreesbevange (my gevra om haar nie te slaan nie – ek was geskok en kon nie glo wat ek hoor nie!!!) ek gaan haar slaan oor die optrek doek nat was. Na ons en die dagmoeder dit bespreek het het sy gesê dat sy vir ons wou sê met die glipse moet ons nie raas of iets doen nie want kan die hele proses verongeluk en dit vertraag en dis toe ons agterkom dit was die kleuterskool se skuld. Nodeloos om te sê ons het haar nie teruggeneem soontoe nie.

Karina ·

Waar in wereld gee jy kind onder 1 jaar pak??? Ken sy nie van mens doen dit nie. Waar kan 11 maande kind stout wees? Klaar blyklik weet die dagmoeder nie van hoe om kinders groot te maak nie!!! Kind moet kan verstaan wanneer hy pak kry en hoekom? 11 maande? Ek self het 2 klein kinders so ek weet. Vandag se tyd is dit maar so moeilik om goeie plek te kry vir jou kind en hoop dat hul reg gehanteer gaan word….daaroor kan mens net Bid en Glo dat dit wel so gaan wees.

Klip in die bos ·

Dink buite die boks. Geen saak by Polisie, gewag tot die volgende dag. Dit sou geen doel dien om hom doktertoe te neem nie. Slegs fotos van merke. Net te veel onopgeklaarde stellings. Die dagmoeder het geweet van merke, maar is dit dieselfde merke as op die fotos? Is daar nie ‘n paar by nie? In sewe maande het nooit onraad vermoed nie, sy was tevrede met die dagmoeder. Het die ma nie dalk ‘n verskuilde agenda teen die dagmoeder nie? Het iemand die fotos as waar geverifieer? Is dit ooit fotos van haar kind? Baie emosionele kommentare, maar wat is die volle waarheid? Ek vra want ek verstaan nie.

liefie ·

kom ek verduidelik: jy kom laat by die huis, sien die merke, skrik jou dood, bel die dagmoeder, probeer verskoning aanvaar, dink weer daaroor en kan dit nie aanvaar nie. Nou is dit al laat, baba slaap al. Jy worry nog steeds. Al wat jy kan doen is wag tot more. Intussen moet jy nog by die werk ook uitkom, so jy doen jou bes om ten minste by die polisie uit te kom en teen die tyd is die merke vervaag en gaan die dr (wat in elk geval nie dadelik ‘n opening op sy rooster het vir jou nie) niks kan sien nie.

Marina ·

Wel, as ‘n kind aanhou huil as jy hom by die kleuterskool aflaai moet jy weet daar is fout, hy sal mos nie elke keer huil as hy gelukkig is daar nie. Nee kyk …

pietiepol ·

dis vingermerke, so duidelik soos daglig. Die kind is geslaan, maar met die doek aan, daarom is die merke bokant die doek duideliker. Dit was meer as een hou. Die houe wat op die doek geslaan is, was hard genoeg om deur die doek ook dowwe merke te laat. Ongelooflik wreed. Soos die foto nou verskyn: gedoen met die linkerhand.

Johanna ·

Dis skokkend en hartseer. ek het al so baie sulke stories gehoor. hoe gemaak as mens moet werk en jy moet hierdie mense vertrou om na jou kinder/s te kyk. elke ouer moet hulle kinder/s altyd uitvra oor die dag se gebeure en soms onverwags daar opdaag. jou kind se lyfie moet bekyk word. arme ou dingetjie wat n vreeslike ervaring. mag sy nooit weer die eer he om na iemand se kind te kyk en dan nog seker ten duurste daarvoor betaal te word nie.

Liza ·

As dit slegs ‘n “ongeluk” was soos die dagmoeder beweer hoekom nie die ouers of ouma in kennis daarvan stel toe hul die kind opgetel het nie? Dit is net onaanvaarbaar dat ‘n kind wat nog nie eers kan loop nie skielik op ‘n klimraak kan klim …. Ek hoop regtig die ouers gaan verder hiermee. En ek stel voor almal gaan kyk op FB sodat jul die VROME tannie se gesig kan sien!

Charmaine ·

Ek het ook ‘n BESIGE dogtertjie van 10mnde….. nie ‘n bang haar op haar kop nie. Klim en klouter op ‘n speelraam – vir 11mnde wat nog nie kan loop…… sluk swaar aan daardie verduideliking. Kan nie dink dat enige een hul hande kan lig vir so kleine lyfie nie, moet my nie verkeerd verstaan nie ek glo aan ‘n pak op sy tyd….. maar ook verseker op die regte ouderdom! My hart gaan uit na jou toe Elaine want my bloed kook sommer net om te daaraan te dink.
Dis sekerlik die meeste mamma’s se droom om eerder self na hul kleinding te kyk. Ek is bevoorreg dat myne by my ma kan bly. Nog steeds is dit nie vir my lekker om haar in die oggende af te gee nie.
Nee wat ek sal verseker ook die saak verder gevat het en verseker het dat so iets nie ook met ‘n ander maatjie gebeur nie. Wat van as sy eendag verder kop verloor en nie ophou slaan nie….

Blommetjie ·

Dis bitter jammer oor wat gebeur het maar in suid afrika kan eige dame n dag sorg begin met een of twee helpers en groot groepe babas en kleuters. Ek stel voor daar word na gekyk om regulates in gebring te word soos in Engeland met hulle CHILD MINDING stelsel. Jy moet geregistreerd wees en n kursus loop plus op volg seminare voor jy dit mag doen. Daar kom ook n social werker om, wat op gereelde basis onbeplande inspeksies doen. Jy word ook geewalieer of jy geskik is vir CHILD MINING. Daar is jy ook op n data basis vir ouers om van te kies wie na hul baba of kleuter kyk.CHILD MINDERS mag ook net n sekere aantal babas en/of kleuters versorg . Dis maar net my beskeie mening

Theresa ·

Die mamma is bekommerd oor die kindjie. Hy’t nie op ‘n klimraam gehoort nie – swak toesig. Pakslae? As wel pak was – wat op aarde voor? dit moet die dagmoeder tog kan verduidelik. Hier is hordes kommentare hierbo wat vra dat die naam bekend gemaak word. Daar is tog ander mense se kinders ook daar wat dink hul word vertroetel? Al word dit as vermeende aangedui – dink mens tog aan die ander ook?

Theresa ·

En verseker moet daar beter regulasies en INSPEKSIES wees waar enige kind opgepas word. Hetsy na-skole, kleuterskole of dagmoeders. Hopeloos te veel gevalle van verwaardelosing, misbruik, wanvoeding, geniepsigheid, ensovoorts. Nog werkskepping – daar is ‘n groot leemte. Oppassers van watter rang ookal, moet vooraf tog vir misdaad, dwelms, enige kinder misdaad, aggressie, emosionele uitbarstings, ensovoorts, ensovoorts getoets word voor aanstelling? Ook so die eienaar van so ‘n plek – selfs hul kan skroefie los hê. Natuurlik is dit nie vir almal moontlik om tuis te bly nie. Dus rus die onus op goeie regulasies en voorkomingsmaatreëls en dan die verantwoordelikheid van ‘n ouer om als te doen om vooraf vas te stel of dit ‘die regte plek vir Japsnoetjie is. Bly sommer weg van plekke wat nanny cams weier.

Rene ·

Gee die dagmoeder aan by die welsyn. Laat hulle ondersoek instel. Ek het so stel afgetrap en die welsyn het ingegryp.

Louise ·

Dis regtig baie hartseer, ek moes my babatjie 2maande by n dagmoeder los en my senuwees was klaar, Heeltemal op gewees, ek het kort kort net daar opgedaag by haar huis en gese ek was in die omgewing en kom se gou Hallo net om te kyk is my babatjie reg en ek moet se hierdie dagmoeder het na haar omgesien tot en met 2 en n half jaar oud en sy het my nooit teleurgestel nie. Sy het later as ek nie daar aankom nie gebel en gese moenie worry nie jou babatjie is ok. Want weet julle wat dis wat n are oppaser doen, Nie iemand wat n kind n BABA mishandle nie.

Magrette Louw ·

In my lewe is ek baie baie baie geslaan. En dit lyk soos die merke wat ek gehad het nadat ek geslaan is.

padda ·

ek het ook baie jare terug n dagma gehad wat as ek my kind oggende afgelaai het hy gehuil het en sy le op bang met huisgenoot en soos ek loop na my motor gehoor hoe sy se bly stil en vandag is hy n grootmens en hou glad nie van roer eiers nie want lyk my hy het genoeg van roereiers daar gekry ……..

Bielie ·

Dreda Vorster van o’Brian straat Verwoerdpark. Alberton.

Crystel ·

Die skooltjies ens is absoluut wreed vandag, gaan net oor geld. My dogtertjie 3 en eweskielik wou ook nie laaste maand gaan nie. En dis die duurste skooltjie in area. Toe sal dit mos uitkom die juffrou skree op haar en hulle kry timeout om buite op stoep te staan in koue. Ek was woedend. Dis nou nie slaan nie, maar as jy nie n kind met geduld kan disiplineer nie, dan bly weg. Hulle is moeilik en besig en nuuskierig en gooi tantrums en soek liefde en so kan ek aangaan maar bo als n absolute plesier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.