Skok oor Pta-egpaar se dood

André en Mirinda Nortjé. Foto: Facebook

André en Mirinda Nortjé. Foto: Facebook

Die polisie het Dinsdag bevestig die egpaar van Pretoria wat Vrydagaand dood in hul huis in Akasia aangetref is, is tydens ʼn voorval van huishoudelike geweld doodgeskiet.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is net ná 18:00 in hul huis in Mainstraat aangetref, elk met ʼn koeëlwond in die bors. ʼn Vuurwapen is langs die man se liggaam aangetref. Bure wat skote uit die huis hoor kom het, het die polisie ontbied.

Kapt. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, het die oorledenes intussen as André en Mirinda Nortjé geïdentifiseer. “Ons ondersoek dui daarop dat die man sy vrou geskiet het en daarna homself. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek,” het Nkoadi gesê.

Maroela Media het Niel Nortje, André se seun, genader, maar hy wou geen kommentaar lewer nie.

Intussen het boodskappe van medelye op Mirinda se Facebook-blad ingestroom. Verskeie mense het hul skok oor die nuus uitgespreek en Mirinda as ʼn vriendelike, lewenslustige mens beskryf.

Carolynn van Zyl het geskryf: “[Mirinda] was ʼn rolmodel. Jy was my sussie, al was jy my niggie. Die lewe is moeilik. Die krag om op te staan en aan te gaan, is onmoontlik. Dit gaan ʼn leeftyd neem. Mense verstaan geen seer soms van ʼn familie as dit nie hulle sin [is] nie. Ons weet jy sal wil hê ons almal moet aangaan en doelwitte bereik. My hart smag om die helfte die vrou te wees wat jy was. Jy was ʼn engel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

M ·

Ander mense se boeke is duister. Dis so jammer dat dit altyd so moet eindig.

W ·

Party van die details in die berig is bietjie “iffy.”
Maar ja, dit is ń groot tragedie.

Olivia ·

Daar is niks “iffy” hieraan nie. DV is een van die onderwerpe waaroor mense lees maar dit nie verstaan as jy dit nie self beleef het nie.

steve fourie ·

Dis nou die beste plek om waare nuus te kry!die ander mens smeer al die dinge toe,want alles is nog steeds. Apartheid se skuld,weet nie meer nie,maar die snaakste is net wittes word vermoor sonder dat n haan daaroor kraai,niemand weet nie,so ons sal by julle die nuus kry

Agtogwatnog ·

Egpaar elk met koeëlwond in bors???? Laat my wenkbroue lig.

Wenner ·

Asseblief? Daar is n kind se ouers dood, en ONS wonder oor waar die koeël moes getref het? Hoe absurd! As hierdie egpaar maar net n hand wou uitsteek en sê: ons soek hulp! Soms is hul ook eergevoelig en wil nie erken hul het hulp nodig nie. Sooooooo onnodig en sooooo hartseer! En wie sit met die vrae en die hartseer? Die arme arme kinders!

Petro ·

Stem saam…details is nie nou belangrik nie…baie sterkte aan die familie..moet erg wees om te verwerk.

charmain ·

Polisie ondersoek n saak van moord? HUH? die ou het hom dan self geskiet.

Katryn ·

Mirinda is vermoor en die G.O. is vir André. Maak dit sin?

thelsa ·

Dis darem seker een moordondersoek wat die Polisie suksesvol behoort af te handel, of hoe ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.