Skok oor rassisme ná tragedie by skool

‘n Skermskoot van die uitlatings.

Die tragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark waar drie kinders dood is toe ʼn voetoorgangbrug ineengestort het, het ʼn rassistiese nadraai gekry.

Ene Siyanda Dizzy Gumede het ná die voorval ʼn inskrywing op sy Facebookblad gemaak wat lui: “Dont have heart to feel pain for white kids. Minus 3 future problems (sic).” Nog ʼn persoon, ene Sam Moon, het daarop geantwoord: “Minus 3 land criminals, great news.”

Lindsay Maasdorp, omstrede nasionale woordvoerder van die BLF, het ook op die tragedie reageer deur te sê: “God is on our side.” Zwelakhe Dubasi, adjunksekretaris-generaal van die BLF, het op sy beurt gesê: “Ancestors are with BLF, as we fight they fight too. They shake the land and white buildings built on stolen land collapse. Keep fighting Zinyanya, you are fighting a good fight. Camagu! (sic)”

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, het intussen gesê die party dring daarop aan dat die Menseregtekommissie (MRK) dié uitlatings met dieselfde dringendheid ondersoek as in vorige gevalle waar wit mense van rassisme beskuldig is.

‘n Skermskoot van die uitlatings.

“Wat hierdie uitsprake vererger, is dat dit geheel en al gevoelloos én hartelose kommentaar is op ʼn situasie waar kinders op ʼn grusame wyse gesterf het.

“Die MRK kan daarvan bewus wees dat die VF Plus sy optrede met groot belangstelling sal volg om seker te maak dit word deeglik ondersoek en met dieselfde erns as sake waarin wit mense van rassisme beskuldig is.”

Alberts het gesê die MRK het telkens in sulke gevalle nie gehuiwer om sonder skroom deur openbare optrede en uitsprake te reageer teen die oortreders en sodoende direk betrokke te raak nie.

‘n Skermskoot van die uitlatings.

“Dit is ʼn duidelike bewys van rassewrywing wat in die Suid-Afrikaanse gemeenskap opbou, juis omdat ʼn organisasie soos die MRK oënskynlik nie groot erns toon om kragdadig op te tree wanneer ʼn openbare figuur soos Julius Malema mense openlik tot geweld teen wittes aanhits nie.

“Die VF Plus sal nie langer staan en toekyk dat selektiewe optrede teen rassisme die maatstaf in Suid-Afrika word nie. Dit is in die belang van alle regdenkende mense in Suid-Afrika dat daar kragdadig, maar sonder vooroordeel, teen enigiemand opgetree word wat hom of haar aan rassisme skuldig maak.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

141 Kommentare

Wurmpie ·

Kom nou Lesufi sê iets. Jy was mos baie vinnig by Sweiser en waar is die DA nou. Kom rek nou

Die Stem ·

Ek twyfel of hy omgee oor die aantygings… Ons hou maar die spasie dop…

Anne ·

Wie stel belang in wat hy te se het, as hy sy mond oopmaak gaan dit oor apartheid. So onbevoeg om lur te wees

Ronell ·

Moenie van die groooooot rassis Trevor Noah vergeet nie. Na Vicky Momberg kon hy nie vinnig genoeg vi almal wat luister met minagting na die boerevolk verwys nie. Hierdie walglike uitlatings sal hy nooit van sy valse troon verkondig nie, om die waarheid te sê, na my mening ondersteun hy die laakbare optredes.

Marthie ·

Die is nou nie mooi nie hy is regtig verkeerd se nou dit was sy kind wat dan almal is kinders vd Here wat hy nou sê is heeltemal verkeerd ons het ook gevoelens wat gaan aan die saak gedoen word hy mag ook nie weg kom met dit nie

Zach ·

Ek, aanbid n lewende God, wat nie slaap nie…….so, ek het slegte nuus vir jou en jou antsistors…

Kwaaitjie ·

Sjoe, ek weet die is nuuswaardig en dis baie onnodig om so iets te sê MAAAAAR : Kon MM nie maar die berig gelos het nie.
Nou sien die ouers van die oorledenes dié berig en maak dit hul seer net soveel meer.

My hart gaan uit aan elke ouer en leerder wat hierdeur geraak is en bid vir volkome herstel vir die leerders wat beseer is in die verskriklike tragedie.

Sandy Botha ·

Ek stem nie saam nie. Ons moet begin besef met wie en wat ons te doen het. Net omdat jy n mooi mens is , beteken nie almal is nie. Ek sit en kook hier binne my oor die man se opmerking. Ons moet bewus raak van wat hulle van ons dink. Vieslike stuk gemors wat so iets kan sé!!!!!!

CB ·

Nee kwaatjie. Ons moet ingelig bly. Al die ander platforms wys ons so hoekom nie MM ook nie. Help nie ons druk ons kop in ‘n gat nie. Die nuus moet uitkom!!!

Pixie ·

Hoekom moet hul dit los? Die oomblik as n blanket persoon iets oor iemand anders se is dit die koerante vol en word daai persoon letterlik afgeslag maar MM mag nie berig as ander rasse dit doen nie? Rerig?

Jollie Jacqueline ·

Dink jy rerig hulle het nie gesien nie? Ek het dit al gesien voor MM dit opgesit het. Dit help ons druk ons kop in die sand nie.

Kwaaitjie ·

Ek stem saam dat ai berig geplaas MOET word maar kon hul nie net ‘n dag of wat gewag het nie. Dis is die aakligste en ondenkbaarste dag wat enige ouer kon of kan beleef. Dus, net bietjie wag dat die ouers nie vandag só iets hoef raak te sien nie. ?

Dries du Toit ·

Nee Kwaatjie die hele wereld moet daarvan weet. ‘N groot deel van die blanke volk in die land is aan die slaap en kruip nog steeds vir versoening terwyl dit nie wederkeurig is nie

Philip ·

Die nuus was nie alleen deur MM gedra nie. Ek het die berig elders opgetel. So maak eers seker voor vingers gewys word.

Hanna ·

Skokkend ,om die minste te sê. Moet ons nou ook aanmerkings maak as daar busongelukke en taxi ongelukke is. Nee nou het ek alles gesien. Die duiwel werk hard maar ons God is in beheer!!!!!! Sterkte aan die ouers ons bid vir julle vir vertroosting

Frik ·

Nee Kwaatjie dis omdat ons altyd stilbly dat swart rassisme nie aangespreek word nie. Dis tyd dat ons ook moet begin betoog en eis dat MRK optree.
Wonder of RSG en ander radio stasies ook die heeldag hieroor gaan rapporteer.

julius ·

Kwaaitjie jy is reg. Hoekom is die berig geplaas? En wie is so siek om die goed te gaan soek op fb of twitter om dit die wêreld vol te versprei? Ek wil ook nie weet wat hulle van ons dink en sê nie. Netso sal hulle nie weet wat ek van hulle dink en sê nie.

Penellope Jones ·

Dis so skokkend dat ek nie weet hoe om dit te verwoord nie. . . .

Die Stem ·

Nee. Ek is sprakeloos…
Dis onskuldige kinders wat nie eers aan die persone wat die siek aanmerkings maak, bekend is nie. Nee!
Soveel haat. Soveel rassehaat.
Daar daar iets gedoen moet word. Elke generasie kweek haat by die volgende generasie. Dit raak net al erger.
Sterkte aan almal wat geraak word deur die vreeslike tragedie.

Melanie ·

Maimane en sy aanhangers sal doodstil bly. Net so doodstil soos ons stemme.

Grys ·

En julle will nog steeds in hierdie land bly, ek dryf eerder in die ocean op n stomp.

Thana ·

Ons is nie almal in posisie om the waai nie. tensy die wat so haastig is vir ons betaal. Maar ons almal Kan bydra om verskil te maak en ophou so negatief praat. En Gaan reg stem

Magna ·

Oor elke idiot ewe skielik n opinie het, dis nie eers worth getting upset over nie…. Ek is net dankbaar dat ek kan lees en skryf.. … Onthou lee blikkies maak die grootste geraas

Sharon ·

Waarom moet alles altyd ‘n rasse nadraai he? Is daar geen respek meer vir ander mense nie? Ongeag kleur of ras?

Acca ·

Waar is die grootbek DA wat uitsprake maak oor rassistiese uitlatings teenoor swart mense. As hulle n party is vir alle mense in SA sal hulle die situasie net so ernstig hanteer of het hulle nie n ruggraat nie.

Susan ·

Die DA gee niks om vir witmense nie. Ons is te min, die massas is swart. Hulle please net die massas om baie stemme te probeer wen.

Piet Lourens ·

Moenie julle asem op hou nie. Niks sal gebeur nie. Menseregte is net n ander naam vir omgekeerde rassisme. Hou julle in want die ander kant wag dat julle die verkeerde woorde gebruik.

Marietjie ·

Ons Harte is seer saam met die ouers en famielie wat vandag n kind moes afstaan aan die dood. Maar wie gee die BLF die reg om so te se het ons as wittes 2 weekend terug enige lelik of rassisties aanmerkings gemaak toe die mense in mozambique verdrink het. Nee ons het nie. So dalk moet hule eers die balk uit hule oe haal voor hule klippe goeie.

Ronel ·

Marietjie, jy het vergeet. Ons mense is simpatie en empatie geleer. Daars heel duidelik n gat in hul opvoeding…

Ilze ·

Geestelike warfare die haat is demonies almal sal ernstig tot God moet bid vir beskerming. Maar ja dryf wit mense uit die land wat kos gee die land is soos beskuit wat te lank in koffie is dit val uit mekaar uit is baie hartseer

Winx ·

Zach .. Ek is met jou. Die absolute inherente gewetenlose boosbeid is ongeëwenaard…. Cry the beloved country ! ?
My hart breek vir die ouers en almal geraak deur hierdie tragedie. Mag God jul vertroosting bied ??

Rinkhals ·

Net die feit dat hy nog aan “ancestors” glo se alles. Sy aanmerkings is nie nuuswaardig nie. Dis net snert wat hy, soos baie ander nog glo. Vasgevang in die middeleeue.

Buffel ·

Wonder of die “ancestors” ook die aarde skud en dan taxi ongelukke veroorsaak of is dit meestal net nalatige bestuur of oorlaaide voertuie?? Wonder maar net.

Staak saam ·

Jesus se, laat die kinders na my toe kom want aan hulle behoort die koningkryk.
Ons staan almal verstom oor die gebeure en hier volg maroela die hoofstroom in die soeke na sensasie, geen gevoel nie, blaas eerder in n emosioenele tyd soos hierdie die vure van haat aan.
Wel gedaan maroela!!!

Abe ·

Staak saam,
Ek verstaan nie baie mooi wat jou argument is nie. Lyk my jy verkwalik MM daarvoor dat hulle berig het oor die rasse wending wat kommentaar oor die saak nou aangeneem het. My standpunt daaroor is dat ek graag die waarheid oor die stand van sake sal wil weet. Ek het nog altyd waardering vir die verantwoordelikheid waarmee MM raporteer het gehad en sal aanhou om hulle aan te moedig om die waarheid aan hulle lesers te bring.

Snowball ·

Geen regdenkende mens kan of sal hom verlekker in die dood van ‘n kind nie….maak nie saak wat sy ras is nie. Hierdie is ‘n teken van die opvoedingsvlak en integriteit van dié tipe mense, en baie swartes en wittes sien hulle duidelik vir wat hulle is. Baie veroordeling reeds vanuit swart geledere ook. Sulke sotlike opmerkings ontbloot eenvoudig die essensie van hulle ware karakter. Niemand het al bevestig of dit swart of blanke kinders is nie. Hoe boos om ander se pyn in politieke smet te verander.

Abe ·

Snowball,
Ja, jy is heeltemal reg.
There can be nothing that reflects worse on the character of a man than if he has no respect for death. There can be no clearer evidence of this than if he rejoices in the death of a child.

willie ·

Dit ontstel my nie, want ek weet my God slaap nie en haat die aanbidding van voorvadergeeste! Die oordeel kom hom toe! Eina vir hierdie idiotiese ongelowiges!

MC ·

Amen daarop, God slaap nie, Hy haat drekgode en Hy sal die oordeel fel.

$ ·

Die mense wat hulself verlekker in die leed van hierdie kinders, ouers en hul geliefdes, wat almal waarskynlik in ‘n noue verbintenis met ons Drie-Enige God staan/gestaan het en deur Hom vertroos en versterk word, is baie slegter daaraan toe as diegene oor wie se leed hulle hul so verlekker. Hulle weet dit net nog nie …

Niek ·

Mens moet hierdie minderwaardige rassistiese uitlatings ignoreer met die minagting wat dit verdien. Sosiale media gee ongelukkig vir hierdie veragtelike mense onverdiende seepkisgeleenthede.

JSO ·

Komaan mense. Dit is aaklige gevoellose politiese aanmerkings, maar soos net verlede week deur die regter in Elena Barkhuizen se saak gesè is MOENIE RASSISME SOEK WAAR DAAR NIE IS NIE. Neem ‘n verklarende woordeboek op (of Google as dit moet) en gaan soek na die definisie van die woord “rassisme”.

Anoniem ·

JSO – wat?! Jy kan nie die 2 voorvalle vergelyk nie. Hier is kinders dood.
Verder is dit beslis rassisties aangesien daar spesifiek blydskap uitgespreek is dat wit kinders dood is.
In die ander geval was dit maar net fotos en die juffrou het niks gese wat aanstootlik is teenoor swartes nie.

smurfie ·

Julle “ancestors” is dood, my God nie.
Oppas, my Here laat nie van Hom n bespotting maak nie.
Dis vreeslik om te val in die hand van n lewende God

Henk ·

Gumede, moon, dubasi en maasdorp, die God wat ek aanbid is die Enigste Lewende God. Dit is ook die God wat vanaand oor die mense wat kinders aan die dood afgestaan het waak en hulle troos. Dit is ook die God was Sy Seun Jesus gestuur het om satan te oorwin deur aan die kruis te sterf. Dieselfde satan wat haat en dood saai. En ek is bevrees julle ken nie die verskil tussen GOD en satan nie.

Lollie ·

Pragtig! Hulle moet net weet God slaap nie! Die wiel draai!
Meeste van ons dien ń lewendige God en wanneer daar ongeluk oor hulle pad kom moet hulle nie wonder nie.

Charlotta ·

My innige simpatie. Ek bid altyd, mag so iets nie met my gebeur nie , want ek het ook kinders.
Maar jy, wat die Wittes so haat, jy moet bid so iets gebeur nie met jou nie, want God slaap nie.

ANNA ·

AGGE…NEE WAT!’
BAIE BETER DINGE OM MÝ OOR TE BEKOMMER,AS Ñ LEË DOP RASSIS, WAT RASSEHAAT AANHITS!!
SEËN VIR HOM EN AL SY KADERS, MÝ GOD IS IN BEHEER,NIÉ húlle nie

Groen-RooiHen ·

Maroela moet nie steur aan die wat teen die berig staan nie. Julle is die enigste media medium wat werklik aan ons kant is deur almal in te lig oor die nonsens wat ander media mediums nie SAL oor berig nie. Dankie dat julle met ons gedeel het.

Kwaaitjie ·

Ek is nie teen die berig nie. Allermins. Maar as hul net kon wag, ‘n paar uur, dat die ouers net bietjie kon asem skep.

Albert ·

Dink jy regtig Maimane gaan iets sê
Dié DA het die pad verloor en beslis nie ‘n party vir wittes meer nie

smurfie ·

Kwaaitjie.
Dink jy nou regtig die ouers sit en lees elke stukkie nuus op die oomblik.
Hulle kinders is dood, nuus lees is nou die laaste ding waaraan hulle dink. Hulle pyn is te groot

Roger ·

Die MRK-huigelaars sal weer verskonings soek. Hul het zero geloofwaardigheid. Nie eens met die grofste graad van swart op wit haat nie.

HPV ·

Weer ‘n bewys hoe siek is sulke opswepers en aanhitsers se denke! Jou intelligensie vlak bepaal ook jou daaglikse uitsprake.

Gatvol ·

Ek dink agriforum moet ‘saak maak teen die klomp wat rasistiese opmekings gemaak het hoekom moet hulle daarmee wegkom?

Loerbroer ·

Nou ja…hier is n toets vir die DA. Vir 22 jaar het julle my stem gehad. Met die juffrou saga in Schweizer het julle gewys julle spring damn vinnig op die ras-bus vir stemme. Gaan julle op die kant sit en kyk hoe die een ontvou of gaan julle opstaan vir “ALLE” Suid Afrikaners soos julle beweer. Julle (DA) word dop gehou. As julle hierdie toets gaan dop, gaan julle seer kry. My en baie ander stemme in kluis. Soos dit tans lyk, kyk net die VF na geregtigheid….

Corine ·

Alles gaan vir party mense oor kleur. Genade dit is tragies. Die wat sulke vieslike opmerkings maak is rassiste en moet nie vrae vrae as die noodlot hul tref nie. Die Here slaap nie. N oog vir n oog.

Theresa ·

Dis verskriklik hartseer as n onskuldige kind doodgaan. Ek het nog nooit n berig se kommentaar gelees waar swart kinders dood gaan en wittes rasistiese aanmerkings maak oor n kind se verlies nie. Draai dit nou om as dit n swart kind was en n wit persoon maak so aantuiging. Dit sou weer voorblad nuus wees ou mater verlustig jou aan n dood en kyk hoe sal God jou lewenspad beplan. Dis hartseer ongeag wit of swart. Hoop maar jy slaap rustig in die aande want jy weet nie wat die dag van more vir jou inhou nie.

Ja Nee ·

Almal is soooo geskok, rassisme is alive and well in SA. Rassehaat was nog nooit so sterk soos nou nie

Lindie ·

Small things amuses small minds. Gee ons regtig om oor wat rasiste sê??!!
Mag God hierdie families styf vashou in hierdie tyd van hartseer.

Paul ·

Moenie die kinders verguis nie, vir hulle is dit nie verkeerd nie, maar wat sê al hierdie vir ons? Hulle leer dit van elders af want mens word nie so gebore nie. Tel hulle dit later by die ouers op, Julius en sy EFF, die BLF? En wat van Cyril wat gedurig uitsprake teen die wit mense maak? Ons is mos paddas wat hy wil kook, hy beskuldig ons dat ons die grond van hulle afgevat het. So waar leer kinders al die goed wat hul kwyt raak?

George ·

Die trane oor die tragedie rol oor my hart. Jong lewens tragies tot n end.Sterkte aan die families. Moenie dat die mooi van die lewens vervaag word deur ondeurdagte uitlatings van andere nie. Mamma en Pappa vanaand weet dat George vir julle bid. Sterkte

Alida Hellberg ·

Die verskil is as dit by ‘n swart skool gebeur het, sou dit die blankes gewees het wat gestorm het om op alle terreine te gaan help. Dit is skokkend dat mense sulke dinge kwyt raak. Na alles is dit boonop swak smaak en swak maniere.

Hennie ·

Vir dae of liewer weke nie n woord van die die BLF of EFF op enige media kanale nie nie eers SABC nie. Nou word hul brawade en snydige sosiale media kommentaar hier gedeel,nee regtig,dit was sensasionele snet gedeel deur u redaksie.Eks uiters teleurgesteld MM.

Charlotte ·

If it was black kids that died then Apartheid would have been blamed and the EFF and BLF would have burnt the rest of the school down and demanded compensation and free funerals. White people would NEVER make comments like that about children.

pieter ·

hoop hul werkgewers tree teen hul op fire hulle of nhul ius rassisties ook

Andrea ·

Dink nie hul het werkgewers nie… Dink hul leef in luukse op my en jou helastinggeld.

Brutus ·

Daar moet beslis teen hierdie gewetenlose haatdraende rassiste opgetree word – waar is die MRK nou, toe ons wag in spanning!!

Philip ·

Die nuus was nie alleen deur MM gedra nie. Ek het die berig elders opgetel. So maak eers seker voor vingers gewys word.

Sarie ·

Dit was op Netwerk24 ook, maar die kommentaar deel was nie toegelaat nie. Sê ook boekdele.

Kleurling-kind ·

Ek staan vanaand verstom vir die onmenslikheid, ongevoeligheid en harteloosheid wat openbaar word in die tyd van rou en droefheid. Jy wat jou verlekker in Ander se seer, onthou God slaap nie… “Vader vergewe hulle” sterkte aan almal betrokke, mag God julle vertroos in die moeilike tyd. Ons verstaan nie altyd hoekom en waarom, onthou altyd wat God gedoen het is wel gedaan.

mamma mia ·

Hierdie radikales wil die land onregeerbaar maak en spons op die reaksie wat hul uitlok. Ignoreer hulle.

Lisa ·

Will net weet. Hoekom is daar nie enige opvolg op regstapp gevat nie. En hoekom word hulle nie bekend gemaak op die huis nie. As n mens die swart mense dreig of naame noem word jy toegesluit. Maar dit word oorgesien as hulle sulke dinge se en dit word gelees deur die ouers wat kinders verloor het. Dit moet tog iets bewys dat sulke mense hoort nie in die saamelewe nie. Laat hulle agter tralies hulle woede uithaal. En dan durf hulle nog van God praat. Geen christen sal so iets kweitraak nie. Hoop dit word hanteer soos asof dit rol gebruik was.

$ ·

Ek het nou-die-dag ´n baie insiggewende stuk gelees oor wie hulle ´god’ eintlik is; die een wat verwys word na as Nkosi in die volkslied.
Dit is beslis nie die Drie-Enige God nie.
Mense gaan te maklik om met die woord ´god’ – selfs die Moslems en Hindoes verwys na ´god’ wanneer hulle met ons gesels – en in ons polities korrekte samelewing vertroos ons mekaar oor gelowe heen deur na ´god’ te verwys – maar na Wie ons as Christene verwys en na wie hulle as ander gelowe verwys, is beslis nie dieselfde Persoon/gode nie.

Hierdie mense met hul rassistiese uitsprake se ´god’ is beslis nie my God nie. En wanneer hulle die dag ook hul aardse lewe begroet, sal hulle besef daai god én hulle voorvaders is net so dood soos hulle en beteken toe al die tyd niks …

kobus ·

As dit swart kinders was en wimense het so gepraat.het die Presedent en Ministers al lankal gese hulle moet toegesluit word

Domeritus Danie Malan ·

Vriende en mede-galbrakers!
Ons bevind ons ongelukkig in ‘n Ruwe (sic!) SA waar omgekeerde rassisme en/of rassistiese opmerkings dikwels glad nie punte tel nie. Dit MOET uiteraard reggestel word en ALMAL wat hulle aan een of ander vorm van rassisme skuldig maak MOET eenvoudig aan die man gebring word en deeglik voor stok gekry word. Laat ons wat van ‘n ander stoffasie aanmekaar gesit is ons intussen waardig gedra en wys dat ons ANDERS is en doen. Ek is nie ‘n rassis nie, maar ‘n rasegte etnisis en is dankbaar-trots daarop!
Mag die getraumatiseerde, stukkend-gebroke ouers en skoolmaters van die skoliere wat tragies gesterf het die onontbeerlike vertroosting van God, die Heilige Gees ontvang!

Sheila ·

So n hartseer situasie. Net n baie siek persoon kan sulke goed se

Deon ·

Almal wil net kommentaar lewer maar niks doen nie………..die laaste twee jaar het die rassehaat so vererger dat ons in ‘n siek samelewing ons self bevind. Al die blankes wil weg hardloop……….wanneer gaan ons begin opstaan. Dis tyd dat ons weer ons gelofte gestand doen , dan alleen kan ons teen die meerderheid opstaan. Jammer dat ons van ons gelofte vergeet het, nou word op ons getrap en wil ons so graag na ons as ‘n Afrikaner Volk verwys. Deur nie op te tree het ons ons bestaansreg ook prys gegee.

marco polo ·

Wat gaan die VF doen as die MRK nie optree nie? Daar word net heeltyd gepraat en gedreig, maar niks gebeur nie, en our people weet dit, dis hoekom hulle nie bang is vir sulke stellings nie.

Gerda ·

Waar is DA se jeugleier nou? Hy is dan sie sekfaangestelde “wag” wat waak oor rasseverhoudings. DA: wat gaan julle omtrent hierdie rassistiese lae en gemene uitlatings dien? Ekskuus? O…., alweer niks nie! So gedink ja. Maar voorbokke was julle voorbokke toe julle gehoop het jul kan munt slaan uit n nie-rassistiese insident by Schweizer wat JULLE as rasisties aan die wereld verkoop het. Dubbele standaarde ne?

Lizelda ·

Die DA het outomaties gedink hulle kry al d blankes se stemme, maar na dese moet hulle nie so seker wees nie. Mense v kleur mag haatspraak toepas en ons moet dit net aanvaar maar boy oh boy laat ons nou iets se dan is dit one way ticket to jail.

dolla ·

Radikales. Aan die ander kant van die politieke spektrum het jy weer verregse rassiste wat so oor swartes voel, dis niks nuuts nie.

PieterJohannes ·

Die feit dat daar duidelik nie instandhouding by die skool gedoen is nie, moet ons almal besorg maak. Moontlik is daar nog sluimerende rampe wat wag om te gebeur. Ons stuur ons kinders met volle vetroue skool toe en verwag dat hulle veilig sal wees. Vergeet van hierdie verdwaaldes wat verblind is deur die Bose. Kom ons raak meer bewus van wat om ons aangaan. Rampe soos die kan voorkom word. Die ANC of die Onderwys Department gaan dit nie vir ons doen nie. Hoe gouer ons besef dat EK betrokke moet raak en KYK met kritiese oë, hoe beter. Radikales sal altyd skree en raas en niks doen nie. Ons gebede is by almal wat deur die ramp geraak word. Mag elkeen wat nie sy werk gedoen het met die instandhouding nie, tot verantwoording geroep word.

Leona ·

Dankie Maroela Media dat julle hieroor berig.
Tragies wat gebeur het. Ons land moet terug keer Jesus toe. Dis slegs demone wat sulke uitlatings maak!
Bid, bid, bid en nog meer bid vir Suid Afrika.
P-U-S-H
Pray-Until-Something-Happens

Dienkie ·

To Siyanda Dizzy Gumede, Sam Moon, Lindsay Maasdrop – be very very very careful what you are glad about. An terrible accident might just happen to the children of your friends and then you will suddenly remember that you were glad about the innocent white children who were killed in an terrible accident at school.
To all the people whose hearts are poisened by hatred towards white people I want to ask just one question: Is it well with your soul?

Beau ·

Dienkie, your response is the most striking comment regarding the ‘cold’ and idiotic hatred towards humanity, I’ve read for a long time. This evil spirit-filled person really needs to reflect and seek forgiveness. Our God does not tolerate this type of behaviour.

Neels ·

Kom ons verwerp hierdie uitspraak. Hulle hoort in die tronk.

Hettie ·

Nou toe ANC ,dit is wat julle gekweek het !Is julle nou tevrede ? Rainbow nation my voet !
Rassistiese wetters!

John ·

Ons moet begin om ander swart party soos Cope en ACDP te steun wat eerbare leiers het. Net mense uit dieselfde gemeenskappe kan mekaar tot orde roep. Die VF+ uitskieters wag net vir krisistye om kiesers op te raap. Die DA se heilige beter as se wiele val die een na die ander af.

Jo ·

Met verlede jaar se skoolbus tragedie by Bronkhorstspruit, het ek geen blanke negatiewe opmerkings gehoor of gesien maak ook die kleur-wat-nie-genoem mag word nie. Almal was hartseer oor die kinders wat die lewe gelaat het en het gevoel vir die families. Een egpaar het al 3 hulle kinders verloor. Hierdie rassistiese gevoelloosheid is ongevraagd en verdien ‘n ondersoek.

Emma ·

Tragies om sulke nuus te sien. Ek hoop ons sien hulle in die tronk met hulle vieslike uitlatings. Gaan dit dop hou. Dan dink ek dit is net die wittes wat rassisties is.

Onnie ·

As onderwyser vind ek hierdie skokkend. Dit is 3 lewens wat verloor is, wat soveel potensiaal vir die towkoms kon inhou!
Dit is tyd dat die ware rassiste soos BLF begin val. Hulle is die gif wat die jeug se brein besoedel

GENOEG GEHAD ·

Ek dink nie dit was gesoek. Dit was geplaas sodat almal dit kon sien. Ek hoop regtig dat daar iets aan hierdie rassistiese aanmerkings gedoen gaan word. Dis nie nou tyd om stil te bly.

Maroela Media, aangesien jul ook die berig geplaas het en dit belang is dat ons dit moes sien (het dit ook gesien voor dit deur jul geplaas was) hoop ek dat jul nie die storie gaan los en die mense gaan opsoek. Hul moet ook gestraf word soos al die ander wat enige aanmerkings gegee het.

Dis wonderlik om te sien wie altyd die eerste mense is wat rassisme noem.

Skerpioen ·

Daar is heel wat swart mense wat op FB ook pragtige boodskappe gelos het vir die familie, vriende en skool. Ons moenie dat n paar negatiewe boodskappe ons siele en harte so negatief beinvloed nie.

dolla ·

Radikales wat aandag soek. Die dag wanneer die meerderheid van ‘n rasgroep so oor ‘n ander rasgroep voel het ons probleme. Ek wil glo dat die meerderheid van mense van alle rassegroepe in SA “gematig” is. So terloops – Op die tv nuus het ek ‘n swart meisie gesien wat ‘n krans gelê het by die toneel. Daar was ook baie swartes wat die perd aangevat het oor sy facebook inskrywings.

Abe ·

Skerpioen en dolla,
Julle is ook heeltemal reg. Die opmerkings wat ons nou so ontstel verteenwoordig die siening van n klein randgroepie. Baie swart mense het n gesonde siening oor die dood en ek is seker voel net so hartseer oor die dood van hierdie 3 kinders as enigiemand van ons.

$ ·

Ek is in skok.
Ek het vanoggend gegoogle vir ´n update oor Hoërskool Driehoek, en op hierdie video afgekom:
https://www.youtube.com/watch?v=P-xaYF27vKM
Die video veroordeel die uitsprake wat gemaak is; hierdie berig toon net sommige daarvan – die video verwys na heelwat meer van hierdie skokkende uitsprake.

Asseblief geen persoon wat direk deur hierdie tragedie geraak is moet na hierdie video kyk nie – ek wys dit egter uit sodat die res van ons bewus is van wat daar buite aangaan.

Mag daardie persone ook elkeen aangevat word en pa staan vir die vuur wat deur hul tonge aangesteek word, net soos dit sou wees as die ras omgekeerd was.

Ons moet ernstig bid dat God se koninkryk sal kom in hierdie land…

Ook n ouer ·

My hart bloeie vir die ouers en wens ek kon hul n drukkie gee. Jy met jou siek kometaar kan nie eers eers n dier genoem word nie…diere het ten minste inpatie….

Susan ·

Vicki Momberg sit in die tronk. Wat gaan gebeur met hierdie rassisme. Sterkte aan almal in hierdie hartseer tyd. God is met julle

Why ·

Ag wat dié 2kies sê of dink tel vi my nie eers 1c nie…… Dis belangriker wat my God sê of dink

Antionette ·

My hart gaan uit na hierdie ouers, met my gebede le ek jul neer by Jesus se voette. Oor rassisme gaan ek geen kommentaar lewer. Ons kan net die Here dank dat ons die voorreg het om nie meer in SA te bly nie. Ons bly al vyf jaar in Botswana en elke keer moet ek se dis tragies as ons wel in SA kom en te sien hoe alles agteruitgaan, hierdie berig is n goeie voorbeeld van hoekom alles agteruitgaan. Almal het nie die voorreg om te wees waar ons is nie en baie wil ook nie uit SA gaan nie, ek kan net se ons gebede is met julle …

Jo B ·

Daar gaan niks met die rasiste gebeur nie. Hulle kan sê wat hulle wil… volgens hulle is dit mos hulle land. Kindertjies mag nie eers by hulle eie maattjies in ‘n klas sit nie dan is die witmense rasiste. Waar gaan dit eindig as almal nie onder die selfde kam geskeer word nie. Of ons dit nou wil weet of nie… die regering ondersteun swart rasiste… dis nou “Pay back time”.

Anoniem ·

Jo B : Kom ons vergewe hulle want foeitog hulle het nie die lewensvaardighede om alles te weet nie – hoe kan hulle weet hulle doen verkeerd as hulle dit nie GELEER het nie ! God is getrou en sal die voorvaders uitsorteer Ons GOD is altyd in BEHEER ????

Anoniem ·

Solidariteit, gryp hulle en laat die reëls wat vir ander gegeld het ook vir hulle GELD ?

Thessa ·

Ek hoop regtig hulle kry nou tronk straf en verloor hulle werk soos dit bewyse was al met wit rasisme. Gee hul ook die hardste fonis. So jammer vir die familie dit is nie lekker om n kind te verloor vra my ek weet. Wet moet nou intree en wys dat hulle vir almal staan

dolla ·

Ek het gelees dat die lafaards dit “privaat” gemaak het sodat mens nie kan kommentaar lewer of toegang kan kry nie nie OF hulle is intussen verban.

Pieter ·

FB is geen oplossing vir besprekings nie. Iemand het ‘n berig oor die slegte kommentaar oor die ongeluk geplaas. Na 2 reaksies het die FB groep se beheerders die post gesluit vir kommentaar. So word ons monde gesnoer want ons raak net te bang om die waarheid te praat. Vryheid van spraak is ook lankal verby. Sosiale media is net ‘n wit olifant en net goed vir kat fotos en ander onbenullige dinge

Richard ·

Gaan die DA “leiers” galbraak en ‘n klagte van rassisme indien? Sommer ook ook een teen die eensydige MRK? Ons weet reeds die antwoord….die stembus sal antwoord.

George Pelser ·

“….klagte ingedien by die MRK……” Hahahahaha.Wat ‘n grap. Klagte ingedien by die pion van die lamsakkige en rassistiese ANC regering? Regtig? Daar sal NIKS van kom nie.My innige simpatie aan die slagoffers en hulle families maar om regverdige behandeling van hierdie spul rassiste te verwag is ongelukkig te veel gevra.

Dries du Toit ·

Lamsakkige ANC sê jy.??? Hulle is nie lamsakkig nie .Hulle het n misie om ons te reduseer tot verarmde blanke klein minderheid wat later geen weerstand kan bied nie en dan uiteindelik totaal verdwyn. Weg gekook soos Ramaphosa dit mooi verduidelik het

Annelize ·

En ek vra weer, ek wonder wie is die EINTLIKE rassiste in hierdie land…Die haat is onverbloem. Ek wonder net van watter god hy praat? Beslis nie dieselfde een wat ek ken nie…

Abdul ·

Wat gaan die DA doen? Hulle is net so magteloos soos ons almal! Na die verkiessing is als verby vir enige nie swat mens in hierdie land. Voorvaders rol in hulle grafte.

Jane Palotasi ·

1stens, dis hoekom ek nie meer da stem nie
2dens, my simpatie aan die ouers
3dens, ek het op lindsay maasdorp se fb blad gaan kuier, hy is n opperste rassis met n diep diep gewortelde haat teenoor witmense, so diep dat hy selfs die feit dat blf nie geld het om t hemde vir sy tiem ondersteuners te kan druk nie teen witmense hou. So kry eerder die man se minus intellek jammer, want meer verdien hy nie

Johan ·

Ek het nog nooit gelees van Blankes wat hulle verheug as daar Swartmense en veral kinders in ‘n ongeluk dood is nie. Wanneer ‘n brand by in ‘n informele nedersetting uitbreek of strukture deur storms vernietig is, stroom daar hulp uit die Blanke geledere…
Dit is mos Ubuntu.
Dit het nou tyd geword om Swart rassisme aan te spreek en uit te roei.

corne ·

dit haatspraak en rasisme sluit toe en gooi sleutel weg maar kom ek raai gaan niks geneur nie en ook net was mis verstaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.