‘Skok’ oor seks-tandarts se vonnis

Ian Venter. Foto: Facebook

Die organisasie Women & Men Against Child Abuse (WMACA) het sy skok uitgespreek oor die vonnis wat ʼn tandarts van George opgelê is vir die seksuele aanranding van ’n minderjarige seun.

Dr. Ian Venter is in April skuldig bevind op dié klag en gister in die streekshof in George tot drie jaar tronkstraf gevonnis.

Dié saak spruit uit ʼn voorval op die aand van 11 April 2015 toe Venter ʼn 13-jarige seun wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.

Venter dien reeds ʼn vonnis van korrektiewe toesig uit vir ʼn soortgelyke voorval wat in 2011 plaasgevind het. Venter is in 2014 in die streekshof in Thembalethu, George, tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis.

Hy is destyds skuldig bevind op ʼn aanklag dat hy seks met ’n 15-jarige seun gehad en ook pornografie aan hom gewys het. Van die voorwaardes van sy vonnis was dat hy nie minderjariges in sy praktyk as tandarts mag behandel nie.

Joanne Barrett, woordvoerder vir WMACA, het die “onvanpaste kort vonnis” wat Venter opgelê is as skokkend beskryf. “Gegewe die feit dat dit sy tweede oortreding was, glo ons dat langer tronkstraf ʼn meer gepaste vonnis sou wees.”

Die organisasie glo dat sake waar kinders seksueel mishandel is, baie strenger vonnisse noodsaak. “Die Kinderwet bepaal duidelik dat kinders ʼn reg op veiligheid het en toegelaat moet word om vry van geweld en misbruik te lewe.”

Barrett het gesê hoewel hulle ongelukkig is met die vonnis, is hulle tevrede dat Venter direkte tronkstraf ontvang het.

“Venter is nou agter slot en grendel en dit beteken daar is een minder seksuele misbruiker op straat. Ons sou verkies dat die sleutel in dié geval weggegooi word.”

John Gillespie, Venter se regsverteenwoordiger, het ná die uitspraak ʼn aansoek om verlof tot appèl ingedien, maar streekslanddros Francis Makamandela het dit van die hand gewys.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

willem Botha ·

BELAGLIK, doodstraf sou meer gepas gewees vir hierdie vent.

Yankee ·

Ek verstaan ook nie Suid-Afrika se regstellings nie. Hier by my sou hy n 14 jaar vonnis gewis gehad het. Sies vir hom, en ook die hof!!

barend ·

wees baie versigtig met julle “bring die doodstraf terug” wens .die stelsel kan slegs werk in n land waar die hof en reg stelsel 100% werk en bestuur word.

Rokkel ·

Kan jy een land noem waar die regstelsel 100% werk en bestuur word? Waar presies was die doodstraf al ooit effektief?

HPV ·

Die anc regime kan nie eers rioolaanlegte bestuur nie wat nog die doodstraf.

oopkom ·

Daarmee stem ek heeltemal saam ongeag dat ek woedend is dat hy nie viraltyd sit nie. Statutory rape wat my betref.

LD ·

SIES!!!Toe hy sreeds sy praktyk aan die gang gehou het na sy eerste oortreding en nie aan kinders se tande mag gewerk het nie, het hy steeds aan mense se tande gewerk! Skokkend!!! Watse reg denkende mens sal laat hy met daai hande aan hulle vat? ag nee sies man!!!!

Mariaan ·

Hoekom met kinders lol???? Jy is so bevoorreg om n tandarts te wees ens ens…nou MORS JY JOU LEWE EN DIE VAN KINDERS OP….SKAAM JOU…SIES

Gert J ·

Nou gaan hy maar net aan in die tronk op die belasting betaler se geld. Sulke mense moet eindlik lyfstraf kry 6 van die bestes dat hy vir 6 maande nie ka sit nie.

Retha Roux ·

Vroeër jare op ‘n Noord Kaapse dorpie, ek weerhou die naam, het die bewaarder die gevangenis elke dag, vir ure op hul knieë op growwe sout laat staan terwyl die rottang die boude ook laat brand het. Ryswater was hul kos. Daardie oortreders was toe nog bang vir die tronk. Nou leer hul en het voorregte wat ek en jy nie eers by ons huise het nie.

Kolle ·

En so gaan hy net voort met sy siek aptyt soos daai model baas David de Villiers. Geen gevolge, so hoekom sal hulle ophou.

Rick ·

Drie jaar is nie lank genoeg nie! Het iemand al die vent by die HPCSA aangegee? Hy behoort deur hulle ook ondersoek te word, skend die naam van sy hele professie.

Theresa ·

Ek verstaan ook nou regtig nie hierdie vonnis nie en dit is sy 2de skuldig bevinding aan hierdie tipe oortreding. Sulke oortreders (waar dit veral by kinders kom) moet bitter versigtig in die tronk wees. Jy sal maklik “reggesien” word deur die bende-lede. Hoop hy verloor meer as net die ligte straf. Hy lyk maar wragtig grillerig hoor!

Tarien ·

Hy lyk inderdaad baie grillerig, kan sommer sien als is nie “pluis” nie

Hans ·

Skokkend ! Moet jy eers in die Dros gevang word, voordat mense omgee? Moet mens nie dadelik tronk toe as jy jou korrektiewe toesig se voorwaardes oortree nie?

MS ·

Wanneer gaan die hof besef dat sulke mense NIE gerehabiliteer kan word NIE. Ergste vir my is dat moordenaars en verkragters op borgtog vrygelaat word, en dan kom hul saak eers n jaar of twee later voor so hulle is vry om verder te moor en verkrag.

Theresa ·

LOL!! Ek het ook so gedink Trinity!! Pappa beplan klaar want nuus versprei vinnig.

Kokkie ·

Pappa wag inderdaad vir hom. En hy sal moet hare op sy tande hê.

Gerda ·

Ja hy het nog pasiënte! Jy sal verbaas wees as jy sien hoeveel hy nog het. En hoeveel mense bevwel jom aan! Op faceboek is daar ñ groep GEORGIETE STAAN SAAM, kort kort word daar gevra vir wie is ñ goeie tandarts dan word sy naam genoem, of wie is goed met kinders, dan wprd Ian Venter se naam genoem!! Skokkend!!!

Tammy ·

Daar laat die S A regstelsel weer sy mense in die steek. Hy is besig om sy straf uit te dien vir dieselfde oortredeing en hy kry net 3 jaar tronkstraf. Hoeveel onskuldige kinders moet nog deur die man verkrag word voor hy uit die samelewing verwyder word. Hoeveel van sy dade het nooit op die tafel gekom nie, want mense is skaam daaroor? In 2011 is hy al vervolg vir soortgelyke oortreding dit 8 jaar gelede. Hy het nog nooit opgehou nie? Ag nee, se wat julle wil, hierdie straf beteken minder as NIKS> Skors hom as n tandarts vir die res van sy lewe…hy is n GROOT vernedering vir die beroep, sies skande dat hy nog n tandarts is….swak baie swak. Tree asb teen hom op.

Renier ·

Die blote feit dat hy ná ‘n vorige soortgelyke oortreding toegelaat is om nog te praktiseer, is alreeds skokkend! Hulle moes hom tóé al van sy lisensie ontneem het. En dat pasiënte steeds na hom toe gegaan het is vir my onverstaanbaar…

jean ·

Vorige kommentaar verwyder……een ding is seker, sy dagsal kom!

Hanna Hoekom ·

Kastrasie. Maklik soos dit. In tussentyd sal die gevangenis sy gal werk… Nuus versprei vinnig in tronke!

Mariana ·

SA regstelsel is ‘n klug. Die mans van die doodskis sage kry ‘n erger tronkstraf as ‘n kindermolesteerder met vorige oortredings.. Vertel my hoe werk dit? Regtig belaglik. Daar is groot fout in die land.

Oujongvrou ·

Kyk maar wie is die voortsittende beamptes. Iemand met n vorige veroordeling moes baie langer gekry het. Maar dis ons hedendaagse justisie wat so werk.

jaco ·

Sy slagoffer is “mos maar net wit”. Dit verklaar die ligte vonnis.

Frans C ·

Die mense wat bepleit dat die doodstraf terug gebring moet wordmmoet kennis neem dat daar bevind is dat die doodstraf nie effektief misdaad verminder nie.

Daar is mi ‘n goeie rede voor.In Suid Afrika is die doodstraf agter geslote deure uitgevoer.Dit is dus ‘n geval van ‘wat die oog nie sien nie,maak die hart nie seer nie.

Dit is dan ook die rede dat die doodstraf in sommige lande nog steeds in die openbaar
uitgevoer word.Die gemeenskap sien dat dit gebeur en voornemende misdadigers weet wat op hul wag.

Ekstreme terroriste organisasies soos Isis pas dit as ‘n skrikbewind toe.Die polisie intelligensie moet opgeskerp word en die beste inligting kom van informante in die gemeenskap.

Mag verkeerd wees maar kry altyd die gevoel dat die ANC nie sy kiesers wil vervreem nie en dus onder ‘n korrupte Zuma eenkant gekyk het en misdaad hoogty gevier het.

Hoe anders verklaar ‘n mens dat onder ANC moorde drievoudig toegeneem het?

Johanné Steyn ·

John Gillespie, sy regsverteenwoordiger moet ook ondersoek word, want hoe kan hy appelleer teen sy 3 jaar vonnis? Ek glo Gillespie het nie kinders nie, en as jy het, sal jy jou seuntjie vir 5 minute alleen los by hierdie pedofiel? As jou appél slaag, is jy aandadig aan elke seksuele daad wat hierdie pedofiel met seuntjies gaan pleeg, en dit vir geld????!! Sies!!!!

toy ·

Theresa ek stem saam, hy lyk grillerig. As dit vir my lyk hy het nie gedink dis verkeerd nie, want dan sou hy dit nie met die seuns gedoen het nie. Dit is siek!

Baie Jammer ·

Dr. Ian Venter was my tandarts tot hy nie meer toegelaat is om te werk nie. Hy was hoegenaamd nie grillerig nie; inteendeel, hy is ‘n goed-opgevoede man wat altyd professioneel opgetree het. In die tyd wat ek deur hom behandel is, was sy vrou, vir wie hy baie lief was, in ‘n koma in die hospitaal op George. Hy het altyd met groot hartseer oor haar gepraat. Hy het alleen sy drie dogtertjies versorg. Sy vrou is later oorlede. Dit het hom sielkundig geknak. Waar was die ouers van die seuntjies wat daar gaan oorslaap het? Het hul nie hul eie huise gehad nie? Die dogtertjies was te klein om “kêrels” te hê! Stop jul haatspraak en venyn. Julle weet NIKS nie!

Yvonne ·

Ek hoor jou , maar dit is duidelik dat hierdie man ‘n probleem het. Mense gaan daagliks deur trauma en dit is nie ‘n verskoning om met kinders te peuter nie! Dit help ook nie om nou te vra waar was die ander kinders se ouers nie. Is dit nou hulle skuld dat daar met hulle kinders gelol is? Dalk het hulle deur dieselfde oe as jy na hom gekyk en kyk nou ! Dit is altyd moeilik om te aanvaar dat iemand wat so ” geliefd” is hul tot sulke dade kan wend maar die in die geval het die feite in die hof gepraat , twee keer.

Pierre ·

Sy optrede kan nie goed gepraat word nie, maar alles het 2 kante. Baie Jammer klink na enigste person met persoonlike direkte objektiewe kennis van die tandarts. Hoeveel van julle wat so eie vonnis uit deel het nog nooit foute gemaak nie? Vra maar net.

GRIET ·

SHAME…Baie Jammer…jy sou nóg só vreeslik simpatie hê en JAMMER gewees het,as dit JÓÚSE EIE kleuter of kindtjie was,wat VERKRAG EN BETAS is…????

Armo ·

Shame my vrou is dood ek mag nou maar seuntjies as plaasvervangers vat. Hy was ordentlik met jou mevrou om by jou seuntjie uit te kom. Hy is siek en hoort vir altyd agter tralies?

Marjorie ·

Hy het nie 3 dogtertjies nie. Hy het ‘n dogter en 2 seuns. Sy slagoffers was maats van sy seun wat oorgeslaap het. Jou kommentaar bewys weereens hy is ‘n master manipulator dat jy so vir hom skerm. En ewe hooghartig vra jy waar was die slagoffers se ouers as jyself blind gemanipuleer was deur hom. Net soos jy vertroue in die “goed-gemanierde” en “professionele” tandarts gehad het, het hulle. Jy behoort jou te skaam dat jy enigsins vir ‘n pedofiel opkom.

Jellybean ·

Baie Jammer: Jou feite is so ñ bietjie verkeerd. Hy het 2 seuns en ñ dogter. Die seun in die tweede saak teen hom, was ñ maat van sy seun.

Sanet ·

WHAT A JOKE!!!
Moordenaars,Verkragters,KINDER-MOLESTEERDERS+Staatskaping plunderaars en stropers kry BAIE LIGTER STRAF of GÉÉN STRAF as renoster+perlemoenstropers!!!???
SIEK REGSTELSEL VAN SA

Hannes ·

Myns insiens is een van die doele van doodstraf (ek praat nou van ‘n land waar die regstelsel baie naby aan perfek is) dat dit meer ekonomies sin maak as lewenslange tronkstraf. Ek sal nie daarvan hou dat my belasting op kriminele gemors word nie. Raak eerder so gou moontlik permanent van hulle ontslae en spandeer die geld op ander gebiede. Kriminele hoef nie gerehabiliteer te word nie. Daar is meer as genoeg ander mense om hul plekke in die samelewing in te neem. Die aarde is vervuil van mense.

LINDA ·

N PEDOFIEL IS ONREHABILITEERBAAR. HULLE MOLESTEER MAAR NET WEER KINDERS AS HULLE VRYGELAAT WORD. HULLE HET GEEN GEWETE OF JAMMERTE OOR WAT GEBEUR HET NIE. HOEVEEL WEET N LANDDROS OF REGTER OF PROKUREURS OF ADVOKATE VAN SIELKUNDE? PEDOFIELE MOET PERMANENT UIT DIE SAMELEWING VERWYDER WORD. MAG GOD JOU SIEL GENADIG WEES IAN……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.