Skok oor skoolseuns se foto van ‘groepseks’

Die veelbesproke foto. Die foto is digitaal gemanipuleer om die seuns se identiteite te beskerm.

Die veelbesproke foto. Die foto is digitaal gemanipuleer om die seuns se identiteite te beskerm.

Hilton College in Hilton, KwaZulu-Natal, het Donderdag amptelik skok uitgespreek oor ʼn foto wat op sosiale media versprei word waarin leerders van die skool voorgee dat hulle groepseks het.

Die foto wys vyf seuns in skoolklere wat in ʼn groepseksposisie vir ʼn foto poseer. Vier van die seuns het Hilton College-skoolklere aan. Die ander seun, wat soos ʼn meisie aangetrek is, het St Anne’s Diocesan College-skoolklere aan. Die foto is in ʼn klaskamer geneem.

Die foto is Woensdag glo deur een van die seuns op Instagram geplaas waarna dit wyd op verskeie ander sosialemedia-platforms versprei is. Dit het ʼn herrie op sosiale media ontketen met mense wat óf die seuns se optrede verdedig óf verdoem het.

Sommige mense is van mening die groep seuns het net ʼn grap gemaak wat lelik skeefgeloop het en dat dit uit verband geruk word. Ander voel egter dit lê die land se verkragtingskultuur bloot.

Peter Ducasse, Hilton College se skoolhoof, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die skool het kennis geneem van die “hoogs aanstootlike” foto wat op Instagram geplaas is.

“Ons is erg ontsteld daaroor en kan dit nie sterk genoeg veroordeel nie,” het hy gesê. “Dit is teenstrydig met ons skool se waardes.”

Hy het gesê die skool beskou dit in ʼn baie ernstige lig en ʼn dringende ondersoek is van stapel gestuur. “Ons sal die nodige tugstappe doen sodra die ondersoek afgehandel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

57 Kommentare

jongste oudste gewildste
Piet Pompies

As die foto poseer is dan is dit bloot kattekwaad onder die seuns maar om dit dan op sosiale media te sit is moeilikheid soek…. Wat het geword van die onskuldige geheime tussen skoolmaats, niemand is mos fisiek benadeel deur vir die foto te poseer……

Eish!

Baie swak smaak om dit in skoolklere te doen. Die skool word nou betrek en sodoende kry die skool ‘n swak naam.

Desire

Dit klink my die seuns het verwys na die feit dat hulle “f-buddies” genoem word, maw gay en hulle het n grap daarvan gemaak. Nie n baie goeie grap nie, maar genugtig wat het dit met ‘verkragtings-kultuur’ uit te waai?

johanette

As die kinder maar soveel tyd in hulle skoolwerk wil insit as om hulle op te hou met sex sal dit net n beter wereld wees. wat het geword van om kind te wees. Vroeg ryp vroeg vrot .
Sit eerder julle energie in julle skoolwerk en kom iewers in die lewe. Baie swak smaak hulle soek net aandag

Yolande

Dis nie so seer die FOTO self wat so ‘n groot probleem is nie. Niemand het seergekry nie. Die “meisie” in die foto was net ‘n seun wat so aangetrek het en die outjies was maar net bietjie stout. Maaaaaaaar … dit is belangrik om die waarde van uniform te leer op ‘n jong ouderdom, soos wat ons ook maar geleer het toe ons kinders was. Na skool eindig hul dalk in ‘n polisie-, loots- of ander uniform. Dis belangrik om ‘n uniform, en die instansie wat dit verteenwoordig, te respekteer. Dit beteken dat jy jou ten alle tye moet… Lees meer »