Skok oor skoolseuns se foto van ‘groepseks’

Die veelbesproke foto. Die foto is digitaal gemanipuleer om die seuns se identiteite te beskerm.

Die veelbesproke foto. Die foto is digitaal gemanipuleer om die seuns se identiteite te beskerm.

Hilton College in Hilton, KwaZulu-Natal, het Donderdag amptelik skok uitgespreek oor ʼn foto wat op sosiale media versprei word waarin leerders van die skool voorgee dat hulle groepseks het.

Die foto wys vyf seuns in skoolklere wat in ʼn groepseksposisie vir ʼn foto poseer. Vier van die seuns het Hilton College-skoolklere aan. Die ander seun, wat soos ʼn meisie aangetrek is, het St Anne’s Diocesan College-skoolklere aan. Die foto is in ʼn klaskamer geneem.

Die foto is Woensdag glo deur een van die seuns op Instagram geplaas waarna dit wyd op verskeie ander sosialemedia-platforms versprei is. Dit het ʼn herrie op sosiale media ontketen met mense wat óf die seuns se optrede verdedig óf verdoem het.

Sommige mense is van mening die groep seuns het net ʼn grap gemaak wat lelik skeefgeloop het en dat dit uit verband geruk word. Ander voel egter dit lê die land se verkragtingskultuur bloot.

Peter Ducasse, Hilton College se skoolhoof, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die skool het kennis geneem van die “hoogs aanstootlike” foto wat op Instagram geplaas is.

“Ons is erg ontsteld daaroor en kan dit nie sterk genoeg veroordeel nie,” het hy gesê. “Dit is teenstrydig met ons skool se waardes.”

Hy het gesê die skool beskou dit in ʼn baie ernstige lig en ʼn dringende ondersoek is van stapel gestuur. “Ons sal die nodige tugstappe doen sodra die ondersoek afgehandel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Piet Pompies ·

As die foto poseer is dan is dit bloot kattekwaad onder die seuns maar om dit dan op sosiale media te sit is moeilikheid soek…. Wat het geword van die onskuldige geheime tussen skoolmaats, niemand is mos fisiek benadeel deur vir die foto te poseer……

Ohmy! ·

Dit is n baie naïwe uitkyk op die voorval. Die “kattekwaad” kan permanente skade aan hul selfbeeld en reputasies doen. Ek sal so iemand nie aanstel of met my dogter laat uitgaan nie, dankie. Waardes is belangrik. Daar is beter kandidate daar buite.

Eish! ·

Baie swak smaak om dit in skoolklere te doen. Die skool word nou betrek en sodoende kry die skool ‘n swak naam.

Desire ·

Dit klink my die seuns het verwys na die feit dat hulle “f-buddies” genoem word, maw gay en hulle het n grap daarvan gemaak. Nie n baie goeie grap nie, maar genugtig wat het dit met ‘verkragtings-kultuur’ uit te waai?

johanette ·

As die kinder maar soveel tyd in hulle skoolwerk wil insit as om hulle op te hou met sex sal dit net n beter wereld wees. wat het geword van om kind te wees. Vroeg ryp vroeg vrot .
Sit eerder julle energie in julle skoolwerk en kom iewers in die lewe. Baie swak smaak hulle soek net aandag

Yolande ·

Dis nie so seer die FOTO self wat so ‘n groot probleem is nie. Niemand het seergekry nie. Die “meisie” in die foto was net ‘n seun wat so aangetrek het en die outjies was maar net bietjie stout.

Maaaaaaaar … dit is belangrik om die waarde van uniform te leer op ‘n jong ouderdom, soos wat ons ook maar geleer het toe ons kinders was. Na skool eindig hul dalk in ‘n polisie-, loots- of ander uniform. Dis belangrik om ‘n uniform, en die instansie wat dit verteenwoordig, te respekteer. Dit beteken dat jy jou ten alle tye moet gedra wanneer jy daardie uniform dra, want dis die beeld wat mense van die instansie sien.

Ohmy! ·

Die 5de “seun” is n meisie. Kyk mooi. Waardes is meer belangrik as die waarde van n uniform. Al dra n aap n goue ring…

FM ·

Dit is maar net skoolkinders en ek dink hulle het dit met n doel gedoen om sosiale media te laat gons. Enige realistiese mens kan sien hulle skeer gek. Dit was juis om sensasie te wek. Ek dink n goeie roskam van die skoolhoof en n waarskuwing sal die ding doen. Moet tog nou nie weer op hol raak oor dit nie. Praat eerder oor korrupsie en plaasmoorde!!!!

Santie ·

Waglik en dit nou die land se toekoms??? Innig dankbaar ek het geen kinders op skool nie, die Vader weet wat gebeur waar daar nie fotos geneem word nie! Daar geen selfrespek meer nie, daar is geen trots nie! Dit is geen gesonde pret nie, geen onskuldige hieraan nie. Die verval kom oral voor

Jakes ·

Ek is so oneindig dankbaar daar was nie 30 jaar terug fb ens nie. Ons was ook een aand simpel en het die foto waar ons ook so iets in n grap doen. Almal het goed uitgedraai. Dokter. Ingenieurs en prok. Was niks meer as simpel 16 jariges nie.

Die wat so klippe gooi dink so bietjie oor jou lewe en maak seker jy is sonder sonde.

Ons was ook jonk en dom. Dis deel van menswees

Louise ·

Oral op nuusberigte sê die opskrifte iets van verkragting. (Nie die berig hierbo nie).

Dis mos nie verkragting nie, ouens!? Dis groepseks. Daar’s ‘n groot verskil. As jy nie verstaan nie, stuur vir my ‘n boodskap dan verduidelik ek vir jou (grappie).

Die seuns was stout. Maar regtig … verkragting!!!??? Net omdat daar meer as een seun is?

Johan 2 ·

Hahahaha…eks maar bly “sosiale media” het nie bestaan toe ek op skool was nie! Hahahaha, ek dink dis tipies hoërskool en ek was in die koshuis dis wat seuns doen…lyk my mense het vergeet hoe skool is.

Fm ·

Raak gevat Jakes!! Jy kon dit nie beter gestel het nie. Hulle het dit nie skelmpies onder die kombers gedoen nie. Mnr die skoolhoof: roskam hulle en dis die einde van die storie.

Sanja-mari van Rooyen ·

Daar is 5 seuns in kaki en 1 seun in ‘n blou rok!! Agter die regterkantste seun is nog ‘n seun! So hulle moet 6 seuns straf!!!!

Monique ·

Ek dink persoonlik dat dit niks met verkragting te doen het nie, maar wel meer met die pornografie probleem onder jong seuns!!

Ruby ·

Fiki, ek stem nie saam nie.

Op daardie ouderdom het ek en my maats lekker kattekwaad aangevang en niks daarvan was in ENIGE van ons huise!

Ek stem saam met Jakes hierbo, ons was so onnosel om sekere dinge te gedoen het maar dis maar nou eenmaal deel van om ‘n tiener te wees. Gelukkig was ons nie uitgevang en almal is vandag verantwoordelike volwassenes.

As ‘n paar omies eerlik wil wees, kan hulle jou stories vertel wat jou nekhare sal laat rys.

jemma ·

Genade maar julle kerm oor klomp nonsens..sien tog hierdie in die lig van kattekwaad en hou op om te oorreageer.Ek wed julle hierdie is n klomp goed opgevoede seuns wat n ordentlike opvoeding gekry het.Ek praat dit nie reg nie maar asb hierdie was kattekwaad julle ou tannies wat so kerm…..kom by julle het seker nog nooit iets onbehoorliks gedoen of selfs gekyk nie! Seuns sal seuns bly!!! En hierdie ding is nie skelm gedoen nie!!

Anny Penny ·

Ek glo dit nie! As dit jou seun was en die hele wereld weet daarvan en jy loop op straat en alnal lag vir jou ook…. en sê terselfdertyd dis nou die huis waar hy in grootword. Jy weet mos hoe mense praat en dink. Ek sou my dood skaam

CASPER001 ·

Anny Penny.
Dit is juis hoekom dinge gaan soos dit gaan “wat gaan ander van my dink”houding dat die wereld is waar hy is .Wie gee om wat ander van jou dink !As enige van daardie mense vir jou gesorg het of na jou gekyk het sou ek verstaan dat jy so voel ,maar jy sorg vir jou self .As my kind kattekwaad aanvang en die wereld weet daarvan moet dit maar so wees .Nie een van daardie mense bly by my of sorg vir my nie .My huis kyk na hom self en my kinders sal ek toelaat om MENS te wees .Dit is deel van groot word en ons almal het maar iets stouts gedoen as kind .Niemand in hierdie wereld wat ons in bly het beheer oor n ander en Dank Vader vir dit ,anders sou onse wreldtjie maar baie vervelig gewees het.

Elizabeth ·

Dankie tog daar is mense wat soos ek dink….Hulle vergeet ons was ook kinders en dat ons net so stout was. Genadiglik was daar nie sosiale media gewees nie! Ek dink ons sou permanent in die moeilikheid gewees het! Hulle moet net gestraf word. En dan die saak as afgehandel sien. Dis werklik nie nodig om so aan te gaan nie. Plaas dat hulle so aan gaan oor die misdaad en plaasmoorde!

Rudi ·

Ek het nou vir jou lekker gelag. Maar op ‘n meer erstige noot dink ek die jeug is te feel op die www. Die wereld is siek en ons kinders kyk heeldag daarna

DMC de Koker ·

Ek dink tog dit lê die morele verval van die land en sy mense as geheel bloot. Dit is ook so dat tienerseuns oor die algemeen kattekwaad aanvang. Dis egter die tipe kattekwaad wat hulle aanvang wat al hoe erger raak soos morele waardes verkrummel.

chrisp ·

Wha ha haaa uiters skerp Genis!!!
Indien dit nie so is nie is ek seker die NG klub gaan hulle werf.Puik materiaal.

Johann Marx ·

Wat 40 jaar terug “kattekwaad” was…en ons gatvelle voor afgetrek is, is deesdae “jeug misdaad” met ‘n kriminele rekord!!

Japie ·

Jip, in ons tyd sou almal ‘n paar houe kry en die lewe sou aangaan. Die outjie regs sou ekstra kry omdat sy hemp so swak gestryk is. Duidelik is daar nie veel koshuisbrakke hier nie – kan wel sien die tannies het mooi persoonlikhede.

EVA ·

Daar is 2 seuns voor die seun wat in die rok is. Dan is daar 3 seuns agter hom en 1 agter die seun naaste aan voor, ek dink dis uiters swak en as ek die skool is wie se rok in die foto verteenwoordig word sal ek groot moeilikheid vir die oorige seuntjies maak.

Elzaan ·

En as dit nie vir die media was nie, sou 95% van die land se mense nie eers geweet het watter skole se uniform betrokke was nie. Maar nou ja. Dit is wat hulle bedoel word net die slagspreuk “die dam onder die eend se agter wêreld uit trek”.

Elzaan ·

Jammer. Ek is nog jonk maar vandag wil die foon en ek nie “gel” nie. Ek herhaal: Dit is wat bedoel word met die slagspreuk…

Akram ·

Genugtig. Toemaar oor 20 jaar staan die span om n braai met n dop in die hand en dink terug…… Dit sal ook oorwaai.

Theresa ·

Walglik. Wys jou net waar hak almal se koppe vas. As hulle liewer soveel tyd in hulle huiswerk en maniere wil insit. Al daai kinders se ouers kort ook ‘n klap of twee……………………..

Ruby ·

Theresa, jong latte se hormone toi-toi erg en dis baie normal hoor.

Gaan praat met ‘n manlike familielid of vriende en laat hulle jou vertel wat hulle nie alles aangevang het nie, jy sal jou hande saamslaan.

Dis net ‘n foto wat hulle in hulle simpelgeit geneem het. Roskam die seuns bietjie en laat hulle verstaan dis verkeerd en los dit dan.

SI ·

Ag Ansie, dink jy nou vir een oomblik dit is net in hedendaagse tye wat hierdie dinge gebeur, daar was net nie vroeër jare sosiale media waarop dit versprei kon word nie. Ek praat dit nie goed nie, dit was nou wel ‘n grap, maar ek stem, hulle moet die verantwoordelik daarvan dra omdat dit in die eerste plek in hulle skooluniforms is en tweedens, waarom nou op sosiale media versprei?

Jan maak n Plan ·

Laat die bas velle waai en die probleem is opgelos.

Louise van Niekerk ·

Ek is geskok om te sien dat 90% van bogenoemde kommentaar die voorval as “kattekwaad” afmaak. Dit wys maar net weereens die morele verval onder ons nasie!!

Ruby ·

Louise, ja dit was verkeerd maar ons oupa’s en pa’s was nie engeltjies nie hoor!

Elize ·

Gelukkig is dit n Engelse skool en daar is wit EN swart seuns in die foto anders was dit weer rassisme en apartheid se skuld

Ohmy! ·

Die 5de “seun” is baie duidelik ‘n meisie. Tensy hy borste het en oor die algemeen baie verfynd is.
Losbandigheid vernietig lewens op n daaglikse basis. Wees eerlik: Elkeen van ons het die eerste keer wat ons daarin betrokke was skuldig gevoel. Dan stomp ons ons gewetens af in die hoop dat ons beter oor onsself sal voel en dalk deur die “cool kids” aanvaar sal word.
Aan die sogenaamde “cool kids” en almal wat dit op welke manier ookal verskoon: Misery loves company!
Kom ons praat die waarheid met mekaar: Losbandigheid is selfhaat en lei tot niks anders as verdriet op die lang termyn nie.
Ons offer so maklik wat ons die graagste in die lewe wil hê, vir wat ons in die oomblik wil hê op. Dit is waansin!
In ons samelewing beïnvloed jou waardes my lewe en myne joune. Moenie oordeel of goedkeur wat sleg is nie. Kom ons moedig mekaar eerder aan om beter en gelukkiger te lewe.

Beatrix Stevens ·

Ek dink dit is belaglik””” N grappie is n Grappie….. maar retig Hoekom dit nou wil blootstel aan almal”’?? En ja dit nog met jou skool klere aan??? Wat probeer jul as seuns inelkgeval vir die ander daar buite vertel??? Dit is sieklik… en ek hoop jul Ouers ( wat hul so moet skaam vir kinders soos jul) Doen teminste iets aan jul probleem…. As Seks jou pla??? maak n plan?? maar moet dit nie op so manier adverteer…??? al is dit volgens jul skurwe kinders iets wat voorgegee word”’ As jul niks beter het om te doen in skooltyd?? Laat dit my wonder??? Ek stem glad nie saam met die mense wat dit sien as Stoutigheid”’ Dit is walglik”” SIES;;

SHAAAAAAN ·

LOL! dit is eintlik so snaaks! JIs ek wonder nou van wanneer af kan mens nie meer grappies maak nie? Die verkragting kultuur stelling is meer aanstootlik as die foto self! Genade ouens! HIerdie gaan nou bietjie ver. Niemand is tenagekom nie, niemand is gevloek of geskel nie en almal in die foto lyk of hulle lag, so dit mag heel moontlik konsensuele groepseks wees! Sien dit vir wat dit is! ‘n groep skoolseuns wat uit onkunde ‘n grap gemaak het

Ria Venter ·

“Hierdie grappie gaan maak dat hierdie groepie se kinders eendag baie baie trots op hulle ouers gaan wees” Ek is nou so dankbaar vir my opvoeding, vir my wonderlike man se opvoeding en waardes en wat so terloops in ‘n seunsskool en koshuis was. Dankie Here vir my kinders en skoonseuns se waardes. OHmy! Ek stem 100% volkome saam met jou. Hierdie seuns walg my. Gelukkig kan mens hulle gesigte sien. Beskerm julle dogters!!!!!

Gideon ·

Ek dink dit is maar net ‘n tipe kunsfoto, waarvoor die seuns geposeer het!! Het iemand al aan die moontlikheid gedink hulle voer dalk ‘n klasopdrag uit vir ‘n vak,of oefen dalk vir ‘n toneel om te wys hoe vigs versprei en ook hoe losbandigheid tot seksueel oordraagbare siektes kan lei!

SHANE ·

Presies! Uiteindelik ‘n stem van rede in ‘n woestyn van waansin! GIVE THAT MAN A BELLS!!!

pop ·

Los die kinders tog uit om net kattekwaad aan te vang. Hulle het waarskynlik hulle basse af gelag oor die foto. Nou wil almal hulle toekoms opneuk daaroor. Op daai ouderdom is alles rondom seks groot pret, die praatjies en fotos en grappies. Wens ek nou sommer ek was weer jonk.

Hennie ·

Ag regtig… dis seuns wat bietjie “fun” het. Die wereld het verander. Dis fine as n girl met die kleinste bikini rondloop, om nie eens te praat oor die res van die klere wat hulle dra (of nie dra nie) en dit op baie jong ouderdomme. Maar laat n paar seuns nou net enige teken van seksualiteit wys en dis van die duiwel af. Dit was n grap. Groei n sin vir humor en klim van julle perdjies af. Dit is 2015.

Johnnie ·

90% van vandag se kinder op skool kyk na pornogrfie op hul selfone, dit is waarom ons land en die wereld in so n toestand is. Dit is omdat daar geen opvoeding meer by die huis en skole is nie.

leon ·

Ek het grootgeword in ‘n hoerskool wat deur die omringende skole verwys as HOERskool – gereeld was daar meisies wat swanger geword het. In daardie tyd (80’s) het die outjies met die meisies getrou – baie was hul skoolmaatjies. Kinders eksperimenteer. Verstaan nie die krisis rondom die foto nie. Om die foto op sosiale media Te plaas is egter dom.

Marius Buys ·

Flippen los kinders wat kattekwaad aanjaag vir hulle hoof en ouers en kyk eerder hoe word die land bankort geregeer.

JP ·

en toe gaan die wereld op in rook en ons vergeet van belangriker dinge. almal wat nou so hard van die dak afskree, hoe onskuldig is jy self. almal kan sien dis grap wat skeef geloop het. soos een skrywer vorentoe se, eendag staan hulle almal met dop in die hand om die vuur en vertel, onthou julle nog hoe ons die land aan die gons gehad het. kry chill pille en kom daaroor dus tog hulle lewens, leef jou eie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.