Skok oor video van ‘rasaanval’ teen pizza-man

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Motoris gaan strafregtelik aangekla word nadat hy glo met sy motor ʼn pizza-afleweraar van sy motorfiets af gestamp en ʼn video daarvan op sosiale media geplaas het.

Die video is sedertdien wyd op sosiale media gedeel. Op die video kan gesien word hoe die Debonairs-afleweraar op sy motorfiets langs ʼn motor by ʼn verkeerslig wag. Die bestuurder van die motor sê in kru taal aan sy passasier dat hy die man van sy motorfiets gaan afstamp omdat hy swak bestuur. Die motoris gebruik ook die k-woord in die video.

Debonairs het sedertdien in ʼn verklaring die voorval bevestig en gesê die voorval het in Port Elizabeth gebeur. “Ons is woedend oor die voorval en veroordeel alle vorme van rassisme ten sterkste,” het ’n woordvoerder van die kitskos-kettinggroep gesê. “Sodra ons die feite met die betrokke tak uitgeklaar het, sal ons ’n klag teen die bestuurder van die motor aanhangig maak.”

Debonairs het ook gesê die motorfietsbestuurder is nie ernstig beseer nie.

Intussen het talle sosialemediagebruikers hulle skok oor die voorval uitgespreek. Athol Trollip, die DA se provinsiale leier in die Oos-Kaap, het ook die voorval op Twitter veroordeel. Volgens ‘n woordvoerder van Trollip se kantoor sal hy aanklagte van crimen injuria en aanranding met die doel om ernstig te beseer omstreeks 11:00 by die Humewood-polisiestasie aanhangig maak. Hy het die motorfietsryer as Omoese Acboriyede geïdentifiseer, maar gesê die identiteit van die motoris is nog nie bekend gemaak nie.

Die video bevat uiters kru taal en die k-woord word gebruik. Dit is nie vir sensitiewe kykers bedoel nie en diskresie word aanbeveel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Henk ·

Die man in die video verdien al die moeilikheid wat hy gaan kry…..hy blaas net rassehaat aan

Dawid ·

Staged! Maar hoekom veroordeel ATOL nie die 9 jaarige kind se moord nie.

Mielie ·

Dawid. Hulle gee nie om vir blankes nie, Nog minder vir die gemiddelde blanke, hulle fokus nes die ANC op ras, het nie juis ander strategie nie, dis presies Wat die Anc sou doen, gee die ANC krediet, die minister het darem n vermoorde kind se ouers besoek, die DA bly weg van Sy kiesers af, hulle wil nie in die openbaar blankes ondersteuning nie, soek net hulle geld en n goeie lewe in die Weskaap Wat die blanke kiesers vir hulle moontlik maak

anne ·

Goeie vraag Dawid, vervolg en ondersoek ook maar net wie hulle wil. Die moord op die 9 jarige kind is nie prioriteit nie. Hulle sal seker maak die persoon word aangekla.

Retha ·

Jy weet mos nou al: hulle is beskermde spesie. En nou gaan Maroela Media seker WEER EENS my kommentaar verwyder!!!!!

Chris ·

Dawid dit word veroordeel hierdie stupid ou het self die video op sy eie sosiale media gaan plaas. Hoe dom wil hy wees. Hy verdien al alle moeilikheid wa na sy kant toe gaan kom. Kyk verby die rasistiese deel hoe kan mens n ander ou van n motorfiets afstamp? Dit is poging tot moord.

Mielie ·

Wat n stupid idiot. Hy gaan Sy werk verloor en meer moeilikheid he as wat hy kan hanteer. Hy maak weer eens die AfRiKaNeR as sleg en rassisties uit. Gaan vir anger management en ook sosiale media klasse, sluit sommer by EFF aan, dis waar sulke mense hoort

JO-HAN-NES !! ·

Mnr ek wonder wat sal jy gedoen het
indien JY!in die Pizza-man se posisie
gewees het?Kry hulp ou grote dit is
GRATIS.

Louis ·

Mense soos jy wat alle goeie werk afbreek in n paar sekondes. Ou grote dit is duidelik dat jy nie eers respek vir jouself het nie. Kry vir jou.

Lynet ·

Kan almal nie elkeen ‘n plek in die son gun nie. Die man werk ook net om ‘n inkomste te verdien, en dan laai hy nog vir ons kos by ons huise of werke af omdat ons of te lui is om self te ry of te besig is. Hoop die skuldiges gaan goed les op se.

DIE KLITS KWYT ·

Jy is ‘n skande vir die samelewing. Kan glad nie dink hoe jou vrou en kinders op so ‘n man moet trots wees nie.
Belaglik verby, sal wil like om te sien hoe braaf jy is as jy geteiken word.

Michael ·

As die kop dom is moet die lyf swaarkry….DA en sy aanhangers moet openlik se hoekom die belange van die huidige benadeelde minderheid nie so belangrik vir hulle is soos die huidige bevoordeelde meederheid

Stev ·

Kyk, die video is heeltemal onvanpas, maar ek dink almal moet net ‘n bietjie gaan sit en dink hoe “stupid” ‘n persoon moet wees om so iets te doen en dan op sosiale media te gaan vekondig. Onthou…”as dit lyk of dit te goed om waar te wees, dan is dit te goed om waar te wees”. Gaan lees ook http://praag.co.za/?p=37225

Ek dink hier is meer agter die storie as wat ons hier lees. As dit wel waar is dan sal ek my woorde een vir een eet.

Apie ·

Ek stem 1000% saam met jou. En dis n klap in die gesig van elke Witmens. Hierdie storie is gefrabiseer.

Johan du Plooy ·

Ek stem saam met die skrywer.
Dis net te toevallig vir woorde.
Kan die it eksperts die adres opspoor van waar die video geplaas is asb.
Al die wit op swart en swart op wit voorvalle wat nou plaasvind work georkestreer om die verkiesingsuitlae te manipuleer.

Mila ·

Dit lyk & klink darem te dik vir ‘n daalder. Met kanker se rassisme veldtog, sal ek nie verbaas wees as dit ge”stage” is nie … veral die laaste deel wat spesifiek die wit oor wys & die erge klem op die K woord. Hulle sal enigiets doen om nou rassehaat aan te wakker. Probleem is, al kom die waarheid agterna uit, is die skade reeds gedoen :(

Trolle ·

Mila iets lyk ook vir my nie reg nie geen mens sal so iets doen en n vidio daarvan opsit nie,veral nie as jy wit is nie.Hier is n ding agter die ding.
Ek dink die DA sit agter die storie om rasse haat aan te jaag.Dis gewoontlik die wat verkondig dat hulle nie rassisties is nie wat die grootste rassiste is.Ek vertrou die ANC meer as die DA.
Hulle probeer die afrikaaner afbreek want hulle haat afrikaaners.

FW ·

Wit mense is kwaad hulle regte word weggeneem hulle taal word geteiken daar word gediskrimineer teen hulle oor die kleur van hulle vel ,en baie weet nie hoe om hierdie woede in hulle te beheer nie Die persoon het verkeerd opgetree en dis onverskoonbaar maar miskien moet ons hom nie net veroordeel nie wat hy gedoen het wou ek al baie maar ek is gelukkig dat ek meer selfbeheersing het

Reinhardt ·

Weet jy wat is die verskil tussen n moordenaar en nie-moordenaar? Toe die nie-moordenaar kwaad geraak het het hy n oomblik gewag en gedink nee liewer nie, dit is nie hoe ek groot gemaak is nie. Die moordenaar het voortgegaan met sy daad. Is dit n verskoning? Nee. Ons almal raak kwaad, die wat voortgaan en die dade uitleef moet gestraf word. Anders kan ek mos maar n slegte dag by die werk he en my baas vermoor? Of hoe?

chris ·

Jammer my ou , ek het geen simpatie met jou nie !!!! Hoop jy kry wat jou toekom. Ouens soos jy wat ons blankes laat skaam kry !!

Reinhardt ·

En dis n rede om n persoon van sy motorfiets af te ry? Eks seker jy ry altyd onder die spoed limiet en stop mooi netjies stil agter elke stoplyn. Of maak daai groot Fortuner fan jou dalk op vir iets?

elisabet ·

N saak het 2 kante. Julle met die groot monde hierbo. .het jy ook al nie geswets vir die kamakasis wat oral indruk en ongelukke veroorsaak?dalk was die hoogs ontstoke man met die vuile mond n entjie vroeër op die pad amper deur einste pizzaman in n noodlottige ongeluk gedwing met sy hot en haar gevleg deuri verkeer. Lot hipokrate van julle.
Natuurlik is dit dom onnosel om so iets te versprei op sosiale media! En natuurlik is daar gevalle waar blankes wraggies 2x moet dink voor hul te velde trek..Jammer meneer, maar hier moet jy die gevolge dra.
En DA…kan ek maar my lysie begin saamstel van swart op wit rassisme terwyl jul high tea geniet by die Nelson?

broos ·

ek dink ons almal ervaar sulke insidente en dom drywers en swets alte lekker in die kar……verskil is net ons neem nie elke dag videos van onsself en versprei dit nie…..praat van jouself in die voet skiet

Karma ·

Ek het die koppeling wat Stev gegee het gevolg – dit rym met my presiese gedagtes toe ek die greep vir die eerste keer gekyk het: as die man die afleweringsbode omgestamp het, hoekom is daar geen oënskynlike bewys daarvan op die greep nie? Die motor swerf nie duidelik in die rigting van die motorfiets nie; die motorfiets val oënskynlik nie om nie (jy sien bv.. geen debris deur die lug vlieg nie).

As dit waar is dat dit ‘n politieke gekonkel is om rassisme (wit teenoor swart) op te blaas deur die DA, dan het hulle nou finaal my steun verloor. Trouens, hier is nie ‘n enkele party in dié land wat my steun verdien nie: beslis nie die korrupte ANC, die anargistiese EFF of die voorgewende ACDP of papbroek COPE nie, maar ook nie die effens té pro-Afrikaans/Boer Vryheidsfront+ en die DA nie.

anne ·

Nee dankie Langjan kry jy maar, wil dit nie eers verniet he nie !

Hennie ·

Vooraf wil ek net bevestig dat ek ‘n wit Suid-Afrikaanse man is. Hierdie “vark” wat die opname gemaak het, kruip seker uit ‘n rioolpyp uit! Nie net gebruik hy vieslike taal wat waarskynlik by sy persoonlikheid pas nie, maar is hy ook ‘n uiterste
verleendheid vir enige opgevoede wit Suid- Afrikaner. Sies man, jou rioolrot!!!

m ·

Sulke commen mense moet maar die moeilikheid wat hy gaan kry maar vat soos ;n man.

Danie ·

Ja, die ou is regtig dom om so op te tree. Hy is ‘n rassis. Die bohaai is egter buite verhouding as dit gemeet word teen die rasgedrewe moorde waar die minderheid geteiken word. Mense word vermink en vermoor, maar die reaksie in die media is ‘n dawerende stilte.

Deloris ·

Hierdie motor bestuurder het nou ‘n lat gepluk vir sy eie gat, het hy nou gedink hy is snaaks of wat, of nooit gedink hy gaan opgespoor word nie….. hy moet goed gestraf word dit was totaal en al onnodig.

Gesie ·

Dit is skokkend! Almal weet mos nou al waar om die “rassisme”-streep te trek. Moenie dit moeiliker maak as wat dit vir ons reeds is nie, want ons ander gaan nou onder dieselfde kam geskeer word. Al wat ek op die video kan opmerk is dat die berig praat van sy “passasier”? Het nou die video twee keer gekyk en ek sien geen passasier nie?! Kyk ek mis?

Simon ·

Ek is Nederlander en hou baie van Suid Afrika.
Jullie problem is die overheid met name Zuma. As julle een meer gemixte swart/wit overheid had wat nie corrupt is nie sal elk sy lewe beter wees, speciaal die swart mense wat ek baie respecteer.
Als die overheid meer open staan vir die bevolking en nie net nie vir eiegewin dan sal Suid Afrka een voorbeelden vir die wereld wees en elk inwoner kan geniet van een pragtig land.
Escuus vir my swak Afrikaans

Karma ·

@Simon, ik nooi u uit om een ​​dag, slechts een enkele dag in Zuid Afrika te komen bezoeken. Laat iemand je een beetje zien hoe de zwarten echt hier is. Kom kijken hoe ziet een land dat in 22 jaar van een succesvolle, hoewel gespannen land, vervallen tot een afvalhoop. Kom kijken hoe het lijkt hier waar mensen – wit en zwart en gekleurdes – elke dag voor hun leven vrezen, kom kijken hoe het lijkt hier waar driekwart van de bevolking verarmd is, dakloos, zonder voedsel, stromend water en elektriciteit zitten. Kom kijken hoe ziet een land waar het Parlement een circus is. En kom kijken naar Nkandla en weet dat de gewone belastingplichtige hardverdiende geld voor moesten betalen. Dan vragen mensen nog waarom de gewone blanke mensen in Zuid Afrika nu beu is voor de puinhoop? Ik voorspel een burgeroorlog binnen enkele jaren, omdat het wit boer heeft nu vermoeid daarvoor altijd als racisten uitgemaakt te worden, terwijl we eigenlijk dit land opgebouwd hebben. Ik hoop mijn vertaalde Nederlands is goed genoeg om te begrijpen .

Sarie ·

Ek hoop rerig nie hy het gedink hy gaan as ‘n held gesien word nie… IDIOOT!!!

louise ·

Wat hy gedoen het is wreed en ongemanierd.
Maar ek wil net byvoeg as die rasse anders om was, dan sou daar gese word dat ons moet onthou dat die land in n sensitiewe stadium is rondom rasisme.
Kyk soos daai wit vrou wat met n vuis by gedam was kamstig deur pad woede of die ander een wat vir meters saam gesleep was, hoor ons iets daarvan. NEE

Mercy ·

Klink vir my of hier dalk ‘n koervertjie in iemand se sak gesteek is. Dalk in 2 mense se sak …

Theresa B ·

Dis nou idiotiese optrede soos diè dat ons almal onder die selfde kam geskeer word. En die verwaantheid om dit nog op sosiale media te wys. Ek is so bly jy is nie deel van my familie nie want jy so baie spyt gewees het.

anne ·

As ek jou kommentaar so lees is jy ook maar baie aggresief. Dink hy is ook bly hy is nie familie nie.

Irene ·

Hierdie is a gemaakte ding altwee word betaal deur dieselfde persone wat nou op so manier ras voorval te gebruik voor verkiesing

MCS ·

Burger, jy sit die pot mis ! N ieder en elk kan n christene wees, en homself so noem en elke dag in die kerk sit! Maar nie almal is en kan kinders van God genoem word nie!Kinders van God gaan hemel toe nie christene!

anel ·

is daar nie alreeds genoeg moeilikheid en onmin in ons land ni….wat het hierdie man gedink gaan hy bereik!!!!! wat van sy familie….Ek kan ni dink dat hy homself as n “hero” kan sien ni. Ek glo die meeste blanke mense skaam ons vir hierdie man!!!

R. Eaton ·

Die bestuurder van die motorfiets het nie eers van sy fiets geval. Nou is die DA weer vinnig om in te gryp. Wat hy gedoen het is nie reg. Maar op SA paaie waar daar geen reel toegepas word, net soos die res van die land, raak mense gatvol. En die ergste van als is. As dit n wit man op die fiets was en n swart man in die bakkie, sou 95% swart mense dit nog geregverdig het. En sou n rede gesoek het om die wit man die vark in die verhaal te gemaak het. Hierdie insidente gebeur elke dag op ons pad. Niks nuut…

Amanda ·

Ek is verbaas dat mense gevalle met mekaar vergelyk soos die moord van onskuldige kind en die voorval! Die drywer van die Pizza plek het niks verkeerd gedoen nie, die man wat die video geneem het is rassisties en dit is so! Hy seker lekker by sy vriende gespog….nee hy moet vat wat na sy kant toe kom! Ons almal wil plekkie in die son he, en as almal hulle gesindheid teenoor ander verander sal ons almal lekker saam lewe.

anne ·

Ek is so bly jy se ons almal wil ‘n plekkie in die son he maar ons almal word dit ongelukkig nie gegun nie. Hierdie is nou maar ‘n een uit honderd geval waar die bordjies nou verhang is. In ons daaglikse lewe moet ons blankes by die werkplek ook met rassistiese opmerkings ens saamleef, Laat mens net wonder hoe lank nog voor die pot regtig gaan oorkook.

louise ·

Amanda ek MOES seker net se dat ek van die onderwyseres gepraat het n ruk terug en nie daardie arme kind nie.
Maar ja die punt bly staan wat ek probeer maak as daar teen wit mense gediskremeneer word dan word daar gese dis n moeilike tyd vir die land.
Wat geld vir die een geld vir almal ongeag kleur.

Annelie Farrell ·

In die berig praat hulle van dat hy met sy passasier praat….maar daar is GEEN ander person saam met hom in die kar??????????????

Joann ·

DA kan vergeet van my stem. Al net so anderskleurig en kani vertrou word nie. Wat die man gedoen het was verkeerd maar daar is erger dinge wat ok verkeerd is en dit word bedek. Ons word boere genoem en ek is trots daarop maar noem die K woord en jy is in jou kanon.

Rocky Bell ·

So, jy veroordeel die DA wat hulle stem dik maak vir hierdie banale gedrag van ‘n idioot, net soos die DA, ook hulle ten sterkste uitspreek teenoor geweldsmisdade en veral plaasmoorde. Ek glo nie jy is in alle geval ‘n DA-lid nie.

Michelle Stoltz ·

Dis is dom en onnosel. Mens doen nie sulke goed nie. Maak nie saak hoe jy persoonlik voel nie. Dis uiters ongevoelig en soos hulle se dom mense moet sukkel

A ·

Maroela haal asb die video af of verander julle waarskuwing. Dit is nie net die K -woord wat aanstoot gee nie. Vir sommige van ons dames is daar erger woorde.

Landi Slatter ·

Dagsê A,

Ons is jammer as die video jou ontstel het, dis juis waarom ons nie die video direk op Maroela Media se webwerf gelaai het nie – lesers moet spesifiek, nadat hulle die waarskuwing gelees het, self kies om op die skakel te klik om die video te gaan kyk, indien hulle belangstel.

Ons het egter ook spesifiek die besluit gemaak om tog die skakel na die video by die berig te voeg, aangesien die video reeds op sosiale media versprei word, en ondersteuning bied vir die omstredenheid en ontsteltenis wat met die artikel gepaard gaan.

Kontak ons asseblief in ‘n privaat e-pos by [email protected] indien jy spesifiek met die redaksie in kontak wou tree.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Martin ·

Hoe dom moet ‘n mens wees om so iets te doen en dan ‘n video daarvan te versprei op sosiale media? Julle gaan almal so te kere daaroor, maar het enige een van julle dalk gewonder of dit nie dalk ‘n verkiesings foefie is nie? En dan bereik hulle presies wat hulle wou. Kyk byvoorbeeld net na julle reaksies. Julle is almal net so agteruit soos die sodanige person wat die man sodanig omgestamp het. Julle is presiese Afrikaners. Sit eers ‘n slag stil en dink daaroor voor julle net spring en ‘n lawaai opskop en almal oordeel. As dit wel die werklikheid is, dan is dit verkeerd en dan keur ek dit nie goed nie. Wat wel nodig is, julle sodanige trotse Afrikaners, is dat julle eers al die feite insamel alvorens julle so spring en te kere gaan en al wat leef veroordeel. Jy het waarskynlik self al iets in julle eie lewens verkeerds gedoen wat waarskynlik in iemand anders s’n oe net so erg is, maar het dit net nooit eers besef nie. Moenie die eerste klip gooi tensy jy heeltemal skoon van sonde is nie, kamma christen.

JB ·

Laakbare gedrag, maar ewe laakbaar dat opportunistiese politici nou weer hierdie voorval wil uitbuit vir eie gewin.

Lelani ·

JB ek stem volkome saam met jou genade maar die man se mond kort ‘n stewige was met seep!!!

Loli ·

Die meeste van ons weet dit is verkeerd wat die persson gedoen het, ongelukkig is hierdie geval n baie klein deel van ‘n korreltjie maar sulke mense kom n baie lang pad saam sulke houdings en dit het en veroorsaak en nogsteeds baie probleme vir die blanke. Om so grootswaan nou te wil rehabiliteer, te laat, die skade is klaargedoen en sou daardie persoon n gesin het, is sy kinders gewoonlik klaar aangesteek.

Simon ·

Hi Karma.
Dit is precise wat ek skry.
Die corrupte overheid gee baie problems. Er moet een groter mix wees tussen blank en swart mense. Mar viral mense wat kan bestuur. Ek kom baie in SA. Nie die swart burger mar een deel van die swart swak overheid staan aan de wortel van baie probleme. Swart boere wor nie vermoor nie door die swart burger maar door swart criminele.
Kyk naar die swart mense wat julle bedien in restaurants, naar die mense wat huise skoonmaak, is dit die mense wat die probleme maak? Ek denk julle corrupte gouverment naar huis gestuur moet worden.

Karma ·

Simon, ja, de overgrote meerderheid zwarten in SA werken in dienende posities. Waarom? Daar is het is een gebrek aan opleiding en onvermogen om Engels te spreken die hen kelners, schoonmakers en beveiligers raken. Iedereen zal met u eens dat de overheid het probleem is. Veel van de zwarten het bijgelovig. Ze geloven alles wat het ANC zij vertellen. Deze regering zal nooit omver geworpen worden als gevolg van het feit dat de zwarten de meerderheid in SA is.

Kijk naar het misdaad statistieken in SA: hoeveel blanke mensen werd door anderskleurigen beroofd, verkracht, bestolen en vermoord en vice versa? Je zult zien dat de grootste meerderheid criminaliteit door anderskleurigen gepleegd. Dit, denk ik, is de wortel van de raciale woede in SA.

De blanke Zuid-Afrikanen is het zat om alewig als racisten en kolonialisten uitgemaakt te worden; we zijn het zat dat ons volk afgeslacht worden. We zijn moe van een overheid die corrupt is en niet werkt, voor mensen die over de grens komen en ons brood uit onze monden stelen. We willen ons land terug hebben zoals het was voor 1994 en zonamige “demokratie”.

Karma ·

Simon , ik stem volmondig met je mee . Het is niet NET blanken wie onder criminaliteit in SA lijden. Veel van de criminaliteit in het land is puur alleen criminaliteit met geen politieke agenda niet . Maar in andere landen wordt er iets over misdaad gedaan ! Er wordt daadwerkelijk gehandeld!

In SA hebben we een president die 783 klachten van witboordjiemisdaad en verkrachting vrijgesproken is , wat zijn persoonlijke huis met 246 miljoen rand staatsfondsen is verbeterd , maar skotvry weggekomen daarmee . We zitten met Parlementariërs die elkaar fysiek bijkomen en beledigingen over en weer schreeuwen . We zitten met een corrupte politiemacht , een weer- en luchtmacht die uit elkaar vallen .

Onze mensen – wit en anderskleurig – worden in onze huizen vermoord , verkracht , aangerand en beroofd door mensen die niet eens in het land thuishoren – zogenaamde “vluchtelingen ” of asielzoekers van Noord- en Centraal Afrika om hier het brood uit andermans monde te nemen. Ik het weinig hoopt voor ZA.

Uit die Ooste ·

Wat help dit om kommentaar te lewer Maroels plaas dit in elk geval nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Uit die Ooste

Kommentaar wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word ongelukkig verwyder.
Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak dat jou kommentaar nie uitgevee word nie.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Lynnette ·

Nog ‘n plaas moord maak die nuus en die soort van ‘n rasse aanval op ‘n motorfiets kry meer aandag as enige iets anders. Baie hartseer en frustrerend.

Oom Boer ·

As dit ‘n werklike optrede van die jongelinge was, dan is dit regtig van swak gehalte en so onnodig veral gesien in die huidige klimaat waar die minderheids groepe so onder die vergrootglas verkeer. Maar die hele petalje lyk so verdag en waarom sal iemand so iets doen en op “Youtube” plaas om himself wêreldwys is onguns plaas asook inkrimineer met die wete tot ernstige vervolging. Het hierdie bestuurder gestop tydens genoemde ongeluk? Was dit aangemeld by die plaaslike polisie kantoor of verkeers afdeling teenwoordig en ‘n saak nommer ge-open asook wat was dan die oorspronklike verklaring wat nou as meer ernstig beskryf word. So ‘n optrede is werklik onvanpas en moet geensins gebeur of goed gepraat word nie, maar sien uit na verdere persverklarings oor die werklike egtheid en waarhede daar agter. Baie jongmense hou van dinge te doen net vir erkenning op “Youtube” en om die meeste aandag met “klieks” te kan kry wat dan verbeeldingryke dingetjies is.

Derik ·

Hoekom ‘n klag van crimen injuria? Is die k-woord nou ‘n groter misdaad as poging to moord of aanranding met opset om te beseer? Kyk, die ou moet vasgevat word, wat hy gedoen het is verby verkeerd.

Maar die hele storie wentel om sy taalgebruik, eerder as dat hy iemand probeer omry het. As hy geen kru taal gebruik het, sou dit steeds die wenkbroue laat lig het?

pop ·

Trolle gaan ons een van die dae hoor jys in die parlement dat jy so skerm vir die ANC. Dalk ken jy ook die Guptas

Trolle ·

Hehe o nee pop ek dink ook nie hulle hou van witmense nie. Ek skerm nie vir hulle nie ek is net bang daai EFF manetjie kom in.Ek weet wel die DA is tweegesig en kan ook nie vertrou word nie.

WAT ·

“A” dan wil jy nie ‘n plaasmoord op Video sien en hoor wat hulle vloek nie, of hoe ‘n swart man ‘n vrou in ‘n winkel sentrum vloek en klap nie. (Baie Erger as op die Video veel erger) Maroela het nie die Video op hulle blad nie dit was jou eie keuse!!!! Askuus tog welcome to South Africa word gewoond daaraan A jy gaan nog veel erge dinge sien en hoor

Joann ·

Rocky ek gaan my nie verwerdig om met jou te redekawel nie. Maar was dit net omgekeer het mens niks gehoor nie. Ek was DA lid maar toe HelenZille waai as leier toe waai ek ook.

Fanus ·

Ek dink die mannetjie moet maar polisie toe gaan en homself oorgee. Want ek dink as hy dit nie gaan doen nie gaan hy net verder in moeilikheid kom. Maar as ek so luister na sy taal gebruik dink ek nie hy het die komen sense om dit tedoen nie. Hy leef in sy eie droom wereld. Kom ons kry hom maar jammer, want hy moet seker maar n sad sad mens wees.

Arizona ·

Dit blyk die pizza outjie was nie van sy motor fiets afgestamp nie. Met ander woorde hy het toe nie die teer pad geproe nie. Die motor fiets is net geraak en het geringe skade opgedoen. Dit kon, in werklikheid soveel erger gewees het. Die ou wat die video opgeneem het moet maar land verlaat want hulle gaan dit hulle missie maak om hom te kry en hulle gaan vir hom stenig en n voorbeeld van hom maak. Ek weet in elk geval nie hoe kan een persoon so onosel wees om so iets op te neem en dit nog op sosiale media te versprei nie. Hoe hardop vir aandag moet jy nou eintlik wees. Dis nou wat jy noem tipies kommon Afrikaaner. Jy gee die res van ons Afrikaaners n sleg naam pappie.

Theresa ·

Motoris nie smaakvolle optrede nie.
Motorfietsryer – dalk regtig baie onverantwoordelik gery (hul doen nogal!).
Motorfietsryer nie ernstig beseer nie.
Elle lange lyste van taxidrywers se ongelooflike “aanvalle” op pad DAAGLIKS. op HONDERDE mense. sleep mense tot dood. ry oor mense. betrokke in kop aan kop botsings en dood die hele passasiersgroep.
Kom nou ATOL, en wie ookal nog in die Metro. Kry asb jul prioriteite in orde. Geregsdienaars moet beslis meer aandag gee aan die werklike probleme op die paaie. O ja, en Metro – die paar van jul wat so stamperig is aan landsburgers, dis net so vieslik soos om iemand af te tik van sy motorfiets. Dis niks minder sleg nie.

Elize ·

Ja nee! die DA kry nie meer my en my familie se stemme nie. Nie alle Suid Afrikaners is Paw-paws nie.

Ruby ·

Die DA staan as ‘n nie-rassige party bekend en daarom verstaan ek hulle standpunt om die bestuurder van die motor aan te kla, waarmee ek saam stem.

MAAR……………ek wil hulle fluitjie ook hoor oor die taxis wat daagliks gewone burgers se lewe hel maak en boere wat vermoor word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.