Skok oor Vrystaat-busongeluk

Foto: Departement van gesondheid.

Foto: Departement van gesondheid.

Die minister van vervoer, politieke partye en verskeie ander organisasies het hul skok en medelye uitgespreek ná Sondag se busongeluk in die Vrystaat waarin 11 mense dood en 59 beseer is.

Die bus het ANC-ondersteuners van Port Elizabeth na Ekurhuleni vervoer vir Saterdag se verkiesingsmanifesbekendstelling van die ANC.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het haar meegevoel betuig aan die familie en vriende van die oorledenes sowel as die “hele ANC-familie”. Sy het ook die beseerdes spoedige beterskap toegewens.

Die South African National Civic Organisation (Sanco) het ook sy meegevoel met die oorledenes se familie en vriende betuig. “Ons gebede en gedagtes is met hulle in dié tyd van hartseer,” het Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, gesê.

Mondlo Gungubele, burgemeester van Ekurhuleni, het vroeër sy skok oor die ongeluk uitgespreek. “Daar is geen manier om te beskryf hoe ek voel nie. Hierdie mense was Saterdag saam met ons en vandag [Sondag] is hulle nie meer hier nie. Mag hul siele in vrede rus. Die verlies van een lewe is al klaar ʼn ramp. Hierdie voorval is ʼn verwoesting.” Die ANC-Vroueliga het ook medelye met die oorledenes se familie en vriende uitgespreek.

Die DA het ʼn beroep op die polisie gedoen om sy ondersoek na die ongeluk so spoedig moontlik af te handel. “Ons wil graag ons gebede opdra aan diegene wat beseer is en wens hulle spoedige beterskap toe, sowel as aan die ANC. Ons doen ʼn beroep op die polisie om die ondersoek spoedig te hanteer ten einde berusting te bring vir die families van die oorledenes,” het Refiloe Nt’sekhe, woordvoerder van die party, gesê.

Die EFF het ook sy meegevoel betuig met die oorledenes se familie en die ANC.

Lees alle vorige berigte oor die Vrystaat-busongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

ig ·

Bla bla bla.Die ANC staan in die beskuldegingsbank want hoe kan jy verwag n bus vol mense moet tussen Vrydag en Sondag oor die 2000 km ry en dit nog na n after party Saterdag?

NET EKKE ·

Die familie moet nou eis van die ANC dalk kan zuma Nkandla verkoop en die familie ondehou

Jan maak n Plan ·

Ek hoop dat dit vir die mense n wekroep is om hulle nie deur politieke partye as “rent a crowd” te laat gebruik nie. Want verseker sal die ANC nie een sent hiervoor betaal nie eerder die belasting betaler.

Zumie ·

Nou wonder ek net of daar ook so ‘n hewige reaksie sou wees as dit ‘n bus vol DA ondersteuners was….. maar ek verstaan die reaksie, die ANC se ondersteueners raak al hoe minder so hulle moet oppas wat hulle het..

Francois le Cochon ·

Ek lees op News24, dat die ongeluk gebeur het toe die 2 busbestuurders sitplekke omgeruil het, TERWYL DIE BUS GERY HET !!!

In Die Middel ·

Mense kom ons vergeet die politiek. Hierdie mense wat dood is was iemand se pa of ma of kind. Een sterfte op ons paaie is een te veel. Kom ons bid eerder saam vir hierdie families vir vertroosting en hou op om politiek by alles in te sleep. Net my opinie.

Ig ·

In Die Middel,Maar dit was dan n politieke rit,iemand moet pa staan want dit was n Rent a Crowd byeenkoms waar hulle heen was.

alida ·

Hierdie gruwelike ongeluk kon vermy gewees het. Om watter rede moet die mense van Ekhurluleni aangery word PE toe om die ANC te ondersteun en dit oor ‘n gewone naweek!!! Dit is belaglik en onnodig. Dit is oor die 2000 km,

Piet Pompies ·

Mense is dood, of hy nou vol ANC ondersteuners was of enige ander publieke bus, die bestuurder/s is verantwoordelik vir sy passasiers. As daar enige persoon of persone verantwoordelikheid moet aanvaar is dit die bestuurders op grond van die feit dat hulle as bestuurders omgeruil het terwyl die bus in beweging was.

Johann Marx ·

Spreek die ANC Civic Organisation ook simpatie uit teenoor die naasbestaandes van vermoorde boere, besoek die families en help dra aan die begrafniskoste? Hoekom nie? Ek vra maar net…

Anoniem ·

Wil nou nie lelik wees nie. Maar hoeveel blankes, boere, vouens en kinders word vermoor..waar is die ANC met al sy lede en sy vroue ligas dan..nee hulle hou hul blind daarvoor. Jammer die mense moes so tot sterfte kom…maar my volgende vraag is….Is hul vervoer op hul eie koste of het ek en jy nou weer daarvoor betaal. Onthou ons gaan vir die begrafnisse ook betaal.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

sethos ·

Kom ons los eers di politiek een kant en bid vr di families wie se bloed verwandes heen gegaan ht.dt is n harde slag.ek vertroos die families mt john 14.

Humor ·

Lee sitplekke werk sleg vir die anc. n Heel paar sitplekke leeg op die volgende bus en n klomp leeg by die verkiesingsmanifes. Ek reken met verwagtinge wat allle realiteit oorskrei, het dit maar vrolik gegaan.

Theo ·

die anc moet meer sulke ralies-byeenkomste hou en meer gebruik maak van sulke bus bestuurders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.