Skok toe DBV op Benoni-‘gruwelhuis’ toeslaan

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

Die meeste slange wat nog gelewe het, het gesukkel met asemhalingsprobleme weens die verkeerde temperature van hulle tenks. Foto: DBV Benoni

Die meeste slange wat nog gelewe het, het gesukkel met asemhalingsprobleme weens die verkeerde temperature van hulle tenks. Foto: DBV Benoni

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Vrydag op ʼn skokkende toneel afgekom toe hulle ʼn huis in Benoni binnegegaan en talle verwaarloosde en dooie slange, spinnekoppe, krimpvarkies en varswaterskilpaaie gevind het.

Die DBV het in ʼn verklaring gesê hulle het Donderdag reeds die huis in Fairleads besoek nadat hulle ʼn klagte van vermoedelike dieremishandeling ontvang het. Die eienaar was egter nie tuis nie en die DBV het ʼn waarskuwingsbrief vir hom of haar gelos. Nadat die eienaar egter nie gereageer het nie, is die DBV se beamptes Vrydag met ʼn lasbrief terug na die huis.

“Die gemors binne die huis was skokkend en die tenks waarin reptiele en spinnekoppe gehou is, is erger as verrot. ʼn Hok met drie dooie dwergkrimpvarkies is in een van die vertrekke gevind. Hierdie sensitiewe, skadelose diertjies het ʼn stadige, onmenslike dood deur uithongering en dehidrasie gesterf,” het die DBV gesê.

“Binne ʼn vuil vistenk in die huis was die oorskot van wat skynbaar ʼn varswaterskilpad was. Dooie slange het op die vloere en toonbanke in die huis gelê en meer as ʼn dosyn glastenks is gevind met dooie spinnekoppe binne. Die spinnekoppe het weens dehidrasie gesterf. Die meeste slange wat nog gelewe het, het gesukkel met asemhalingsprobleme weens die verkeerde temperature van hulle tenks.”

Volgens die DBV is daar ongeveer 30 dooie diere in die huis aangetref. Die beamptes het op die res van die lewende diere beslag gelê, onder meer Burmese luislange, balluislange, ʼn varswaterkreef, ratelslange en klomp verskillende soorte tarantulas.

“Wilde diere is nie troeteldiere nie. Die aanhouding van wilde diere is om hulle te vonnis tot ʼn leeftyd van verveeldheid en stres. Sonder die vryheid om sy normale gedrag in sy normale habitat uit te leef, is ʼn wilde dier nie vry nie.”

Die eienaar van die huis was Vrydag nie tuis nie en die DBV het sedertdien nog niks van die persoon gehoor nie. Die eienaar sal wel vir dieremishandeling vervolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Aletta ·

Ek dink ook daars fout, hulle het nie een keer die eienaars daar gekry nie, is hulle nie dalk aangeval en vermoor nie?
Daars groot fout!!!!!

Karien van Zyl ·

Ekt ook gewonder of die eienaar nie dalk dood is nie…. Indien nie, is daar geen verskoning hiervoor nie.

E.K. ·

Skokkend en afgryslik. Arme arme diere wat geen keuse gehad het en so walglik aan hul einde gekom het. Die mens en sy wreedheid verstom my elke dag meer en meer.

MM ·

Dit lyk nie vir my of daar nog iemand in die huis woon nie, of dalk dood is.

Die arme diere!

Alida ·

Genade dit is walglik om die arme goed so te laat ly. Sluit die eienaar toe.

dolphin ·

mense is siek soos diere mishandeling as ook mense mishandeling. as dit diere wil he moet dit skoon hou en gee ruimte nodig die huis is gruwel daad genoem.skaam dit.

charmaine ·

Wat gaan met die mensdom aan? dis elke dag een tragedie op die ander? Intussen gee die Here elke dag vir ons tekens dat ons moet bykom in die lewe en dan is daar weer sulke siek mense. Daai persoon gaan nie weer terugkom na daardie huis toe nie hy/sy weet wat wag op hulle.

Rina Pretorius ·

Stel ondersoek in of die eienaar ooit nog lewe want vir my lyk dit nie so nie

Aletta ·

Ek dink ook daars fout, hulle het nie een keer die eienaars daar gekry nie, is hulle nie dalk aangeval en vermoor nie?
Daars groot fout!!!!!

Anoniem ·

Dit lyk nie vir my daar bly iemand meer nie… Dit wil vir my voorkom dat die person/personne al lankal weg is daar en die diere inhul eie genade oor gelaat het…

Aletta ·

Daai slange en spinnekoppe is baie duur, geen mens sal hulle so los om dood te gaan nie! Daars grooooooot fout iewers.

Sarie ·

Dankie tog vir die fluitjieblaser!!! Ek huil oor hierdie onmenslike wreedheid. Die àrme diere.

Die persoon of persone het moontlik vroeër met hulle handel gedryf, (want bitter min mense sal sòveel van hulle as troeteldiere aanhou) & dinge het dalk skeef geloop… Sit miskien êrens oorsee in ‘n tronk weens onwettige handel van “eksotiese” slange, spinnekoppe, skilpaaie ens & omdat dit hier ook onwettig is, het hul bedrywighede inni geheim plaasgevind.. ***Ek spekuleer alweer…

Helen ·

Hier is something fishy going on en beslis n slang in die gras!
Dis duisende rande daai.

Hugo ·

Hartseer vir die diere en mag die persoon streng vervolg word.

Abel ·

So hartseer vir die arme diere, hoop net die eienaar word ordentlik gestraf vir sy dade!!!

Karma1 ·

Wat gaan met die mensdom aan? Eers was dit daardie Main Coon kat wat deur die Cape of Good Hope SPCA uitgesit is sonder om sy/haar mikroskyfie na te gaan (deur ‘n simpel, onnosele buurman), toe die tannie wat 93 katte in haar huis aangehou het en nou dit? Hierdie plek lyk in elk geval soos ‘n VARKHOK – wie lewe so?

Lance ·

Dit is net SO siek …wat gaan aan in so n persoon se kop ….baie skroewwe los daar !

Jackie ·

Iemand wat hierdie tipe geld spandeer het om sulke eksotiese diere te bekom moes een of ander tyd n passie hiervoor gehad het en sou sekerlik die diere verkoop het of weggegee het indien omstandighede hom / haar daartoe sou dwing. Iets lyk nie lekker hier nie.

peanut ·

Is daar al ooit oogkontak met die eienaar gemaak? Is hy/sy al opgemerk in die omgewing of die huis sedert dit diere verwyder is?
Indien nie, vermoed ek die eienaar is dalk ook al kisboude

vra net ·

Wie hou in elk geval daardie klas wilde spesies aan in n woonbuurt. Dis om van siek te word. N persoon wat genot daarin vind om heeldag deur sulke goed omring te wees kan nie heeltemal by wees nie. Duur of te nie. Dis nie speelgoed daardie nie.

Conrad ·

Vra net.
Gelukkig is ons almal uniek in terme van ons smake en belangstellings.
Dit mag dalk vir sommiges absurd wees dat daar wel andere is wat belanstelling toon in die reptiele en aragnides.
Belangstelling is daar tog en danksy daardie belangstellendes, geslag na geslag sal al hoe meer mense bewus raak van die huidiglik verborge wereld van hierdie diere.
Wat die mens nie verstaan nie, vrees die mens en wat die mens vrees, vernietig die mens.

Ina ·

maroela hou ons asseblief op hoogte…..ek kan nie glo dat iemand so iets aan hulle diere sal doen nie. is die eienaar nie dalk weg / dood nie?

charlene ·

Kyk ek HAAT `n spinnekop, maar om enige dier so te laat dood gaan is onmenslik. Dis wreed! Maar hoe is die mense missing??? Hulle moet dalk in die slange kyk – ek sê net. Dis nie mak diertjies die nie – daai diere weet hoe om te oorleef….
Die arme krimpvarkies en skillie – ek sal nie omgegee het vir `n ou-skillie nie.

My mening ·

Ek weet darm nie so lekker. Iets lyk nie pluis. Miskien is die eienaar in die hospitaal, tronk of dood. Dit is nogal ‘n duur versameling diere. Ek kan nie dink dat iemand dit net so sal los om te vrek nie. En hulle moes baie lank sonder kos en water gewees het om in daai toestand en dood te wees

charmaine ·

Genugtig ja dalk het die slange hulle gevreet? Hierdie tipe slange sal met jou cuddle en hulle self uithonger om n mens te eet. Oorsee was daar so n geval waar n vrou massiewe luislang as troeteldier gehad, na n paar dae later neem sy hom veearts toe want sy vermoed hy is siek, nee toe nie, se die veearts, hy is besig om homself reg te maak jou(die vrou te eet). Hulle honger hulle self uit om sulke groot goed soos mense te eet slap saam jou, om jou liggaams lente te bepaal! Uitgeslape die goed!

Conrad ·

Charmaine.
Die storie dat ‘n slang jou eers meet en dan sal opvreet is ‘n mite. Daardie storie verskyn gereeld oor die laaste jare op sosiale media en word vir die waarheid opgeraap deur vele met ‘n vrees vir slange.
Geen slang sal dit ooit oorleef as die sou hoop dat sy prooi dier lank genoeg sal stil staan sodat die slang gou mates kan vat om te bepaal of die dier reg is vir vreet nie.

billy vos ·

op die oog af Kan gesien word dat daar orde was…al die hokke het baie mooi vertoon…daar was orde gewees…nou is daar totaal wanorde…my mening..”inbraak, inwoner is veryder?..waarna inbrekers? wanorde gesaai het op soek na wat waardevol is?” ek glo die Dbv het van die kaste oopgemaak om dooie dier?, slangge? publiek te maak..ek sou definitief nie die inwoner verantwoordelik hiervoor hou nie…

billy vos ·

dit is so baie maklik vir die Dbv om klippe te gooi…waarom het die Dbv nie eers die kaste soos hoe hulle dit gevind het, afgeneem nie?…sou die “inwoner/inbreker?” die kaste oopgemaak het dan sou daar GEEN slang/dier insig gewees het nie…van die wanorde in die huis word NIE melding gemaak nie…dis mos die “GRUWEL-HUIS”…ek vra mooi om nie so gou gevolgtrekkings te maak nie…dis baie hartseer om te aanskou wat met die slange/diere gebeur het…maar laat die Een wat sonder sonde is, die Eerste klip optel en gooi…baie dankie

Uiltjie ·

Miskien is ma, pa en kind opgevreet? Ek dink nie hulls sal daai Ou/girl opspoor nie, doen toetse op die Groot slange. Maroela, hou ons asseblief ophoogte!

Pierre ·

Dit is om van op te gooi. Ek kan nie dink dat enige persoon bereid is om so iets te doen nie. Jammer om jou te moet aanvat, maar dit is in kontras met ons Godgegwe opdrag dat ons Sy skepping moet versorg. Ek glo en vertrou dat wie jy ookal is jy jou nodige straf sal kry want jy is onmenslik.

Gert van Rensburg ·

Ek dink die persoon moet in ‘n hok aangehou word, behandel hom/haar soos daai onskuldige weerlose diertijies!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.