Skok uitgespreek oor Pofadder-man se moord

Leon en Suretha Brits (Foto: Verskaf)

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap het sy skok uitgespreek oor die moord op Leon Brits, die eienaar van die gewilde Pofadder-hotel.

Veronica van Dyk, DA-LP in Kamiesberg, het haar meegevoel betuig met sy familie en vriende.

Maroela Media het vroeër berig Brits se liggaam is Woensdag in die swembad van sy huis op dié dorp gevind. Leon is vermoedelik verwurg en met ’n skerp voorwerp gesteek voordat sy liggaam in die onderdakswembad agtergelaat is.

Wynand Boshoff, provinsiale leier van die VF Plus, het vroeër gesê die moord op Leon het die meestal vreedsame Boesmanland geskok. Hy het verwys na gerugte dat die voorval met ’n arbeidsgeskil verband hou.

Van Dyk het gesê net soos gemeenskappe oor die provinsie en land heen, is die DA “keelvol vir die toenemende vlakke van gewelddadige misdaad in Suid-Afrika”, en veral die toenemend gewelddadige aanvalle op mense wat in ons landelike gebiede bly. “Die vlakke van misdaad wat ons sien is ondenkbaar en onmenslik. Ons kan nie bly leef in ʼn samelewing waar mense daaglikse gemartel en vermoor word en niks word daaraan gedoen nie,” het sy gesê.

“Pres. Cyril Ramaphosa, regeringsleiers en die polisie moet nou na die tafel toe kom. Hulle kan nie toelaat dat dit voortduur nie. Hulle moet optree, of anders sal dit lyk of hulle die voortgesette slagting in ons landelike gebiede goedkeur. Ons het dringend verbeterde polisiëring nodig om die moorde te stop.”

Van Dyk het gesê meer polisiebeamptes, meer hulpbronne, en beter opleiding van polisiebeamptes word benodig. “Ons het dit vandag nog nodig. Nie môre of die volgende dag nie, want teen daardie tyd het ons nóg lewens verloor.”

Volgens haar moet oortreders ook baie dringend in hegtenis geneem word en vervolg word, anders sal die kring van misdaad net onverpoosd voortduur.

“Die moorde moet vandag nog stop. Mense in landelike gebiede het ook die reg op lewe en die reg tot veiligheid en diegene wat slagoffers was van gewetenlose misdadigers, verdien ook geregtigheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ranie ·

Man DA, ANC, EFF vat wat nou gebeur, jul was te sleg om dit wat gebeur in die oe te kyk en ons Boere moet stil bly vermoor en gemartel word, VIR WAT??? DA jul hoop seker nou na julle redenasie vir stemme, wel ek kan vir julle se… Woord julle.

Pieter ·

Polisiëring help niks nie. Die koloniale wette en howe is ‘n grap. Daar moet hard en ongenadig teen sulke geweldenaars opgetree word. Daarby saam politieke onrusstokers, veral die hoogheilige Julius M.

Nico ·

Daar moet daadwerklik opgetree word teen Cele en Malema wat verantwoordelik is vir al die plaas moorde wat plaasvind.

Nic ·

nico jy is reg daar moet ontslae geraak van cele en malema maar lyk of regering saam met hulle stem want niks word gedoen nie

Dries ·

Ek dink hulle moet die gesegde verander na” Skok kom altyd te laat.” Beslis meer van toepassing op ons huidige nagmerrie-bestaan in Suid-Afrika.

Andre ·

Weereens simpatiseer ons want wat is daar anderste wat ons kan doen. Stem ons moet hier uit kom maar weereens hoe

Jakes ·

Daar moet daagliks statistieke vrygestel word wat die wereld ingestuur word sodat mense wereldwyd kan sien en hoor wat hier aangaan. Dan vra die president nog vir beleggings. Wat n grap.

LiveAndLetLive ·

Die aanhitsing moet by die wortels uitgeruk word, Malema en Cele.
Die regering sal hierdie moord misdaad sterk moet veroordeel en met hulle mense direk praat hieroor, maar hulle bly stil en dit hits dit net verder aan.
EFF hoort nie SA nie – hulle moet vervolg word.

Diertjie ·

Al wat moet gedoen word …vang die moordenaars gee hulle vir die families van die vermoordes om mee af te handel. Dit sal ons land baie tyd en geld spaar.

Brakpan ·

ń Mens bly net wonder waarom die regering so gesoebat moet word om iets te sê of te doen! As mens nie WIL hê iets moet gebeur nie vermy jy dit. Kan mens nou kwalik geneem word om te dink daar moet dan n agenda agter alles wees??!! Die vraag is hoe verander jy dit? Soek die regering nie juis anargie nie? Malema is uitdagend en stel hom sommer nou aan as die SAP ook. Hy soebat vir konfrontasie met die blanke Suid Afrikaner. Die seuntjie wil nou wet en orde in Senekal gaan handhaaf! Hoe belaglik! Elke redelike mens in SA is op breekpunt met hierdie aanhoudende moorde, korrupsie en swak regering. Mens kan net moeilikheid sien kom. Wat van ” move a million” to Senekal!!!!!!!!!!!!!!

Genis ·

Dit kannie so aangaan nie… dis regtig absurd.. Ek stem die EFF, moet nie die Andilevergeet nie, en Cele moet aangekla word… ons moet n fonds stig vir die vervolging.. Ou Bufeel neus CR ook sommer…

Annettest ·

Ranie, jy hoef nie van die DA te hou of vir hulle te stem nie, maar moet asb nie valse aantygings maak nie. Die DA en die VF+ probeer alles in hulle vermoë doen om die ANC en EFF verantwoordelik te hou vir die land se chaotiese toestand. Gee eerder jou samewerking in plaas van om net links en regs klippe te gooi!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.