Skok-video nie dié van aangerande melkboer

Skermskoot van die video.

Beeldmateriaal van ʼn aanranding wat beweer dat die slagoffer ʼn melkboer van KwaZulu-Natal is, is as fopnuus bestempel.

Die ontstellende video wys hoe ʼn halfkaal man op die grond sit terwyl twee mans hom afwisselend met voorwerpe aanrand. Nog ʼn persoon, wat vermoedelik die video neem, se skaduwee kan ook gesien word.

In die beeldmateriaal, wat geen klank het nie, is dit duidelik dat die slagoffer reeds verskeie slae weg het en is hy deurtrek met merke op sy lyf.

Die video is Donderdag wyd op sosiale media versprei en in verskeie kletsgroepe gedeel. Die beskrywing van die video verbind die beeldmateriaal met ʼn onlangse aanranding op die eienaar van ʼn melkplaas in Thornville buite Pietermaritzburg.

Maroela Media het vroeër berig dat die betrokke boer se vermeende aanvallers byna ʼn week gelede in hegtenis geneem is nadat die private maatskappy Magma Security and Investigation en die polisie saam aan die ondersoek gewerk het.

Die eienaar, wie se naam nie in die berig genoem word nie, maar aan Maroela Media bekend is, en sy gesin is op 15 Oktober in die vroeë oggendure deur sewe mans oorrompel. Hy is erg aangerand en sy gesin het ook deurgeloop voordat die verdagtes hulle beroof en op die vlug geslaan het.

Shaheen Suleiman, eienaar van Magma, het aan Maroela Media bevestig dat die betrokke video geen verband hou met die onlangse aanranding op die melkplaas nie.

“Om die twee bymekaar te sit en te sê dat die video daarmee verband hou, is onwaar.”

“Ek weet nie waar die video vandaan kom nie, maar dit het beslis niks te doen met die saak wat ons tans ondersoek nie.”

Maroela Media het in verbinding gekom met iemand wat die video en die voorval oor die melkboer verbind het en op sosiale media gedeel het, maar dié was ongewillig om te onthul wie die beeldmateriaal aan hom gestuur het.

Die video is intussen van die persoon se Facebook-blad verwyder.

Die oorsprong van die video en verdere besonderhede oor die voorval is nog nie duidelik nie, maar Maroela Media stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Dit is nou hier waar ek ook gaan SHUT-UP want wat ek NOU dink sal my reguit tronk toe laat gaan!

Pieter9 ·

Kla asb die persoon aan wat die video gestuur het! Dit is tyd dat bedrieers vasgevat word.

Wolkie ·

Indien die rolle omgeruil sou word, sou daar GROOT moeilikheid vir die boer wat die pakslae uitgedeel het gewees het. Dis skokend. Dis maar oky. Waar gaan dit eindig.

Nettie ·

Waar gaan it eindig?
Lees die laaste boek in die Bybel.
God gaan AL die “wicked” en “evil” mense vernietig. Hulle dag kom vinnig nader.

Spook ·

Dis moontlik ‘n video wat uit Zimbabwe uit kom, tydens die plaasbesettings so dekade of wat terug.

Oosie ·

As skoen aan ander voet was.. waar sou dit gedraai het… erg skokkend..

Astrain ·

Dis baie belangrik dat beeldmateriaal soos hierdie die wêreld inhestuur word nadat dit geverifieer is – die geweld in ons land is baie selde wit op swart, dis eerder andersom….raak net aan ‘n swart persoon of sê net iets wat hulle soms verkeerdelik as rassisties beskou, en jy slaap daai selle nag in die tronk!

Nie Verbaas ·

Nou van wie is die video dan en is dit nou aanvaarbaar omdat dit nie die boer is nie maar iemand anders?

Niklaas ·

So , dis weereens fopnuus wat een gebeure wat verfilm is (kon in Brazilië of VSA plaasgevind het) en nou word dit opgedis as iets anders wat plaaslik gebeur het. Waarom doen mense dit ?

Roek ·

Maak nie saak hoe skokkend , dit is vals nuus wat ONS in ‘n swak lig stel , staak dit en hoop ek hul kry die een wat dit versprei het !

Piet ·

Vals nuus of nie, as die omgedraai was kan jy jouself maar net indink hoe die herrie los sou wees. Mag die video bietjie balaans en perspektief gee oor die werkilke lewe daar buite. Dit gebeur verseker, miskien nie in die video nie, maar die plaasmoorde getalle spreek vanself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.