Skok wag by petrolpompe

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Stygende internasionale oliepryse het tot gevolg dat Suid-Afrikaners in Maart aansienlik meer by die petrolpompe sal moet opdok.

Só sê die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) op grond van die ongeouditeerde brandstofprysdata vir Februarie wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is.

Die AA sê petrol sal na verwagting met 73c per liter styg, terwyl diesel met 92c per liter sal styg. Paraffien sal 74c duurder kos.

“Die rand-dollar wisselkoers het effens in Suid-Afrika se guns gewerk in Februarie en sal motoriste tot sowat 9c per liter spaar. Dié verligting is egter vertrap deur die aansienlike styging in brandstofpryse ná die plato van Januarie.”

Die brandstofheffings en koolstofheffing wat onderskeidelik in April en in Junie in werking sal tree, maak die prentjie vir motoriste nog donkerder.

Die algemene brandstofheffing gaan met 15c per liter toeneem en die padongelukkefondsheffing met 5c. Die algemene brandstofheffing verhoog tot R3,52 per liter petrol en R3,37 per liter diesel. Die padongelukkefondsheffing verhoog tot R1,98 per liter vir petrol én diesel. Die heffingtoenames sal op 3 April in werking tree.

Koolstofbelasting op brandstof van 9c per liter op petrol en 10c per liter op diesel sal op 6 Junie in werking tree.

“In die medium termyn verwag ons dat die wêreldvoorraad effens hoër sal wees as die aanvraag te midde van die VSA se indrukwekkende vordering met sy binnelandse olieproduksie. Die brandstofpryse bly egter vatbaar vir geopolitiese skokke en ons kan nie die moontlikheid van nog stygings in die eerste helfte van 2019 uitsluit nie,” het die AA gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Lerato ·

Ons sal ons ryery baie deeglik moet beplan. As jy na punt B ry sorg dat jy als doen wat by punt B te doen is, sodat jy nie weer more soontoe hoef te ry nie.

Vorm saamrykubs. In die 70’s het dit goed gewerk.

Worsie ·

Nee liewer nie, elke keer wat jy stop om iemand op te laai verhoog die kaans dat jy beroof gaan word. Buitendien, die mederheid het kleintjies wat skole toe aangery moet word en weer gaan haal word so elke een skiet in sy eie rigting voor en na werk

Genieve ·

Alles te danke aan eskom regtig en dis amper vakansie ook.

Yolanda ·

Daar wag n skok op die winkels want mense sal nie kan ry om hulle skuld te betaal nie

willem Botha ·

Dit is n skande en ek hoop die voertuig eienaars wys hulle misnoë waneer hulle in Mei gaan stem.

Sandra ·

ek is al nader aan ‘n poegie koop, sal moet skuld maak om dit te doen…

Andre C ·

Ek sal moet bottelstoor toe stap.Ten minste is stap goeie oefening

David ·

Ja, stoot die diesel prys meer op as petrol, dan word kos proporsioneel meer duur as taxi fooie… mooi beplan.

‘n “Goeie” oorverhaling nou maak dan ‘n verlaging in brandstofpryse, net voor die verkiesing, moontlik.

chrisjan ·

Die Minister van Vervoer moet alle spoedgrense verlaag en meer wetstoepassers op die paaie sit dan sal almal se voertuie minder brandstof gebruik en die eienaar geld spaar!

Judge Dredd ·

Makliker om mense soos jy met ‘n ossewa te verskaf.

Johanna Botha ·

Dankie aan zuma en die wigte en teenwigte wat nie werk nie ?

Cobus.panther ·

Saamryklubs werk nie vir almal agv area waar jy bly end die ongereelde ure wat elkeen werk…is dalk n oplossing om seker te maak jy arriveer op tyd en verlaat werk aan die einde van jou skof…..

Christo ·

Weet nie hoekom kla almal oor die brandstofpryse nie…..ek gooi nog steeds net R50 se diesel in…..eish

André ·

Weet iemand dalk waarvoor die koolstofbelasting is? Is dit iets nuuts wat nou bygevoeg word?

Schalk ·

Veels geluk ANC julle is briljant wat se Co2 tax dit is n wolhaar storie.Wanneer gaan julle na die armes kyk hierdie buitensporige heffings plaas hulle in nog n swakker posisie.Ak wat ek sien is politikuste wat dikker en dikker raak van vreet en suip.Werkende mense kan nie so flippen dik wees nie.Driekwart van politici sit en snork in die parlement.Doen jul werk en dit sal beter gaan.Hou op swendel met self verrykende planne.Aanvaar slag verantwoordelikheid,hou op in indaba en neem objektiewe besluite in belang van SA EN SY BURGERS.Dit is tyd om die regte ding te doen.As julle nie weet hoe nie bedank .

Heinrich ·

Ek stem saam Schalk, net soos die petrol by die uitlaatpyp in ‘n walmpie verdwyn, so gaan hierdie belasting in die bodemlose korrupsieput verdwyn.

Schalk ·

Swak en oneffektiewe bestuur lei tot prysskommeling en verhogings so evalueer due regering van die dag hierop.Alle verteenw. Partye is deel van swak bestuur.Eskom is n voorbeeld van onbwvoegdheid so is munisipaliteite .Kyk waars bosbou,waterwese,vervoer.sars,departement van gesondheid, ensovoorts daar is meer wat korrup is .Ek soek n departement wat op internasionale standaard is insluitend tersiere onderrrig.WORD WAKKER .

Judge Dredd ·

Hopelik styg die brandstofprys nog baie vir die volgende 3 maande.
Laat ons sien of die ANC stem-vee hulle vote verander.

Matt ·

Koolstofbelasting?? Op nuwe voertuie wat nie eens rook nie….. kyk na al die voertuie van diegene wat dit nie diens nie en en lyk soos wrakke… lyk soms of daar ‘n braaivleis vuur in die kattebak is soos die voertuig rook, maar hulle betaal nie die belasting nie. Nog ‘n ANC hoogsgeleerde :-) se grap om geld in hul sakke te genereer. En dan die dieselprys wat net aanhou styg, die land se ekonomie is om diesel gebou – aflewerings voertuie, treine – nog ‘n geldmaak storie. Arme mense, so slim, maar tog ook ……!!

Henk ·

Ek wil nogsteeds weet hoe dit moontlik was dat olie $125 per vat was, die $ was R14,00 en ons het R8,00 n liter petrol betaal. Waarom word petrol nooit teen dieselfde koers goedkoper as olie pryse net so skerp daal as wat dit gestyg het nie,

PJN ·

Nee hulle sit die brandstofpryse nou op sodat die gepeupel genoeg scope het om dit Mei-maand te verlaag met die verkiesing om guns te wen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.