Skok, woede na nóg ʼn Vrystaatse plaasmoord

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Nóg ʼn plaasmoord het die Vrystaat Woensdagaand geruk.

Brig. Motantsi Makehele, polisiewoordvoerder, het gesê twee verdagtes het omstreeks 19:45 op die Thelma-plaas buite Odendaalsrus aangekom.

Die boer se 45-jarige vrou het volgens die polisie buite gesit.

“Sy het na bewering een van die verdagtes geskiet en terwyl haar 50-jarige man uitgekom het, is hy glo geskiet en noodlottig gewond,” het Makhele gesê.

“Die verdagte en die boer is op die toneel dood.”

Die ander verdagte het gevlug.

Volgens Makhele word twee sake van moord ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Tientalle boodskappe van medelye is intussen op sosiale media met die boer se gesin betuig en die voorval is ten sterkste veroordeel.

Die aanval kom boonop kort ná die moorde op Pieter Hills (56) en sy seun Eddie (26) die afgelope naweek op hul plaas naby Hennenman. Pieter is tydens die aanval op teregstellingswyse doodgeskiet. Eddie is in die nek geskiet nadat hy glo op die aanval afgekom het. Hy was aanvanklik in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal, waar hy later gesterf het.

Die minister van polisie, Bheki Cele, word intussen later vandag op Bethlehem verwag waar hy en verskeie senior polisieoffisiere terugvoer oor landelike veiligheidskwessies gaan gee.

Cele het die provinsie aanvanklik besoek ná die grumoord op Brendin Horner. Die 21-jarige man is verlede maand wreed op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing vermoor. Sy moord het tot ʼn opstand buite die hof, waar sy twee vermeende aanvallers verskyn het, gelei nadat gemoedere oorgekook het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

60 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mariana

Twee moordsake. Maar een was mos selfbeskerming. Maar natuurlik sal hulle witvrou wil kasty want sy het misdadiger doodgeskiet. Misdadigers het mos meer regte. Jammer haar man is ook in aanval oorlede. Die aanvalle gaan nooit stop nie. Malema en sy minions skree sing steeds kill the boer en skep geleenthede vir dit. Blaas elke dag geweld aan. En niks word gedoen nie, hoekom is regering bang vir hom, hoekom word hy toegelaat om sy haat te versprei.

Androclus

Cele moet net gaan dis al,dalk sal dinge beter gaan.

Hennie

Wie gee om wat Cele te sê het? Dis tyd… Brackenfell tyd!

Persheks Adri

Nog ‘n boer! Nee mense hierdie is aanvalle teen ons! My hart bloei vir ons boere. Dit kan NIE so aan gaan NIE!

Ja Cele jy wil meer mag hê useless verby regtig! Jou planne werk nie en julle gaan ons beslis nie beskerm nie!

Cornelius

Word die vrou van moord aangekla omdat sy een van die verdagtes geskiet het wat haar man vermoor het, of verstaan ek die storie verkeerd?