Skokaankondiging oor taalbeleid by US

stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. Argieffoto.

Die rektor van die Universiteit van Stellenbosch se bestuurspan het Donderdag ʼn onverwagse aankondiging gemaak rakende die taalbeleid by dié instansie.

Vanaf Januarie 2016 sal die primêre taal van kommunikasie en administrasie by die Universiteit Stellenbosch Engels wees, met Afrikaans en isiXhosa as bykomende tale.

“Die rektor se bestuurspan was die afgelope paar maande in gesprek met verskeie studentegroepe waartydens die universiteit se taalbeleid, taalplan en implementering van die taalbeleid bespreek is,” lui ʼn verklaring wat die bestuur uitgereik het. “Uit terugvoer wat met klaservaring verband hou en insette van Open Stellenbosch, het die Verteenwoordigende Studenteraad, [studentevakbond] Sasco, en die studenteparlement verskeie opsies oorweeg vir die beste implementering van taalgebruik in 2016.”

Die bestuur erken die “beduidende bydrae” van die Open Stellenbosch-kollektief in die verklaring.

Volgens die bestuur wil die instansie seker maak dat die taalbeleid nie ʼn struikelblok word wat toegang tot leergeleenthede by die universiteit of suksesvolle afhandeling van akademiese programme betref nie.

“Aangesien Engels die omgangstaal in Suid-Afrika is, (dus, ʼn taal wat gebruik word tussen sprekers wie se huistaal verskil), sal alle opleiding by die Universiteit Stellenbosch in Engels geskied,” lui die verklaring. “Noemenswaardige akademiese ondersteuning sal in ander Suid-Afrikaanse tale gebied word, volgens studente se behoeftes. Terselfdertyd, deur middel van sy taalbeleid en taalplan, verbind die universiteit hom daartoe om plekke te skep waar Engels, Afrikaans en isiXhosa bevorder kan word. Die universiteit bly toegewyd om Afrikaans en isiXhosa as akademiese tale verder te ontwikkel.”

Luidens die verklaring sal modules, waar daar ʼn groot hoeveelheid ingeskrewe studente is, en dit óf vir pedagogiese redes óf weens gebrek aan spasie binne bepaalde lesingslokale verdeel word, sal die universiteit steeds sy parallel-medium-opleiding in lesings uitbrei. “In kleiner klasgroepe sal alle inligting in Engels oorgedra word. Bykomende ondersteuning sal in Afrikaans en isiXhosa aangebied word tydens die lesing en/of aanvullende leergeleenthede om studente se begrip van die akademiese materiaal te ondersteun.” Volgens die verklaring hang dit af van die beskikbaarheid van dosente en opleidingsassistente.

Volgens die verklaring sal dosente steeds voorleggings in Afrikaans en Engels verskaf en assessering sal ook in albei tale geskied.

“In koshuise en ander studenteblyplekke sal studente Engels as die algemene taal gebruik tydens huisvergaderings en ander amptelike funksies. Ander tale kan bykomend gebruik word en meganismes soos tolkdienste kan aangewend word.

“Die primêre taal van kommunikasie en administrasie by die Universiteit Stellenbosch sal Engels wees, met Afrikaans en isiXhosa as bykomende tale. Die bykomende tale mag nie gebruik word om enigiemand van volle deelname by die universiteit uit te sluit nie. Dit beteken dat alle kommunikasie by die universiteit minstens in Engels sal geskied, insluitend vergaderings, amptelike dokumente en dienste by ontvangstoonbanke en die inbelsentrum.”

Die rektor se bestuurspan dui aan dat hulle bogenoemde beginsels as vertrekpunte sal aanbied wanneer die raad op 30 November vergader. “Hierdie beginsels, as vertrekpunte, sal in konsultasie met die senaat gekommunikeer word, en ook in die breër studente- en personeelgemeenskappe van die universiteit asook belanghebbendes van die Universiteit Stellenbosch. ʼn Hersiende taalbeleid en -plan, gebaseer op die punte wat in hierdie dokument genoem word, moet duidelik die taaldiversiteit van die universiteit aanspreek en toegang vir personeel en studente verseker.

“Intussen sal hierdie vertrekpunte reeds van Januarie 2016 ingestel word. Studente en personeel moet kanale hê waar hulle klagtes kan lê indien daar nie voldoen word aan hierdie vertrekpunte nie, sonder dat hulle geviktimiseer sal word.”

Die verklaring maak egter geen melding van tolkdienste wat in lesings beskikbaar gemaak sal word nie.

Maroela Media verneem die bestuur se voorstelle het nog nooit voor die universiteitsraad gedien nie, en dat die aankondiging van implementering vanaf Januarie 2016 op ʼn eensydige en ongemagtigde verandering van die US se taalbeleid deur die bestuur van die universiteit neerkom. Volgens die US se statuut is die universiteitsraad verantwoordelik vir die bepaling van die universiteit se taalbeleid.

Dit wil voorkom of druk van Open Stellenbosch, wat vroeër klasse ontwrig het, instrumenteel was tot die besluit. Volgens die organisasie se Facebook-blad is hulle ʼn groep studente en personeel wat “werk om die verdrukkende oorblyfsels van apartheid te vernietig en ʼn waarlik Afrika-universiteit na te jaag”.

Prof. Herman Giliomee, voormalige raadslid, het aan Maroela Media gesê: “Dit is ʼn ongekwalifiseerde ramp.”

Prof. Wannie Carstens, raadslid van die US en tans direkteur van die Skool vir Tale by die Noordwes-Universiteit, het aan Maroela Media gesê hy is verstom dat hy die nuus via die media moet verneem. “Ek sou verwag dat ek as raadslid hieroor in kennis gestel sou word. Die implikasie sal enorm wees op Afrikaans en dit sal eers behoorlik in die raad gedebatteer moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

125 Kommentare

Gideon ·

Dit was die laaste strooi. Almal wat hulsrlf as Afrikaners beskou moet hul befondsing en ondersteuning onttrek.

Absoluut belaglike en ruggraatlose ingee aan die duiwelsdrek!!

Pieter ·

Ek stem! Volgende jaar moet al die ouers van Afrikaanse sprekende studente die betaling van studiegeld weerhou, hulle sal nie kan bekostig om omtrent helfte van hulle studente se fondse te verloor nie. Hulle gaan ook nie daardie studente kan skors nie, dit sal te veel wees.

Leendert van Oostrum ·

“English: The language of colonialism.
“Stellenbosch: The home of colonized minds.”

Ek het lus en skryf dit op my graadsetifikaat en stuur dit vir US saam met my bedanking uit die konvokasie.

Charl Coetzee ·

Aan die nie-Afrikaners, hanskakies en joiners:
Kyk vir my en weet, ek is Afrikaans.
Hierdie land is opgebou deur die bloed en sweet van die Afrikaner.
Maar julle steek my in die rug terwyl julle my heuning eet.
Dan moet julle weet,
as julle harte vir my toe is dan is my hande toe vir julle.
So gaan in liefde, maar gaan van hier af julle eie pad soos julle gekies het.
Soos my voorvaders met die seën van God ‘n pad uit rots gekap het,
so ook sal my sweet en bloed die pad vir my nageslag bou.
Maar dit sal nie vir julle wees nie.
Gaan kap julle nou julle eie pad en as jy in sak en as lê,
smeek na God vir genade want Jerigo se mure sak val.

Aan my mede Afrikaner, buig jou knie voor God op 16de Desember.
Hy sal die pad aanwys, volg jy net met volle geloof.

Wouter ·

Luister in my opinie is dit regtig teleurstellened dat dinge so uitgedraai het nou weet mense dat as hulle die lewe vir die rektor moeilik genoeg maak kan hulle kry net wat hulle wil he… Maar as ‘n meesters student by Stellenbosch universiteit moet almal asseblief net ook in gedagte hou dat een van die wonderlike dinge van Stellenbosch is dat hulle gee vir hulle studente grade wat internationaal herken word en as jy in enige ander land buite Suid Afrika wil werk moet j in engels kan werk. Ek is eintlik spyt ekt nie in engels geswat nie want soms sukkel ‘n mens so erg om Afrikanse terme in engels in te vertaal in n algemene konversasie met iemand.

Paul ·

Wat ‘n naïewe kommentaar, Wouter!

Terloops, dis “gesprek”, nie “konversasie” nie…

Gerhardt ·

Baie jammer. As die regering tog net ons will los om ons eie ding te doen. Ons moet ‘n beweging begin: “Open BEE” sodat alle blankes kan deel in BEE.

arie plaasboer ·

Aan Wouter,
Ek het jou opinie met belangstelling gelees. Gedink dat ek iets daaruit sou wys word.
Hoe groot was tog my eie teleurstelling. Ek kan nie dink ‘n M-student aan ‘n Afriaanse universiteit (tot nou toe)
se vaardigheid in eerstens Afrikaans en dan in Engels so kan kortkom nie.Ekself het ‘n vierjaar.kursus voorgraads en ‘n vierjaarkursus op M-vlak in Afrikaans gedoen, en alleenlik Engelse handboeke gebruik.
Ek is nou ten volle tweetalig (Afrikaans en Engels) in my vakgebied.
Ek is dus baie bly dat jou US graad wereldwyd herken word terwyl my grade (B Sc(Ing) en.MBL) wereldwyd ERKEN word.
Ek het tewens geen probleem om by’n hoofsaaklik Engels sprekende.organisasie.myself te laat geld nie.
Met die sigbare gebreke in jou skrywe en taal wat jy noem verbaas dit.my dat jy tot op M-vlak gevorder het

Janie van Heerden ·

Prof Giliomee is reg – ‘n ongekwalifiseerde ramp!

Dee ·

Dankie Arie Plaasboer. Wouter kan nie spel nie, hy kan nie skryf nie en hy spòg met sy opleiding!

Andre ·

En so swaai die stert die hond rond. Die US se bedelbriefies vir donasies sal voortaan summier in die asblik beland.

Johann ·

Nou moet al die Afrikaanse studente begin betoog, die plek afbrand, voertuie omgooi, koshuise vernietig, biblioteek afbrand, paaie versper, hekke sluit, personeel skaak en gyselaar hou…..en aandring dat alles in Afrikaans aangebied moet word…..Is dit nie hoe dit gedoen word nie?

Charl Coetzee ·

My sentiment ook Johan, maar nee. Want ons is opgevoed en Christelik en God is orde, die duiwel wanorde.

Hou stuif vas aan God se hand want soos met Kanaan verwag ek ‘n rowwe rit wat voorlê. ‘n Rowwe rit met ‘n goeie eindbestemming.

Wouter ·

En dan wat hoekom moet ons onself soos barbare gedra … Los dit laat die dinge val wwar hulle wil lei eerder met n voorbeeld van volwassenheid en goeie karakter as om hulle voorbeeld te volg… Dis ons doel dan as Afrikaners om n beter voorbeeld te stel en nie hulle sin te volg nie

Student ·

This comment is directed at Wouter. Your comment is very problematic and it’s even worse when someone can show where you’re wrong that you’ll cry that you’ve been made a victim. If I called your culture barbaric you would cry “racism”, “discrimination”, “hate speech” or whatever. You’re self righteous and hypocritical in that you paint yourself as a saint and your culture as saintly. People like you will go at all lengths to defend the problems people of other cultures critic you with but you will defend even the obvious wrongs. I bet in your head you’re thinking “but show me what’s wrong with my culture” and the problem with that way of thinking is that you aren’t prepared to listen and internalise whatever point I may raise but you’re already plotting how you can crush that argument or accusation as you’ll see it. I find it problematic when people don’t want to integrate with other people, when they think that the stereotypes they know about them are enough. Lemme tell you something about Apartheid my friend, or colonisation as a whole: it invented the concept of race, the colour question was brought into South African politics for economic reasons. The leaders of the white community had to create some barrier between blacks and whites to enjoy certain privileges at the expense of blacks and they sought moral justification to soothe their consciousness. They used religion and employed the same arguments that you’re employing that blacks are inferior and they deserve to be at the bottom of the pyramid. In your case you’re saying they are savage and barbaric. Let’s not forget the land act of 1913 my friend that forced them out of humane conditions for them to be slumped in townships. Let’s not forget that the history informs the present. The best thing you can do as a true South African citizen is be conscious of those things and stop employing the victim mentality. We’re trying to change this society, your freedom is at stake too. Freedom to not live in a segregated society and to be able to enjoy the community of people who are different from you. Grow up man, you sound like a child who had a bully take their toys away from them. I’m confronting you like an adult and confrontation doesn’t mean hate. Start questioning your motives, your thoughts, the stereotypes you have. And stop acting towards your own personal interests but towards the interest of the whole collective.

Reggie ·

Al hoe meer rede vir my, om my gat af te leer sodat ek die jaar graad vang. Tot siens my mooie stellenbosch. Hallo gemors en barbarisme.

Ronell ·

In hierdie geval beteken dit STEEL en dit beteken jy VAT iets wat nie aan jou behoort nie… gaan slaan dit na op google…..en dan gaan sit jy……!!!

Riaan ·

Ek se net al die afrikaanse ouers moet kinders skuif. Want al wanneer hulle vir die Afrikaners luister is as ons geld praat. Dis hoekom meeste Afrikaans spekendes daar is, is omdat onderrig in Afrikaans was. So as hulle loop loop die geld saam met dit dan gaan die regering maar hulle moet onder hou met bevonsing soos hulle die water eskom ens onderhou!

Elmarie ·

Stellenbosch Universiteit sal nie weer ‘n sent van my geld sien nie, as my taal nie goed genoeg is nie, is my geld ook nie. Die wat die besluit geneem het kan nou maar die voete van hulle BASE gaan lek. Murggraatlose poppe.

tamboti ·

Dit is alle publieke instellings in SA se voorland! Hou maar die resultate dop, standaarde (en punte) gaan val, stabiliteit en sekuriteit gaan verdwyn en prestige gaan transformeer na ondergemiddeld tot uiters swak.
Afrikaans is nie net ‘n apartheids ‘simbool’ nie maar eintlik die bewaarder van ‘n ordelike samelewing – verlies van die taal en ook die deel van die bevolking in die Universiteit sal onomkeerbare gevolge he. Die anderstalige ‘engelse’ is permanent besig met “struggle” en die ware engelse te ruggraatloos om te keer / gee nie om nie.
En privaat Afrikaanse organisasies word met grootse jaloesie bejeen , maar word as rassisme verag.

vermeende ·

Ek haal uit ‘n kommunistiese handboek aan, “There is victory in compromise”
En so beweeg ons net een tree op ‘n slag nader aan ‘n kommunistiese bestel.

HEVW ·

de klerk, botha, meyer en, en waar is julle? Laat die teenwigte inskop. Veragtelike volksverraaiers!!!!!!

GES ·

Toe hulle moes onderhandel het ander aktiwiteite hulle aandag afgetrek. Ek dink ons almal weet wat dit was of moet ek dit uitspel?

chrisp ·

Neem foto’s so gaan julle starlinbosch nooit weer sien nie. Dit wat afspeel by UCT is nog maksimum 3 jaar weg by die plek.Vernietig gaan hy vernietig word.

Nic Grobler ·

Die universiteit “bly toegewyd om Afrikaans … as akademiese taal VERDER te ontwikkel”! Wat ‘n patetiese grap!

Heilna du Plooy ·

Ek is stom van skok. Daar word baie politiek en ideologie gepraat rondom taal, maar mens sou dink mense aan ‘n universiteit sou groter onderskeidingsvermoë aan die dag lê. Dis ‘n suiwer polities gemotiveerde besluit afgedwing deur drukgroepe sonder enige wetenskaplike onderbou. Jammerlik vir Stellenbosch en vir Afrikaans.

Joe Kruger ·

Ek stem 100% saam met jou Heilna. Selfs vanaand op die nuus was die redes gegee deur de Villiers so , ek wil se sonder ” beginsel”. Net bloot dat Engels die land se omgangstaal is en niemand uitsluit nie.. Maar is dit regtig die Wes Kaap se omgangs Taal en dien Engels ons mense daar? Nstuurlik kan elke universiteit nie Afrikaans wees soos geskiedkundig nie maar die Wes Kaap is oorwegend n Afrikaansprekende gemeenskap. Hoe dit ookal sy: soos by Potch moet die Raad van die US tog die bedluite in goeie oorleg neem en nie n. Lam bestuurspan wat skrik vir politieke druk nie?

carel ferreira ·

Sou graag wou he dat die Kanselier ook sy mening huldig! Of het ek dit misgelees? Wil tog vir my lyk asof Kapitalisme n groter rol speel as beginsels. Wat se die stigtingsvoorwaardes van die Victoria Kollege?

Paul ·

Kapitalisme? Hoe op aarde kry jy daardie kloutjie by die oor?

Bert ·

Die eerste wie moet waai is al die linkse Afrikaanse dosente en professore. Dit is wat hulle wou gehad het.

Johannes ·

“Die Boer en sy roer word nooit moeg om te ploeg, as hy staan, staan hy sterker as ‘n rots.
Sit jy kettings om sy taal sal die duiwel jou kom haal
los sy grond, jy speel met ‘n bom se lont” – Anton Myburgh

Dee ·

Sorry Johannes maar die Sjinese, Afrika, kommunisme, instromende massas en gebrek aan simpatie vanaf die Westerse Wêreld het die bom ontlont.

Lappiesh ·

As hierdie studente wat so kla, in een pinkie het wat hierdie seun (http://maroelamedia.co.za/blog/vreemdhede/video-ons-toekoms-is-in-ons-eie-hande-hoofseun-se-aangrypende-toespraak/) in sy hele lyf het, sal alles regkom by die universiteite! Ons voorvaders het met dieselfde trots en met die bietjie wat hul gehad het om voort te gaan in die lewe alles vermag wat hul kon! Wees bly julle leer in Engels, dit is die sleutel tot jul toekoms. Wees bly julle kan nog Afrikaans praat op Universiteit! Hou op om so slapgat te wees, net kla en niks doen aan ‘n slegte saak, en wag dat ander vir julle opkom! Gaan jul eendag by ‘n werk instap en sê ek praat net Afrikaans want dit is my taal? Word wakker mense en dink vooruit en wees trots dat jul Afrikaners is wat ‘n verskil kan maak met die bietjie wat jul het.

TTh ·

Onvergeefbaar, die rektor en sy bestuurspan moet voor die hof gedaag word, lae gespuis, swakkelinge, ruggraatlose korrupte rugstekers… volgende is ‘n massiewe finansiele ramp wanneer die regering agterkom hulle kan nie finansiele beloftes van gratis tersiere opvoeding betaal nie… wat ‘n sotlike gemors !!!

christine ·

Ja kommunis Bade as hy nie wen nie sal hy ste.. nee vat. wonder net hoekom Afrikaans so n bedeiging is. Tot n ou liedjie ” De le rey” skrik hulle af. Hoekom?? Abnormaal om die minste te se eer die Engelse nou hulle. Skat ekt nou genoeg gehad. Van hier af as ek aangespreek word deur hulle sal ek maak of ek stoof stom is want dink dis beter. Het al probeer vir eendag, hulle hou ook nie van gebrek nie
Pas my egter, rus vir my siel ag hoe salig.

mafoeta ·

N 35jarige SA swart wat hier van n township kom en deur n vriend se ouers na Engeland geneem is , hyt daar skool voltooi en ook n sielkunde graad ververf en is terug hier . Hys van mening ons gaan nog baie probleme vorentoe he! Want ons het n ‘want’ jeug geskep! Wil net he en het geen waardering vir wat is , sal vernietig ongeag gevolge – tragiek ons ‘geleerdes” gee die kind sy sin. Die kind wat besig is om n monster te word! Terwyl die US se lektore hulle plekke oophou aan buitelandse universiteite!!!

Francois ·

Die huidige fondsopbouing deur Afriforum en Solidariteit is fantasties. Sal dit moontlik wees om bv ‘n mediese fakulteit te bedryf?

Christiaan Potgieter ·

Ek dink alle Afrikaners het nie net die reg nie, maar ook die verpligting om op te mars en hulle wrewel te gaan toon. Wie gaan ons lei?

Elisha ·

As Afrikaanse student aan Stellenbosch Universiteit kan ek met trots se ek is bly om te sien hierdie probleem is uiteindelik op die regte manier opgelos. Gelyke kanse vir almal! Die wereld daar buite is in elkgeval Engels en as ek nie vanjaar klaargemaak het nie, sou dit vir my lekker gewees het om IsiXhosa te leer. Thumbs up vir die rektor en transformasie in Suid-Afrika! As verandering nie by plekke soos Universiteite aangebring gaan word nie, gaan dit nerens anders gebeur nie.

Meghan ·

Ja, Gelyke Kanse vir almal!

Engelse universiteite: CUT, DUT, UWC, UJ, WITS, Uni Zululand, UCT, UP, CPUT, university of Fort Hare, UKZN, Rhodes University, UNISA, TUT, University of Venda en onlanks: Bloem en nou Stellenbosch.

Afrikaaanse universiteite: EEN kampus van die drie van die universiteit van Potchefstroom. M.a.w n derde van die universiteit.

So, vertel gou weer vir almal: Hoe gelyk is dit nou eintelik?

Henko Pienaar ·

As voormalige student van die PUK wil ek aan jou sê, geniet jou droom wereld terwyl jy nog kan want om ‘n Afrikaner in SA te wees is soos om besmet te wees met die plaag. Jy word verdruk, afgebreek, jou identiteit word vernietig, jou kultuur word afgebreek, maar bly maar lewe in jou liberale droom wereld waar jy glo alles is maanskyn en rose en as jy eendag wakker skrik, weet net jy het gevra om onderdruk te word

Shaun ·

Elisha, is jy seker jy is Afrikaans? Wat het jy geswot? As oud Matie is hierdie ‘n tragiese dag vir ons! Jy noem dit ‘n probleem? Daar was geen probleem nie, meer as genoeg tersiere instellings wat klasse in Engels aanbied soos Meghan hierbo noem.

tamboti ·

Elisha, hoekom doen jy nog die moeite om in Afrikaans te antwoord, praat nou maar Engels, ek sien jy ‘like’ dit. Is jou van nie dalk de Qlerk nie?

toni du toit ·

weereens word die afrikaanse kind benadeel hetsy wit bruin of swart. kan nie dink dat die universiteit swig voor n paar arrogante student nie. waar is die reg van die afrikaansprekendes in die land. ek as ouer betaal kontant vir my dogter se universiteitsopleiding. die wat so kla studeer juis met beurse van leiers , organisasies en besighede wat hulle uitmaak as rassisties. baie teleurgesteld in die besluit van die universiteit

Valerie-Merle Theron ·

My eerste taal is Engels, en Afrikaans my tweede taal. Maar is net so lief vir Afrikaans en dit wat ek hier lees grief my vreeslik baie… Why change a system that works…??? Daar is meer as genoeg universiteite wat net Engels is….

ina nel ·

Die mens is erger as diere, wil kinders hê maar te sleg om op te voed – kyk hoe leer bv die olifante hul kleintjies, kyk hoe gee n bobbejaanwyfie haar kleintjie pak terwyl sommige kinders groot word met die voorbeeld van afbreuk, verbrand en verniel. Die ontevrede studente moet maar vir hulle dan n Universiteit wat aan hul vereistes voldoen self oprig wat deur hulself gebou en finansieel onderhou word – dan het hul geen rede om af te breek, te kla oor klasgelde of laat ek dit liewer so stel: dan het die ontevredenes geen rede om te kla, in opstand te kom en geen onwelkome standbeelde om te verf nie. Los ons mooi land, stede en Universiteite vir die wat dit kan waardeer en trots is daarop.

Frik Lotz ·

Hierdie besluit is onaanvaarbaar en moet beveg word. Waarom moet Afrikaans altyd aan die kortste end trek? Waarom mag daar nie Afrikaanse universiteite wees nie? Dis tyd dat ons opstaan vir Afrikaans en sê genoeg is genoeg. Dit tyd is nou!

Pat ·

Klomp slapgatte….. dis absoluut verregaande. Julle kan nie dissipline toepas en nou gee julle maar in. Geen ruggraat en so gaan alles by die drein af. Gemors!!!! Kyk syfers en wees realistis, maar nee, makliker om te kruip en stert tussen die bene in te gee. Duim af rektor en kie.

Frik ·

En waarom so haastig boedel oorgee aan die anargiste? Lê die saak eers voor àlle studente en nooi afgestudeerdes om te stem, m.a.w. die direkte belanghebbendes…! Spog ons dan nie altoos met demokratiese beginsels nie!?

Nick ·

Frik, ek stem saam, maar demokrasie in ons land word slegs toegepas wanneer dit die voorheen-benadeeldes bevoordeel. Dieselfde anargiste waarna jy verwys het dit reg gekry om die universiteit te laat ingee en eksamens met ‘n week uit te stel, omdat hulle juis te moeg is om vir die opkomende eksamens te studeer na hulle wilsbesluit om aan optogte deel te neem. En tot my skok vandag, lees ek in die universiteit se jaarblad, dat geen veranderinge in eksamendatums aangebring sal word, buiten in uitsonderlike gevalle as dit deur die departmentele voorsitter en registrateur goedgekeur is en slegs nadat elke (in bold nogal op die universiteit se webblad) student ‘n klaslys onderteken het, wat bewys dat hulle almal die nuwe datum aanvaar. Tot vandag toe het ek geen klaslys gekry om te teken of toestemming gegee vir die uitstel van my eksamens nie. Ek was bykans klaar geleer toe ons die epos ontvang, en soos dit ‘n student betaam, dink jy “nog ‘n week, so ek kan maar die naweek af vat”. Min wetende dat dit jou studieproses onderbreek en weer tyd vat om aan die gang te kom. Sou ek wel hierdie jaar deur kom en by Stellenbosch Universiteit afstudeer, kan die Universiteit maar verseker weet, daardie eposse wat hulle vroeër jare aan my gestuur het om hulle finansieël as alumni te ondersteun, sal op dowe ore val. Ek kan my bydraes beter aanwend en spandeer op instansies waarin ek glo en wat my waardes en belange op die hart dra. Teleurgestelde-amper-oud-matie.

Andre Badenhorst ·

Afrikaans het vandag groot verloor. Dié wat die hardste geraas het, het gewen. Raka: Die resultaat van ‘n onbesonne taalbeleid asook ‘n aanklag op die gemaksugtigheid waarmee ons ons kinders grootgemaak het. Naïwiteit gevoed deur ‘n gevoel van vanselfsprekendheid van dit wat kosbaar is wat met dure bloed gekoop is. Alhoewel dit onafwendbaar was, is ek steeds diep teleurgesteld. Die bruin Afrikaanssprekende die meeste geraak.

Erika Husselmann ·

Ag nee. Totsiens my alma mater, wat n geweldige verlies..

Jelong klong ·

Dit is die einde van Afrikaans as akademiese taal. Die instelling is volgende aan die beurt.

NWU student ·

Hulle het nou hulle sin gekry? Wat nou? Dink die Potchefstroomkampus van die Noordwes-universiteit kan hulself solank gereed maak vir hierdie situasie waarin Maties hulself bevind.

Lynette ·

Is daar nie iewers in die grondwet die beskerming van afrikaans as onderrig taal nie en is daar werklik soveel engelse ( anderskleurige ) studente dat die hele taalbeleid engels moet wees. Is daar nie slim prokureurs wat hierdie beleidsverandering in die gronwethof kan betwis nie.? Die Rektor is duidelik nie in die saak geken nie want al wat ek lees is die bestuurspan. Die Taalmonument is opgerig vir ‘n rede gaan ons weer ten bloede moet veg vir ons taal. Waar vra ek julle is ons regte egte Afrikaner leiers of is dit ons 40 jaar in die woestyn voor ons weer verligting sal kan kry?

JoeV ·

Natuurlik te lank gedink die regering gee om, nie betyds opgelet dat dit werklik die doel was om Afrikaans uit te roei nie. ANC het goed gedoen daar, gee toe dat deur hulle intimidasie die liberale onkant gevang het, of is is net weer uitverkoop?
Waar is Afrikaans ooit bygevoeg om Afrikaans sprekendes te akkomodeer? Blyk ook dat wat mens vir geld en vir jou mense sal doen verskil afhangende van die bedrag geld!!

Wilma ·

Dit sal totaal onaanvaarbaar wees as ons as Afrikaners nou net gaan sit en toekyk hoe hierdie gebeur! Ons gaan nie ook nou begin breek, brand en slaan nie maar ons sal almal soos een man hier moet saamstaan nou en slimmer optree… dis hoogtyd!!

Gideon ·

Die kaartehuis tuimel!!! Kan ek ‘n voorspelling maak? Studente woonstelle in Stellenbosh gaan drasties waarde verloor asook die hele dorp en omgewing. Baie mense wat gedink het die Strand en omgewing is ideale aftreeplek vir Afrikaners gaan verras word- in 10 jaar se tyd praat ons weer!!

Frans ·

Al wat nog oorbly is die Afrikaanse kerke, maar ek hoor al klaar Engelse liedjies word gesing.
Frans

Henk ·

Frans, wat is oor van die Afrikaanse kerke? Om Afrikaans in die kerk te praat is een ding. Om God te dien is iets heeltemal anders. Al ooit gewonder of hierdie toestande in ons land, dalk iets te doen het met juis die sogenaamde Afrikaner se “houding” teenoor God? Al ooit gewonder of die onlangse heidense toegewings deur die NG Kerk nie dalk, net dalk, iets te doen het met die intense droogtes in hierdie land nie? Is dit nie dalk die Afrikaner se verraad teenoor God wat dalk, net dalk, daartoe gelei het dat Sy toorn nou op ons neergelaat word nie? Tog sal ons voortgaan om alles wat die satan voorhou te aanvaar en sal ons sover gaan om te se die Bybel word verkeerd vertolk, net om ons sedelose gejaag na mammon te regverdig ten koste van God.

Pieter V ·

Laat die DA lede in die parlement wat ooit vir die behoud van Afrikaans gevra of geveg het hul hande op steek laat ons sien wie hulle is , ons moet dit as maatstaf gebruik in die komende verkiesings of ons vir hulle gaan stem.

Dee ·

Ek sou voorstel jy skryf DA-lede met ‘n koppelteken want dit is een begrip.

Annemarie ·

Dis ‘n spyker in Afrikaans se doodskis, dit grief my! Ek is ‘n oud-Puk en vermoed hul sal dieselfde paadjie volg. Daar is te min tersiere instellings, waarom taalbeleid verander as hul ander MOET oprig om die groeiende vraag na opleiding te akkommodeer?
Die besluit is onregmatig geneem en dit gaan beveg word, maar die nadeel is:

Die rektor het die aankondiging gemaak en as hul dit gaan terugtrek gaan Stellenbosch brand deur die groepe wat van Afrikaans wil ontslae raak.

Bloues ·

Ek kan nie verstaan waaropm hierdie as n skok beskou word nie. Ons het dit sien kom al lank terug.

chrisp ·

Solank ons as Afrikaners stem en bly stem vir veral die DA(Daar gaan Afrikaans)sal daar met ons gemors word. Die tyd het nou haas aangebreek om as jy nie wil verengels nie jou stem te laat hoor vir jou regte en dit begin opeis op enige manier denkbaar.Die “afrikaners” wat wil verengels is meer as welkom en ek bedoel dit opreg.Wees net eerlik daaroor en los die res van ons uit ons pla julle regtig nie.

Die dinge moes kom en soos party komentare se die ander instellings is volgende.Hierdie kan ook maar die ou kommunistiese strategie wees van eis alles ,gee bietjie toe en die arme liberaliste is te dankbaar hulle het goed onderhandel deur so bietjie van die oorspronklike te behou, terwyl hulle eintlik alles gehad het.Vra maar vir fw ,roelf en ou leon wessels(ek weet egter nie of hulle dit al agter gekom het nie).
Daar is geen beter tyd vir ons eie instellings as nou nie.
Hierdie kan ook gesien word as ‘n bedekte seen.

Andre Badenhorst ·

Vir ‘n briljante akademikus is Wim De Villiers se drogargumente getuienis van ‘n skaapmentaliteit . Die argument “Aangesien Engels die omgangstaal van Suid-Afrika is” is ongelooflik eendimensioneel. Dit gaan oor baie meer as dit. Dit gaan oor ware demokrasie wat ruimte bied vir identiteite. http://www.litnet.co.za/open-stellenbosch-and-the-importance-of-mother-tongue-education. Dit gaan oor die erkenning van die bydrae van Afrikaans tot ‘n beter Suid-Afrika. Oor die erkenning van die eeue-oue onreg wat teenoor Afrikaans gepleeg is deur Britse imperialiste. Dit gaan oor die toenemende beperkende leefruimtes van ‘n beduidende minderheidsgroep. Ook oor die getuienis van wat by ander instellings gebeur het wat dieselfde paadjie gevolg het. En ook ‘n getuienis van ‘n onbesonne taalbeleid deur die vorige besture wat nie-Afrikaanssprekendes links en regs ingeneem het, maar nog steeds (verkeerdelik) Afrikaans in hul kele deur slimpraatjies probeer afdruk het. Ek dink aan Einstein se woorde: “Jy kan nie ons probleme oplos met dieselfde vlak van denke wat hulle geskep het nie”, Prof. Wim!

Paul ·

Dit wys jou maar net, net omdat iemand slim en bekwaam in een veld is, beteken nie noodwendig dat die persoon op alle vlakke bekwaam is of integriteit het nie.

Dis maar dieselfde as met sportlui wat mense so as “rolmodelle” aanhang en dan word hulle geskok indien die ou wat ‘n bal goed kan skop of vinnig kan hardloop, skielik met dwelms betrap word of andersins roekeloos optree. Hoekom sal mens dink iemand se atletiese vermoë beteken hy is moreel onberispelik?

Dieselfde met akademici of enige ander veld.

saarkie ·

Mooi Prof. Wim de Villiers en jou hele liberale bestuurspan. U was die aanvoerder om trotse
Afrikaanse akademiese instelling tot ‘n val te bring en toe te gee aan die eise van ‘n klein groepie barbare, waarvan die helfte nie eens studente is nie. Baie geluk!!

U besluit is ‘n klap in gesig van elke afrikaanssprekende op u kampus!

Ek hoop van harte alle Afrikaanse befondsing van u instelling word onttrek en dat alumni
hul koppe sal gebruik voor daar weer sent aan hierdie liberale instelling geskenk word!

Koos ·

Weet julle wat vir my vreeslik snaaks is: Afrikaans is die jongste taal in die wereld en die Afrikaansprekends is is minste mense in hierdie land, maar nog steeds word dit as ‘n bedreiging beskou deur die meerderheid van die bevolking. Ons kon in minder as 100 jaar ‘n land opbou in Afrikaans waarvan ons landsgenote net kan droom. In 100 jaar is hoeveel opvoedings instellings gebou (voor 1994), en hoeveel is daar gebou in die 21 jaar na 1994? Ek glo dinge sal reg kom, maar eers sal dit bietjie slegter nog gaan.

Walter ·

En daar kan my kind nie meer daar swat nie….kom ons hou ons kinders uit die skoole waar ons nie as afrikaaners raak gesien word nie (staan saam mense)

Suid Afrikaner ·

Walter, probeer engels. Jou afrikaans is skokkend.

Dee ·

Jòune ook jy wat jouself ‘Suid Afrikaner’ noem gespel met ‘n hoofletter maar jy weet nie eens dat Afrikaans met ‘n hoofletter gespel word. Jy bewys jou gebrek aan respek vir Afrikaans (maar skryf jou eie skuilnaam met ‘n hoofletter).

Russel ·

Afrikaans kan nie as die medium gebruik word in Stellenbosch nie, en dit is voor die handliggend. Die minderheid praat afrikaans. Engels is die beste oplossing, dit help almal. Ons moet leer om inklusief te wees teenoor ander, en om Engels as medium te gebruik sluit diegene in wie se huistaal Afrikaans of isiXhosa is. Rassisme kom in klein versteekte kulturele elemente voor, en as Afrikaans gebruik word om dit te vorder, is daar nie plek vir Afrikaans in ‘n publike universiteit nie. Kom ons openbaar Ubuntu aan almal, en praat inklusief.

Paul ·

Dis nie eers nodig om jou stellings op meriete aan te vat nie, aangesien jy reeds uit die staanspoor feitelik verkeerd is. Dit is nie die waarheid dat Afrikaans deur ‘n minderheid op Stellenbosch gepraat word nie, inteendeel!

tamboti ·

Russell, ek kan sien jy nie ‘n rassis is nie, dis ook al. Afrikaans sal ook nie in jou nageslag bestaan nie, ubuntu werk nie na die Afrikaner se kant toe nie.

#ZumaMust Fall ·

Dus is daar nou absoluut geen rede waarom ek my kinders meer in Azanie moet laat onderrig nie. Hulle sal dus Engeland toe gaan vir kwaliteit onderrig in die rooi taal. Die dood van nog ‘n Afrikaanse universiteit. Die Afrikaner is uitverkoop en voelvry verklaar in 1994. Net ‘n oorlog gaan dinge regstel.

SI ·

Ek besef dat dit goed is om tweetalig te wees …. op hierdie stadium word ons Afrikaanse kinders in elk geval benadeel nadat hulle hulle graad behaal het … werk is ‘n krisis vir die blanke afgestudeerdes en wat is die gevolg daarvan … ons kinders emigreer om beter geleenthede te kry oorsee… daarom … bemagtig jul maar in die Engels … ek stem egter saam, ons taal word vertrap en ek is self bekommerd oor die waarde van eiendom … veral met die verskriklike ontwikkeling in studentebehuising in Potchefstroom …. wat gebeur oor 10 jr??

Remondo ·

Barbaarse afbrekende gedrag word as t ware beloon — gaan aan soos jy wil ons sal jou gee – geen disipline meer nie , grade gaan niks meer werd wees in die nabye toekoms

Potts ·

Die kwaliteit van onderrig le in die person en nie die fasiliteit nie.
As Akademia die goeie lektore trek gaan ons Afrikaans nogsteeds sterk staan in hierdie aanslag.
Dit nie altyd so maklik om van die een taal na die ander een oor te slaan as jy jare lank al klas gee nie.

Rudolph Venter ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe maklik suid afrikaners buig vir ander, kleiner, minderheidsgroepe. Dat ‘n handjievol ek weet nie eintlik wat om hulle te noem nie, want mense het verstand, en hulle het nie, n groter itentiteit aan sy stert kan rondswaai. Kom Afrikaners kom ons staan op, staan saam teen hierdie open stellenbosch en kom ons maak hulle toe. Die vet weet ons moet wakker word, want ons land word onder ons uitgeneem en verswak vinniger as Zimbabwe, maar ons slaap rustig voort.

Gideon ·

Ek verstaan en ondersteun die US se besluit uit ‘n akademiese en praktiese oogpunt. Engels is die akademiese taal van die wêreld. Indien jy as ‘n akademikus ‘n merkbare bydrae tot die breë wetenskaplike wêreld wil maak, moet jy eenvoudig in Engels skryf. Dit is dus logies om jou opleiding in Engels te doen, aangesien dit jou beter sal voorberei vir die navorsing en skryf wat daarop volg

Selfs uit ‘n praktiese oogpunt maak hulle besluit sin. Daar is ‘n merkbare deel van die studenteliggaam wat nie Afrikaans verstaan of vaardig genoeg is om daarin onderwys te ontvang nie. Dit is dus die regte besluit om die onderrigtaal primêr Engels te maak.

So sleg as wat dit is om te sien dat Afrikaans nie die hooftaal in die land is nie, moet ons die realiteit besef dat ons maar slegs een van die elf nationale tale praat. Dit is egotisties van Afrikaanssprekendes om te verwag dat ons taal bo al die ander gebruik moet word, en dit gereeld ten koste van die wat ander tale praat.

Tiaan ·

Gideon, hier is ‘n ander dimensie aan verbonde as slegs Afrikaans en bevordering van wetenskap. Stellenbosh is ‘n bekoorlike dorp en toonbeeld van Afrikaner kultuur, die Universitiet is meer as net ‘n plek van opleiding! Doen jouself ‘n guns en gaan maak ‘n draai op kampus, geboue in die dorp dateer uit 1679 toe Simon van der Stel die dorp gestig het. Iewers moet mens seker ‘n lyn trek wat betref die vernietiging van een mens se taal en kultuur teenoor die bevordering van ‘n ander?

Lynt ·

Sinvolle kommentaar Gideon. Die meerderheid wat so emosioneel raas-en-blaas dink nie verder as die stert wat nou kwansuis die hond rondswaai nie. Daar word ook vergeet dit is ‘n staatsondersteunde instansie. Die wat regtig so sterk oor Afrikaans voel is mos welkom om hulle eie privaat voorgraadse universiteit op die been te bring. Onthou tog net dat nagraadse studies in Engels gedoen word.

Paul ·

Ja Gideon, so dit is seker waarom al die Duitse en Franse en Koreaanse en Japannese en Spaanse en Noorweegse en Finse en Italiaanse wetenskaplikes sulke swak aansien in die wêreld geniet, né? Die dag as die opleiding in hierdie lande ook in Engels geskied, sal dié lande ook skielik vooruitstrewend word, né?

As jy jouself nie in Engels kan handhaaf indien jy in ‘n ander taal gestudeer het nie, is daar ook nie veel hoop vir jou algemene begrip van jou vakgebied nie. As jy tot universiteitsvlak wag om Engels goed te leer besig, het jy te laat gewag.

Suid Afrikaner ·

Dankie Gideon. Hoop almal lees jou kommentaar. Afrikaans is so belangrik mense sal nie kan bestaan indien die taal wegval nie….of so dink hulle….jou lewe vergaan nie, net die voertaal van die universiteit. Jou bevoorregte posisie word handhaaf.

Stellenbosch graduate ·

If you don’t understand Afrikaans then don’t go to an Afrikaans university (…unless you’re prepared to learn the language). There are two English universities down the road. If you want to be taught only in English, choose an appropriate institution.

Chris Oelofse ·

Een van die instellings wat ek geglo het gaan nie ingee tot hierdie onredelike druk nie. Die Afrikaner het hierdie universieit gebou tot waar dit vandag is. Maar weereens raak die Afrikaner slapgat en laat toe dat `n klomp opruiende studente en `n komunistiese regering die septer swaai. Hoop Afrikaanse studente boikot Stellenbosch vanaf 2016. Solidariteit moet wikkel om soveel mooontlike Afrikaanse studente te akkomodeer. Prof Wim, jy behoort jou te skaam!!!!!

Ag Ja ·

Dis reg so. Laat hulle Engels die “primêre” taal maak in elke Universtiteit, skool en sommer werkplekke ook. Almal in die land is mos so “verskriklik intelligent” om die taal te “verstaan”, te “praat” en uit te leef.

Volgens my, in elke voorbeeld wat ek tot dusver gekry het, is die beleid in SA, dat dinge eers moet vererger, hand uit ruk en ‘n punt van brutaliteit bereik, voordat enige oplossings aan die dag gelê word. Dis asof dit ‘n standaard ding geword het.

Daar is mos nou ‘n “holistiese” uitkyk op rugby. Hoekom kan hulle nie die “holistiese” uitkyk op taal toepas nie? Dan kan ons mos ‘n mengelmoes taal hê wat ‘n “erfinis” het.

Dis asof SA ‘n kweekhuis geword het vir barbarisme. Maak nie saak wat dit behels nie.

Ray ·

Hiermee distansieër ek my van die US en onttrek van die konvokasie. Om op so ‘n lamsakkige wyse die knie te buig voor die ANC en dié wat Afrikaans wil onteien, is totaal onaanvaarbaar. Ek voel jammer vir alle Maties, en betreur die einde van ‘n trotse tradisie.

Gail ·

Jippeeee!!!! Die is baie goeie nuus. Wees bly wit mense, weet julle hoe moeilik dit is om in ‘n Engelse wereld mee te ding as jy in Afrikaans alles geleer het. En moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is lief vir Afrikaans.

George ·

Die kommentaar hier maak my depressief. Seker meestal wit Afrikaanse oomies wie nou in hulle broek huil. Hierdie besluit is ‘n goeie ding – hoekom sal jy opvoeding weg hou van mense net omdat jy wil he almal moet jou taal praat? “Dis die dood van Afrikaans! Ek is klaar met US!”. Nee man, word groot.

Paul ·

Hoe word die opleiding “weg gehou” van mense? Daar is meer as dertig ander universiteite en nog ‘n swetterjoel ander opleidingsinstansies in Suid-Afrika, asook in die Wes-Kaap, waar die voertaal reeds Engels is.

Hennie ·

N absolute kwade dag vir Afrikaans. Baie mooi woordjies in die berig maar ons almal weet dit is net ‘n gepaaiery!
Baie waardering word getoon vir Open Stellenbosch – hoeveel studente verteenwoordig hulle? Ek daag die universiteit uit om ‘n referendum o der die studente te houoor die aangeleentheid.Toe – doen dit want dit istog oor hulle waaroor dit gaan of nie?

tamboti ·

Student, “lemme” tell you something!
Jy kan goed Afrikaans lees, so ek gooi dit maar. Jy you ken die geskiedenis tot 1913 dalk, maar wat van voor dit? Daar het baie dinge in hierdie SA gebeur wat groot rasse haat was – ontken jy dit? Apartheid het nie rassisme of kleur geskep nie, lyk my jy ken ook nie die Bybel geskiedenis nie. Die wit man het gekom om in Afrika te bou nie te steel nie, op te voed en nie sinneloos te moor nie, en om vir almal ‘n goeie lewe te skep. Maar daar was reels en daar sal altyd wees, jou nuwe multikulturele en “vry” samelewing verwerp alle reels en orde. Kan jy dit nie sien nie?
En om iemand “my friend” te noem sonder om dit te bedoel maak van jou ‘n leuenaar!

Vra maar net ·

@ Student:
I see I can not reply under your scriblings above.
It is strange that you have the audacity to answer Wouter in the premium global Colonial language. Looking at your use of the language, it is clear that you are not even remotely fluent enough in the English language to even consider you as someone who are suppose to be a university student.

While we are on the subject, please name only one university that did exist, in what is currently the Republic of South Africa, before the Afrikaner’s ancestors arrived here at the southern point of Africa to open a spaza shop for passing ships. Please point me to where I can find anything written in the local languages before then. I have been searching all over this country for such examples, but alas, none!

To give you some linguistic examples: the Sotho word for pants: boruchwe. From the Afrikaans word “broek”. A shirt: hempe, from the Afrikaans “hemp”. An office: kantoro, from the Afrikaans “kantoor”. a traffic cop: sepethepethe, a word deducted from the cop’s head gear, which is a”pet” in Afrikaans. Cash: kontani, from the Afrikaans “kontant”.

Can we thus assume that even these basic concepts we always had in everyday life did not exist here before the Afrikaners and their ancestors reached the hinterland?

Please reply. Oh, by the way, Afrikaans is my first language. English is my third language, after bullcrap. I only speak and write English in an act of desperate self defence.

StudentH ·

I am not the same student as above, but a student nonetheless that cannot remain silent in the face of such misconceptions. If you do not mind, I shall reply in English, as I can accurately articulate my thoughts at this moment. Voordat u my beskuldig daarvaan dat ek geen reg het om u aan te spreek nie, sal ek u daaraan voorstel dat my huistaal Afrikaans is, ek was in ‘n Afrikaans-medium skool, en het groot geword op ‘n plattelandse dorpie genaamd Malmesbury – ‘n dorp wat Afrikaans en Afrikaans-kultuur sypel. My identiteit bestaan primêr uit konsepte van Afrikaanse kultuur. Maar vandag kan ek nie myself ‘n Afrikaner noem nie. Nie met die kommentaar wat op hierdie webblad gevind kan word nie.

You are acting on the premise of ethnocentrism – in short, assigning superiority to your culture, because it is a “written language”. Why, however, does it have to be written to be perceived as a supposedly “civilised” language? I shall inform you that the Greeks had used oral tradition to communicate beliefs surrounding religion and fantastic myths during the Bronze age, before much had been written down, which later delivered us the great Classics of the “Iliad” and “Odyssey” by Homer. Yet, they are still deemed as the pillar of all civilisation – why? Because they gave us democracy? There are varying forms of government, yet this is deemed as the cornerstone of civilisation, and by default, the best form. Civilisation existed – just not in the form you or I are familiar with, and it cannot be deemed any less of a civilisation because of said factor. And as such, language HAD existed. A people, a cultural group, had existed. There was no empty land – it was a myth, a myth that justified the subjugation of a people, to deem them as lesser beings because they could not communicate in the language of a white man.

To address the topic of linguistic examples, it is true that the white man had “assisted” the black man in elevating their language to being written down. Yes? And? Vocal sounds were connected to the existing alphabet, (that I may remind you, goes back further than the Romans and Greeks, which can be traced back to the Phoenicians that stole it from Ugarit). I do not claim to be a linguist of any kind, to be able to explain consonants and vowels. However, through this process of “civilising” a spoken language, its familiarity to the Afrikaans language may have resulted from a subjectivity of those involved that may have connected it to pre-existing, familiar Afrikaans words. Do I believe that words for such different things, not necessarily the way the white man may describe it, existed before Afrikaans? Yes. Do I believe that the white man imposed his rules on another? Absolutely. We brought different things into the lives of those who were here long before us, as and such, would bring new concepts as well. This does not mean one should ignore the concepts that others have created in their own socio-cultural environment. Concepts such as cash had not always existed – it was invented. Do not assess a language to be inferior just because it does not have the same expressions as yours. Many expressions exist in Latin or alternative ancient languages that we cannot translate properly – does that mean English or Afrikaans is now automatically inferior?

Let us remember the humble beginnings of our own language. It began as a spoken language. It mainly existed as a derivative form of Dutch. It started as an “inferior” language, this should be widely known. Before it was to be made an official language, it had its beginnings as the language of the poor. A language that did not belong to the white man, it belonged to those in less privileged situations – through this, I refer to its association as a language of the “coloured people”, if we are to engage in the use of racial classifications. It was through efforts of figures such as C.J. Langenhoven that it acquired the status of being the “white man’s language”, as a ploy to further awaken Afrikaner-nationalism. But it was never ours.

Gooi die stellings maar weg as die mening van ‘n student wat nie die lig kan sien nie, wat “te liberaal” is en my taal verraai. Dalk doen ek, in die gedagtes van ander mense. Jis, ek kan nie eens ‘n Afrikaner genome word nie– hoe kan ek, wanneer daar blatant opgetree word met ‘n meerderwaardigheids kompleks bo oor ander, deur ‘n gemeenskap wat ek as eens as my eie beskou het?

U is hartelik welkom om in Afrikaans te kommunikeer.

Vriendelike groete,
‘n Wit student, liefhebber van antieke en moderne geskiedenis om betekenis te vind in ‘n spiralende moderne wêreld.

chrisp ·

StudentH
Ek het deur jou geskiedenis les gegaan en nogal baie interessante kos gekry.Om egter ‘n taal wat geen geskrewe vorm het gelyk te stel aan een wat wel het ,grens aan dwaasheid.Ek kan die bewyse vir jou gee daar is werklik baie van hulle, sou jy so verlang?

Dat een taal “leen” of dan woorde vat by ander is baie waar,Afrikaans het dit ook gedoen by van die inheemse tale.Kan nog voorbeelde gee hier ook maar weerhou dit ,anders skryf ek ook ‘n elle lange opstel .

Jy maak vreeslike aannames oor my en my(Afrikaner)mense ook.Ons sien ons nie as meederwaardig nie!Juis die liberaliste soos jy is skuldig hieraan.
Kom dink nou bietjie, jy wil my taal(as ‘n akedemiese taal) nou staan en wegredeneer om plek te maak vir ‘n engelse liberale uitkyk omdat dit seker duidelik verhewe(meederwaardig?) is bo Afrikaans.Indien nie hoekom die probleem? Daar is tientalle universiteite waar jy jou in engels kan gaan bekwaam maar jy vind ‘n probleem met Afrikaanse Universiteite wat deur Afrikaners in elk geval begin is.Kan jy werklik nie die dubbele standaarde raaksien waaraan jy ander en jouself meet nie?

Jy is reg oor jou Afrikanerskap.Ons pas regtig nie bymekaar nie en sal ook nie Dit is jou en my keuse dus, net soos dit ander se keuse behoort te wees om in hulle eie taal te leer sou hulle wou.Sien jy die leegheid van jou liberalistiese redenasie werklik nie raak nie? Wat het geword van gun ander wat jy jouself gun? Julle wat julself liberaliste noem(ek noem julle ook so) is in werklikheid baie verder daarvan af as ek en baie sogenaamde Afrikaners waarvoor jy duidelik ook jou bedanking ingegee het.
Greetings.

Roeline ·

Liewe Wouter. Ek is ‘n Afrikaanse student by Universiteit van Stellenbosch. Ek swot BSc-Agric: Grondkunde en Chemie en is tans besig om my laaste jaar klaar te maak. Neem in ag, my Chemie se handboeke is in Engels en die ekstra hulpmiddels is in Engels. Ek vind dit glad nie moeilik om die Engels terme na Afrikaans te vertaal nie en andersom. Ek is eintlik dankbaar, want dit het my gemaak dat ek amptelik ‘n tweetalige persoon is. Met Grondkunde betref, moet jy tweetalig wees omdat die Boere in hierdie land is Afrikaans en vir internasionaal moet jy Engels wees. Neem in ag, baie van die dosente is Afrikaans (hulle huistaal) en Engels is hul tweede taal. Nog steeds is hulle puik in die navorsings area, wat in Engels is. So ek weet nie wat jou probleem is nie. Ek is baie teleurgesteld, want hierdie taalkwessie is eintlik ‘n rassistiese ding… Volgens #OpenStellenbosch is Afrikaans vir hulle ‘n “Apartheidstaal” en die helfte van die lot kan skaars ordentlik Engels praat. Hulle is barbare. Net die jammerte dat US eerder vir #OpenStellenbosch genader het as vir Adam Tas. #OpenStellenbosch is plein eenvoudig lui, hulle wil nie werk nie. Hulle wil net afbreek en alles beswadder. Dit is ‘n groot fout wat US gemaak het. Universiteit van Stellenbosch is besig om sy identiteit te verloor. Daar bestaan nie so iets soos “Afrika-universiteit” nie. Moet my nie verkeerd opsom nie. Ek het niks teen ander kulture nie en hul kulture moet in ag geneem word. Die meeste van die proteste wat hier op die kampus gebeur het, is nie van Maties nie, maar van UCT en EFF. Deesdae betoog hulle vir ‘n hoër predikaat… Barbare is hulle en barbare sal hulle bly, maar tog moet die US na hulle luister… Tragies

RITA ·

Henk baie dankie vir jou woorde van wysheid. Jy slaan die spyker op die kop!!!!!! God word agter in die ry geplaas maar wanneer hy benodig word, word sy naam vinnig aangeroep.
Al die dinge gebeur omdat ons vergeet het hoe om te BID en GLO. Onthou eendrag maak mag en tweedrag breek krag!!!!!

Inge ·

Wat is die regte van alumnus en konvokasielede wat beswaar wil maak?

RITA ·

Tien uit tien vir jou Henk. Jy praat die reine waarheid. Ons moet meer bid en glo. Hierdie is n toets vir ons……..wat gaan ons doen……..baklei of bid. Eendrag maak mag……tweedrag breek krag.

Jan ·

Tien uit tien Vra Maar Net. Hier gaan Afrikaanse skole ook. Ek wil net aan sommige van die kommentators hier sê – moet asb. nie my taal verdedig met sulke spelling en swak taalgebruik nie.

Retha ·

As trotse Matie Alumni staak ek nou liewer my bevondsing. Dit wat ek gesien het as n belegging in my kind se toekomstige universiteit, was n mors van geld.

Flippie ·

Dis te laat om iets van ons kultuur in die land te behou. Ons moet nou alles los wat ons het . Dan moet ons ons aandeel van Suid Afrika in valuta eis, sodat die wat wil hulleself in ander lande kan inkoop.

Die wat in in hierdie godsverlate en goddelose land wil aanbly kan dit maar gerus doen.

As ek Australië toe gaan word ek ‘n volbloed ausie wat teen hierdie land sal agiteer as ‘n apartheidstaat. En ek sal my verlekker in die wittes wat dan agter bly vir die een of ander misplaaste lojaliteit, as die land stadig maar seker in die slymput van barbarisms wegsak.

Kom ouens die grootste gros swartes hou nie van ons nie en daar is geen hoop dat dit in die afsienbare toekoms gaan verander nie. Hulle wil mos alles hê wat ons het. Kom ons verkoop dit aan hulle,ons univetsiteite ons plase ons huise ons paaie en spoorweë ons damme ens. Dan gebruik ons die geld om vir ons op ‘n ander plek te gaan vestiges waar ons nie gehaat word nie.

En dan word ons burgers van daardie land en vergeet van hierdie plek. Skep ‘n beter plek vir ons nageslag al word ons deel van ‘n ander volk.

tamboti ·

Flippie jy is reg, hier is nie hoop (behalwe ashoop) vir Afrikaans/Afrikaner nie. Die gepeupel sal apartheid skreeu tot die oordeelsdag, ek is seker hulle gaan dit as verweer teen die helse vuur probeer aanvoer! Afrikaner = apartheid en die wereld glo dit ook.
Ek dra geen skuld hierin nie, ek is nie bevoorreg as blanke nie maar op grond van my naam en stam onder my eie stamlede toe ons nog ons eie tradisionele “gebied” gehad het. Van my geboorte (69) af het SA regering nie my verteenwoordig nie. My stam was toe reeds minderheid. Ons voorvaders moes ‘n nuwe tuiste in ander land (SA) vestig, ‘n groot oorgrens trek doen vir vryheid – ons kan dit ook vandag doen.
Die Engelse (-gesindes) dink hul gaan oorleef in hierdie land, ek het nuus vir hulle.

AP van Schalkwyk ·

Wat n gemors!!!!
Het Prof De Villiers breedvoerig met ALLE betrokkenis gekonsulteer of het hy en die klompie raadslede op hulle eie besluit besluit wat nou gedoen moet word? As oud student en lid van die konvpkasie het ek ook n mening en dit is dat daar nie sterk genoeg opgetree is nie teen Open Stellenbosch groep en hulle aanhangers nie. Daarom sit ons nou met die huidige gemors
Ek hoop julle het ook die feit in ag geneem dat die grootste weldoener van die universiteit Mnr Neethling,( wie se nalatenskap aan US in vandag se terme meer as R 1 biljoen beloop) dit aan n AFRIKAANSE universiteit geskenk het. Wees bedag daarop dat dit die terme van die skenking weerspreek .( Wonder wat n bevoegte hof sal se as dit regtens aaangespreek word en die US die skenking moet terugbetaal ?)
Afrikaans word nou n tweedeklas taal op US
Prof De Villiers sal seker aanvoer dat hy die besluit geneem het in die beste belang van US, maar in gewone Afrikaans sal ek vir hom vra of hy nonsens en/of twak kwytraak of beide
Hier is nog n paar voorstelle vir toekomstige nuwe name vir geboue op die kampus :
Ou Hoofgebou..Old Chief Complex
Neelsie…Long Head Shebeen
Ek is bly ek is nie meer op US nie want dit sal regtig uiters moeilik wees om in Engels toets te skryf vir Afrikaans 1 en om te slaag
Groete aan Prof De Villiers. Geniet jou werk u sal dalk baie gouer as verwag word u aftrede geniet
r Afrikaans 1

joe kruger ·

Roelien, jou inset het so mooi balans en som die meeste van ons se gevoelens op oor die US en Afrikaans by die paar tersiere instellings in die land. ek is seker as die studente (en alumni) by US, Kovsies en Potch regtig oor n bree spektrum genader was sou dit die meer algemene standpunt wees maar nou luister die bestuurspanne na n klomp “onakademiese, selfs ongeregistreerde liberale politiek gedrewe organisasies waarvan sommige ondersteuners nie eers uit studente bestaan nie maar uit n klomp “thugs” bestaan.

Johan ·

As ‘n universiteit verengels waar die meerderheid afrikaans praat, wat gaan van die ander universiteite soos UP en Kovsies en Pukke word waar die minderheid afrikaans praat?

Johan ·

US & die DA is verraaiers. Hulle verkoop die Afrikaners uit net vir stemme. Albei van hulle is niks betters as die ANC/EFF nie. Die Afrikaners moet begin opstaan!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.