Skokfeite oor brandstigting op treine

Argieffoto van treinwaens in ligte laaie by die Kaapstad-stasie (Foto: Verskaf)

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het Woensdag in ʼn verklaring onthul dat slegs twee mense nog in hegtenis geneem is en niemand nog vervolg is in verband met die brandstigting van treinwaens in die Wes-Kaap in die afgelope 10 jaar nie.

Verskeie treine is in hierdie tyd aan die brand gesteek en die skade beloop reeds miljoene rand. Zille sê dienste word ook negatief beïnvloed as gevolg van die toenemende brandstigtingvoorvalle reg oor die Stad Kaapstad.

Zille het gesê die skade weens brandstigting aan treine net in die laaste vier maande beloop sowat R50 miljoen en ten minste R210 miljoen in die laaste vyf jaar.

Sy sê verder dat sy diep bekommerd is oor die feit dat die polisie nog net twee mense in hegtenis geneem het en niemand nog suksesvol vervolg het in dié verband nie.

Volgens Zille het sy dié inligting by die polisie verkry toe sy inligting bymekaargemaak het vir ʼn antwoord in die parlement op ʼn vraag van Dan Plato, LUR vir gemeenskapsveiligheid.

“Dié inligting reflekteer ʼn probleem regdeur die strafregtelike pyplyn en dit begin by misdaadintelligensie. Die afbrand van treine is ekonomiese sabotasie op ʼn reuseskaal.”

Sy meen daar moet genoegsame dringendheid en kundigheid ingebring word om dié wat vir die sabotasie verantwoordelik is te ondersoek, in hegtenis te neem, aan te kla en te vervolg.

“Dit is totaal onaanvaarbaar dat nie een enkele mens tot verantwoording geroep is vir die aanvalle, waarvan baie helder oordag plaasvind in besige waens, nie. Die vraag moet gevra word; hoekom?”

Volgens haar het die Wes-Kaapse regering deur die departement van gemeenskapsveiligheid reeds ʼn R100 000 beloning uitgeloof vir enigiemand wat inligting aan die polisie kan verskaf wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van dié wat verantwoordelik is vir die brandstigting op die Kaapstadse spoorlyne.

Zille het onderneem om ʼn dringende vergadering met lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, te belê om navraag te doen oor die polisie se pogings om die kwessie aan te spreek.

Sy het ʼn beroep gedoen op dié met inligting om na vore te kom.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het nou minder as 40 van die 88 treine oor wat hulle benodig om hul diens doeltreffend te lewer.

Die aantal passasiers wat Metrorail gebruik het van meer as 608 000 in 2014 tot 360 000 in 2017 gedaal. Dít het weer op sy beurt ʼn effek op die erge verkeersopeenhopings op Kaapstad se paaie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Al ·

Wat is die kanse van politieke sabotasie bygegooi in die mandjie?
Ons almal weet hoe sekere politieke partye se kop werk.

Diefie ·

Wat is nuut in ons pragtige land. Daar is geen verskoning vir laks geit nie.

Snowball ·

Sekerlik nie net ‘n Piromaan wat los rondloop nie! Wie baat die meeste as mense nie trein kan ry nie?

jaco ·

dit kan nie politieke sabotasie teen die DA beheerde Kaapstad wees nie, want Metrorail val onder die nasionale regering – dus onder die ANC.

AmY ·

Los hulle, sodat hulle al die treine afbrand.

Wanneer daar niks meer oor is nie, sal hulle die gevolge van hulle dade besef.

Tot dan veg julle ‘n verlore stryd.

dejager ·

Wie baat hierby?Sekerlik die taxi eienaars.Ek dink hulle sit agter hierdie sinnelose misdade.

koos1 ·

dejager, ek dink jy slaan die spyker op die kop en Al het ook ‘n baie geldige punt.
Hoekom word treine net in die Kaap gebrand en nie in die ander provinsies nie.
Ek het wiskunde as vak gehad en het nogal redelik goed gedoen daarin en ek weet dat 1+1=2 is.

Johanna ·

Arme pendelaars, nou gaan hulle almal seker moet taxi ry!!

KanekVra? ·

Die Wes-Kaap is mos nou so spesiaal, en wonderlik. So word ons binnelanders gereeld vertel. Hoe is dit dan moontlik dat die Wes-Kaapse owerhede deur die DA regeer, so slegte vordering ko maak met arrestasies, en om die misdadigers te vang. Slaan my om met ‘n veer.

Andre C ·

Net die taxi-eienaars kan voordeel trek uit minder treine

Lizanne ·

Ek dink persoonlik nie die aantal passasiers het gedaal nie. Het julle gesien hoe klim en klou hulle buite die treine sodat hulle nie hoef te betaal nie. Inteendeel ek dink daar is baie meer wat van die treine gebruik maak. Natuurlik die minderheid wat betaal.

Boohoo ·

WEL daar word die MINIMUM rioters in hegtenis geneem wat geboue, treine uitbrand en trokke loot en uitbrand en paaie met brandende bande beskadig en opkap. Jy sien ‘n skare van 300 maar dan hoor jy 2 is in hegtenis geneem en weer die volgende dag vrygelaat. SA GOVT wil nie die KRIMINELE vaspen nie, dit is hulle voters dit is die mense wat hulle gebruik om die land onregeerbaar te maak sodat die wittes KOOK. Wie kan met treine ry wat so onbetroubaar is en hoeveel mense het hulle lewens al verloor op die treine? Ek sal ook beslis nie treinry nie al SLAAN jy my ..

Peter Holmes ·

Die oplossing. Gaan haal afgetrede Moord en Roof speurders in die Weskaap. Hulle sal klomp misdadigers vinnig uitsnuffel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.