Skokgetalle oor renosterstropery bekendgemaak

Argieffoto

Argieffoto

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het Sondag gesê minstens 749 renosters is vanjaar al oor die hele Suid-Afrika doodgemaak en renosterstropery gaan steeds onverpoos voort.

Molewa het aan verslaggewers in Pretoria gesê 544 van hierdie renosters is in die Nasionale Krugerwildtuin gestroop. “Hierdie tyd verlede jaar was die getal renosters wat deur stropers doodgemaak is 714 vir die hele land en 459 vir die Krugerwildtuin.”

Sy het gesê sonder die regering se verskeidenheid ingrypings, waaronder die strategiese bestuur van renosters, sou hierdie getalle veel hoër gewees het. Die getal mense wat in hegtenis geneem is vir renosterstropery het ook vermeerder.

“Altesaam 138 mense is vanjaar in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem, vergeleke met 81 inhegtenisnemings vir dieselfde tydperk verlede jaar. ʼn Goeie voorbeeld van ons versterkte pogings was gedurende Julie toe 35 mense net in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem is,” het Molewa gesê.

“Ons is veral trots op die werk van ons wetstoepassingsagentskappe. ʼn Samewerkingsoperasie wat oor 24 uur gestrek het, het byvoorbeeld gelei tot die inhegtenisneming van agt stropers in die suide van die Krugerwildtuin as deel van Operasie Southern Comfort. Daartydens is op twee swaarkaliber-gewere, ammunisie en stropingstoerusting beslag gelê.”

Molewa is Sondag deur Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, en Nathi Nhleko, minister van polisie, vergesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann Marx ·

En toe ons beswaar aangeteken het oor die verwydering van die grensdraad tussen die Nasionale Kruger Wildtuin en Mosambiek om die sogenaamde “oorgrens park” te vorm, is ons sleg gesê en afgemaak as kortsigtig en rassisties……..en nou? Nou vreet Mosambiekers ons renosters op…..en miljarde Rande moet spandeer word om hulle te probeer keer….

Lizelle ·

Wens hulle wil aksies loods om mense se lewens te red en te beskerm!

mirna maré ·

Hierdie getalle is dalk vir Molewa en die regerjng bemoedigend maar mens hoop maar die internasionale gemeenskap wat ingestel is op omgewingsake, sal nie hulle hoop op ons regering plaas vir ons erfenis se onthalwe nie!!!
Daai getalle lyk vir my maar, om die minste te sê ‘ verdoemend’…..

Eliza-beth ·

Mirna, ek stem saam met jou. Een renoster is een te veel. Ek glo steeds daar is hope ander kleiner dinge wat hul kan doen om die spul stroperes vas te vat of minstens dit vrek moeilik te maak om by die renosters uit te kom. Dink uit die boks! En kry snuffelhonde om elke liewe ding wat na die Ooste verskeep word te besnuif. OF IETS! Daar moet net meer wees wat hulle kan doen. En hul moeneie hulself so gou op die skouer klop vir ‘n paar arrestasies nie, solank as wat die stropery aangaan is daar NIKS om oor te juig nie.

Wat n grap ·

Trots Ja ok net hul sal trots wees op n rekord getal stropings…Ai hoe hartseer..

Winston ·

Dit is onrusbarend hoedat dit toeneem terwyl aksies verskerp word. Kan die regering werlik nie iewers begin besef waar die probleem werklik is nie of kry te veel mense n sny van die koek? Werf lede van die voormalige SAW en SAP om hierdie slagting die hoof te bied. Dis al wat werlik die getal renosters wat gedood word, sal afbring. VOORDAT DIT TE LAAT IS!!!

Kobus ·

miskien lees en verstaan ek die berig verkeerd, daar is hierdie jaar meer renosters dood as dieselfde tyd laas jaar, en die regering is trots daarop?

Johann Marx ·

WIE stroop ons renosters uit die Kruger Nasionale Park? Toe ons beswaar gemaak het teen die verwydering van die grensdraad tussen Suid Afrika en Mosambiek is ons as kortsigtig en onpatrioties uitgekryt. En nou? Sit terug die heining en patroleer dit….dan sal ons renoster getalle toeneem.

Pendoring ·

Kry die manne van SA wat die klomp ISIS gemors bo in Afrika (Nigerië ?) op ‘n knop gejaag het. Twee weke en daar sal nie weer ‘n renoster vrek nie.

Pendoring ·

Gaan nou maar na News24 se werf toe. Hier word kommentaar afgehaal om polities korrekte status te bewaar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.