Skokgranate by KSUT afgevuur

‘n Bakkie wat glo tydens die betogings uitgebrand het. Foto: Twitter via @Imfemelazola

Polisiebeamptes was Dinsdag genoop om skokgranate op studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) af te vuur nadat hulle die biblioteek by dié universiteit se Bellville-kampus probeer bestorm het.

Lauren Kansley, woordvoerder van KSUT, het gesê die situasie is sedertdien onder bedwang gebring.

KSUT gaan al vir maande gebuk onder gewelddadige betogings waartydens klaskamers aan die brand gesteek is en selfs die historiese St. Mark’s Anglikaanse kerk met ʼn petrolbom bestook is.

Studente is ontevrede oor dissiplinêre aksie wat teen vier studenteleiers ingestel is, asook die kwessie van uitkontraktering van werkers by die universiteit.

Foto: Twitter via @BrianIKamanzi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fourie ·

Nowm die kind by sy naam. Dis weer eksamentyd en weereens soek studente redes vir anargie omdat hulle weet hulle nie die eksamens gaan deurkom nie. Die staat mors te veel geld op studente wat nie vir die regte redes na universiteite toe gaan nie!

Harambe ·

“Studente” ja. Dis eerder politieke poefmakers wat hulle as studente voordoen.

Eish ·

Net die week is tydens n hofsaak beslis dat lyfstraf onwettig is voortaan . Nou wat is die mense se probleem dat hul skokgranate afvuur op betogende studente wat so onlangs as 10 jaar gelede nog op skool was?

Wat dink jul gaan gebeur met hul fynbesnaarde psige onder die uiterste toestande van geweld? Die polisie behoort gedagvaar te word vir die emosionele lyding. Hul gaan post traumatiese stresversteuring sneller in die arme bloedjies.

Die arme bleeksiel op die foto kan op die oog af gesien word dat hy erge groepsdruk ervaar. Wonderlik dat hy darem die paal gehaal het met proporsionele verteenwoordiging.

Swannie ·

Maroela Media. soos gewoonlik mag `n mens niks negatief sê oor swart studente nie.
Dus sal ek my kommentaar verander.

Mooi so, studente, kyk tog of daar nie iets anders is wat julle kan afbrand of vernietig nie. Dis in jul eie belang.
Geniet jul universiteits dae, ( alhoewel party `n loopbaan daarvan maak.

Nou sal my kommentaar seker geplaas word.

Bekommerd ·

Niks opbouend is die verhaal van Afrika. Brand plunder en afbreek sinoniem met van die kontinent se mense

Kannaland ·

Ek wonder wat die gekke verloorders aan die brand gaan steek as hulle eendag in die toekoms besef die nuwe bron van kennis is nie meer biblioteke nie maar die internet. Laat die gekke dan probeer om die internet aan die brand te steek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.