Skokgranate nodig tydens betoging oor brandstofpryse

Die verkeer vanmiddag op die N3. Foto: Twitter via @traffickzn.

Polisie is Vrydag genoodsaak om skokgranate in die rigting van honderde Cosatu-lede af te vuur. Hulle was besig om die verkeer by die Marianhill-tolplaza te ontwrig tydens hul betoging teen die stygende brandstofprys.

Lede van People Against Petrol and Paraffin Price Increases (Papppi) het saam met Cosatu betoog. Visvin Reddy, stigter van Papppi, het gesê die stygings is “belaglik en onmenslik”. Hy het bygevoeg hulle betoog vir die armes en dié sonder stemme.

Betogers het teen die middag steeds by die plaza aangekom. Betogers het struggle-liedjies gesing en plakkate omhoog gehou wat ʼn beroep doen vir die staking van brandstofprysverhogings. Hulle het eers die pad na Durban versper en daarna die Pietermaritzburg/Johannesburg-pad.

Dit is tóé dat polisie met skokgranate op die betogers losgebrand het.

Edwin Mkhize, provinsiale sekretaris van Cosatu, het vir die betogers gesê hulle moenie ingee vir die dreigemente nie en “in hul lyne” bly.

“Ons het ʼn reg om hier te wees, ons vra nie hul toestemming nie, ons hét toestemming om hier te wees. Ons gaan betoog en seker maak dít is ʼn suksesvolle aktiwiteit,” het Mkhize gesê.

Die N3 is volgens hom gekies aangesien dit ʼn nasionale pad en die stygings in brandstofpryse ʼn “samelewings- en nasionale aangeleentheid” is.

Cosatu eis onder meer dat die heffing op brandstof verlaag en die “rykes” swaarder belas word om die armes te subsidieer, asook dat die regering die nasionalisering van Sasol ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

KP ·

Wonder wie is hulle sogenaamde “rykes” en sogenaamde “armes” wat nou voorgestel word.

Joe ·

Hulle beskou hulself nog steeds as die ‘armes’ , en sal ook so doen vir die volgende 100 jaar.

Geweeg en te lig bevind ·

Wou nou saam betoog totdat ek die “eise” lees. So die wat werk moet betaal en ons wat nie wil werk nie, alles afbrand wat vir ons gegee word of andersins vat wat nie aan ons behoort nie moet dit verniet kry.

Ekke ·

Die sogenaamde rykes is die wat in die sogenaamde ryk posisies sit. Soos ek hulle ken is hulle te vrek suinig om iets vir hul eie mense by ‘n robot te gee. Die “grand” karre se vensters is dig toe en hulle
is sienende blind. So good luck….

C Watters ·

Meeste optogte is op n Vrydag! Elke naweek is n langaweek! Dis so ooglopend?

Marion ·

My familie het vanoggend net na 6 uit Jhb gery oppad Margate toe. 1 uur terug nog nie eers verby Durban nie agv hierdie.. gn kommentaar

AW ·

So verstaan ekke reg…Hulle weer gawe van RYK = WIT….. of het ek die kat aan die stert beet???

David ·

Ons sal emigreer na lande toe wat
meer belastingvriendelik is en ons belasting dáár betaal.

Die rykes, wat die grootste persentasie van die inkomstebelasting betaal, sal eerste gaan.

‘n genasionaliseerde Sasol sal ophou brandstof produseer binne 5 jaar (en dis konserwatief)

Sterkte aan COSATU met hulle waansinnige eise…

pw ·

Dit is tog logies dat in enige kommunistiese bestel, die rykes die belastings moet betaal sodat “rykdom” verdeel word. Dit gebeur al lankal, stadig maar seker begin die pot kook. Die afgelope dekade betaal mense deur hulle nekke vir alle tipe belastings, heffings, lisensies, ens. Om nou die land se balansstate te balanseer, gaan die wat nog iets het maar moet regmaak om nog verder “getap” te word. Alle semi-staatsinstellings bankrot, onderhoud is nie aan water, krag voorsiening, en paaie gedoen nie, Stadsrade is teen die grond. Iewers moet ons wakker skrik en besef daar is geen uitkoms nie

Landi ·

Ons brandstof gaan nog op, want Sisulu wil haar Zimbabwe vriende help.

Alida ·

En CR en Cele steur hulle nie aan die anargie wat tans heers nie. Wonder hoekom nie.

Pieter ·

Die oplossing vir die brandstofpryse is maklik, Cosato. Sê jou lede aan om nie vir die ANC te stem nie en hou op struggle!

anton ·

Nou waarom verontrief hulle die gewone burgers op die paaie wat net mooi boggerol met die brandstof pryse te doen het.
Hoekom nie by die parlement gaan betoog en skree nie??? dit is tog waar die sit wat die pryse so opjaag!!!
Nee wat, red nou n nasie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.