Skokgranate om Ngcobo-betogers te verjaag

Betogers in Ngcobo in die Oos-Kaap (Mei 2018) Foto: ANA

Die polisie moes Donderdag van skokgranate gebruik maak om betogers in Ngcobo, in die Oos-Kaap, te verjaag toe ʼn paar van hulle ʼn Shoprite-winkel wou plunder. Die persone betoog oor dienslewering in die gebied.

Die betogers het van luidsprekers gebruik gemaak om opdragte te gee, maar is onkant betrap toe polisiebeamptes reeds by die winkel was nog voor die groep van ongeveer 50 betogers daar kon opdaag.

Die beamptes het skokgranate gevuur en die betogers het weer na die Ngcobo-stadsaal teruggehardloop, waar hulle die oggend bymekaargekom het.

Die is die tweede dag van diensleweringsbetogings in die gebied en meeste ondernemings bly gesluit.

Die betogings word gereël deur verskeie burgerlike organisasies soos die Ngcobo-belastingbetalersvereniging, die Ngcobo Black Business Forum, die ENgcobo-straatverkopervereniging, die ENgcobo-taxivereniging en jeugorganisasies. Betogers versoek dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas moet word en dat die burgemeester, Lizeka Bongo-Tyali, en lede van die burgemeesterskomitee afgedank moet word.

Phumulo Masualle, premier van die Oos-Kaap, het Woensdag in die gebied opgedaag en ʼn memorandum van die groep ontvang. Hy vergader Donderdag met leiers van die betoging en die plaaslike LUR vir samewerkende regering, Fikile Xasa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alwyn ·

‘n Mens kan nie anders as om te wonder oor die regte beweegredes agter sogenaamde dienlewerings betogings nie. Ja, almal weet dienslewering is net ‘n woord in die woordeboek in baie areas, maar hoekom stroop betogers winkels tydens sulke optogte? Is die betoging nie maar net ‘n rookskerm om onwettige bedrywighede wet te steek nie? Ek vra maar net.

DOUW ·

Dom vragie vir ons vuis-voos land waar almal vir almal dagvaar…. hoekom begin winkel eienaars wat enorme verliese lui as gevolg van besigheid wat gesluit moet agv onluste, of fisiese skade aangerig; nie ‘n siviele eis teen die organisasies wat die betogings reel nie!! Ek dink baie kliente wat ook ontwrig word sal ook instaan. Ek glo ook dat organisasies wat dat verantwoordelik is onluste dalk sa 2 keer dink as hulle sakke aangevat word!

thinus ·

Ja Alwyn, dit is die nuwe Afrika inkopie lopie: African National Consumers

Jane ·

Maak baie sin, jy STAAK oor DIENSLEWERING en dan val jy SHOPRITE aan …

Betoog ·

En as Shoprite moet toemaak, gaan hulle seker daaroor ook betoog…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.