Skokgranate op betogers voor parlement afgevuur

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die parlement moes Woensdag noodgedwonge ʼn nuwe arbeidshofinterdik teen stakende personeel aanvra nadat chaos buite die parlementêre perseel ontstaan het toe polisie skokgranate moes afvuur om betogers uitmekaar te jaag.

Gengezi Mgidlana, sekretaris van die parlement, het gesê die interdik verhoed lede van Nehawu om deel te neem aan enige onwettige aksies op die perseel van die parlement “op enige manier wat die werk van die komitees en algemene sake van die parlement ontwrig”.

“Ons hoop die lede van Nehawu is wetsgehoorsame burgers wat gehoor sal gee aan die opdrag van die hof,” het Mgidlana gesê. Hy het gesê hy sou later Woensdagaand die voorwaardes van die interdik met Nehawu-verteenwoordigers bespreek.

Polisie moes Woensdag skokgranate gebruik op ʼn groep van honderde betogende personeel in die parlementêre binnehof. Betogers het ook by vergaderings van portefeuljekomitees ingebars en betogingsliedjies gesing wat gelei het tot vier vergaderings wat gestaak moes word.

Mgidlana het gesê die opdrag om die polisie in die parlement in te roep om die betogers uitmekaar te jaag het van speaker Baleka Mbete en Thandi Modise, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, gekom.

Woensdagaand sou die tweede agtereenvolgende aand wees dat die parlementêre bestuur met verteenwoordigers van Nehawu vergader om ʼn einde aan die dispuut te bring. “Ons sal voortgaan om met hulle in gesprek te tree,” het Mgidlana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christo ·

Dit is nie verbaasend om baie rooi tussen betoogers te sien nie. Dit is net nog n teken dat die EFF die land onregeerbaar wil maak. Dalk gaan my en jou party nog n aliansie form met die ANC om die ver linkses uit te hou.

chrisp ·

Daar is nie meer partye wat nie ver links is nie,wel nie een van die drie grootes nie.

Hoe verskil die drie se beleide wat hulle sal skei van ver links?

Christo ·

Bestaan daar nog iets soos beleid. Al 3 die groot partye draai soos die wind waai. Die EFF wil en gaan anargie skep. As ons nie alreeds daar is nie.

Liewe lulu ·

Huh, hoop hulle is gehoorsame landsburgers. I rest my case. Cyril Ramaphosa het dan gese hulle steur hulle nie aan wat n hof se, so hier word sy voorbeeld gevolg.

neelsie ·

Die mense is dan geleer om so op te tree.
Hoekom nou so wreed teen hulle optree? Eish….
Alles word eers afgebreek om later weer( volgens Afrika standaard ) op te bou.
Die verwoestingskultuur wys ons wat die lewensstandaard en waardes van die mense is.

Elinette ·

Waaragtig, ek verstaan hierdie kultuur van dans in die strate, breek en afbrand of steel regtig nie. Dit is seker ‘n basiese humanitêre reg om te protesteer – so veronderstel ek – maar om dan en masse te gaan en goed te breek, af te brand of te steel?

Kyk nou maar wat het onlangs gebeur by van die universiteite regoor die land, met die #FeesmustFall-hutsveldtog. Universiteitseiendom is verniel, vernietig en beskadig of afgebrand; onskuldige individue se motors is beskadig, studente wat hul eksamens wou aflê is aangerand en verhoed om te studeer of te skryf.

En kyk maar net na die massas wat die onluste aangeblaas het en daaraan deelgeneem het. Twee-derdes het gelyk na manne en vroue van kort-duskant 30 (wat nog op universiteit is – hulle sal darem seker oor so tien jaar hul studiekursus voltooi!) Dit wil voorkom of die groot meerderheid van hierdie mense altyd die mentaliteit van wat-ek-wil-hê-sal ek-vat of, wat ek eerder die bakhand-staan mentaliteit noem, sal hê. En as hulle dit nie kry nie, brand, beskadig en breek hulle eiendom en infrastruktuur wat nie aan hulle behoort nie en wat hulle nie tot stand gebring het nie, af. “20 years of democracy brought this country to its’ knees”.

tamboti ·

Elinette, miskien sal jy verstaan as ek vir jou verduidelik dis nie protesteer nie maar “struggle” . Protesteer is wat ons protestante doen, so kla en murmereer onder mekaar en briefies skryf.
Dit wat daar plaasvind is die uitbeelding van struggle – in afrikaans sukkel. Sukkel om demokrasie en mag te hanteer, die ekonomie te groei, sukkel om wet en orde te handhaaf, sukkel om te leer en hard te werk vir jou geld en sommer groot gesukkel om die realiteite van die lewe te verstaan en aanvaar. Nou ja dan gaan jy ook sukkel om jouself te beheer en nie ander te benadeel nie, en jy gaan ook sukkel om te verstaan wanneer die “struggle” eintklik verby is.

Marous ·

Dink die agbare hulle gaan gehoor gee aan ‘n stuk papier???? Julle het gehelp om die Arabierse lente aan die gang te kry…..dans nou maar saam!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.