‘Skokkend dat Speaker nie plaasmoorde-debat wil toelaat’

Argieffoto

Argieffoto

Dit is skokkend dat die groeiende slagting onder boere van Suid-Afrika nie as belangrik genoeg geag word om in die land se parlement bespreek te word nie.

Só het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê nadat sy versoek om ʼn dringende debat oor plaasmoorde in die Nasionale Vergadering afgekeur is. Groenewald het verlede week die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, versoek om ʼn dringende debat te hou.

Dr. Groenewald sê dit is tragies dat ʼn moord op ʼn boer sowat elke vierde dag in Suid-Afrika en feitlik ʼn plaasaanval per dag volgens die Speaker nie dringend genoeg, of van genoegsame nasionale belang, is om ʼn parlementêre debat daaroor toe te laat nie.

In die Speaker se antwoord skryf sy onder meer die aanvalle op boere is wel ʼn “ernstige aangeleentheid”, maar regverdig nie ʼn onmiddellike debat nie.

Volgens dr. Groenewald beskou die VF Plus dié besluit as skokkend onvanpas. Hy sê dit is ook ʼn duidelike weerspieëling van die ANC-regering se houding oor die jare teenoor plaasaanvalle. Dr. Groenewald gaan dit egter nie daar laat nie en gaan vra vir ʼn persoonlike afspraak met die Speaker om die saak met haar te bespreek.

“Die hele land en die internasionale gemeenskap moet hiervan kennis neem. Dit wil voorkom asof die lewe van boere en hul werkers vir die regering nie van belang is nie. Tot die vyftiende van vandeesmaand is 11 mense net in dié maand op plase vermoor terwyl daar 30 aanvalle was. In 2016 is 70 boere in 345 plaasaanvalle vermoor. Dit is een moord sowat elke vierde dag en feitlik ʼn plaasaanval per dag.”

Groenewald het gesê dit is absoluut onverstaanbaar dat die Speaker kan sê dit is nie belangrik of dringend genoeg om te bespreek nie. “Veral kommerwekkend is die skerp toename in die getal moorde en veral plaasaanvalle oor die afgelope paar jaar, asook die brutaliteit in baie van die voorvalle. Die nasionale polisiediens kon ook nie daarin slaag om sy plig uit te voer om landelike gebiede en veral die boerderygemeenskap te beveilig nie.

“Dit kan eenvoudig nie so voortgaan nie. Plaasaanvalle raak elke Suid-Afrikaner. Die landbousektor voorsien werk aan byna ʼn miljoen mense terwyl die sektor 6,9% bydra tot die BBP van die land.

“Daar is reeds minder as 35 000 kommersiële boerdery-eenhede oor om voedsel vir die land te produseer.

“Die verlies van ʼn boer, hetsy ʼn kleinhoewe- of kommersiële boer, het nie net ʼn onmiddellike direkte impak op die families van die vermoorde boer en sy of haar werknemers nie, maar dit is ʼn direkte bedreiging vir voedselsekerheid en uiteindelik die BBP van die land.

“Dit hou daarom nie net ernstige gevolge in vir die veiligheid van die land wat voedselsekerheid betref nie, maar ook vir die stabiliteit van die arbeidsmark en ekonomiese ontwikkeling in die algemeen.

“Dit is ʼn al groter wordende tragedie wat voor ons afspeel, en die regering kan ingryp indien die politieke wil daar is. Dit is nou egter duidelik dat hy met gevoude hande sit en toekyk terwyl die slagting op plase voortduur,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Sê maar nt ·

D’s reeds hle wt hul mense aanspoor om boere dood te mak n so ook Zuma sê gewese brak hondjie juju

Jaco ·

@ Bitterbek, en om te dink die gelde wat moontlik daarvoor betaal word kom van ons belastingbetalers af.

Elsa ·

dis nie prioriteit vir hul…maar luister nuus hoeveel gepraat word oor staatdpasiënte
geen balans

Elmarie Hager ·

Miskien sou debat oor plaasmoorde plaasgevind het as swart boere vermoor is, maar nou is dit net wit boere en daarom is dit nie belangrik nie. Dis immers aanvaarbaar om met plakkate rond te loop wat sê “Kill white people”!!!

ada ·

Hulle voel n veer. Ons is op onsself aangewese. Probeer egter weer sodat dit op die boeke kan kom hoeveel keer julle gevra het om dit in die parlement te bespreek vir die toekoms. Mens weet nooit of dit dalk eendag in die Internasionale Strafhof as bewysstukke gebruik kan word nie. Probeer asb weer.En weer en weer. Baie dankie daarvoor.

Boland ·

Ek stem saam ada.Die wiel draai.Dit wat in hierdie land gebeur gaan in die geskiedenis boeke opgeteken staan.Die ANC gaan eendag moet antwoorde gee.Dis hoe dit werk.

Milan ·

In nasionale belang is X5’we, Range Rovers, ontwerpersklere, “ancestors”, toordokters, skokjaan en selfverryking. God, boere en blankes, ag nee wat, dis mos Westers. Wonder waar kom die kos vandaan?

pieter ·

Wag tot iemand in die ANC se familie of vriend op n plaas vermoor word dan sal jy sien hoe spring hulle PATETIES,

ian ·

Dis nou die tyd dat ons saamstaan en weier om belasting te betaal…….Laat die kundiges met voorstelle kom!!!!!

Gideon ·

Ek dink dit sal werk maar ek dink ons geld sal dan onregmatig geblok word soos Guptas s’n!!

JanKemp ·

Ian & Gideon is reg! Kan iemand nie n slim plan maak nie? Weerhou belasting & betaal belastinggeld in n vonds totdat dit beter gaan

Marié ·

Moord is moord, elke mens se lewe tel. Almal is kosbaar. Veral kwesbare mense moet voor opgestaan word. Soos ons boere, blootgestel en ver van hulpbronne af. Hou asb aan om hierdie saak te opper. Ons kan nie stilbly oor die geweld en misdaad in Suid-Afrika nie. Die wêreld moet weet. Hulle bloed roep van die aarde af…

Ben ·

Ons moet ophou droom. Ons moet ophou glo ons is die uitverkore volkie. Ons moet ophou die linkerwang draai. Ons moet ophou jammer kry ! Ons moet begin besef ons word gehaat. Ons moet begin besef die regering voel niks vir ons nie. Ons moet begin besef dat hulle jou eerder dood as lewendig wil sien. Ons moet besef dat ons nog nooit en sal ook nooit in hierdie sogenaamde reenboognasie welkom wees nie. Ons moet na onsself kyk. Ons moet na ons buurman kyk. Ons moet na ons volksgenote kyk en ONS MOET BID!

Dink mooi ·

Hull soek die plase en grond . dis mos maklik as n plek leeg staan dan loop hulle net in en plak .

Ben ·

Gaan werklik nooit weer kommentaar lewer op hierdie forum nie. Laat my wonder hoe onafhanklik maroela is en wie die toutjies trek. Groetnis

Werner ·

Halo Ben. Hoop my kommentaar kom deur.
Ek lees ook graag PRAAG. Lykmy hul is vir niks bang nie. Mens kan bietjie meer jou gevoelens lug daar.

Hendrik ·

Hulle is hier om ons te vermoor en dis al wat hulle wil
Vermoor vermoor vermoor.
As julle ooit eendag gaan besluit om.saam te staan as n christelike afrimaner volk soos op die slag van bloedrivier dan sal ons miskien n standpunt maak.
Maar ek glo nie dat ons wittes kan saam.stem nie.
So sterkte sien julle in die ander kant.

Cherokee ·

Pieter (Groenewald), ek vind dit altyd onvanpas wanneer geredeneer word dat boere nie vermoor moet word nie want hulle verskaf werksgeleenthede, voedselsekerheid en dra by tot die Bruto Binnelandse Produk van die land.
Dit werk nie so nie. Vergeet produksie want ‘n boemelaar het net soveel reg op lewe. Bepleit slegs dit…. hul reg om (goed) te lewe want dit is ‘n geskenk vanaf die Hoër Hand.

AL ·

Boere dra aktief by tot die ekonomie en is belastingbetalers. Hul vermoor die gans wie die goue eiers le!! – vir die 17 miljoen SASSA afhanklikes!

Werner ·

En Steve se besoek aan Trump? MM wat word hiervan?
Nou het ons groot bewyse dat ANC hieragter sit, wit genocide pas hulle.
Stuur dokumentasie aan Trump. Foto’s en statistieke. Moenie se dit gaan nie help nie, doen dit net. En kyk. ASB AfriForum, VF plus. Bang vir sanksies? Ok, word maar vermoor. Kies,wat is die ergste.

Gatvol ·

Die dag as Maroela Media ophou om ons boodskappe te sensor , sal almal weet hoe ons regtig voel…

Kiewiet ·

Praat,praat, wat kom daarvan?dink hy sy sal dit stop…DOEN iets daadwerkliks, alles is net n bek geveg

At ·

Hoeveel keer het Zuma en sy handlangers al hul kommer uitgespreek oor plaasmoorde? Hul stilswye is oorverdowend. Terwyl hul stilbly sal hul altyd verdink word dat hul die katalisator is vir die brutaliteit. Die feit dat hul gou eerder aanvalle teen onwettige immigrante verdoem, is ook maar net weereens ‘n aanduiding dat hul geen belange het waar ‘n blanke persoon vermoor word nie.

Duineboer ·

Ja wat verwag die politici? Sonder MAG is jy uitgelewer. Ons het ons self daarvoor te blameer. Ons het mos geglo wat die NP ons pre 1994 vertel het.

simon ·

Niemand lewer kommentaar op die.feit dat die Prez en al die LP’s n eed afgele het om die veiligheid van almal wat in die land woon moet verseker.
Hulle pleeg dus op n manier meineed.
Gewoonlik is dit strafbaar.

Dellaq ·

Glad nie verbaas nie. Almal van hulle is hand op die blaas. Dans na nr1 se pype. Ook nie skokkend nie want hulle besteel en verraai hul eie mense, wat sal hulle nou voel vir die wit boere wat uitvermoor word-dit bevestig hulle goedkeuring vir die uitmoor van hierdie arme mense.

Yvette ·

Kyk n bietjie hoe ruk Trump USA reg! (Praag.co.za)”” TRANSGENDER nie meer in publieke toilette toegelaat…” !!
Steve, gaan sien asb Trump hys n man van doen en sal ernstig na jou luister. Hy sien vir enigiets kans! Hy het verseker empatie met die blankes in SA (op YouTube gehoor)

AL ·

Verkla hul by die VN en elke liewe internasionale mediahuis. Ons weet al lankal dat ons ons tyd mors met die onbevoegde spul!!!

Johannes van Staden ·

Mense in Nigeria staan op vir hulle mense hier en dryg selfs om SA besighede daar toe temaak ….en kyk net watse aftrek en aandag trek die handvol mense …jammer niemand staan vir ons oorsee op nie want ek glo dit sou regtig BAIE help asb. Ons mense hier begin vuisvoos raak want niks werk nie !

Jak ·

Daar is a baie groot probleem regoor die Westerse wereld t.o.v polities korrektheid -. Die hele tmosfeer in Europa en die VSA is so, Niemand dink oor SA in Europa nie – hulle is almal te besig met hulle eie probleme. Ons ons kan nie vir hulle wag nie – ons moet regtig waar daardie idee laat gaan. Daar is dit vir my persoonlik gese (ek is oorsee) – dat mense in Europa nie omgee oor blanke Suid Afrikaners nie – hulle beskou dit nie as hulle probleem nie – te ver weg – stel nie eintlik belang nie.

Dit maak BAIE meer sin dat ons kontak maak met ondersteuners Rusland – hulle is meer konserwetief en hulle is sterk Christelik (en probeer hulle Christelike waardes behou) – as ons op die korrekte manier ondersteuning daar soek kan ons miskien sukses he.

Jak ·

Dit maak BAIE meer sin dat ons kontak maak met ondersteuners Rusland – hulle is meer konserwetief en hulle is sterk Christelik (en probeer hulle Christelike waardes behou) – as ons op die korrekte manier ondersteuning daar soek kan ons miskien sukses he.

Willem ·

Jy kan die perd tot by die water vat maar….. so wat help dit almal wil vir trump vra om die perd water toe tevat maar ons wil nie drink nie ek stem saam die is net n bek geveg actions speak louder than words regering stel meet belang om die volgende party tebespreek as dit wat regtig saak maak boere en wittes moet begin opstaan en saam staan maar ons almal is tebang

Karel ·

Ek dink as die hele probleem van SA aan die inter.hooggeregshof word verduidelik daar niks sal gebeur nie en die strawwe wat hulle daar uitspreek stel niks voor nie.
n Klomp Europese lande is goed bevriend met Zuma, hulle sal hom eerder beskerm dan aankla.

Jak ·

Die probleem is dat van die Wersterse lande basies ook hulleself deesday afvee aan internasionale wet – in die afgelope paar jare het hulle dit ondermyn met van hulle optrede in die Midde-Ooste. Met die gevolg dat hulle oor die algemeen nie so veel omgee om dit the ondersteun wereldwyd nie – nie soos in die verled nie. Die ander probleem is dat alles mos deesdae polities korred is – met die gevolge dat niemand veral in die EU (maar oook in die VSA) dit will waag om op te staan vir wit mense in SA – hulle sal al hulle ondersteuners verloor – en dis al waaroor dit gaan,

AL ·

Om soos muise piep gaan nie werk nie. Die swartes weet hoe om van n klein insident n massa media sensasie te maak en hul sin te kry. Ons is te ordentlik en naief. Komaan MM praat met VF+ en stuur n gestruktureerde dokument met n BRUTAL SLAIN OF WHITE FARMERS DISMISSED IN PARLEMAINT BY SPEAKER in internasionale media. Dit sal vinnig die ANC in n hoek druk en hul in slegte lig stel internasionaal.
USA het reeds gereageer op n video van burgerlikes wat doodgemaak is in DRC.

Jak ·

Ek stel voor dat dokumentere films gemaak word oor plaasaanvalle – van hoe gehalte en wat obsoluut feitlik is – en dat dit dan aangebied word aan alternatiewe televisie stasies soos RT, wat wereldwyd uitsaai.

FM ·

Ben en Gatvol ek stem 100% saam met julle. Ons moet nou na mekaar kyk. Regering voel niks vir witmense nie.

FM ·

Ons moet aanhou om plaasmoorde te inernasionaliseer. Regering het helaas, wat ons gedink het, by wyse van mbete, gewys plaasmoorde word goedgekeur. n Witmens se lewe is vir hulle niks werd nie!!!!!!

Bekkie ·

Mense hou op om van die regering te verwag om iets te doen aan plaasmoorde want niks gaan verander. Beveilig jouself, doen self iets.

Maggie botes schneider ·

Dink mense werklik dat die regering omgee hoeveel blankes vermoor word. Dit is presies Wat hulle wil he. Die werklikheid is dat ons net God oor het om ons te help mense kan nie. Keer terug kniee toe

hein ·

Jip ons sal onsself moet bewapen. Wat Siener geskryf het begin nou waar word. Daar gaan n aanslag op ons kom en ons gaan onsself moet help. Die aanslag gaan nie net van ons eie mense afkom nie maar ook van verder noord. Ek sien op Netwerk 24 z se vanjaar gaan hulle die grond terugvat. Bewapen julself. Groot probleme oppad. Die anc voelniks vir die boere of vir ons nie. Ook nie die DA nie. Ons gaan eers later n leier kry . Tot dan gaan ons onsself moet beskerm en bid vir beskerming van Bo. Kry wit arbeiders op die plase .

Adam ·

Die moorde op kommersiele boere bied kriminele ‘n ideale geleentheid om geld en wapens te bekom. Boere is sagte teikens weens die feit dat hulle hoodsaaklik op afgelee plekke woon. Die regering se optrede is siineloos onvanpas en vanuit die buiteland sal ons geen steun ontvang nie. Die Amerikaners en Europeers het nie eens meer oplossings vir hul eie uitdagings nie. Boonop wil Zuma nou grondhervorming sonder vergoeding toepas. SA is besig om teen die spoed van wit lig in die piesang republiek kategorie rigting te beweeg en ons politieke leierskap is pateties.Dit maak nie saak wie ons ondersteun nie; die politici is ‘grotendeels ‘n klomp oningliigte poltieke dwergies. Geen wonder ons sit in die gemors nie.

snyman ·

Hein ek is so bly dat jy ook ingelig is oor wat Siener geskryf het. Alles val nou soos n legkaart inmekaar. Dis ongelooflik.Ek was eers baie skepties oir Siener totdat ek uiteindelik sy visoene begin lees het en wala! Daar pas alles toe mooi in . Wat op die oomblik in Europa en Amerika en veral hier gebeur. Ons gaan swaarkry maar sal moet deurdruk. Europa gaan faksie gevegte met die immigrante ervaar het hy geskryf in 1916 -1918 en vir die Britte wag daar n nagmerrie. Ons gaan op onsself aangewese wees. Aanvalle op ons gaan nie net van swart SA ners wees nie maar ook van swart buitelanders en selfs van die Ooste. Ja ons moet onsself bewapen. Ek is so bly ek het dit gelees. Hy het dan ook gese ons gaan leierloos wees en ons leier gaan later van Prieska kom.Hy het ook geskryf dat n man van Vereeniging ons gaan uitverkoop. Daardie man is de klerk.Hy was van Vereeniging.

Vic ·

Nie skokkend vir enige regdenkende mens nie. Skokkend dat sovele mense enigiets anders verwag van hierdie regering. Wat is so moeilik om te verstaan aan ” kill the boer, kill the farmer”???

Mynard ·

Dis ‘n Stelselmatigge “verdunning” van die mense vir wie hulle die bangste is. Die Boere het hulle self al bewys in konflik situasies deur die jare. Die probleem is ons verloor die kennis vinnig.

Miskien is dit ‘n idee om jong wit seuns in diens te neem op die plase. Gee hulle basiese wapen onderig, so biekie “komando” opleiding, en laat die manne wag staan en ons boere beskerm. Op daardie manier, as die tyd kom, het ons jong manne wat weet hoe om hulle self en hulle land en familie te verdedig.

As ‘n nasie gaan ons moet saam staan en ons self moet begin beskerm, ons word stelselmatig uitgeroei.

christa ·

Daar gaan niks omtrent dit gedoen word nie ek se ook die A N C sit agter alles hulle wil ons Wit Mense almal uit moor maar as daar nou een klein iets op T V is oor n wit persoon wat n swart persoon n doodskis in prop oe wee dan is dit die een hof saak op die ander hoeveel van ons Wit Boere word op die vreeslikste manier vermoor en daar word net mooi niks omtrent dit gedoen nie ons hoor nooit weer van dit nie .

Bokgeneraal? ·

Dit is tyd vir ons om volk om weer na God te draai !! Vergeet van regerings , Afriforum en enige mens gemaakte organisasie !! Ons moet ons kerke weer reg maak en hierdie “new age” manier van christen wees los , want dit vernietig ons jeug en leer hulle om dubbele standaardes !! Ons moet ons volk terug gee aan Hom al beteken dit ons is alleen teen die hele wêreld !! Maak weer die Woord die rots van jou gesin , famielie en jou volk !! Hernu weer die gelofde wat ons voorvaders meer as ñ 100 jaar terug aan Hom belowe het !! Die Boer se geloof was en is nog altyd die rede dat ons nog hier is , al het dit hoe moeilik gegaan met ons !! Bekeer mense en los die dinge van die wêreld !! Ons kan !! Sit Jesus weer eerste en Hy sal vir ons die uitweg gee wat ons nou so nodig het !! Maar eers gaan ons moet wys ons is ñ volk op Hom en Hom alleen vertrou !!

Esta ·

Jaaaaa lyk of die jeug orals hulle spore laat met moorde optogte ens. Wat word hulle geleet???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.