‘Skokkende aanvalle op skole wys wetsontwerp is dringend nodig’

Betogers by die Laerskool Schweizer-Reneke. Foto: ANA

Die gewelddadige betogings by Laerskool Schweizer-Reneke en Hoërskool Stilfontein dui daarop dat aanvalle op skole gaan toeneem en dat wetgewing nodig is om sodanige optrede onwettig te maak en te kriminaliseer.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, het gesê dit is waarom die VF Plus verlede jaar ʼn privaatlid-wetsontwerp by die parlement ingedien het om die Wet op die Regulering van Byeenkomste te wysig om enige optog of betoging binne 500 m van enige skool of ander instansie waar minderjariges teenwoordig is, onwettig te maak.

“In die geval van Schweizer-Reneke is ʼn uiters gevaarlike situasie vir leerlinge geskep nadat daar glo opdrag gegee is dat oproeriges nie die skoolterrein belet mag word nie. Selfs die afstandbeheerder waarmee die skool toegangsbeheer toegepas het, is glo deur die polisie afgeneem.”

Volgens Alberts is die potensiële gevolge van hierdie optrede so ernstig dat strafregtelike klagte ingedien behoort te word.

Die VF Plus se wetsontwerp sal vanjaar in die parlement se portefeuljekomitee oor polisie bespreek word sodra die parlement heropen. Die VF Plus-leier, dr. Pieter Groenewald, sal saam met Alberts die saak stel oor waarom die wetsontwerp wetgewing moet word.

“Minderjariges mag nie direk blootgestel word aan politieke en sosiale aksies en protesoptredes van enige aard nie. Die Grondwet maak dit duidelik dat minderjariges spesiale beskerming verdien en daarom is die wetsontwerp van kardinale belang om nog ʼn skans van beskerming vir minderjariges daar te stel.”

Alberts het gesê kinders verdien beter as die geweld wat tans by talle skole voorkom. “Hulle mag nooit as politieke speelballe gebruik word nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Melanie ·

En wat word daaraan gedoen om kinders en personeel tebeskerm?Waar is hulle regte!Waarom laat ons huidige regering die anargie in ons land toe?

Anni ·

Daar is mos in Sweizer-Reneke gese dat die land hulle s’n is, hulle mag nie toegang tot die skool geweier word nie. Dink die mense nou regtig dat ENIGE wetsontwerp hulle nou gaan stuit? Hulle vee hulle AF aan enige vorm van wet en orde.

Hannes ·

Enige iets is seker beter as niks, so laat hulle maar die wetsontwerp indien.
Ek is nie daarteen gekant nie.
Maar politici moet ophou dink probleme kan met wette opgelos word.
Ek kry soms die idee politici dink mense beskou hulle as oulike mensies en sal daarom tog te gretig wees om hulle wette te gehoorsaam.
Sodra te veel mense ‘n wet oortree, is daar NIKS wat ‘n regering daaromtrent kan doen nie.
Nie ons regering of enige ander regering nie.

Saartjie ·

Alle ouers moet saak by polisie gaan maak teen onderwys departement…. enige optogings binne n skool terrein is totaal onaavaarbaar, hulle terroriseer ons kinders!!!! Kan onder geen omstandighede toegelaat word nie!!

Mel ·

Polisie???? Hul het dan gehelp dat die afstand beheer by skool afgeneem word. Hul is deel v d spul. Belaglik om te sê polisie moet.

Paul ·

Daar moet ‘n wet gemaak word dat die polisie (die SA Police Services) in belang van die land se mense optree. Ook moet daar ‘n klousule in groot vet letters ingeskryf word dat die kommisaris aan die hoof daarvan moet staan wat direk verantwoordbaar gehou sal word en die minister moet 24 uur per dag toesig hou.

Paul ·

Die eerste sin van my kommentaar hier bo moet eintlik as volg lees: Daar moet ‘n wet gemaak word dat die polisie (SA Police Services) in belang van die land se wetsgehoorsame mense optree.

Snowflake ·

Ons veral blankes het n geweldige probleem as dit kom by beskerming van watter aard ook al. Maar vereker MOET daar n oplossing wees, kinders kan nie blootgestel word aan protes aksies van so aard nie? Stuur wyd en suid hierdie berig aan, ongedisiplineerde wettelose onbevoegde regering. Die massas moet tevrede gehou word, ongeag , dis hkm hulle nou met kinders se ook begin, tevrede met niks

Diefie ·

Nou kan ons ook gaan betoog binne in die parlement. Lekker man lekker.

Paja ·

Hoe kan kinders ooit blootgestel word aan sulke trauma…..????????

AI TOG ·

Dis ‘n wettelose land die. Die president het nie ‘n benul wat aangaan en wat om te doen nie. Hoe meer chaos, hoe meer geniet hul dit! Ons moet onsself beskerm want die regering gaan beslis nie. Hul wil mos van ons ontslae raak, so hul probeer als in hul vermoë. Ons kan net op ons knieë gaan en bid.

B ·

Daar was selfs ‘burn the school down’ opm’s op Twitter.

Wet ‘No. 15 of 2011: Basic Education Laws Amendment Act, 2011.’ kan dalk uigebrei word:

“33A. (1) No party-political activities may be conducted at a school
during school time determined by the governing body of the school in terms
of section 20(1 )(}).
(2) The party-political activities contemplated in subsection (1) include, 40
but are not limited to-
(a) campaigning;
(b) the conducting of rallies;
(c) the distribution of pamphlets and Hiers; and
(d) the hanging or putting up of posters and banners. 45
(3)A member of a political party may not, for the purposes of conducting
party-political activities, encroach on the school time.
(4) A school may not allow the display of material of a party-political
nature on its premises unless such party-political material is related to the
curriculum at the school.”. 50″

Jerry ·

Die voorgestelde wetgewing sal nie die lig sien nie. Grootskaalse intimidasie om te verander was nog altyd deel van ANC/EFF ideologie/strategie. Alles moet toegeeien word vir die miljoene revolusioneres wat in die tou wag. Die ANC het nie die vermoe om die ekonomiesekoek groter te maak nie en sal eerder koek wegvat van die antirevolusioneres. Dit was die konsep na bewindsoorname en is steeds die konsep. Kyk maar net hoe het die staat en alles wat die staat beheer oor, oorgeneem het, verkader! Wanneer die geleentheid homself dus voordoen, dan moet dit dus tenvolle benut word. Waar geleenthede nie self ontstaan nie word geleenthede geskep dmv strikke wat gestel word deur, misleiding, uitlokking, valse beskuldiges, uitsluiting ens. Die hele idee is om vinnig skade aan te rig, want teen die tyd wat die slagoffers tot verhaal kom en onskuld bewys is dit meestal te laat en onmoontlik om die skade te herstel. Die ANC/EFF beskik oor n enorme stompkant en n enorme skerpkant wat aangewend word in hulle bevrydingstryd. Hulle anti revolusionere opponente beskik net oor n enkele gedeelte van n stompkant. Dit is redelik voor die hand liggend wie uiteindelik die aftog gaan blaas, want jy kan net vir so lank jou wickets beskerm voordat jy skoon geboul word! Dit help nie om wetgewing voor te stel wat jy voor jou heilige siel weet nie deurgevoer kan word nie. Vorm eerder een party saam met COPE en doen vir n slag iets wat kan werk!

Gert ·

DankieVF+. Ek dink in beide gevalle was sekere politieke partye aktief betrokke by die skep van die situasie, en by die opblaas daarvan, dis hoekom die polisie opdrag gekry het om saam met die oproeriges te werk. Wat ‘n siek samelewing.

Hennie ·

Na die Angl boere oorlog het ons voorvaders, en moeders, ons s e lf onderrig. Vandag is daar wonderlike programme soos bv Breinlyn wat aangeskaf kan word vir jou kind/ers. Dit verg geen skoolklere nie. Geen “moms taxi’s” nie en die juffrou is nooit lelik met jou kind of af siek nie! Beide my kinders was op Breinlyn en vandag is hulle geleerd, goed sosiaal aangepas en in Europa met goeie werk en vooruitsigte!

madels ·

As hierdie ding enige ander plek in die wereld gebeur het sou dit bestempel wees as n terreur aanval en baie ernstige aanklag dat hulle die kinders se lewens in gevaar gestel het maar in SA word dit toegelaat! Hoe siek is ons land?????

Christine Jacobs ·

Wat gaan die regering doen as die kindertjies aangerand en gekidnap word deur die betogers? Seker hulle hande in onskuld was.

Foxi ·

Ek is seker dat wanneer ons kindertjies in gevaar gestel gaan word, gaan die bom bars. Want enige ouer sal sy kind beskerm.

Andrew ·

Dis skreiend dat die idiote nou al kinders se lewens in gevaar stel om kiesers te lok.

Chris ·

Daar moet ‘n wet gemaak word dat Lesufi en ander LUR’e hul neuse uit Afrikaanse skole se sake hou.

Tinus ·

Die geweld in die parlement kan dan nie eens beheer word nie, hoe dan nog in skole. Gister is berig dat een leerder n ander een doodgesteek het met n mes, kinders val in puttoilette en verdrink in riool, so kan ons aangaan! Oor tweeduisend jaar sal dit nog steeds gebeur, net soos in die vorige tweeduisend jaar het niks verander nie. Dan wonder mense hoekom Afrika nie vooruitgaan nie. Die Groot Trek van die Boere gaan nog steeds voort, kyk maar hoeveel werk en bly in Europa, Australie en Kanada. Hulle dink vooruit, nie soos hier waar mense in dieverlede leef en dink nie.

ANA ·

Jys reg Tinus…met jou 8 laaste woorde, DÍS ONSE OU VOLKIE se groot probleem

Koos Ubuntu ·

Ons plaas kommentare hier en spreek ons gevoelens en besware uit, Kom dit ooit by die anargiste wat die dinge aanblaas uit. Glo nie want volgens hulle is afrikaans n duiwels taal wat inmeng in hulle voorgeslagte se se doen en late. Ons moet maar dankbaar wees vir soldrt en afrifrm wat die sake openbaar maak. Dankie julle

kultuur ·

dit sal al slegter vir ons wees en beter vir ANC. ANC sit rustig en toekyk na wat by die 2 skole gebeur. Dis so in hul kraal. Dit sal nooit beter word nie. Wie sal ooit daarin slaag om hul kultuur van geweld asook hul denke te verander. Geen mens op die aarde nie. Sit n groot asdrom daar neer dan word die gemors langs die asdrom gegooi. het hulle enige westerse teken vanaf 1994 getoon?? NEE. Daar is enkeles wat geplant is.

eben ·

ek wil weet of ouers die skool terrein belet word as die moles makers toegang het?

Chris ·

Betreffende hul eie skole, as ek reg het, het ons nog nooit ‘n betoging gesien nie, nee, hulle brand sit sommer net af as hulle ontevrede is.

Oosie ·

Vir baie van hierdie molesmakers was dit die eerstekeer in hul lewe wat hulle in n skool gekom het… Rent a croud…

Bessie ·

Dankie VFP dat jul bereid is om iets te doen! Eerste wat ek lees n party wil iets doen vir die kinders

Carol ·

Wat van die kinders wat nog by die huis sit,kinders wat in swart skole geplaas word,of in skole buite hulle area,hoe lank moet hulle wag vir die onderwys distrik on hulle te plaas

IC du Preez ·

Dit is verstommend en baie teleurstellend dat die DA ook nie huiwer om ‘n opvoedingsentrum, en dit vir minderjariges, vir politieke “gewin” te gebruik en te misbruik nie soos met SR. Hulle is onder die indruk dat hulle wen, maar hulle optrede demonstreer slegs hulle onbevoegdheid in alle opsigte.

IC du Preez ·

Dit is verstommend en baie teleurstellend dat die DA ook nie huiwer om ‘n opvoedingsentrum, en dit vir minderjariges, vir politieke “gewin” te gebruik en te misbruik nie soos met SR. Hulle is onder die indruk dat hulle wen, maar hulle optrede demonstreer slegs hulle onbevoegdheid in alle opsigte.

Thinus Erasmus ·

Paul, al maak hulle watter wet ookal, dit sal nogsteeds net in hul guns toegepas word en nie tot ons, belastingbetalendewetsgehoorsameburgers(BBWB), se redding kom nie.
Jerry, jy is baie akkuraat in jou vertolking van die situasie, ja ek sal selfs se baie wyshede.
Maar waar jy te kort skiet is ‘n jou vaste vertroue dat ons maar net moet toekyk hoe alles tot niet gaan, en dan ewe skielik sal als regkom?
Om met Cope of selfs DA en al die ander opposisie partye saam te werk gaan nog nie hierdie land red nie.

Tanya ·

Stel pakslae weer in laat kinders kinders word hulle te groot vir hulle skoene.Jy kry nie slegte kinders nie maar slegte ouers.Jy moet die kinders regte weg vat dit is hoekom dit so gaan

johan ·

Wat van ons gaan terug na wit en swart skole dan is die ding van skole rassisme mos op n einde,en is die swartes darem al op skoolgebied van die wittes ontslae ? ? ? dit behoort n hoogtepunt vir hulle te wees! !

Jerry ·

Thinus, die grootste fout wat ons kan maak is om toe te laat dat wit en swart teen mekaar afgespeel word. Dit sal n rasseherrie, blamering/vervolging van wit veroorsaak wat ons nie kan bekostig nie. Ons moet wit weghou van konfrontasie en van konflik, ons moet wit inlig oor die aanslag, die rooiligte wat flikker en hoe om op te tree om dit te vermy. Swart sal swart teen swart moet begin afspeel as wit elke aanslag systap. Ons moet bewyse insamel en ons moet hofsake wen terwyl dit ons nog beskore is. Ons moet nie beveilig deur te konfronteer nie, ons moet beveilig deur te vermy, deur dit wat geteiken word te verwyder, te skuif na n veilige omgewing, terug te skuif wanneer die aanslag afgelas word, hetsy agv wetstoepassers en wetstoepassing optrede of n gebrek daaraan, hofuitsprake ens. Ons moet nie reaktief, emosioneel, sterk en braaf wil wees en met wit teen swart terugslaan nie, ons moet verstandig en met groter omsigtigheid en voorkomend met swart teen swart, terugslaan, hetsy met wetstoepassers of swart plaaslike gemeenskappe wat nie opstokers goedgesind is nie. Ons moet onsself nie in n swak posisie plaas nie. Ons moet onsself distansieer van die vrot appels, laat hulle mekaar aansteek en mekaar uitsorteer. As ons gaan toelaat dat wit ingetrek word by n ANC en EFF rasseherrie agenda kan ons totsiens se aan buitelandse steun en aan geregtigheid vir al die moorde, korrupsie, staatskaping, OSV, diskriminasie en om toekomstige nasionalisering teen te staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.