Skokkende syfers oor kleuters se leervermoë bekend

(Foto: Erika Fletcher/Unsplash)

ʼn Onlangse opname oor kleuters se leergereedheid het bevind dat bykans die helfte van vier‑ tot vyfjariges wat sentrums vir vroeë kinderontwikkeling bywoon, nie op dreef en gerat is vir gr. R nie. Die helfte van die groep wat geassesseer is, kon nie die take doen wat van hulle verwag is nie en ʼn kwart van hulle funksioneer nie op die sosiale en emosionele vlak vir hul ouderdomsgroep nie.

Die Thrive by Five-indeks is deur die First National Bank (FNB) en Innovation Edge in samewerking met die departement van onderwys van stapel gestuur en deur die VSA se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) en die datamaatskappy ECD Measures ondersteun.

Sowat 5 000 kinders tussen vier en vyf jaar oud wat by verskeie vroeëkinderontwikkelingsprogramme (VKO-programme) reg oor die land ingeskryf is, is tydens die opname geëvalueer.

Daar is onder meer na vroeë leer, fisieke groei en sosiale emosionele funksionering onder dié kinders gekyk, aangesien dié onwikkelingsgebiede aanduidend is van ʼn kind se prestasie op skool. Leertake wat geassesseer is, val in vyf groepe, naamlik groot en fyn motoriese vaardighede, vroeë geletterdheid en wiskunde, asook uitvoerende funksionering, wat die vermoë is om probleme op te los en aandag te gee.

Kinders nie op koers om te leer

Daar is bevind dat 65% van kinders in dié ouderdomsgroepe nie in die leerprogramme wat hulle bywoon, floreer nie. Hulle voldoen ook nie aan die verwagte vroeë leer- en/of fisieke groeistandaarde vir hul ouderdom nie, wat beteken dat hulle gr. R met ʼn aansienlike agterstand sal afskop. Dít kan moontlik ook langtermyngevolge vir hul opvoeding inhou.

Die indeks dui voorts aan dat 55% van kinders wat VKO-programme bywoon, nie die leertake kan doen wat van kinders van hul ouderdom verwag word nie, met 28% van kinders wat ver onder die verwagte standaard val.

Fisieke groei

Kinders se fisieke groei – gemeet aan hul verwagte lengte vir hul ouderdom – en sosiale emosionele funksionering is ook geassesseer. Albei is belangrike maatstawwe omdat dit ’n kind se vermoë om sukses op skool en daarna te behaal, beïnvloed.

Een uit elke vier kinders (25, 1%) het tekens van langdurige wanvoeding getoon, wat fisieke groei belemmer.

Die indeks dui aan dat kinders met groeivertragings gemiddeld swakker op skool as hul eweknieë vaar, en meer geneig is om as volwassenes werkloos te wees. Hulle loop ook ’n groter risiko om siektes soos diabetes en hipertensie op te doen en is kwesbaar om in intergenerasie-siklusse van armoede te verval.

Sosiale emosionele funksionering

Die indeks het verder bevind dat 27, 5% van kinders nie aan die standaard van sosiale emosionele funksionering voldoen wat ouderdomstoepaslike sosiale verhoudings met maats en volwassenes betref nie, terwyl 33, 4% nie emosioneel gereed is vir skool nie.

Kinders uit arm huishoudings ergste benadeel 

Hoewel die indeks wisselende vlakke van prestasie onder kinders in verskillende inkomstegroepe opgemerk het, is bevind dat kinders uit armer huishoudings gemiddeld swakker as hul eweknieë vaar. Dit kan toegeskryf word aan die uitdagings wat hulle reeds in hul vroegste jare ervaar.  Kinders wat van geboorte af ʼn koesterende en veilige omgewing ervaar en toegang tot gehalte gesondheidsorg, kos en leergeleenthede het, floreer egter volgens die indeks teen die ouderdom van vyf.

Dringende optrede nodig  

Die Thrive by Five Index-vennootskap het ’n beroep gedoen op dringende kollektiewe optrede om die prestasiegaping tussen jong kinders in die rykste en armste huishoudings te verminder sodat meer kinders op sukses voorberei kan word. “Die Thrive by Five-indeks het werklik skerp gefokus op die belangrikheid van vroeë leerprogramme in die vorming van die nasie se toekomstige leiers. Boonop sal die indeks die departement in staat stel om vordering te moniteer in die verskaffing van geïntegreerde dienste wat tot verbeterde uitkomste oor die volgende 10 jaar sal lei,” het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gesê.

Volgens FNB het die indeks het ten doel om ʼn positiewe uitwerking op die vroeë kinderontwikkeling-ekostelsel te hê, wat hulle voortdurend sal ondersteun en in belê.

“Die waarde van hierdie indeks is dat dit ons kollektief in staat stel om optimale ondersteuning aan ons kinders te bied terwyl hulle van grondvlak tot volwassenheid vorder. Thrive by Five se uitvoerbare insigte sal geteikende ingrypings beïnvloed, wat tot kwantitatiewe en kwalitatiewe uitkomste lei. Gevolglik is dit alle belanghebbendes se plig om meetbare vordering in die komende jare te verseker,” sê Jacques Celliers, hoof‑ uitvoerende beampte van FNB.

Sonja Giese, voormalige uitvoerende direkteur van Innovation Edge en projekleier van die Thrive by Five-indeks, sê dat Suid-Afrika se ontwikkelingsdoelwitte om ongelykheid te verminder slegs sal realiseer as die beduidende uitdagings wat jong kinders in hul vroegste jare ervaar, getakel word.

“Die Amerikaanse regering, deur USAID en ons vennote Innovation Edge en FNB, het ’n gedeelde visie met die Suid-Afrikaanse regering om die kernoorsake van sosio-ekonomiese ongelykheid te takel.

“Dié visie begin by die opvoeding van jongmense – in dié geval die jongstes. Thrive by Five se data sal ’n raamwerk aan die departement van basiese onderwys verskaf om die volgende generasie Suid-Afrikaners te help om in ’n regverdige en gelyke samelewing te floreer,” sê Andy Karas, direkteur by USAID.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Leana ·

Domheks ek wou nou net daai selfde vraag vra. Mense moet hul kinders los dat hulle kind kan wees so lank as moontlik, maar dit is omdat kinders heeldag met selfone, rekenaars en tv’s sit dat hulle nie ontwikkel nie.

Ou Baardbek ·

Dít is nou die waarheid hoor!! Die verpesting van selfone is een van die grootste euwels wat ons kon tref. Dit was veronderstel om ‘n FOON te wees; NIE ‘n speelding of rekenaar of kamera en dergelik verfoeilike snert nie!!

Mariana ·

Speel is die belangrikste leermeester vir n jong kind. Formele onderrig i n klas verband op so jong ouderdom veroorsaak al die adhd ens in kinders. Hulle speel nie meer nie en is nie meer kind nie. Kort n lekker modderbad om gesonde imuun stelsel op te bou en boomklim om motoriese vaardighede in plek te kry. Ens ens….

ABDP ·

Hoekom moet daar gestrewe word om die gaping tussen die wat goed presteer en goed vaar te, en die wat swak preseer en stadig vorder, te verklein? Ek dink dit is reuse denkwyse fout. Daar moet gestrewe word om die wat agter is en wat stadig vorder, op die vlak te bring waar hulle moet wees en die wat wel presteer, toelaat om voort te presteer. In ons land sal hulle die wat presteer se hulpbronne van hulle wil ontneem om sodoende die wat agter te ook ‘n “gelyke” kans op prestasie te bied want regtig waar mos nie sin maak nie.

Bella ·

Een van die grootste oorsake is wanvoeding. Die kinders kry gewoon nie genoeg kos om te eet en ontwikkel nie. Maar die ANC regering wil R5 miljard gee vir hul Kubaanse makkers. Skandalig.

Alfred E Neuman ·

Jy versprei fopnuus. Dit is R50 miljoen, en nie R5 miljard soos jy beweer nie. Dit is n baie groot verskil.

Pieter ·

Volwassenes sukkel ook met leesvermoë, so ontstaan fopnuus.

Harley Davidson ·

Ek sal sê opvoeding en gesinsbeplanning is die probleem .

Wondermaarnet ·

Daar is iets soos “common sense”. Almal weet wat gebeur as jy nie ‘n voorbehoedmiddle gebruik nie. Hulle kan nie eers aan ‘n land se toekoms beplan nie, hoe gaan hulle weet wat gesinsbeplanning is.

Anel ·

As hulle ophou om kinder toelaes te betaal, sal daar dalk minder kinders gekry word. Want daardie toelaag word nie gebruik vir die kinders nie. Dit word opgesuip en op gerook. So begin daar. Verder beboet die lot wat kinders kry wat nie vir hulle kan sorg nie, of stuur hulle na werkskampe waar hulle kan kos plant vir die kinders. Dalk word hulle ontmoedig. Begin met minder kinders hê. Maar nou ja, dis wensdenkery!!!

Watsenaam ·

Briljante voorsrel. Miskien vo;doen dit aan een of ander ere toekening van die staat af,

Carin ·

Ek hoop nie mense is geskok of verbaas nie? Tydens die pandemie is hierdie groep kinders (laagste risikogroep) verbied om skooltoe te gaan terwyl kleuterskole nog toe was, totdat ‘n hofbevel die Departement van Sosiale Ontwikkeling beveel het om hul skole weer oop te maak. Daarna was die riglyne so streng, baie sentrums kon nie hul deure oopmaak nie, en elke keer as ‘n kind ‘n loopneus gekry het, genies of gekug het, moes hy/sy by die huis bly. Ouers moes werk en kon nie aktiwiteite met hul kinders doen nie. Verdermeer, by die skool was helfde van juffrou se gesig agter ‘n masker weggesteek. Hoe ontwikkel ‘n kind in terme van taal en emosie as hy of sy nie kan sien hoe woorde uitgespreek en reaksie uitgebeeld word agter daai grootmens se masker nie? Verder kry miljoene kinders hul enigste voedsame bord kos per dag by die skool. Hou die skole toe, en daardie kinders eet nie ordentlik nie, en ontwikkel dan ook nie teen die voldoende pas nie. Daar is hieroor gewaarsku.

Catherina ·

Ouers se plig gewees ongeag omstandighede om jou kind op datum te hou.

Janine ·

Catherina, ek stem nie saam nie. Ons het bykans R2 000 pm betaal(vir ons eie kind in die Hoërskool), selfs al was skole toe. Ons kleinkind, wat skaars 4 is, moet in Engels en Afrikaans tot 20 kan tel, weke en maande kan noem. Dis goed wat op Laerskool geleer word! Vierjariges moet verf, teken, in modder speel!!!!!!

Swerwer ·

Dit is ondat hul kinders probeer ryp druk. Die arme kinders kan nie hul kleuter dae geniet deur te speel nie. Waar in jou lewe moet ‘n kind van 3 wiskunde klasse bywoon. Kinders moet kan skryf as hul graad 1 toe gaan. Gaan terug na die 1960 se sillabus en dat die kinders weer leer soos kinders en speel soos kinders. Sus en Daan, tel met vuurhoudjies en op vingers. Laat die kinders weer klank en nie woorde assosieer met ‘n prentjie nie. Maar nou ja, alles wat goed was pas die nuwe generasie mos nie.

Janine ·

Feite! Ons almal het geleer lees met Sus en Daan. Geleer tel op ons vingers en vuurhoutjies/albasters ens. Is nie geleer om soos pappegaaie net bloot als te herhaal nie! Dis hoekom ons kinders van 20 + vandag nie die verskil tussen waardeer en waardeur ken nie!

Mallie ·

Ja dis nogal skrikwekkend, want dit is ons presidente en ministers vir die toekoms.

Pieter ·

Dus die mensdom raak dommer. Dit lui die klok vir ‘n groot inploffing van ons vooruitgang, lewensstandaarde en ontwikkeling. Mense gaan armer word in ‘n vuil, besoedelde omgewing. Survival of the fittest.

Pablo ·

Dit is ongelukkig die ware realiteit van die land sedert die ANC oorgeneem het. Die mense maak net kinders en verwag dat die bankrot staat na hulle sal kyk. Niks is meer normaal nie.

Hennie ·

Wonder hoe die stats sal lyk as net wit kinders gemeet word? Ek dink hulle sal gemiddeld vêr beter doen. Die staatskole soos dit nou is sal die wit kinders se grootste struikelblok wees omdat dit werk soos ‘n disfunksionele wors masjien!

Harley Davidson ·

Die regering se plan van aksie is om ‘n dom generasie te genereer dit is duidelik as jy na die nuwe curriculum en slaag syfers kyk hoekom dan tydmors met kleuter opleiding. Die ouers moet beheer oor hulle kinders neem en ‘n baie hoër maatstaf daar stel oor hoe en wat hulle kinders moet opvoed en leer.

Miskruier ·

Agteruitgang begin by die kraamsaal se deur, borsvoeding wat optimale breingroei en immuniteit bevorder word nie aangemoedig nie. Moet nou net nie sê, daar is nie melk nie, loutere twak, die menslike ras sou dus voor Nestle bottelvoeding uitgesterf het.

Tersia ·

HIer is so baie faktore wat n rol speel.
Ja Covid is/was n groot euwel
Maar ek voel dat ouers net so n belangrike rol speel.
Baie ouers is nie meer “aktief” by kleuters nie. Hulle sit kinders te maklik voor TV’s, fone en Tablets neer sodat hulle self kan sosiale media.
Ek verstaan as mens skerm tyd gee vir jou kind sodat jy dalk gou kan kos maak of iets doen in die huis maar nie heeltyd nie.
Ouers is nie meer hands on nie. Want jy as ouers sal gou agterkom wat is jou kind se vermoee as jy dalk n prentjie saam jou kind sit en inkleur of self hulle laat spring of bal vang.
Nee dis te maklik om eerder die TV aan te sit.
Baie kinders speel nie meer nie. Hulle kyk tv of is besig met n selfoon.
Ons het letterlik n 1/2 uur TV tyd gekry n dag toe ons klein was. En as jy stout was is dit ook sommer weg geneem
Ander tyd was gebruik om te speel, in te kleur, skool werk te doen of te help skoonmaak in die huis.
Ons moet weer tyd maak vir klein kindertjies.

Catherina ·

Stem nie saam. Hang af waar jou kind skool bywoon. Ordentlike skool , goeie presteerders

Corne123 ·

Nee nee nee ek gaan seker gestenig word hieroor maar ek het self n kind in die ouderdomsgroep.1) kinder moet speel klaar.2) meeste het hier tedoen met die onderwyser nie die kind nie as die onderwyser sy of haar sout werd is sal die kinders van self presteer. Kom ons wees eerlik hoeveel onderwysers doen dit vir die liefde van die beroep en hoefeel net vir die halfdag pos en geldjie aan die einde van die maand.Ek se weer kinders moet speel en nie so vroeg ryp gedruk word nie hulle gaan uitbrand.As jou kleuter van 5 of selfs 6 tuis kom met skoon kleure is die skool nie goed nie want sy/hy het gewerk nie geleer nie. Hoefeel mense ouderdom 40+ kon tot 30tel op 5jaar? En da niks verkeerd met hulle nie hoekom moet die jong kinder vandag dit kan doen nonsens speel speel speel terwyl jy kan en mag daar is n plek vir als en alles in die lewe vroeg leer is uit.En laastens onderwysers moet hulle werk vir die trots doen en liefde daarvan dan sal res van self regkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.