Skoknuus vir DBV

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het vandeesweek sy skok en ontevredenheid uitgespreek oor ʼn besluit van die Nasionale Lotery dat geen dierewelsynsorganisasies vanjaar in aanmerking sal kom vir finansiering nie.

Marcelle Meredith, die NDBV se uitvoerende direkteur, het gesê sy het ʼn brief van Chickey Mofet-Mubu, ʼn senior bestuurder by die Nasionale Lotery ontvang, waarin sy sê sekere programme in die liefdadigheidsektor, insluitend dierewelsynsorganisasies, word vanjaar uitgesluit van die uitnodiging vir aansoeke om finansiering.

Volgens Meredith het die brief gesê die uitnodiging vir aansoeke sal fokus op “strategiese fokusgebiede in lyn met die Nasionale Ontwikkelingsplan en regeringsprioriteite”.

“Die uitsluiting van dierewelsynsorganisasies is kortsigtig en onverskoonbaar,” het Meredith gesê. “Die manier waarop dit aan ons oorgedra is, was bot en onverwags. Organisasies soos ons bestee baie moeite en tyd om gedetailleerde aansoeke vir noodsaaklike projekte, met begrotings, sakeplanne en verdienstelike doelwitte wat tot voordeel van gemeenskappe is, in te dien.”

Volgens Meredith is daar geen konflik tussen liefdadigheid teenoor mense en liefdadigheid teenoor diere nie. “Om die welsyn van diere te bevorder, help ook gemeenskappe. Kyk byvoorbeeld na die donkies wat tans landswyd geslag word vir hul velle. Hierdie aaklige misdaad affekteer die armste en gewoonlik landelike gemeenskappe wat van hul enigste vorm van vervoer ontneem word,” het sy verduidelik.

Sy het bygevoeg dat talle ander NDBV-projekte ook tot voordeel van die mense in die gemeenskap is, soos diere wat ingeënt word teen hondsdolheid, wat ook menselewens kan bedreig en diere wat behandel word vir parasiete soos vlooie en luise. Sy het gesê die Nasionale Lotery se besluit sal uiteindelik nadelige gevolge vir gemeenskappe inhou, wat dus teen die regering se prioriteite werk.

“Hierdie ondeurdagte besluit sal wye en langtermyn gevolge inhou wat ons land nie kan bekostig nie. Die NDBV sal hierdie saak verder voer – tot in die parlement – en seker maak daar is deursigtigheid in elke aspek van die Nasionale Lotery se inkomste en uitgawes,” het sy gesê.

“Nelson Mandela was ons beskermheer. Wat sou ons geliefde Madiba dink van hoe ons diere en hul welsyn behandel word?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Lynette Luff ·

Iemand het eenmaal gese die toestand van n land kan gemeet word in die manier waarop sy diere behandel word. As diere mishandel word volt kinders en oumense spoedig, en Dan? ASB besin weer. Ons DBV doen wonder like werk oor n baie Groot gebief. Moenie hulle hande afkap nie.

snoefie ·

gehoor CPS gaan nonkozazana dlamini zuma se presidentiële-veldtog borg. dis seker ook Hkm hulle aanbeveel is om n verhoging van hulle koste van R16,44 tot R22 per begunstigde per uitbetaling aan die nationale tressourier voor te lê.

Chloe ·

“The greatness of a nation can be judged by the way its animals are treated” Mahatma Gandhi

PJ ·

Die lottery is dobbel..dis in elk geval ‘n klugspul
Hou op geld mors daarop….

Pork Chop ·

Dit maak sin. Nog meer geld wat hulle kan steel nou. Hulle gee nie eers om vir mense nie. Wat nog van diere wat nie vir hulself kan opstaan nie.

w ·

Sies skande. Iemand vani govt of lotery moet seke wee voordeel trek.

Colin Jenkins ·

Dit is skokkend. Wat gebuer met al die geld. Ek self neem nie deel aan die lotto want ek glo die geld kom nooit uit by die wat dit die nodigste het. Hier is maar net weer n sterk bewys vir my en ander wat bedonders lief is vir diere om nie ooit weer hieraan deel te neem nie. Ek glo hierdie is maar net die finale bewys om nooit ooir myself te oortuig om aan die lotto deel te neem nie. Ek hoop en Bid n klomp mense neem ook die besluit en boikot die lotto.

Christa ·

Colin, ek stem!! Nadat ek die 1ste keer gesien het hoe hulle verskillende masjiene het en verskillende “ball sets” wat hulle gebruik, het ek NOOIT weet deelgeneem nie!! Ek koop liewer vir my ‘n koppie koffie daarvan!!!

m.van der watt ·

It is a huge step backward as the SPCA was the only link to do the vital work. What will be the protection between man and beast if the VITAL control isn’t kept up?? Without funding we will have outbreaks of foot and mouth etc as was the case in Zimbabwe.what are they thinking????

Mike ·

Nou moet ander instansies wat voorheen donasies gegee het vir n ander doel dit nou maar kanaliseer na diere welsynsorganisasie. Ook skenkings wat voorheen aan universiteite vir beurse ens. geskenk was uit testamente moet ook sommer besin word. Iemand moet seker ook na diere se belange omsien. Diere beteken baie vir mense en word honde nou selfs gebruik om kanker by mense te kan uitruik vir vroeëre opsporing van kanker. Ek gee geen donasies buite net vir diere nie. Hulle vra eintlik so min.

Pork Chop ·

Dit maak sin. Nou kan hulle meer geld steel. Hulle gee nie om eers vir mense nie. Wat nog van diere

Mosselbos ·

Nes jy da se Pork. Ek koop glad nie meer lotto want diere en bejaardes baat glad nie daarby. Asb mense boikot die lotto dit is n kroekspul net sekere mense word bevoordeel. #Lottomustfall

Veronica ·

Weereens word bewys hoe kortsigtig, selfsugtig en gewoon: onnoosel sommige mense is!! Dis weerlose diere wat gaan ly!!Sterkte aan NSPCA! Moet asb nie opgee nie!! Ek wens ek was stink ryk!Dan sou ek kon help!

tom ·

Mense die anc soek geld vir hulle verkiesing snaaks dat die lotto raad nog nie ondersoek is nie ek dink ons gaan skrik

Gert ·

Verkiesing? Hahahahaha. Nee hulle het nie geld nodig daarvoor nie hulle belowe net grond en huise en krag en almal volg. Hulle het dringend geld nodig om die ander belangrikker meer geweldadige planne uit te voer.

Caru ·

Die geld gaan seker vir SASSA aangewend word. 17mi mense kry ongeveer 1K per maand = 17bi of tri. ? Ek nie wisk fundi nie maar dis ‘n helse klomp geld …

christine ·

Tom se ek mos lankal. Hondsdolheid hier kom ons. Dis dan maar weer blikskud. Iemand met groot mag bepaal die wenners hier. Niks anders as uitbytery van desperate arm mense nie. DOBBEL is dobbel

Annie ·

Meer geld vir hulle om te spandeer…nuwe.grand motors ens….

Johanna Botha ·

Die regering se geld is ook op en alles hang aan n draadtjie lyk my ….dankie anc !

ken van benoni ·

Die geld word geneem sodat mense in ANC kringe onverstoord kan voort gaan om donkies na China uittevoer. Hulle voel niks vir diere nie. Ek doen ook nie mee aan die Lotto nie maar kyk gerus eenmaal met die trekking hoe sekere nommers op mekaar volg weekliks. Die instansie moet verseker ondersoek word!!!!
Hoop die klomp kom tot hul sinne en gee weer geld aan DBV!

Kaas ·

Dit is die oplossing ja, hou heeltemal op lotto speel. Dit is inelkgeval n mors van geld.

Gert van Niekerk ·

Die Nasionale Lotery het miljoene geskenk aan Durban se Statebondspele bod wat van meet af n ramp was. Hulle sal eerder geld blaas op soortgelyke politieke foefies as wat hul na werklike behoeftes soos die DBV omsien

Gert van Niekerk ·

Die Nasionale Lotery het miljoene geskenk aan Durban se Statebondspele bod wat van meet af n ramp was. Hulle sal eerder geld blaas op soortgelyke politieke foefies as wat hul na werklike behoeftes soos die DBV omsien

moeks ·

Gee eerder maar Lotto geld direk aan iemand wat dit nodig het. Ek onthou die jare toe die Lotto begin het, was daar vir die mense gese die geld gaan vir liefdadigheid.

Darius Els ·

Al die mislukte kader ontplooiing moet met goue handrukke ,gedek word.cANCer het nuwe beleid om “AA” te bewerkstellig .Kader ontplooiing en ministers / LVs aanstel wat ESDOM reeds vernietig het, en later goue handdruk moet kry,is die inding. Kyk ook gerus na “colouring by number”.Die regering is die grootste oortreders as n mens n na DGs en parlement kyk.(63%swart,19% wit 11% bruin/indier en 3% asiate en 4% uitlanders).My oe is swak ,maar lyk my die bruin/indier groepe staan loshande uit bo wittes,as mens DGs en LVs(veral ministers) bekyk

sug ·

Dit is maar ‘n netelige sakie hierdie. My opinie, mense eerste, as daar oor is diere. Ek is n diere liefhebber, verseker, maar glo mense kom eerste. Dar is teveel mense wat hulp nodig het

Johannes van Staden ·

Sug ….daar is eintlik meer as genoeg vir almal maar ongelukkig nie meer nie want dit is alles wanbestee en gesteel deur die anc SA kon die Amerika van Afrika gewers het …maar dis nou n ashoop van demokrasie wat vertrap is deur die anc

Johan. H. ·

Stem nie saam nie SUG, Ek is liewer vir diere as party mense, Dit is hoe ek geword het, Jy help eerste jou direkte familie dan die kerk dan die res soos SPCA en ander arm INDIVEDUE, Ek speel gladnie die lotto want ek weet nie waar gaan daardie geld heen nie ????

Johann ·

Ongekontroleerde geld in; ongekontroleerde geld uit! Ek SIDDER om te dink hoeveel geld al vir wie en wat gegee as deel van die ZUMAIKIE SIEKTE: vat als wat jou gulsuge hande op kan kry sonder n gewete vir en van die wat jy van steel! AFRIKA DEMOKRASIE!

Johann ·

Ek onthou n CARTE BLANCE onderhoud met die CEO wat so onbesonne onbekwaam was hyt nie geweet waar die LOTTO se geld gebank of bestuur word nie? My laat dink hulle mors ten minste nie geld vir bank kostes nie…steel.dit sommer direk! DIE IS N IDEALE GELEENTHEID VIR DIE.MEDIA.OM DIE.LOTTO TE.ONDERSOEK!

Mareli ·

Dalk kan die DBV ‘n petisie op change.org begin, op hulle met hulle fight te help. Maroela kan ons dalk laat weet om te teken as hulle dit doen.

Landsverraaier ·

Ek het baie simpatie gehad tot ek die laaste sin gelees het,”Nelson Mandala was ons beskermheer”. Dan moet die DBV ook maar kry wat hulle verdien. Good riddance.

H.A. ·

En satan het gesê ‘ek sal alle goeie dinge en liefde verwoes, ek sal die land regeer tot Jesus kom! ‘

Terri ·

Ons, as mense op hierdie aarde is aangestel as beskermers v al die diere. Sommiges het net geen respek vir enige lewende wese nie. Ghandi het hoeka gesê: Wys my hoe n volk sy diere behandel…………………… Ek sal altyd die stem v n dier probeer wees want ons moet namens hulle praat.

Esta ·

Dit is n skande. My hart gaan uit vir al die diere, kan dit nie glo nie

Willie Steyn ·

Die DBV is net nog n NPO, maar met meer mag. Met die doel om skenkings te werf deur middel van sensasionele media en berigte wat ons laat glo hulle is vir die dierre en nie vir hulself nie.
Ja daar is n dierebeskermer nodig, in elkeen van ons. Dit behoort nie nodig te wees om n geldinvorderaar die verantwoordelikheid te gee nie.
Kry ander NPO’s geld en indien nie, wat maak die DBV so spesiaal, is mense wat gehelp word nie meer balangriker as diere nie?

ANDRE STRYDOM ·

Emmanuel Kant het gesê: “We can judge the heart of a man by his treatment of animals.” Volgens uitbreiding, iemand wat nie vir diere omgee nie gee ook nie ‘n flenter om vir sy medemens nie. Ons sien dit alreeds in ‘n regering wat hulle nie aan plaasmoorde en ander aanvalle steur nie. Alle lewe is goedkoop vir hierdie moroone!!

chris.L ·

Willie Steyn wns jy wil n DBV gaan besoek en sie wat daai mense verig met die min geld tot hulle beskiking
elke dbv werker werk 6 dae n week(wat jy nie doen hulle moet komberse kos medisyne aankooop en van
privaat veeartse gebruik maak gegoue onderhou weet jy van wat jy praat ek glo nie lyk my jys ok van die
soort I AMALRIGHT JACK BUGGER THE REST

SARIE VAN HEERDEN ·

Organisasies wat geld en voedsel voorsien aan “minder voorregtes” se klomp kinders is weggevee uit my donasielys. Voortaan gaan alles na die wat nie ‘n stem het om tehoor te word nie: agtergeblewe diere.

E.K. - ek sê net! ·

Dis verskriklik! Krugersdorp se DBV moes alreeds toemaak omdat hul nie geld het/inkry nie en is alle sake evrwys na Johannesburg se DBV. Toe rukkie gelede was dit in plaaslike koerant dat Johannesburg se DBV ook nie meer kan bekostig om nog Krugersdorp se diere in te neem/te help nie en moet mense nou Roodepoort en Randburg se DBV gebruik. Wanneer gaan hulle ook nie meer kan help nie?! Nou nog hierdie… Dan maak iemand soos “Landsverraaier” so simpel aanmerking. Asof die diere kan help wat gesê word!

Giel Horn ·

Wanneer diere ‘n probleem raak moet tyd en geld nie op hulle verkwis word nie. Maak hulle vankant. Vinnig en goedkoop. Bestee die tyd en geld aan MENSE. Te veel kamma-kastige “menslikheid” word op diere verkwis terwyl ‘n miljoen blankes in plakkerkampe woon. Is ek ‘n vark ? ? ‘n Onding ? ? Wreedaardig ? ? Nou wat is iemand wat diere bo sy medemens verkies dan, mmm ? Sit ‘n veltog aan die gang om DBV om te skakel na MBV.

JS ·

As die DBV so dringend geld kort, hoekom mors hul dit met veldtogte soos om mense te kry om minder vleis te eet of om kersies te brand by laboratoriums wat diere gebruik? Die Valke kan gerus ‘n forensie audit op hulle doen, hoeveel van hulle skenkings kom regtig by die diere uit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.