Skokontdekking toe metrobeamptes afleweringswa voorkeer

Metropolisiebeamptes het die man agterin dié Hyundai H-100 in die Duduza-polisiedistrik gekry nadat hy erg aangerand en vasgebind is. Foto: Verskaf

Vier metropolisiebeamptes van Ekurhuleni het Maandag omstreeks 11:30 op die R23-Heidelbergpad, net voor die Geluksdalpad, ʼn Hyundai-afleweringsvoertuig met twee insittendes voorgekeer en ʼn skokontdekking gedoen.

Hoofsupt. Wilfred M. Kgasago, metropolisiewoordvoerder, sê die beamptes was verstom toe hulle op ʼn man afkom wat vasgebind agterin die voertuig toegemaak was en tekens getoon het dat hy ernstig aangerand is.

Die bestuurder van die Hyundai en sy passasier is in hegtenis geneem en ʼn ambulans vir die beseerde man ontbied, sê Kgasago.

Die beseerde het vertel sy nagmerrie het twee weke gelede begin

“Die beseerde, wat gesukkel het om asem te haal en wie se gesig opgeswel was, het vertel sy nagmerrie het twee weke gelede begin toe hy en sy vrou in Fordsburg [wes van Johannesburg se middestad] oorval en hul voertuig gekaap is,” vertel Kgasago.

Hy het voorts beweer dat hy intussen in die een of ander gebou gevange gehou is. Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring die kaping is by die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie aangemeld.

Nadat die polisie die Hyundai nagegaan het, het hulle vasgestel dit is geregistreer in die naam van ʼn Ethiopiese burger wat op Odendaalsrus op die Vrystaatse Goudveld woon. Pogings om hom te bel, was tot dusver onsuksesvol, sê Kgasago.

Nadat die nodige prosedure in Brakpan se polisiestasie gevolg is, het beamptes die verdagtes, onderskeidelik 27 en 30 jaar oud, na Brixton se blitspatrollie geneem en die afleweringswa na die SAPD se voertuigbewaarplek in Benoni.

Kgasago sê die polisie is besig met ʼn diepgaande ondersoek om die raaisel van dié saak op te los. Hy kon by navraag nie sê wat van die slagoffer se vrou geword het of in watter voertuig hulle tydens die kaping gery het nie.

Die beseerde man was Dinsdag nog in die hospitaal waar hy vir ernstige beserings behandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willem Grobler ·

Hierdie “Nuwe Suid-Afrika” is ‘n rampokkersparadys. Die grondwet verleen meesal beskerming aan die boewe wat hulle gedurig beroep op hul “human rights” terwyl hulle gladnie soos “humans” optree nie! Maar die ANC “have a good story to tell”. Dit sou lagwekkend gewees het as dit nie so tragies was nie.

SA is erg, baie erg ·

Mens en dier is nie veilig in SA nie. Hierdie moet ‘n vreeslike beproewing wees. Mens lees elke dag die mees wreedste en onmenslike dade wat teen mens en dier gepleeg word. Soos vandag in die media die dronk jagters wat die jong Olifant bul herhaaldelik moes skiet voordat hy eers kon sterf. Die berig daaromtrent is so ontstellend dat mens nie wil verder lees nie, net soos hierdie berig. Nee wat om in Suid-Afrika te woon is meesal erg morbied.

DogEkSeMaarOokNet ·

Elfde plaag op ons…..ons kan net mooi niks doen nie…40 jaar terug het ons daagliks “danger pay”op die grens per dag verdien. Vandag dink ek nie daar is genoeg geld in enige staatskas om enigiemand ‘n sent te kan betaal nie. Dis verseker erger as om blootgestel te wees as destydse grensdiens. Sodom en Gomorra

Jessica ·

Everything happens in Fordsburg, to many foreigners and no vallid papers, the jump the border at Mozambique and pay them there a few hundred rand notes to get to Johannesburg with a stamp in they passports, arrive in Johannesburg then next day at Langlaagte to pick up a licence to drive even they never did any tests, shows you how corrupt it is, if you have money you can do anything in this world from Beitbridge border to Johannesburg they take bribes there too.

Jessica ·

Egyptians, Solamlians, Nigerians, coming via Beitbridge border, Mosambique border if you have money it talks to get to Johannesburg.

Andre ·

WELKOM???????????” Die voertuig is heel moontlik gebruik om die vermiste persone in Welkom ook te karwei maak oop julle oee polisie.

Thinus Erasmus ·

En almal wonder hoekom stroom die BUITELANDERS na SA, om geld te maak – wettig of onwettig!

sus ·

Ja, ek het al baie gewonder as ons sy rondry, hoeveel kriminele ry by ons verby, stop saam met ons by ‘n verkeerslig en min weet ons van hul intensies en planne wat hul oppad is om uit te voer …. skrikwekkend!!!! Hierdie man was gelukkig om gevind te word, wel gedaan metro, deesdae kan mens meer op julle steun as op SAPS!!!!

anton ·

Wens net dat MM met sulke en soortgelyke berigte, wil noem wat se nasie die slagoffer/s is. Dit kan mos nie n oortreding van iets wees deur net te sê dat n blanke/Chinese/swart ens. man, agter in die voertuig gevind is nie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.