Skokonthullings van kindermishandeling in ma en ouma se saak

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Durbanse vrou en haar ma word nie net daarvan beskuldig dat hulle die jonger vrou se driejarige vermoor het nie, maar ook dat hulle die vrou se drie ander kinders gemartel en seksueel misbruik het.

Hulle het die kinders glo met ʼn warm strykyster en sigarette gebrand terwyl daar glo rissies in die driejarige, wat later dood is, se vagina ingedruk is. Die oudste seun se penis is glo ook met ʼn sigaret gebrand.

Die inligting is vervat in die akte van beskuldiging wat Donderdag voorgelê is tydens die 32-jarige vrou en haar 55-jarige ma se verskyning in die Chatsworth-landdroshof. Die vroue staan tereg op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, vier aanklagte van kindermishandeling, ʼn klag van seksuele aanranding en drie aanklagte van versuim om mediese bystand te lewer.

Die ouma staan tereg op ʼn bykomende aanklag van moord, twee van seksuele aanranding en ʼn klag van verkragting. Volgens die akte van beskuldiging het die ma in Junie 2007 aansoek gedoen om haar kinders in pleegsorg te plaas weens haar finansiële situasie en dwelmgewoontes.

Die kinderhof in Durban het die twee oudste kinders, ’n seun en ’n meisie wat nou onderskeidelik 10 en 8 jaar oud is, in die sorg van die ouma geplaas. Die derde kind, wat oorlede is, is by geboorte in die ouma se sorg geplaas. Die ma word daarvan beskuldig dat sy die drie kinders talle kere saam met haar geneem het om vir geld te bedel.

Die kind wat oorlede is, is glo van kos ontneem en daar is glo sigarette in haar vagina opgedruk. Die ouma het haar glo ook verskeie kere aan ʼn bed vasgemaak. Die ma het die oorledene glo op 17 November 2014 teen die grond vasgedruk en vir haar jongste dogter, ’n tweejarige kleuter, opdrag gegee om haar met ʼn liniaal te slaan. Die ouma het die oorledene glo die volgende dag verder mishandel en glo so hard deur die gesig geslaan dat sy gebloei het. Die kind is glo op 19 November weer met ʼn sigaret op haar vagina gebrand en sy is later die aand oorlede.

Die saak teen die twee vroue is tot 8 Desember uitgestel wanneer hulle in die hooggeregshof in Durban sal verskyn en daar na verwagting ʼn verhoordatum bekend gemaak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Elmarie Pretorius ·

Grusaam hul verdien nie om te lewe elke daad moet teippel met hul gedoen word . God het jinders vir ons geskenk wie is ouers om so met hul te werk ek hoop en vertrou dat die Landros hul lewenlank vonnis

Monique ·

Ek haat mense!

My hart bloei vir die kinders, veral die een wat dood is. Dit moes vir haar verskriklik gewees het. My hart is stukkend.

Inge ·

Ek stem saam met jou Monique, die mensdom is siek. As ek hulle in die hande kry sal ek hulle uitmekaar uit skeur. Hoe doen jy so iets aan jou kinders? Dit is ongelooflik.

Ella ·

Klink vir my na ‘n bose kringloop van wrede mishandeling wat seker by die ouma begin het! Wie weet..miskien is hulle met Sangomas en demone ook deurmekaar. Ek stem saam, mense wat dit aan kinders doen, het nie die reg om te leef nie. Daardie kinders is nou vir die res van hul lewens sielkundig vermink..

Gideon ·

Walglike ouma en ma- maar ek dink ook ons land se maatskaplike stelsel moet voor hof gedaag word! Hoekom as daar nie opvolg nie, daardie arme kind moes nooit by die ouma geplaas geword het nie, en daardie klein babatjie moes weggeneem geword het en vir ‘n ouerlose egpaar gegee word!

francois ·

Daai 2 is nie honde nie.Honde doen dit nie met hul kleintjies nie.Bring daai 2 goed wat n spoor trap soos n mens.Gee hul vir ons die publiek.n Sigaret is te klein.

Ita Viljoen ·

Dit skok my dat ‘n ouma so iets ksn doen. Die ma moes geweet het dit is die ouma se manier. ‘n Mens ontwikkel nie sulke gewoontes uit die niet. Oumas is veronderstel om kleinkinders teen die wêreld te beskerm…dis siek!

Net ek ·

Braaksel van die wilde hond. Versfsku enige mens wat leed aan ander doen!!!

Bes ·

Soos francois tereg se – honde doen nie sulke dinge, maar indien n dier sulke gedrag sou toon, word hul uitgesit !!! Moenie goeie tyd en geld mors met uitgerekte psigiatriese observasie en hofsake…..!!

Rita ·

Lewer hulle uit aan die mensdom, die hof sal te sag met hulle werk. Ek sal daai ma en ouma graag wil wys wat ek met mense doen wat kinders mishandel. Ek het al teveel met stukkende kinders in my lewe gewerk!

Genis ·

Genugtig. Ek weet nie wat is die ergste om te lees nie – die berig of die kommentare van mense wat tot dieselfde soort verfoeilikhede in staat is, al is dit nou uit wraak. Lyk almal soos voëls van eenderse vere vir my.

Nita ·

Dir mense wat kommentaar lewer is nie wrede mense nie, hulle is net onsteld soos die res van ons. Misdadige kom ligtelik af van hul dade, kinders moet nooit deur so iets gaan nie. Ek is n baie saggeaarde persoon en as ek so iets lees raak ek so kwaad dat ek ook die verantwoordelike persoon iets wreeds wil aandoen.

Susan ·

Ek vra myself elke dag af, hoe kan ‘n ouer of in die geval ouer en ouma so iets aan ‘n klein weerlose kind doen. Ons liewe Vader het hulle toevertrou aan hulle om hulle lief te hê en te vertroos …………. en wat doen hulle. Weet hulle nie hoe groot gaan hulle straf wees nie. Ek het 3 kleinkinders en ek kan nie genoeg liefde gee nie. Hulle is die beste geskenk wat ons Vader vir my kon gegee het. Hulle gaan in die Hel brand vir ewig!!!!!!

Irene ·

Daar is te min plekke vir kinders om in bewaring te sit moet eers gemartel word
Regering sorg net vir hul self Mense in Suid Afrika word wakker met volgende
Verkiesing vergeet van taal en ras en staan saam

Sonsie ·

Absoluut SKOKKEND !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Hoe de duiwel doen mens so iets aan kinders ?

Johan ·

Snaaks genoeg, toe eerlike PW en sy eerlike voorgangers daar was, en die DOODSTRAF was nog van toepassing, toe was daar nie sulke ewels nie!!!
Ek wonder ook maar net, en ek stem saam dat die DOODSTRAF die gewensde afskrikmiddel is vir een en almal wat die verkeerde idees het of nie volgens die WET wil Lee nie.

Chris Nel ·

hiermee stem ek 100% saam,
stenig hulle

vandat die doodstraf afgeskaf is vererger alles,
want net 150,000 van 1,000,000 moordenaars is tronk toe;
. . . . om nie eers van ander oortredings te praat nie

Marne ·

Dankie Liewe Jesus dat U eindelik hierdie kindjie van haar pyn verlos het.

Joa ·

Sulke mense besef nie dat kindertjies ‘n geskenk van God is nie. Hulle sal eendag verantwoording moet doen vir wat hulle aan God se kindertjies gedoen het.

malinda ·

O my word. kan mens dit oor vertel. Hoe moes die oorlede baba nie gelei het nie. Die ander 2 kinders moes dit aan skou en ook deur maak. Mag die HEER vir hul genesing bring, en die ma en OUMA moet boet vir hul dade. Dit is hart verskeurend.

Zoey ·

Skokkend!!!!!! Daar is nie woorde om te beskryf hoe jy in jou binneste voel wanneer jy die berig lees nie, as ek net vir een oomblik moet dink, die pyn en vrees wat die kinders ervaar het. Die wat veronderstel was om hulle liefde te gee het hulle gemartel en gepynig.

Albert Nicholson ·

Name en shame hulle sit hulle foto’s en name in die media , laat almal wat hulle ken and ooit sal ken weet waste tipe mense hulle regtig is , hulle is sick

Eliza-beth ·

Ek het begn lees maar kon nie alles lees want ek voel net naarheid in my keel opstoot. HOE is dit moontlik dat sulke goed gebeur. Wat is die heel ergste straf in ons land wat hierdies kan kry en mag hulle dit kry. Liewe hemel tog ek bid net dat ek my wense en gedagtes teenoor hierdies mag vergewe word, want wat ek aan hulle sal wil doen is erg. Ek sit eintlik en huil hier, want wat moes deur so ‘n klein weerlose kind se koppie gaan, hoekom, hoekom gebeur die dinge en HOOR bure of mense naby nie hoe kinders gil en huil van pyn en hoekom doen n iemand ooit iets? Ek het al hoevele kere gesê laat kom maatskaplike werkers as jy vermoedens het – wees liewer verkeer as wat jy niks gedoen het en reg was. Ek het nie genoeg woorde om my afgryse uit te druk nie…

Spokie ·

My hart gaan uit na hierdie kindertjies. Vir die dogtertjie wat deur haar eie ouma doodgemartel is. Wat moes sy nie van die lewe gedink het nie…ek is hartseer omdat sy nie die kans gegun was om ‘n mooi lewetjie nie. Ek is bly sy is nou by Jesus en dat sy nooit ooit weer deur sulke pyn en hartseer hoef te gaan nie. Dit is skokkend dat vroumense wat veronderstel is om natuurlike moedersinstinkte te toon, sulke harde liefdelose wrede harte het.

Eish! ·

Die Kinderhof/welsyn moet ten volle verantwoordelikheid vat vir hul dade. Ek meen ‘n kind word in beter omstandigede geplaas en nie slegter nie. Hul kry mos nie verniet opleiding om die tipe dinge te besluit, op te volg en ‘n gesonde oordeel aan die dag te lê nie. Ek hoop diegene wat die besluite geneem het weet wie hul is en maak nie weer sulke foute nie. Opvolg, Op[volg en nogmaals opvolg is die leuse. En dai ouma en ma het dit sekerlik net gedoen vir die staat se geld en niks anders! Sies man.

SNEL ·

Ek kan sommer net sê ek stem saam met almal van julle. Dit is darem vreeslik, my hart voel stukkend om te dink wat daai arme kinders deurgemaak het. Hierdie twee….laat ek eerder stilbly. Tronkstraf is ongelukkig nie voldoende nie, hoop hulle word vrygelaat, ek is seker daar is mense wat vir hulle wag….

rienie ·

Doodstraf!!!!!! Man maar hulle gaan dit geniet in die gevangenis. Daar is nie genade vir sulke mense nie, daar gaan goeie werk gedoen word. Hoe wreed en siek het die mens geword, waar kinders die veiligste moet wees, is hul juis nie, mense wat hul moet kan vertrou, skend die vertroue . Dankie Vader die kleinding is nou in U sorg, wat net die beste is.

Rochelle ·

Kan nie glo dat dit mense is wat dit doen nie. Voel jammer vir die kindetjies

Yvonne ·

Ek is naaaar!! Skokkend!!! Hoe de ongeluk kan ‘n ma en ‘n ouma sulke gruwel dade pleeg?? Mensdom. Ai my ou meisietjie tannie is so bly dat jy nie meer die lyding moet dra nie, Liewe Jesus kyk nou mooi na jou

Mariaan ·

Hulle is die word Ma en Ouma nie werd nie, mag hulle vrot in die trunk – ek wens hulle word ook so mishandle. Hoe kan enige persoon so gewetenloos wees

Ronnie ·

En ek wil so graag ‘n kind he. Om voor te sorg en goed te wees en lief te kry.

Charmaine ·

Wens regtig hulle wil die doodstraf terug bring sodat mense kan boet vir dit wat hulle aan onskuldige kindertjies doen – en omdat die ma daarvan bewus is en dit nog aan haar eie onskuldige kinders kon doen – my sy sommer 1 ste galg toe stap – ek sal hulle begelei!!!!!!!!!!

Treurgrond ·

Bring back the death penalty – hoe kan sulke mense net toegelaat word om aan te gaan. In die oue oue dae het hulle die mense net na die galg tou toe gevat en net gehang en vandag Suid Afrika 2015 kom almal net weg met sieklike dade, dade wat mens net hier in jou keel ‘n knop laat sluk. Jammer aan al die kinnertjies, God het julle vir julle mamma en ouma gegee om lief te he – nie lief te he in die manier wat hulle gedoen het nie, jammer aan al die kinnertjies

Hannie ·

Kom ons kyk ‘n bietjie na die diens van die maatskaplike werkers en welsyndienste in ons land. Ek kan praat van ondervinding, GLAD NIE GOED NIE! Tensy enigiemand my anders kan bewys. Waar was hulle, met hierdie hele siek ontstellende gedoente!!

Juran ·

Dit is absoluut skokkend. Ek kan nie dink dat ‘n mens tot so iets in staat is nie. Die mense moet my maar keer en vasmaak as ek die dames moet teëkom, want ek kan regtig nie voorspel wat ek sal doen nie.

REGINA ·

Waar was die Maatskaplike Werkers wat gereelde tuisbesoeke daar moes afle, en hoe hon hul die kinders in die eerste plek daar geplaas het? Dis my groot bekommernis? Wat het hul besiel om “wolf skaapwagter” te maak oor hierdie arme kinders, en nou is dit te laat! Daar moet indringend n grootskaalse ondersoek gedoen word oor die Maatskaplike Dienste se versuim om toesig te hou of oor hoe die kinders in die eerste plek daar geplaas is? Die ouma en dogter moet nie net die DOODSTRAF kry nie, hul moet eers vir n paar maande lank presies dieseifde marteling “proe” wat daardie onskuldige kind/ers moes deurmaak, dan moet hul aan die galg gehang word! Onrusbarend dat niemand iets gesien of gehoor het wat die klein dogtertjie se lewe dalk kon red nie! Ek skaam my vir sulke “siek en wrede hartelose skuim” wat in ons midde vry rondloop!

Gerhard Bezuidenhout ·

Maroela het deesdae n manier om kommentare summier af te haal om watter rede weet niemand. Al plaas jy kommentaar wat gladnie vernederend is nie sal die redakteurtjie besluit of hy daarvan hou of nie .

Izette van Niekerk ·

Kruisig my maar. Haal die Bybel aan. Se wat julle wil. Vir SO mens sal ek ‘n duisend keer dood maak met my kaal hande. In ‘n oogwink.

Tella ·

n Ma en ouma wat dit aan kinders doen kan nie hule self ma of ouma noem nie,ja nee ek stem hulle moet die dood straf trug bring. daar moes nooit kinders gewees het nie sulke mense verdien nie kinders nie. maar ek glo daai kindjie is darm in n beter plek nou en word nie meer mishandel nie. ek weet regtig nie hoe enige een so wreed kan wees nie. hoop hulle word vir lewens lank opgesluit

Sonja Zietsman ·

Ek is so stom geslaan ek is self n ma en kan nie my self indink wat daai kinders moes deur gaan nie ek hoop uit my hart uit hulle sal vir die res van hulle misluke lewe in die tronk spandeer en gulle moet net onthou God slaap nie.

Daleen ·

DOODSTAF. Ek kan nie meer sulke goed lees nie regtig, die werld is siek. Ek wens hulle al die pyn toe wat daai 3 kinders moes deer gaan.

Lynette ·

Dit is absoluut ongelooflik !!! Het ‘n hengese knop in my keel en die trane le vlak in my oe. Hoe kry ‘n ma en ‘n ouma dit reg om kinders so te mishandel. Hulle verdien nie om ouers genoem te word nie. As ek dink wat ek iemand sal aandoen as hulle my kleinkind seermaak of benadeel dan moet hierdie mense maar dankbaar wees dat ons niks aan die situasie kan doen nie want ek sal beslis nie vir my dade verantwoordelik wees as ek hulle in die hande kry nie. Daardie arme kinders, wat helse lewe moes hulle nie tot nou toe deurmaak nie. My hart gaan uit na hulle toe. Mag Jesus vir hulle genesing bring en my wens vir hulle is pleegouers wat hulle liefhet uit die diepte van hulle harte. Hierdie kinders verdien NET die BESTE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.