Skokstatistiek oor plaasmoorde bekend gemaak

Grafika: AfriForum

Grafika: AfriForum

Die plaasmoordsyfer het vir die vyfde agtereenvolgende jaar toegeneem. In 2014 is 61 plaasmoorde bevestig, en tot dusver vir 2015 is 62 plaasmoorde reeds aangeteken.

In 2014 is 279 plaasaanvalle aangeteken. Vanjaar is 270 plaasaanvalle sover aangemeld en in 56 van dié aanvalle is 62 boere en werkers se lewens geneem.

“Dit is kommerwekkend dat daar in minder plaasaanvalle meer moorde is,” het Lorraine Claasen, navorser by die AfriForum-navorsingsinstituut, gesê. “Dit dui daarop dat aanvallers nie skroom om voor die voet te moor nie. Die verlies van 62 lewens is skrikwekkend, en in die meeste aanvalle is slegs die inhoud van kluise, kontant en wapens gebuit.”

Die meeste plaasmoorde is in Gauteng aangemeld (13), gevolg deur Limpopo (11) en KwaZulu-Natal (8). In die Vrystaat en Oos-Kaap is sewe plaasmoorde elk aangeteken.

AfriForum spreek hul opregte medelye uit teenoor families wat geliefdes in plaasaanvalle verloor het. “Ons kan nie toelaat dat dié skoksyfer homself in 2016 herhaal nie. AfriForum sal onverpoos druk op die regering én internasionale rolspelers toepas om plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad te verklaar,” het Claasen bygevoeg. “Ons sal ook voortgaan om landwyd gemeenskapsveiligheidsnetwerke te stig om veiligheid in landelike én stedelike gebiede te bevorder.”

Plaasaanvalle en -moorde word maandeliks deur AfriForum en landbou-unie TLU SA op rekord gehou, en hulle doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om dié misdaad by hulle aan te meld deur ʼn e-pos te stuur na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Fanie ·

Daar is net 1 oplossing.Hang die goed wat moor en kap die hande af wat steel.Zuma lag lekker maar hulle sal nie die boer onderkry nie.Kyk maar die slag van bloedrivier.Ons boere is moeg.Oorsese lande draai hul rug op boere.Dis tyd dat ons,ons vryheid terug vat.Ons kinders kan nie eers meer buite in vrede speel nie.Dan blameer zuma en kie apartheid.Wonder as die boer nie meer daar is nie,wie gaan vir hulle kos produseer.Dog amerika is teen terorisme??

Chris W ·

Amerika is steeds ons grootste vyand Fanie.Moenie dat die nuusmedia jou flous nie.Hulle lieg kliphard en verdoesel die waarheid.Amerika hou van wat nou in die land gebeur want sy ogies is op ons strategiese minerale.Hy gee vere om vir die Boere in SA en hul probleme .

Johann Marx ·

Hierdie is te tragies vir woorde. Seksie 184 2(b) van die konstitusie stel dit dat die Menseregte Kommissie verplig word, en alles tot hulle beskikking het, om mense by te staan vir restitusie en kompensasie wie se regte geskend is. Niemand kan ‘n moord-slagoffer terug bring nie….maar dink hieroor: ‘n Boer boer sy lewe lank, en word vermoor. Die polisiemanne wat die saak ondersoek se salarisse word betaal met daardie boer se belasting. Indien ‘n verdagte gevang en verhoor word, word die owerheid wat dit doen se salarisse betaal met daardie boer se belasting. Ter wille van ‘n sogenaamde “regverdige verhoor” word “gratis” regshulp aan die beskuldigde voorsien, en daardie mense word met daardie boer se belasting betaal. Indien daar ‘n skuldigbevinding is, en tronkstraf opgelê word, word daardie vermoorde boer se belasting gebruik om die gevangene te versorg. Die skade wat deur die kriminele veroorsaak word, moet herstel word, teen ‘n koste plus 14%…vir die regering. As daar mediese uitgawes was, genereer dit ‘n verdere 14% vir die regering. Dan word die boer begrawe….plus 14% aan die regering. En dan…..wanneer die boer se boedel afgehandel is, ontvang die weduwee ‘n “rekening” van die regering vir “boedelbelasting”!!! En al hierdie geld gaan na ‘n regering toe wie se HEEL EERSTE konstisionele verpligting teenoor die populasie van Suid Afrika hulle VEILIGHEID en SEKURITEIT is!! Die regering faal elke moordslagoffer in hierdie land…….en maak tonne geld uit die BTW en boedelbelasting van daardie individue. Ek weet die Menseregte Kommissie kan nie ‘n vermoorde terug bring nie, maar hulle behoort namens die naasbestaandes van hierdie slagoffers te veg vir “restitusie en kompensasie”……….en daardie “restitusie en kompensasie” behoort die volgende te wees: Geen naasbestaande van ‘n vermoorde, of die vermoorde se boedel, behoort ENIGE verdere belasting aan die regering te betaal nie, vir die res van hulle natuurlike lewe. Daar is ‘n regsbeginsel wat min of meer lui: “Hy wie moor verbeur die reg om te erf”………….die regering se laksheid in hierdie verband, behoort hulle ook te verhoed om te “erf”. Geen BTW op die kostes wat die familie van ‘n vermoorde aangaan om die situasie te hanteer en beredder so goed hulle kan…en dan…GEEN BOEDELBELASTING aan die regering uit die boedels van vermoorde individue nie. As die regering ons boedelbelasting wil hê…..behoor hulle ons veiligheid en sekuriteit te waarborg, totdat ons op ‘n natuurlike wyse aan die einde van ons lewens kom. Maar as ons vermoor word………..is dit ‘n skande dat die regering tans finansiëel bevoordeel word. Ek sê maar net…..

Koenie ·

Johann Marx, baie dankie vir jou skrywe! Die ding is dat die goed wat op die oomblik regeer geen duit verstaan van wat jy se nie, en ook dat hul geensins omgee nie. Feit is dat jy jou hare uit jou kop sal trek voordat daardie diere enige-iets sal doen om vir jou of my te bevoordeel vir enige saak! Hulle haat ons!

hansie marais ·

Ons woon in n kleinerige distrik en het amper soveel aktiewe boere so n hele distrik se boere is uitgewis….n klein dorpie se ekonomie verwoes

Oom Kallie ·

Ek sien die Wartnaby egpaar, wat swart buitelanders onlangs op hul plaas gehuisves en versorg het met die xenofobiese aanvalle, is van hulle plaas weggedryf en leef in vrees. Alles verloor. Nou ja.

Winston ·

Ja Johann. Ek kan maar net saamstem met wat jy sê. Ongelukkig is dit onsigbaar vir die patetiese regering van SA. Bo hulle komprehensie van wat regtig aan die gebeur is. Boere word vermoor onder vals voorwendsels soos roof en diefstal.

Karlien ·

Dit is skokwekkend. Glo my as iemand wat so n verskriklike belewenis eerstehand beleef het. Dis nie net syfers nie dis families wat uitmekaar geskeur en stukkend is oor dit. Ons kan net bid

Catryn ·

Selfbeskikking ons oplossing, sodat ons ons eie weermag, veiligheid, finansies, ekonomie kan bestuur en beheer – SONDER swart bemagtiging wat ons nog verder verarm, verhonger en doodmaak. Laat diegene wat so lief is om met reenboognasie te bly, dit doen, en gun die res hul onafhanklikheid. Ten minste as die hele land ondergaan, hoef ons nie saam onder te gaan nie. Ons het niks om te verloor nie, want ons het reeds alles verloor. Ons gun die zulu, khoisan, xhosa en ander hul Trustgebiede, wat al van 1854 daar is, met Tuislande en Reserwes, – tyd vir ons om ons eie gebied te kry. Ons het ‘n reg tot selfbeskikking.

Chris W ·

Self beskikking klink na die regte ding.Ongelukkig met die huidige regering kan dit nie werk nie want dan kan hulle ons in een gebied vaskeer en AL die toevoer paie eenvoudig blokkeer en so ons kele afsny.Dit help nie ons se ons sal onsself self voorsienend maak nie.Dit sal tyd neem en ons sal moet goedere invoer en uitvoer en as die paaie in en uit almal geblok is,wat dan?En glo my dis presies wat die anc sal doen.

Leon Coetzee ·

Hierdie plaasmorde is ‘n daad van terrorisme. Dit is nog erger as die jare toe terroriste ons plase aangeval het . Hulle verdien die doodstraf vir hul barbaarse dade. Ek glo nie hierdie regering is ernstig om dit te voorkom nie .

Lourens ·

My beskeie mening is dat hierdie plaasmoorde ‘n baie meer elegante manier is om die boere van hulle plase te kry as wat Mugabe gebruik maar met dieselfde resultaat. Die regering gaan niks daaraan doen nie. Verder word die oortreders, meeste gevalle, net gevang as die boere self hulle vang. Dit lyk ook nie asof die Polisie enige poging aan wend nie.

Gert ·

Hulle is besig om hulself deur onkunde te verwoes en sleur ons met hulle saam. Ons het toegelaat dat ons met die varke se semels gemeng word en die moorde is wanneer daar van ons geeet word. Tyd om uit die varke se semels te klim en eenkant saam oor te begin terwyl hul onkunde hulself onder mekaar verwoes.

Krymeerkinders ·

Dit is baie hartseer van soveel lewensverlies aan boere. Wat egter meer kommerwekkend is, is die feit dat ons onsself stelselmatig uitwis deur ons geweldige kinderbeperking. Twee kinders per gesin is nie eers instandhouding nie. Tien kinders per gesin (en meer) beteken groei ten spyte van 62 moorde. Kom, laat ons hulle wys dat onderdrukking ons kan stimuleer om buitengewoon te vermeerder en ons plase weer van voor af te beset deur ons eie mense. Ons hoef nie hierdie ellendes net te aanvaar nie, daar is werk om te doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.