Skoksyfers oor gemeenskapskolleges bekend

naledi-pandor

Naledi Pandor. Foto: Flickr/GovernmentZA

Skokkende inligting oor die slaagsyfers by gemeenskapskolleges vir onderwys en opleiding is in die parlement bekend gemaak.

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, het gereageer op ʼn skriftelike vraag hieroor deur die DA-LP Andricus van der Westhuizen.

Gemeenskapskolleges verskaf basiese geletterdheidsvaardighede aan volwassenes, en volgens die aankondiging deur Pandor is die nasionale slaagsyfer in dié sektor, waarop miljarde rand se belastingbetalersgeld bestee word, slegs 38%.

Die slaagsyfer wissel van provinsie tot provinsie, met die Wes-Kaap se slaagsyfer die hoogste en Limpopo sʼn die laagste.

Die Wes-Kaap het ʼn slaagsyfer van 45% behaal, gevolg deur die Oos-Kaap in ʼn verrassende tweede plek met 44%, die Vrystaat met 43,3%, KwaZulu-Natal met 41,9%, Mpumalanga met 39,2%, Gauteng met 38,9%, Noordwes met 35,8%, die Noord-Kaap met 30,8% en Limpopo loshande laaste met 22,4%.

Dit beteken bykans twee derdes van volwassenes wie se geletterdheidsklasse deur die staat gesubsidieer word, druip en die geld bereik nie sy doelwit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Wurmpie ·

Watter geld deur die staat spandeer behaal die regte doelwitte

Jack Daniel ·

Stem saam Wurmpie!
Funny enough… Die wit “volwassens” Moet betaal en werk hard om Te slaag waar die wat dit verniet kry rug Ry en verwag om Te slaag want shame – hulle is mos altyd die verdruktes.
So spandeer n vermors hulle die land se geld. By gese As hulle dit nie pocket nie.

Gerhard ·

Jack Daniel, onthou net die gemeenskapskolleges is nie vir n sekere rassegroep nie. Ek het verlede week n gradeplegtigheid bygewoon…en daar was mense oor die kultuurgrense ….wat toekennings gekry het?

Hanna Hoekom ·

Limpopo en Noorwes is mos stoere EFF wereld, dan nie? En daar maak alles nou ewe skielik sin…

aj ·

Massas werklose jongmense lê leeg by kolleges en universiteite. Meeste is onopleibaar.

Hulle stroop die instansies van elke sent waarop hulle hulle hande kan lê sonder om akademies te vorder.

Wanneer hulle akademies uitgesluit word … na jare van gratis studie, verblyf, kos (… selfs kondome en sanitêre doekies) … dan verander hulle van instansie … en begin weer van voor af leeglê by die volgende instansie.

NAGMERRIE vir die land!

Rerig??? ·

Jy kry n 2de kans in die lewe en wil waaragties nog nie iets van jouself maak nie. Maar apartheid sal die skuld hiervoor ook kry.

Rm ·

Onthou dan is punte nog aangepas vir die wat geslaag het, plus die minister sal ook nog so bietlie lieg dat dit beter lyk as die werklikheid, so syfer is dalk nog so 10% laer as wat bekend gemaak is,, dus tyd dat iemand ondersoek instel om te sien of hierdie net ook maar n leplek vir ANC en EFF kaders is nie, familie en vriende, party swot seker al baie jare by die instansies

Alida ·

Niemand is geskok nie. Blyplek en kos is mos gratis. Wie wil dan leer?

Meraai ·

LEER HULLE WERK, dan sal hulle gou-gou Kolleges verlaat, want dan sal dit nie meer LEKKER wees nie!

Wilma ·

Ons is ni geskok. Dis Gesk. Jy het dit of jy het dit ni. LOL.HAHAHA

D B ·

Geen skok. Dis wat gebeur as kinder te “dom” is om skool te slaag, maar word “deurgesit”.

Verlaag net die standaarde nog, dan slaag almal. Dis mos julle oplossing vir alles.

Druipelinge ·

Hulle was deurgesit in die skole wanneer hulle gedruip het. Nou beteken hulle niks vir die samelewing nie en sal ook nooit nie.
Die ‘deursit’ het mos van Pandor afgekom nie waar nie?

Bekommerd ·

En dan sit die maatskappye met die probleem waar hulle indiens geneem moet word oor hulle BEE status kwotas en klientediens duik in die pomp

Dries du Toit ·

Dankie vir die eerlike terugvoering Naledi sy is die enigste minister wat n mens kan vertrou en glo. Sy moes die President gewees het.

Salamander ·

Ek wil baie graag sê “we told you so”, maar ek sal nie.

Herman ·

Aai toggie mense, honourable lesufi, honourable pandor, e.a. Die antwoord is eintlik eenvoudig vir diegene wat dit kan verstaan. Intelligensie bepaal tot ‘n baie groot mate enige persoon se vermoë om te kan ontwikkel. Intelligensie is ‘n Godgegewe genadegawe of ‘n talent waarvan ons in die Bybel lees. Sommiges kry meer as ander en daarmee moet ons verlief neem, maar wat doen jy met dit wat jy ontvang het, of tot watter mate word dit ontwikkel? Die meeste mense in die wêreld met gesonde verstand het ‘n IK van tussen 85 en 115. Slegs 5% van diesulkes het ‘n IK van meer as 125. Enige mens met ‘n IK van minder as 85 het ‘n bepaalde verstandelike vertragingstekort. IK 70 – 80: Grenslyntekort. IK 50 – 69: Moroon. IK 20 – 49: Imbisiel. IK < 20: Idioot. Ontwikkel dus mense tot die mate waartoe elkeen in staat is. Ek vermoed egter dat ons met 'n klomp idiote aan die stuur van sake sit op alle vlakke in ons land. Daarom dat dit gaan soos dit gaan.

Schalk ·

Staatsinstansies het nie kapsiteit om met geld te werk nie punt.Ek weet nie hoekom iemand feskok is nie.ANC staan 20 persent slaag vereiste voor.Kr die sulkes dalk nie 20 persent nie .Dis ok.Sauk. SAL Eskom ens kry nie eers 10 persent slaag syfer nie.Almal in top struktuur dop gereeld.Luister maar na uitlatings.Staatsdiens bo.

Salomé ·

Haai en is dit darem nou nie groot nuus en n skok vir ons nie!
Hoe op aarde kan so iets gebeur,met sulke streng regverdige slaagsyfers en keuring!

leser ·

Mooi uiteengesit Herman!!
Ongelukkig sal hulle nie die boodskap kry nie – hulle is nie in staat nie.

Schalk ·

Ons nou 20 persent .Gelukkig geld die 80 persent 20 persent verhouding op alle vlakke.Net vir hulle vir wie dit beskore is om te begryp nie vir almal.

Mariana ·

Kry als op skinkbord en maak steeds nie gebruik daarvan nie. Ek weet van witmense wat graag daardie geleenthede sou wou hê maar dit word hulle nie gegun nie omdat hulle wit is. Hoekom nie alle rasse so ‘n geleentheid gee nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.