Skoksyfers oor padsterftes bekendgemaak

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Die departement van vervoer het Dinsdag gesê die afgelope feestyd was een van die uitdagendste nog wat die departement se hulpbronne tot die maksimum beproef het.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het tydens ʼn mediakonferensie bekendgemaak altesaam 1 714 sterftes is tydens die 2016-’17-feestyd aangeteken, 5% meer as dieselfde tydperk verlede jaar.

In die Oos-Kaap, Noordwes, Noord-Kaap en Wes-Kaap was daar ʼn afname in die provinsiale padsterftesyfers, terwyl die ander provinsies ʼn verhoging getoon het. In KwaZulu-Natal en die Vrystaat het daar onderskeidelik 18% en 17% meer mense op die paaie gesterf. Daarenteen het die Oos-Kaap ʼn afname van 20% in padsterftes getoon, die Noordwes 8%, die Wes-Kaap 6% en die Noord-Kaap 5%.

Passasiers het 40% van die landwye sterftes op die paaie uitgemaak, voetgangers 34%, bestuurders 24% en fietsryers 2%.

Peters meen onbevoegde en roekelose bestuurders is die grootste oorsaak van die afgelope feestyd se padongelukke. “Hoewel ons in ag neem dat langnaweke ʼn groot uitdaging in terme van padveiligheid stel en dat reënweer ʼn bydraende faktor is, moet ons ook aanvaar dat die bevoegdheid van bestuurders in die meeste gevalle veel te wense gelaat het,” het sy gesê.

“In die meeste noodlottige ongelukke was daar slegs ʼn enkele motor wat omgeslaan of motors wat trompop gebots het, wat dui op die onbevoegdheid van bestuurders om voertuie te beheer.”

Sy het gesê ligte voertuig het 49% van al die ongelukke uitgemaak, gevolg deur ligte afleweringsvoertuie met 18% en minibusse met 10%.

Volgens Peters was daar ʼn sterk teenwoordigheid van verkeersbeamptes op die paaie met 432 padblokkades oor die hele land. Altesaam 453 263 boetes is aan motoriste uitgereik, 6 805 onpadwaardige voertuie is geskrap en 2 501 voertuie is geskut.

Altesaam 9 175 bestuurders is in hegtenis geneem, van wie 18 mense vasgetrek is nadat hulle die spoedgrens teen tussen 182 km/h en meer as 200 km/h oorskry het. Die grootste jaagduiwel is in Gauteng in hegtenis geneem toe hy op die R21 naby Tshwane 239 km/h met sy Mercedes Benz-motor gery het.

Die meeste van die inhegtenisnemings (5 943 of 65%) was motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur het. Peters het gesê dronkbestuur is een van die grootste euwels op die paaie en het ʼn beroep op motoriste gedoen om hierdie en ander roekelose en nalatige optrede te staak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Christine Ferreira ·

Ek wonder watter invloed die swak toestand van sommige paaie op die ongeluk syfer het en meer spesifiek waar slegs een voertuig betrokke is?

Sandra ·

Christine ek stem volkome saam oor ons swak paaie, en ek dink definitief dit het n invloed maar sal sekerlik nie genoem word. Van die potholes is regtig n riller.

Joe ·

Nee, potholes ‘skip’ nie rooi robotte, drink nie, jaag nie, ry nie met gekoopte lisensies, le nie en bestuur nie. Die fout le by mense wat nie eers agter ‘n donkiekar se leisels hoort nie!!

Danie ·

Dit is baie tragiese syfers. Ewe tragies is die misdaad syfers. Wat gaan ons doen om dit te verminder? Gaan ons net weer kla en dan is die probleem iets van die verlede?

vermeende ·

Danie hoekom is dit vir jou so verkeerd om te kla, wat stel jy voor, om n groen baaitjie aan te trek en jou eie padblokade te hou of jou eie teer te koop en die paie te gaan reg maak.

Ons kan kla en ons kan hard kla want ek het nog nooit die owerhede waarheen ons belastings gaan gehoor kla nie.

SP ·

Ek is seker daar was in die 2015/2016 tydperk ook n styging,dit sal interresant wees as n behoorlike ontleding van die laaste 3 of 5 jaar se syfers gemaak kan word. Ek is ook seker die Minister het elke jaar dieselfde verskonings gehad,vir hierdie absolute tragedie.

Liza ·

Vra vir Zuma of Malema…….. hulle is mos slim mense……dalk kan hulle ons help…….

Nico ·

Zuma kan nie eers die getal van die sterftes hardop voorlees nie.

Piet Pompies ·

Lomp, orlaaide, onpadwaardige voertuie wat die gemidelde spoed van ander voertuie verlaag op die hoof roetes gedurende die vakansie tyde maak dat mense kanse vat en ongelukke veroorsaak.
Hierdie wrakke sleep ook oorlaaide waentjies met gebuigde asse teen ‘n slakke pas op die N4 Ooswaards.

Janee ·

Moenie van die taxi’s vergeet nie. Sal goed wees as ons ‘n analise kan kry van watter aantal ongelukke, taxi’s deel was.

Jordaan ·

Hoe kan roekelose en obevoegde bestuurders (waarvan daar baie is) uitgesonder word as ‘n volle 34% voetgangers was? Waarskynlik baie van hulle dronk, op die snelwee waar hulle nie mag wees nie, steek paaie oor enige plek sonder om te kyk. Hierdie is net so ernstige kwessie, maar omdat dit grotendeels die voorheen benadeelde bevolking behels word dit maar weer oor die hoof gesien.

Jack Russl ·

Verseker. Verlede jaar het ‘n persoon reg voor my ingeloop toe hy oor die straat loop en NET op sy foon konsentreer. Hy het nie eers ‘n poging aangewend om te kyk vir voertuie nie

Gerhard ·

Weereens sien ons die n aksie geloots deur die regering wat mislik. Waar is die dae toe wetstoepassers sigbaar op die paaie was. Vandag koek hulle op een hoop saam vrae jou bestuurders lisensie skryf jou voertuig nommer neer en laat jou ry. Daar word onophoudelik gesinspeel op dronk bestuur,veiligheid gordels en spoed maar die sigbaarheid op paaie is 10% en gedurende die ander 90% oortree die mense soos hulle wil. Dan sit jy ook met die omkoop duiwel wat bydra tot weteloosheid.Geld is vir hulle meer belangrik as wetstoepassing. Dan is daar ook die probleem van beamptes wat aangestel word wat hoegnaamd nie instaat is om die beroep te beoefen nie soos n art 56 kennisgewing wat in my besit gekom het via sosiale media waar die klag staan drive vehicle without fuel tank. Ek kan aan en aan gaan maar voor die beroep nie vir die regte redes beoefen word nie en die regte persone nie aangestel word nie sal lewens verlies voortgaan op ons paaie en wie weet volgende is dit ek of jy.

Theo ·

Die grootste oorsaak van die ongelukke is onbevoegde en ongeduldige bestuurders. Die enigste manier om dit vas te vat is deur sigbare polisieering, verkeersbeamptes wat die roetes patroleer en skuldiges dadelik vasvat. Die spietkop wat sy spoedmeter onder ‘n boom dophou, beteken net mooi niks vir padveiligheid nie.
Maak dit ook wet dat ALMAL ter alle tye met HOOFLIGTE aan moet ry. Dit maak jou voertuig net meer sigbaarder.
Hierdie minister en haar onderdane se idee van padveiligheid beteken nie veel nie. 432 padblokkades het net mooi niks aan die sterftesyfer gedoen nie.

Celia Tjaden ·

Stem saam Theo- ongeduldig, selfsugtig en onbeskof.
Van waar ek bly in Vredekloof, Brackenfell ry ek vroeer vanmiddag Glengarry ywinkel sentrum toe- dis kokend warm, die skole begin die week, en dis amper erger as kersfees soos mense met hul yslike groot voertuie jaag en mekaar amper stamp om eerste in en uit te kom. Almal terug van vakansie doen seker nou inkopies. Die kinders is in die kar en sien hoe ma en pa bestuur- wat n voorbeeld!
Die taxies wat hier in ry- is doodskiste op wiele! Hul ry jou uit die pad. Ongelukke gebeur, maar ek is oortuig meeste daarvan kan verhoed word.
My hart skeur vir die onskuldiges wat hierdie vakansie geliefdes verloor het! Afgesien van die lewensverlies en smart rondom dit- is daar die beseerdes en die mediese kostes! Lewens vir altyd vermin! Vir my is dronkbestuur soos n ou wat die pad afhardloop met n vuurwapen wat in alle rigtings skiet!
Strawwe is net te lig!

Conrad ·

Dis PRETORIA- en ek en Magda leef in hierdie eeu- 2017.
Dankie vir jou kommentaa, Magda!

Ken ·

Ek het gister teruggekeer van Hermanus na Centurion en kan bevestig dat van die bestuurdergedrag wat ek op die pad gesien het “shocking” was. Drie keer mense wat verby 5 karre en 2 trokke gelyk verbygaan. Aankomende voertuie (insluitend ‘n trok van voor af) moes in noodbaan in om hulle te vermy. Een Fortuner met Noordwes registrasie met hele gesin daarin ook nog wat so kanse vat. Pateties. Stel dan jou eie lewe in gevaar, maar nie die van ander padgebruikers en jou familie nie.

snoefie ·

indien ek dit nie mis het nie, is die dra van veiligheidsgordels al sedert 1979/80 verpligtend. om te ry met hoofligte aan was ook as wet in gestel rondom 2000. wie gee gehoor daaraan. beamptes sal my eerder DMV handgebare wys ek ry met ligte aan. bitter min berigte oor ongelukke het nie taxi betrokkenheid genoem nie. tog noem die minister in net 10% van die ongelukke was taxies betrokke. HELLO???? wat was die padsterftesyfer teen middle December gewees? die 714 klink dan nou vir my na groenboontjie-bredie.

Paul ·

Dis nie wet om met hoofligte aan te ry nie. Jy kan dit gaan opsoek. Die wet sê slegs t.o.v. hoofligte (nie die “brights” nie!) dat jy tussen sononder en sonop met ligte aan moet ry, asook wanneer sigbaarheid weens ander redes swak is, soos reën of mistigheid.

Dis wel ʼn goeie idee om altyd hoofligte aan te hou sodat ander bestuurders en voetgangers jou beter kan sien, veral as jou kar grys, silwer of swart is.

Jack Russl ·

Soos Paul gesê het, dit is nie wet dat jy jou ligte in die dag moet aansit nie.

Daar is wel deur verskillende organisasies beroepe gedoen dat jy jou ligte aansit sodat jy meer sigbaar is. Donker voertuie is partykeer moeilik om te sien en dit help as die ligte aan is.

Dit sal dalk ook help dat die vele persone wat selfs in digte mis “vergeet” om hulle ligte aan te sit sal onthou.

Reinette ·

Die syfer is nie korrek nie. Ek het op ongelukstonele gehelp in Limpopo waar mense oorlede is en waarvan die verkeers department nie bewus was toe ons hul daarna uitvra nie. Ook het ‘n bekende verkeersman aan ons herken hul kan nie die sronk bestuurders in die Limpopo area beheer nie. Hul is bang vir hul eie lewens en word geintimideer.

Lance ·

Se net een ding vir my …mense steur hulle al minder aan die wet …want hulle weet die gabba wat hulle stop sal hulle kan omkoop en 9/ 10 keer wegkom….maar dan verongeluk hulle ! Weteloosheid op alle vlakke ….new SA ! Dankie Oom FW !

Hasie ·

Stem saam met Ken hierbo. Daar is baie van die Suid Afrikaanse motorbestuurders wat plein ongedissiplineerd is. Gee net eenvoudig nie ‘n hel om nie, solank hy net sy eindpunt bereik. Die ou met die Fortuner is ‘n goeie voorbeeld van ‘n ongedissiplineerde SA padverbruiker.

Ongeluksvry ·

En die ou met die Ford Danger. Moet egter nie die ander dubbelkajuite vergeet. Afgesien van die gebrek aan geduld is bysiendheid (gebrek aan volgafstand) ook ‘n groot probleem. Kortom is daar geen dissipline op die pad. Swak padoppervlaktes, té hoë spoed veral in reënweer en die gebrek aan behoorlike padtekens is aan die orde van die dag. Nee wat met die volgende vakansie sal dit maar weer so gaan want daar word in die duister rondgetas. Kameras in uitgesoekte motoriste se voertuie en die skrapping van die K53 is ‘n goeie begin. Die gesindheid van die een wat die stuurwiel vashou moet drasties verander word.

Skim ·

WETSTOEPASSING. Was nou weer in KZN. Die vrugteverkopers sit OP die TOLPAAIE en Mangos en appelkose verkoop . die Metrocops en honderde ander motoriste (locals) koop by hulle vrugte. Hulle stop dus ook op die tolpad langs die geel streep waar die tannie met haar twee kinders OP die pad met haar gemaakte draadstalletjie sit. Dit opsigself is ‘n reuse gevaar aangesien hulle heen en weer oor die pad loop en EINTLIK mag hulle nie daar wees nie .. Verder loop voetgangers oor enige paaie . by die honderde .. so ook hulle skape en beeste . .sommige beeste word met ‘n kort tou aan die kant van die pad vasgemaak – die buffer wat jou moet keer in ‘n ongeluk. NEEWAT .. voordat daar nie wetstoepassing is nie moet hulle nie met my oor sterftesyfers praat nie. Daar was egter baie spoedlokvalle .. dis nie die enigste probleem nie.

Jannie ·

Ons minister van vervoer kan geloof word vir die uiteensetting van die statistieke. Daar word dikwels verwys na die jaagduiwels wat die oorsaak is van die ongelukke. Ek stem 100% saam met haar dat die meeste gevalle van ongelukke veroorsaak word deur bestuurders wat onbevoeg is om ‘n voertuig te kan beheer. Van die 5943 bestuurders wat in hegtenis geneem was, was net 18 in hegtenis geneem wat die spoedgrens oorskry het. Slegs 10% van die ongelukke was waar Minibusse betrokke maar van al die sterftes was 40% passasiers en 34% voetgangers. Maak maar die somme self en sien waar lê die probleem.

Mr P ·

Koop n lisensie by di verkeersafdeling vir R2000 en jy is reg om te gaan. Wat di bestuurders ni in ag neem ni is dat n voertuig anders hanteer indien dit gelaai is. Dit versnel en rem ook stadiger. Verbysteek neem ook soveel langer.

Grens ·

Julle kan raas en blaas en alles en almal skuld gee, niks gaan veander nie. Ons sal maar net moet meer wakker bestuur en probeer kyk wat die ander ou gaan maak. Ons moet ook voorsiening maak voor ons in die pad val dat ‘n ongeluk kan gebeur en nodige noodhulp tassie en brandblusser ingepak he. Ek le self so by die 5000km per maand op die pad af, en sien baie mense wat foute maak, maar ek het besluit dat dit nie my gaan irriteer of pla nie of soos die Engelsman se my “Joy” steel nie!!
Veilig Ry!!

Elize ·

Ons moet dalk ophou om die regering.die paaie en diesmeer die skuld te gee.ons het die vakansie n ongeluk 2 gemis. Sommige bestuurders gee nie n flenter om gir die voertuie voor.langs en agter hom nie.hy jaag met sy voertuig waarop die fietse staan en wapper op die dak asof die duiwel agter hom is. Dis asof hy dink te hel met julle ander ek wil by my huis kom.vir hulle wil ek net se julle is vieslike bestuurder.julle stel ons mense wat by die padreels hou se lewens ingevaar. Reels is reels.en dit geld vir elke padverbruiker in SA. Die taxis is n nagmerrie op die paaie.vir hulle wil ek ook net se.gee jou gekoopte lisensie terug en begin by die begin.by n bestuursskool.daar sal hulle jou leer hoe om ordentlik te bestuur.

Max ·

So dronkbestuur gaan nou n baie ernstige misdaad word om die omkoop geld met 90% te verhoog !

Alida ·

Wat verwag hulle? Die lisensies word gekoop en net daar vat mnr die langpad aan. Baie braaf en daar veroorsaak superman al sy passasiers se dood. En so gaan dit aan.

Chris Ws ·

Dis tyd dat die minister van Vervoer self agter haar voertuig se stuur in klim en deur ons land ry.DAN sal sy moontlik agterkom waar die probleem is en wat veroorsaak die meeste ongelukke.Om agter ‘n lessenaar in ‘n luukse kantoor te sit en planne vir padveiligheid te maak werk duidelik nie.

Leon ·

Interessant dat ek nou lees dat in 2015 in Australië vir die hele jaar daar 1209 padsterftes was. Ek was die afgelope Desember daar op vakansie en, glo my, ek kon sien waarom die syfer so laag is.
Bestuurs dissipine is aan die orde van die dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.