Skoksyfers oor renosterstropery bekend gemaak

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Die departement van omgewingsake het Donderdag skoksyfers oor renosterstropery in Suid-Afrika bekend gemaak.

“Altesaam 558 renosters is al sedert Januarie vir hul horings gestroop,” het Eleanor Momberg, woordvoerder vir die departement, in ʼn verklaring gesê. “Die Kruger-wildtuin het die ergste deurgeloop. Altesaam 351 renosters is hier gestroop.”

Limpopo het 80 renosters verloor, 48 renosters is in KwaZulu-Natal gestroop, 37 in Noordwes en 24 in Mpumalanga.

Die totaal vir 2013 was 1 004.

“Die polisie het reeds 157 persone in hegtenis geneem in verband met die misdade,” het Momberg bygevoeg.

Albi Modise, ook ‘n woordvoerder vir die departement, het aan GROOTfm 90.5 gesê die departement werk nou saam met verskeie plaaslike en internasionale organisasies in ‘n poging om stropery stop te sit:

Die klankinsetsel is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Rêrig skokkend. Dis meer as een ‘n dag, en my hart huil vir die onskuldige diere.

Maar nou bietjie van die onderwerp ‘afdwaal’: Wanner gaan die mense begin om so tekere te gaan oor al die aborsies? (al is dit wettig) .

Niemand tel hoeveel onskuldiges babas elke jaar ge-aboteer word nie. Ek sal graag wil weet hoeveel babas al hierdie jaar VERMOOR is!!! Of tel ongebore babas nie onder die groep LEWE nie?

Hoeveel is al vermoor sonder dat hulle eens die kans gekry het om te lewe?

Ek weet ek het van die onderwerp afgedwaal, maar ek moes dit net noem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.