Skokverslag bekend oor korrupsie by Jhb-hoërskool

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: Twitter

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: Twitter

Die voormalige beheerraad van die Glenvista High School in Johannesburg het miljoene rande van die skool se geld geblaas op onder meer vliegkaartjies, ʼn vakansiehuis en jaguitstappies.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Maandag die bevindinge van ʼn forensiese ondersoek by die skool bekendgemaak. Die beheerraad wat verantwoordelik gehou word, was van 2012 tot middel-2014 in beheer by die skool.

Lesufi het gesê die Glenvista High School is die korrupste skool wat hy nóg teëgekom het en dat hy die hoof van die departement gevra het om ondersoek in te stel of dit ʼn neiging by “veral voormalige model-C skole” is. Hy het gesê hierdie skole is beter befonds as openbare skole en dat die departement voormalige model C-skole sal teiken oor die groot bedrae geld wat betrokke is.

Lesufi kon nie die presiese bedrag noem wat by Glenvista High School vermors is nie, maar het gesê dit was “miljoene”. Dié openbare skool wat in 1988 op die been gebring is, het ʼn jaarlikse begroting van R24 miljoen.

Die ondersoek is van stapel gestuur nadat fluitjieblasers die owerhede in 2013 in kennis gestel het van beweerde korrupsie en finansiële wanbestuur by die skool. Die departement het die forensiese ouditeurs KPMG aangestel om die bewerings te ondersoek.

Volgens die verslag het die voormalige beheerraad meer as een bankrekening gehad sonder goedkeuring van die departement soos deur die Suid-Afrikaanse Skolewet vereis word. “Dit was onwettig om dit te doen. Volgens ons jongste inligting was daar agt verskillende rekeninge vir die skool,” het Lesufi gesê.

Betalings is namens die voormalige skoolhoof gemaak deur skoolfondse te gebruik. Dit het ingesluit heffings vir sy vakansiehuis, betalings vir die installering van ’n motorafdak en ’n jagtog. Tyddeel wat aan die skool geskenk is, is nie vir fondsinsameling gebruik soos versoek nie, maar aan personeel opgeveil wat nie eers die heffings wat die skool daarvoor moes betaal, gedek het nie.

Vliegkaartjies is gekoop vir die skoolhoof se persoonlike gebruik sonder die goedkeuring van die beheerraad. Die uitgawe is valslik as deel van die skool se sporttoekenningsuitgawes gedokumenteer.

Die voormalige skoolhoof het ook geld geëis vir klasse wat hy nooit gegee het nie. “Hulle het die wet misbruik, wat toegelaat het dat onderwysers vir ekstra klasse kon eis tot hul eie voordeel. Die skoolhoof het vir klasse geëis wat hy nie eers bygewoon het nie,” het Lesufi gesê.

Talle onreëlmatighede was ook betrokke by die aanstelling van onderwysers en afrigters by die skool. Daar was geen werwingsbeleid van toepassing by die skool nie en onderwysers is aangestel sonder dat hul agtergrond nagegaan is of hulle vir die poste gekwalifiseer het.

“Die voormalige adjunkhoof was verantwoordelik vir die aanstelling van afrigters en het sy dogter as ʼn afrigter aangestel. Hy het homself nie van die proses onttrek om ʼn botsing van belange te voorkom nie. Die aanstelling van afrigters is ook nie deur die beheerraad goedgekeur nie,” het Lesufi gesê.

Hy het gesê die departement is in kontak met die Valke om die persone betrokke in hegtenis te neem. “Ons wil hê dat die persone wat betrokke was die geld terugbetaal. Ons sal aanklagte aanhangig maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Meneer ·

Ek stem saam, laat die skuldiges boet!

Maar…

Meneer Lesufi, as dit die ergste korrupsie is wat jy nog gesien het, is jou intellegensie vlak min of meer gelykstaande aan die van ‘n vetplant. Maak oop jou oë.

Hans ·

Meneer, laat ek eers onverskoning vra omdat ek jou stelling verkeerd geinterpreteer het want maar waneer verwys word na korrupsie kan ons saamstem dat daar erge korrupsie gevalle in SA is. Aangaande jou stelling wat jy gemaak het, sal jy omgee om uit te brei want persoonlik weet ek nie van erger korrupsie wat in enige skool plaasgevinf het nie. Dit mag wees dat ek nie deur die media daarvan tehore gekom het nie of dat daar dalk nie oor dit verslag gedoen is nie so ek sal enige informasie aangaande so voorval waardeur. Moet asseblief nie my kommentaar as aanvallend aanskou nie maar ek vind dat waneer iemand ‘n stelling teenoor ‘n ander persoon maak en dit nie staaf met feite nie kom dit slegs neer op net nog ‘n propogandiese galbraak.

Leeutjie ·

Hans het jy kinders op skool. Korrupsie kom in enige vorm voor. Dit gaan nie altyd net oor die finansiele aspek nie. Korrupte onderrig, korrupte keuses van leiers, korrupte ouers, korrupte kinders (boelies), korrupte dissipline! Ek wil nie se dis oral die geval nie en ek wil geensins op leerkragte se tone trap en veralgemeen nie. Die ondervinding wat ek het van skole was korrupte keuses van leiers en algemene diskriminasie! Onthou die woord het betekenisse nl: omkopery, omkoping, ontrou, ampsontrou, oneerlikheid, bederf en vervalsing. Dis veelseggend.

Hans ·

Leeutjie, baie dankie vir jou kommentaar. Dit was ‘n baie meer rationale opmerking. Ek moet bieg dat ek dalk te vinnig op my perdjie gespring het oor die spesifieke opmerking en daarvoor vra ek om verskoning. Ek is ook indirek betrokke met ‘n spesifieke skool waar daar ook onrëelmatighede voorkom en ek glo dit gebeur in die meerderheid van skole in een of ander vorm. Ek voel net dat ‘n opmerking soos gemaak deur “Meneer” teenoor Mr Lesufi onproduktief en negatief is. Ja, somtyds weet ons van ander gevalle van korrupsie maar om negatiewe kommentaar te lewer waneer daar uiteindelik iets gedoen word daaroor gaan niemand baat nie en ek voel ons as jan alleman moet hierdie optredes en besluite steun om te wys dat ons nie net nog een van die talle mense is wat net die negatiewe in alles sien nie. Verder moet ek sê dat my reaksie op “Meneer” se kommentaar ook gevoed was deur vele ander soortgelyke gevalle in ander sektore en ongeag hoe ek persoonlik voel oor ‘n ander persoon se bevoegdheid voel ek die betrokke geval regverdig nie die spesifieke opmerking nie.

EMK ·

Wat ‘n skande! Hoe kan hulle ‘n jaarlikse begroting van R24miljoen he? Hoe is dit moontlik? Nee wat hierdie oorsee ganery vir kammige sport en dit en dat is nonsens. Ons het nooit sulke dinge gehad en ek dink ons het net so goed kon aanpas in die “regte” lewe sonder al daardie twak waarvoor die arme ouers hul hande moet deurwerk. Meeste skole is skuldig aan een of ander wanbesteding – gaan kyk gerus!

Winston ·

Ja Peet. Stem saam. Orals slaan net Nkandlas op soos paddastoele. En raai wie betaal?

Kobus ·

Het seker gedink, as die president kan steel kan ons ook maar. Dit pas mos eintlik in by ander staatsdepartemente. Ek wonder wat dink mense wat gedink het dit kom net onder die anc’s voor. Hoekom gee julle nie die name van die wat na BEWERING MISKIEN WAARSKYNLIK aangekla gaan word nie. Die “skoolhoof” en “adjunk” het tog name.

micoprinsloo ·

Die grootste min kyk eers na julle self die 24 miljoen is klein geld teen oor die staat sin dan praat ons nie eers van die pres sin nie maar die ander instansies

alet ·

Stem hul moet geld terug betaal. Ouers het nie almal die nodige fondse om hul kinders op skiol te hou nie agv hoe skoolfonds – as dit minder gesteel word en fondse is minder kan ouers dit bekistig. Ek het self n ondersoek gedoen en skuldige het op ei.de nie eers n kwart terugbetaal nie en werk sowaar weer by n skool

Ouboet ·

Ek dink hier gaan n muis gebaar word. Ruik vir my baie na toilet politiek.

Johann Marx ·

Dit gebeur by baie meer skole as wat mense dink…..en allerhande “uitgawes” wat aangegaan word word onder “slegte skulde” in finansiële state weggesteek. Die wat daarvan weet wil ook nie getuig nie, want dan word daar teen hulle kinders gediskrimineer. Maatskappye met ‘n begroting van 24 miljoen stel ‘n finansiële bestuurder aan wat so ‘n begroting bestuur…..wat is die skoolhoofde van vandag se kwalifikasies om sulke begrotings te bestuur?

André ·

En die korrupsie duur voort! Hoekom is ek nie verbaas nie?!

Disselboom ·

Is nuuskierig wat hier gaan uitkom: die regering maak dit nie maklik vir beheerrade om uitstaande onderwysers te beloon en te onderskei van diegene wat ook maar net in die onderwys is om ‘m joppie te hê nie. Dit lei soms tot vergoedingspraktyke wat eienaardig mag lyk.

Dis nou nie te sê dat hier nie dalk regtig korrupsie is nie. Wonder maar net. Lesufi het al gewys hy het ‘n geneigdheid om so bietjie gou op en af te spring oor dinge.

nig ·

Ek dink dis ouers se reg om aan te dring dat hul skool se geldsake gereeld deur ‘n buitemaatskappy ondersoek word. Dit moet gereeld en by alle skole plaasvind. Nie sommer enige outjie wat graad 8 Rekeningkunde het nie, maar ‘n professionele firma. Ek verstaan ook nie hoe de duiwel het ‘n skool so ‘n masiewe begroting nie!As ek ‘n ouer is vandag, sal ek absoluut aandring op dit – ouers moet saamstaan hieroor, dis tog hulle geld!

BoereBikerBaby ·

ag niks verbaas my meer nie… die land is so korrup. van die gereg tot by skole. solank hulle in bewind is, sal die land nooit regkom nie.

Ronell Wilken ·

Hier by ons ry die skoolhoof a spinternuwe merc met die skool se naam op. Dit word sy besigheidsmotor genoem …hi hi! Sommer twee gyms vir die skool en wat van a nuwe swembad he he he???

nig ·

Ronell, as ek jy is vra ek vrae – dis jou reg! En moenie bang wees of geintimideerd voel nie. Dring aan op die waarheid, dis mos jou geld ook! Kan ook nie glo die skoolhoof in die berig het ‘n vakansiehuis nie – ek hoor dan altyd onnies word so swak betaal! Iets rym nie!

Francois ·

Ouers betaal meer skoolgeld as wat regtig nodig is, agv wan uitgawes. Ouers moet daarop let dat volgens die SA Skolewet, mag skoolgeld slegs gebruik word om die kernbedrywighede van onderrig te bevorder. Skoolfonds mag ook nie gebruik word om departementele onderwysers te vergoed nie. Die SBL se personeeluitgawes is slegs van toepassing op beheerraad poste. Vir departementele poste moet die ouers afsonderlik spesiale toestemming gee onder artikel 38 A van die skole wet. (Google asb), en slegs indien die departementele onderwyser werk verrig waarvoor die department hom/haar nie alreeds vergoed nie, Dan mag art 38A vergoeding ook nie meer wees as die uurlikse tarief wat die department die onderwyser voor vergoed.
Ouers moet ook hulle self bewus maak van die wet op skoolgeld vrystelling, soos gepubliseer in staatskoerant 29311 van 18 Oktober 2006. Hiervolgens bv. vir ‘n skoolfonds van R16.700.00, kwalifiseer ouers wie se basiese gesaamentlike inkomste minder as R450,000.00 per jaar is, vir skoolgeld vrystelling. (Google asb) Skole oor die algemeen laai die skoolfonds en misbruik die geld vir uitgawes wat nie kern skoolbedrywighede bevorder nie.

EMK ·

Daar’s hy! DANKIE Francois. Ek dink min mense besef werklik hoe dinge werk en ek hoop nou net ALLE ouers let op wat jy geskryf het. Dis tyd dat hulle die mag terugneem in hul hande om dit so te stel. Daar is altyd allerhande fondsinsamelings en tekorte maar dan hoor mens van “begrotings” soos hierbo dan weet mens jy betaal deur jou nek en niks van jou geld gaan waarvoor dit bedoel word nie.

Laaitie ·

|Is die n parlementskool, alles wat daar gebeur- gebeur dan ook in die parlement?.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.