Skokvideo: Babas by Jhb-dagsorgsentrum mishandel

Skermgreep uit die video

Die Gautengse provinsiale regering het gesê hy sal seker maak dat geregtigheid geskied nadat babamishandeling by ʼn Johannesburgse dagsorgsentrum aan die lig gekom het in ʼn video wat beskryf word as die “nanny from hell”.

Die video, waar ʼn babaversorger onder andere een van die babas teen sy of haar kop skop terwyl die kind op die grond lê, word op sosiale media versprei. Een van die kinders word ook gewurg.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het Saterdag in ʼn verklaring gesê die Gautengse regering sal ingryp. Nandi Mayathula-Khoza, LUR van die departement, het dadelik maatskaplike werkers aangestel om die saak te ondersoek.

Sy het gesê haar departement sal seker maak dat diegene wat verantwoordelik is, vervolg word en dat die families met kriminele en siviele vervolging ondersteun word.

“Ons is dankbaar dat die saak by die polisie aangemeld is. Ons het reeds ʼn span maatskaplike werkers aangestel op die saak. Ons ondersoek duur voort en ons sal reageer sodra al die inligting bevestig is. Dit sluit ʼn besoek aan die dagsorgsentrum in.”

Maroela Media se redaksie het besluit om nie die video hier beskikbaar te maak of ‘n skakel na die video te publiseer nie weens die ontstellende aard daarvan. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Ontsteld ·

Dis skokkend en baie ontstellend!!

MM: 2de paragraaf ‘n babaversorger (enkelvoud)

Z ·

Gaan die ouens in busse aangery word tydens die hofverrigtinge?
Ek glo nie…

trol ·

sorg dat jy op eie stoom daar kom @z. LW: die baba lyk wit. kan nie die aanrander (ek kan die ding nie n versorger noem nie) kan ek nie sien nie.

Joey ·

Nou WAAR is eienaar van die dagsorg. Sy moet ook aangekla word. Kom ouers nie agter dat hul kinders mishandel word in dagsorg nie. In die gevalle moet daar tog merke op kind wees of kind sal huil in oggende as hul afgelaai word. Ek is verstom dat die optredes so laat opgetel / raakgesien word. Wat ñ siek mens doen dit aan kinders

van der merwe ·

MM publiseer nie die korrekte weergawe nie! Hierdie is ‘n spesiale sentrum vir gestremde kinders wat aan ‘n dokter behoort. Een van die ander werkers het die video geneem want sy was bang die kinders word beseer.

Oom Doug ·

Het julle gesien, dis n wit baba, so, sal maar sien wat gebeur.. as dit anders om was, wat dan.

My mening ·

Dan was die ANCYL, ANCWL, EFF en almal al aan die gal braak, optogte hou, roof en plunder en dreig om alle witmense dood te maak. En wat gaan met hierdie werker gebeur? Niks. Dis mos net witmense wat rassisties is en tronk toe gaan daarvoor.

Emma ·

Ek nou so ontsteld as dit met my kleinkinders gebeur pleeg ek n moord

Anette ·

Dankie Vader ek werk van my huis af en kan my eie baba versorg!

Emma ·

Skokkend as dit met my kleinkinders gebeur pleeg ek n moord. En die een met die selfoon kon sy nie keer nie

Asjas ·

As sy keer het sy geen bewyse …
Soms moet jy ‘n moeilke besluit maak om iets onder mense se aandag te bring.
Sy het dit heel moontlik aan eienaar genoem en die probleem is onder die mat ingevee.
Met die bewyse het sy die hele siek spul ontbloot voordat ‘n kind vermoor word.

Iemand ·

die dogtertjie is ook gestremd so dis nogal siek wat die oppasser gedoen het an haar

Gatvol ·

En dan verstaan my man nie hoekom ek so vol strooi is oor n dagmoeder nie!! Die wereld is SIEK!

Elna ·

Hoekom n weerlose kind so mishandel? Hoekom gaan vat jy nie jou eie grote aan nie? Seker te bang jy kry seer!!! Ek se altyd as jy nie die geduld het om met kinders te werk nie moenie daardie beroep keuse maak nie!! Ek hoop van harte dat haar dae getel is en dat sy dit baie baie sleg sal berou. Dis net daar en dan wat geen wet my sal keer om my kind te beskerm nie. Baie sterkte aan die arme kindertjies en die ouers wat deur hierdie trauma moet gaan en dit verwerk. Die wereld het siek geword maar Suid Afrika staan heel eerste op die lys van die siekste tipe soorte mense. Gevaarlike gevoellose hartelose land hierdie.

Wonder ·

Hoekom moet die storie ‘n rasse kleur kry.
Verkeerd is verkeerd. Sulks werkers moet nie naby kinders kom nie of hulle eie kinder hê nie!!!!!

Stella Berning ·

Sies. Ek hoop sy is ge arresteer. Kinders veral gestremdes is werkloos.

Nog 'n rede ·

Maar net nóg een van die duisende goeie redes waarom mense die helhool op strepe verlaat.

Mark ·

Hoekom is dit nie op die nuus nie?
Sy moet ronk toe gaan.waar is die eff en die Anc en Da nou?

Ondersoek verder ·

Bowenal die tragedie van die aanranding …hoekom word ‘n serebrale gestremde kind op ‘n koue teëlvloer gelaat,met geen matrassie of mat nie?

AmY ·

Dis die rede waarom my swaer nie wou hê dat my suster dadelik moes gaan werk ná haar tweeling se se geboorte nie.
Hulle is op vier jaar eers kleuterskool toe.

Keelvol ·

Skokkend. Ek hoop die Dr aan wie die sentrum behoort word ook swaargestraf en dat sy of haar lisensie om te praktiseer ook weggeneem word. Ek dink nie hierdie gedrag is die eerste voorval by die sentrum nie. Die spul weet mos dat die kinders nie kan vertel wat gebeur nie!

Oom Kalahari ·

Hier gaan dit nie net oor ‘n storie van kleur kry nie, maar die gevoelloosheid teenoor gestremde kind/ers wat nie vir hulself kan opstaan nie. Sulke genadelose optredes teenoor oumense en kinders is besig om toe te neem.
Die onlangese verkragting van jong wit man teenoor kind was ten volle ingekleur en op die hoogste toppe uitgebasuin, so waarom kan hierdie geleentheid of gebeurtenis nie ook dieselfde aandag geniet nie. Is die werker ook opgesluit as verhoor afwagtende en dit is aanranding met doel om ernstig te beseer asook poging tot moord. As daai baba net verkeerd teen die kop geskop was (teen slaap) of breinskade/bloeding opgedoen het kon dit die kind se lewe ontneem het. Dit is waaragtig nie net kinder mishandeling nie.

JJS ·

Sy sal ook seker weer net hoef ‘n jammer se briefie skryf? Dit sal mos seker ook weer genoeg wees volgens hierdie sogenaamde regstelsel

PJC ·

Ek dink MM moet die video wel wys want mense dink mos altyd dit is nie so erg nie en glo ook nie voordat hulle nie gesien het hoe grusaam hierdie mense se optrede is nie. Ek glo in elk geval nie dat werklik iets gedoen gaan word om die skuldiges aan die pen te laat ry nie. Hierdie is maar weer dieselfde as die Life Ezidimeni geval.

Hartseer Mamma ·

Lees asseblief Jul kleuterskool reels oor hul kamera beleid. Die dag wanneer jy daarna wil kyk word dit van jou weerhou.

Snowball ·

Om met gestremdes, verswakte bejaardes en kinders te werk verg nie net geduld nie, maar hoë emosionele intelligensie en baie empatie. Uit ervaring, (familielid was in ‘n tehuis vir verswakte bejaardes) moet ek ongelukkig sê, beskik baie mense wat by hierdie instansies werk nie oor hierdie eienskappe nie; dis bloot net ‘n werk en wanneer die frustrasie te veel word, word dit op hierdie weerloses in die samelewing uitgehaal. Dit is verskriklik as jy ‘n geliefde moet agterlaat waar jy weet daar is sulkes wat met hulle werk.

Anoniem ·

Ek hoop die werker is onmiddèlik uit haar werk geskors? Wat sê die arbeidswette, mag sy sommer van die begin af sonder betaling geskors wees? Sy behoort tronkstraf te kry vir aanranding met die doel om te beseer, of poging tot moord.

MM, hou ons asb op hoogte van die saak? En baie dankie vir jul oordeel om nie die video te deel met jul lesers nie. Hierdie saak is alreeds erg ontstellend sonder die video.

Leticia ·

Ons beweeg al hoe meer terug na die die ou tyd toe.. Die mans moet gaan werk en vrouens moet by die huis bly om kinders te versorg. Net jammer mens kan dit nie vandag se dae meer bekostig nie

Andrea van Vuren ·

Verminder onnodige luukshede, duur kos, klere, vakansies, uiteet ens. en jy sal verbaas wees hoeveeld geld daar is om jou eie kinders te versorg en op te voed.

Japc ·

Ek is so kwaad het nie woorde nie hou ons op hoogte wat met die saak gebeur wonder net wat sê die arme ouers van die ou kleintjies

Katerina ·

Ek gebruik nie FB of Twitter nie maar kan Maroela lesers wat die twee platforms gebruik dit asb wyd en syd versprei?

RHG ·

Volgens ander bronne is die kind elf jaar oud en serebraalgestremd. Die vrou was haar persoonlike versorger vir 4 jaar. Die inrigting het onmiddellik werk gemaak van die oortreding. Die ouers is dadelik ingeroep.

Genene Dormehl ·

Waar op Facebook of elders kan ek meer inligting sien, hierdie is te min om of die video sien Asseblief? Wil sien of iets wel gedoen word aan die saak – ek vertrou niemand meer om na my kind se veiligheid om te sien nie, wil self sien en WEET dat hy veilig is. Hierdie artikel het darem vers te min informasie vir ons om van ordentlik sin te maak…?!??

honourable member ·

Dalk moet sy bietjie vasgevat word en gevoeter word. Hierdie tipe moet glad nie naby kinders toegelaat word nie.

VanAfrika ·

Die video is op Facebook. Hoekom lê die kinders ook op koue vloere, waar is behoorlike bekerming vir dit ook?

Video kyk ·

Tik op Google “Babies in Johannesburg day care abuse” Wees gewarsku jy gaan goed kwaad wees, ek verstaan hoekom Maroela liewer nie laai nie.

Casper Labuschagne ·

Al vind daar geen mishandeling plaas nie, kom dit neer op ‘n randgeval van mishandeling om babas in sulke eenhede te plaas. Tussen bottels skoonmaak, nog melk aanmaak, doeke ruil, skoonmaak, diegene wat die heel ergste huil vertroos, het die personeel met die beste wil in die wêreld nie tyd om meer as die heel minste aandag aan die babas te skenk nie. Vergelyk dit met die aandag wat ‘n voltydse ma tuis aan die baba sou gee. Sulke babas ondervind letterlik ‘n ervaring van verwerping vir die tien ure van die dag wat ma en pa hulle daar aflaai. En die besige ouers het saans kwalik nog tyd om voldoende aandag aan baba te gee tussen kosmaak, TV en ander take in die huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.