[Skokvideo] Jong mans loop onder polisie deur

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaand die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

WAARSKUWING: Die video bevat kru taal, is gewelddadig van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.

ʼn Jong man moes magteloos toekyk hoe sy vriend en vennoot deur twee polisiebeamptes aangerand, gewurg en onsedelik deursoek is, kort nadat die beamptes hom met die dood gedreig het as hy sou inmeng.

Dié onthullings is gemaak in ʼn skokvideo oor vermeende polisiebrutaliteit wat Dinsdag aan die lig gekom het van ʼn voorval wat glo verlede week buite ʼn winkelsentrum in Douglasdale, Johannesburg, plaasgevind het.

Die video deel die weergawe van die vennote, wat uit vrees vir viktimisasie die skuilname Anton en Shane gebruik. Shane is die heeltyd aan die woord omdat Anton te getraumatiseerd is om oor die voorval te praat.

Maroela Media het verneem die vennote, albei 25 jaar oud en van Kempton Park, bedryf hul eie sakeonderneming en het pas werk by die Pineslopes-winkelsentrum afgehandel toe hulle op 18 Augustus in die vroeë oggendure deur twee polisiebeamptes by hul motor voorgekeer is.

“Ons werkers was reeds weg na ʼn taxistaanplek en ek en Anton was alleen by die motor toe die beamptes daar opdaag,” vertel Shane in die video. “Die polisiebeamptes het vir ons gesê om uit die motor te klim. Ek het dadelik uitgeklim, maar Anton was bietjie stadiger.”

Anton is toe glo skielik deur een van die beamptes gewelddadig uit die motor gepluk. Die beampte se kollega het by hom aangesluit en hulle het glo begin om Anton aan te rand en te wurg tot hy sy bewussyn verloor het. ʼn Beampte het glo ʼn vuurwapen op Shane gerig toe hy sy vriend wou help.

Shane het intussen, sonder dat die beamptes dit agtergekom het, ʼn selfoon gaan haal en probeer om met die versteekte kamera die beamptes se optrede af te neem.

ʼn Mens kan hoor hoe Shane vir sy vriend sê dat hy niks kan doen om te help nie, en later uit moedeloosheid in trane uitbars nadat Anton benoud skreeu dat hy nie kan asem kry nie.

Shane vertel dan hoe die beamptes die bewustelose Anton se broek aftrek en in sy anus rond gevoel het voordat hulle hom omgedraai en ook om sy private dele na iets gesoek het. Daar word vermoed dat die beamptes glo vir dwelms gesoek het maar kon niks kry nie. Shane maak op die video melding van Lip Ice en het gesê die deursoekery het hom die meeste oor die voorval geskok.

“Toe alles kalmeer het, het die beamptes gewag totdat Anton bygekom het. Ek het hom in die motor gelaai en die beamptes het net gesê ons moet dit nie weer doen nie, voor hulle daar weg is.”

Shane beweer hy het geen idee waarom die polisie so opgetree en hulle aangeval het nie. Hy het gesê hy vermoed dit is omdat hulle twee alleen was, en moontlik omdat hulle wit jong mans is.

Anton het beserings aan sy kop, oor, tong, mond, nek, knieë en enkel opgedoen. Hulle het die volgende dag die voorval by die polisie aangemeld en regshulp ingewin.

Volgens die video is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hulle het die video Dinsdag onder oë gehad.

“Ons gaan dit beslis verder ondersoek en die nodige navrae aan die betrokke partye rig. ʼn Interne ondersoek sal gedoen word en die nodige tugstappe sal volg. Volgens die aard van een van die mans se beserings kan ʼn kriminele aanklag van aanranding ook teen beamptes volg,” het Makhubele gesê. Hy het gesê die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is ook by die ondersoek betrek.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Landie ·

WAT op die liewe aarde gaan met ons polisie-mag aan??? Kan julle almal asb afbetaal word, en oor aansoek doen vir hulle poste. By my werk moet jy ‘n skoon rekord hê, voor jy aangestel word. Hoekom nie ook in die polisie nie!!! Ek is verstom, kwaad, hartseer, sommer alles tegelyk, dat die mense wat jou MOET beskerm jou so behandel. Sies man, sies!!!

JP ·

Dit is tyd die skuim wat in die polisie is verwyder word. Maar as die bestuur so wat kan jy anders verwag dit is ‘n uiterse skande . Ons land gaan ten gronde

Flippie ·

Dit sal makliker wees om die enkele goeie polisiebeamptes wat nog oor is te red want die res is die misdadige en korrupte skuim wat hulle deesdae SAPS noem.

Nagel ·

Wens hulle wil my kom aanvat…., glo my hulle sal versterkings moet inroep…

Leeutjie ·

Go for it Nagel!!! As jy omkyk gaan ons almal agter jou staan!!!!

George ·

Een van my kollegas se broer is ook by sy huis ongeveer ‘n maand gelede gearresteer vir beweerde bedrog. ‘n Uur of wat later voordat regshulp by die polisiestasie kon opdaag is die persoon dood. Glo versmoor ……????

Riekie ·

Née rassisme is net as dit wit n swart is maar beslis NIE rassisme Anderson nie

Marietjie ·

Ag nee man, aanvaar se toon. Is jy een van daardie wat na sulke goed kyk en dan net wegloop. Skaam jou

nig ·

Ai julle (Joe en Marietjie) Eish het dit tog sekerlik ironies bedoel!

alex ·

Maroela waarom verdwyn my kommentaar. Nadat dit meer as 10 ure op was.

Winston ·

Ek sê weer. Wees paraat mense. Ons bly in n land omring deur misdadigers. In die staatsdiens, polisie, weermag en oral om ons. Vertrou niemand en bewapen jouself. Indien jy onregmatig arresteer sou word, verset jouself om die arrestasie te verhoed. Dis net so onwettig, soos enige ander misdaad, om n persoon onregmatig te arresteer. Die polisie dink dat hulle die wet is en nie slegs die toepassers nie. Ek ry nie eers kafee toe sonder my yster nie. Nie nou nie en nooit ooit nie. Die polisie het geen beheer oor misdaad nie.

Martine ·

Ek weet deesdae nie meer vir wie ek moet banger wees, misdadigers of die polisie. Ek is so bang om afgetrek te word, juis agv. die feit dat ek as jong dame myself nie kan verdedig nie. Dis hartseer dat ons deesdae nie meer kan staatmaak op diegene wat veronderstel is om ons te beskerm nie. Hulle is meer korrup as die diewe self.

Nicolette ·

Ek is Sat vroeg aand deur polisie afgetrek in Wellington – ek het glad nie n stopstraat gesien .. En daaroor gery sonder om te stop !!!
Die jong man was so ordentelik met my , hy het byna met trane in sy oë gesê: ” aggenee mevrou?! Asb tog jy moet mooi ry en mooi kyk – dis woes op ons paaie vanaand … ek het nou byna in jou vas gery!”
Daarna het hy vir my die beste pad gewys het om te ry uit n dorp wat ek nie ken !
Ek sidder om te dink wat sou met my gebeur het as ek hier bo in Gauteng deur een van hierdie makkers gestop is ..
Daar is nog polisie lede wat mens kan vertrou en wat daar is om te help , maar hulle is so skaars !

Marietjie ·

Here baie dankie vir hulle wat nie hulle mag misbruik nie. Dankie vir hierdie man se mooi maniere.

Hannique ·

Prys die Here vir die ENKELE ware goed opgevoede, polisiebeamptes met UITSTEKENDE maniere wat daar nog HIER en DAAR in ons land te vinde is…..hulle is deesdae NOG SKAARSER as hoendertande!!!

frans ·

Dit is baie belangrik dat soveel as moontlik mense hier en regoor die wereld die video sien. Stuur op alle media aan asb.

Cornel ·

Kan iemand my help met inligting van die twee mans wat aangerand is asb?

Hannes ·

Dit is hoekom hier die land so gestraf word oor die duiwel in beheer is in sa . God slaap nie, hy straf sa stadig maar seker, hierdie duiwels sal gestraf word.

SNEL ·

Ek wonder net, die Israeliete was 400 jaar in Egipte onder ballingskap voordat die Here hulle hulpkrete gehoor het. God het Sy eie tyd. Ek dink belangrikste bly maar net om seker te maak dat ons die Man aan altwee kante van die rivier ken, sodat as ons streep getrek word, ons gereed is om ons Maker te ontmoet. God sal help en kan help, maar op Sy tyd en mens moet oppas as dinge om jou inmekaar stort, dat ons nie in ons geloof verswak nie, maar sal vashou aan God en Sy Woord. Nog n ding wat ons moet onthou is om gereeld vir medegelowiges te bid, dat ons almal sal staande bly deur alles en veral as dit moeilik gaan en mens sukkel om dinge te verstaan.

chris ·

Ek wil mense aanmoedig om in gevalle waar hulle aangerand is of onregmatig gearresteer is n prokureur te gaan sien ten einde n eis teen die polisie lede en die staat in te stel. Dis al wanneer hulle luister as dit aan hulle sak vat.

Quin ·

Dis siek man! Plein weg SIEK! WIE gaan iets hier omtrent hierdie video doen? Hierdie word in elkgeval net een of ander advertensie en sal seker nie eers opgevolg word nie. En daardie rubbish kom weg daarmee? Hoe lewe mens in vrede? Watse JUSTICE SYSTEM is die? DIS SIEK! Om geen simpatie te he teen onskuldige mense nie. Hoekom gebruik hulle nie die bietjie sense en gebruik eerder daardie krag en energy op n sitsuasie wat eerder sin maak nie! JUDGEMENT DAY KOM!

Cilla ·

Hierdie gedrag van polisiebeamptes is ONaanvaarbaar. Vra Afriforum se regspan om hulp.

Xxx ·

Weee are investicting these. Sal hul se. Dan word hy bevorder tot kolonel. Because you whites are rasists!!! Same old story. We are protecting ourselve. Polisie korrup net soos JZ. Hulle wou seker nie bribe betaal het nie.

Winston ·

Ek is n man! Ek verkrag nie, moor nie en respekteer my medemens. Ek is op hoogte van my land se wette en pas daarby aan Maar ek is nie n lafaard nie. “Would you raher die fighting or crying?”

Elma ·

Vertaal asb berig in Engels dan kan ek in Australia en oorseë versprei

Jakoba ·

Darius dit is houdings soos joune wat maak dat jou mede Afrikaner oorsee nie meer die ander in Suid Afrika wil help nie. Jou antwoord was ongemanierd, kortaf en baie onbeskof. Wees dankbaar as iemand dit wil verprei oorsee sodat die wereld bewus gemaak word. Maggies man sy het nie vir JOU gevra nie. Maroela media kan haar help om dit te vertaal sodat dit in Australie versprei kan word.

Han ·

Daar is ‘n groot barbaarse element in die polisie teenwoordig. Sommige polisielede weet nie om beskaafd op te tree nie, het nooit geleer wat dit is nie! Dit is hoog tyd dat aandag dringend hieraan gegee word. Ons land was nog nooit in so ‘n totale gemors soos nou nie. Word wakker!

Christo Visagie ·

Geen wonder dat daar so baie van hulle dood geskiet word nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,ek glo dit is nie net wit mense wat so deurloop onder die polisie nie, ek glo swart mense ook.

Jollie ·

My hart breek vir hierdie 2 jong manne… om so magteloos te voel is verskriklik. Ek verstaan dit nie…. dis barbaars.

Jani ·

Dis skokkend!! Ek dink dit is rassisme deur en deur. Sulke mense moet aan die pen ry.
Mens is nie eens veilig om in die aand laat uit te bly nie! Maar lyk my dis op ons wat ‘n ander velkleur het gemik, want dis die ergste aanval wat ek al gesien het.

Nico ·

Dit is waarom polisie doodgemaak word –
I love it when a cops is killed.

Sumari ·

Ja Nico, want in vandag se tyd weet jy nie wie om te vertrou in die polisie nie. Dit is plein rassisties, want die polisie dink hulle is beter en hoër as ons en dat hulle enige iets kan doen,want niks sal met hulle gebeur nie.

Leeutjie ·

Nico dit sou beter geklink het as jy gese het when a bad cop is killed! Daar is nog goeies daar buite! Ons hoor net min van hulle!!

Nandi Cooper ·

Dit is flippen belaglik!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ek hoop van harte iemand maak seker en hou almal op hoogte dat iets gedoen gaan word!!!!!

buurman ·

rassistiese polisieaanval en teiken wit jeug .Die so goed soos valse arrestasie sonder n grondige rede.Aanranding met die opset om ernstig te beseer,rig van vuurwapen,onsedelike aanranding en barbarse optrede misbruik hul magte.

Smit ·

Daar gaan ‘n dag kom wat ons nie meer die wang sal draai en alles net gelate sal aanvaar nie. Gee daai twee polisiemanne vir ons vir hulle straf, want anders gaan hul net ‘ n tikkie op die vingers kry voor die TV kameras en ‘n klop op die skouers agter die skerms. Ons morele en waardes is ons kompas, maar gaan ook ons einde wees as ons nie begin aanpas, saamstaan en ons verset teen die siek spul nie! Ek is moeg om te hoor die getalle is teen ons ens., ens. Is ons God nie groter as getalle nie? Maar dominee sal Sondag weer vrede en vergifnis en wangdraai preek, in plaas daarvan om ‘n paar pete te groei en bek te rek.

buurman ·

Smit, ek stem saam. Ons moet nuwe berekeninge maak vir die optredes in sulke gevalle.

paul ·

So n paar maande gelede was die bevelvoerder by douglasdale polisie stasie vervang,??? hy was glo rasisties,,smaak my nou is hulle broer in beheer ,,en hulle totaal buite beheer,,,,

Francois ·

Dit is wat gebeur as kriminele aan stuur is van die land.
As no. 1 mag steel, hoekom dan nie ander nie?
SAP wat uit kriminele bestaan en waar tronkstraf op jou CV ‘n kwalifikasie is!

Betsie Bester ·

Hierdie jongman is tot in sy siel verneder!! Die wonde wat by opgedoen het sal genees, die vraag is……sal sy sielswonde genees????? Sy hele menswees het seergekry!

Eugene ·

Hulle is vinnig om iemand te wil seer maak niks kan doen nie… maar sodra daar aanvalle op hulle is, dan beteken hulle niks… alhoewel hulle niks beteken oor die algemeen nie. Die polisie van ons is in elkgeval net useless… hulle is altyd laat, slaap op diens, kan nie hulself verdedig ni… maar dan moet ons hulle bel as daar iets fout is??? Nee wat… neem die gereg in jou eie hande en weet die werk word reg gedoen!

debbie ·

Ja wel krimenele word presidente en ministers so wate hell!!! Ai wat is ons toekoms as witmense in die land???? ek vra ma net!!!!

Michiel ·

Anon, hulle worry nie oor afstande of areas nie, hulle neuk orals op

Geesie ·

Nou vra die mense hoekom word die polisie net dood geskiet ,vra my skoon seun self polisie man in die Vrystaat, en sy andwoord was dan ook dit is sulke varke wat die oorsaak is dat onskuldige polisie manne dood geskiet word ,

Leeutjie ·

Nico dis oor polisiemanne soos Geesie se seun wat nie geskiet moet word nie. Dis waarom ek jou korrigeer het!

Theresa ·

Maroela, stuur asb die video en soveel moontlik detail aan Afriforum.
Ons sal moet SAAMSTAAN in die publiek teen hierdie tipe goed.
Ons wat hier kommentaar gee, lees mekaar s’n en daar is der duisende mense op straat wat moet deelneem.
WEG met die sogenaamde geregsdienaars! Hul MOET aan die publiek vertoon word en NOOIT weer so ‘n tipe amp beklee nie.
Cornel, dalk kan jy Afriforum vra om te help?

Ronell ·

Ek het sopas opgegradeer na 24/7 ASAP silwer status waar jy net ‘n noodnommer druk en hulle stuur dadelik iemand om jou te help, asook regshulp indien jy onregmatige arrestasie in die gesig staar

Jo-Anne ·

Ek dink dis absoluut wreed en Dan word daar gese ons wites is rasisties !!! Onanvaarbaar man en dan moet ons nog van hulle verwag om ons te beskerm in nood as hulle die blerie skelms is !!!

Brenda Scheepers ·

Hoe word sulke SKURKE “flippen” polisiemanne ? ‘n Mens wonder watse opleiding hul kry en deur wie ? Om so barbaars te wees !!! Sluit hul toe en gooi die sleutels weg !!!

Lize-Mare ·

Die selfde het met my man en sy kolegas gebeur maandag aand… dit is die selfde polisie beamptes. hulle was nou wel nie so wreed behandel nie maar hulle is uit die kar geruk en deursoek. Na die tyd is daar vir hulle gevra vir R50 elk sodat die polisie beamptes vir hulle Mc Donalds kan koop… Waar kan ons die saak aangee

nig ·

Lize-Mare – kyk in die berig die laaste gedeelte na Opod en google dit, moontlik sal hul jou kan help. Of selfs die Lt Kay Makhubele wat sekerlik by daardie polisiestassie is – rapporteer dit minstens aan haar/hom en ook by die Opod. Hoe meer mense uitkom met dit hoe beter. Of die Lt iets gaan doen…wel… maar minstens het julle probeer

anton venter ·

het nou net video gekyk van die polisie brutaliteit -hulle sal nog promosie kry ,of hle sal suspend word met pay tot hulle retire -het ek die reg om myself te verdedig as dit moontlik is in so situasie

LOLLA ·

WOW, wat is besig om met ons Land te gebeur? Mens is en voel oral onveilig, slaap moeilik in die aande want mens is bang vir inbrake, mens kan ook nou nie meer iewers heen ry nie, nie eers die Polisie vertrou nie. Ek het geen vertroue in ons land nie, en as ek kon was ek lankal uit SA….

Johannes Meintjes ·

Goeie vraag Alex: waarom word lekker warm debat gemanipuleer? Terug by die onderwerp van hierdie SAPS brutaliteit en totale gebrek aan professionele dissipline;- my pleidooi, al sedert 2001, is vir verbeterde burgerlike beskermingsstrukture en wedersydse onderskraaging vir blanke burgers in SA. Die eskalerende rasse konflik is nou lank reeds onaanvaarbaar, heeltemal buite beheer en uitermate destruktief.

Ekke ·

Ekke as n Saps lid net so gatvol vir di brutaliteit teenoor di gemeenskap en dan ook di rassisme . Genoeg is genoeg.

Terry ·

Its time that we stand together and clean up our police force. Bring back all the old policemen to show the rubbish that we have in the force what discipline is

CHRISTA ·

Die polisievoertuig se nommer is DO 10!! Hulle moet net hulle register nagaan en sien wie daardie tyd van die aand die voertuig gehad het!! Moenie kom met die ekskuus hulle WEET NIE WIE DIT WAS NIE!!!

Carel Taute ·

Die oplossing is voor die hand liggend. Dagvaar die SAPD – ELKE- keer dat hulle droogmaak tot hulle leer. In die afgelope 5 jaar het ek die SAPD gereeld gedagvaar namens lede van die publiek wat deur SAPD lede aangerand onregmatig gearresteer was . Om sulke goed te laat verbygaan is om hulle aan te moedig om dit weer te doen – volgende keer net erger.

Hannique ·

Daar gaan ‘n dag kom…..wanneer terugstaan vir die sogenaamde “gereg” NIE MEER GAAN GEBEUR NIE……wag maar net en kyk!!!

Michael ·

Mag ‘n mens jouself nie teen so ‘n “aanval” verdedig nie? Hoeveel reg het die polisie om jou persoonlike spasie te betree (of bedreig) sonder ‘n lasbrief?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.