Skokvideo-moord: Nog ʼn verdagte vas

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Derde verdagte het in die hof verskyn in verband met die moord op ʼn polisiekonstabel in November.

Maroela Media het verlede maand berig oor konst. Johannes Mokotedi wat helder oordag doodgeskiet is toe ʼn groep verdagtes ʼn klerewinkel in Mooinooi, Noordwes, beroof het. Die skokoomblik is deur kringtelevisiekameras op video vasgelê.

Volgens kapt. Paul Ramaloka, polisiewoordvoerder, volg die nuutste inhegtenisneming op die samestelling van ‘n spesiale taakspan om moorde op polisiebeamptes in Noordwes te ondersoek.

“Die eerste twee verdagtes is kort ná die moord op Mokotedi in hegtenis geneem. Beslag is gelê op vier handwapens,” het Ramaloka gesê. Volgens hom is die vuurwapens vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of dit ook in ander misdrywe gebruik is.

Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende polisiekommissaris in Noordwes, het sy dank uitgespreek teenoor die taakspan wat die verdagtes aangekeer het. “As ons nie voor Kersfees die bende aan die pen laat ry het nie, sou hul misdrywe net meer en meer uitgekring het.”

Tsumane het gesê hy hoop dat kriminele die boodskap kry dat die polisie “nie enige misdrywe gaan duld nie”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oujaap ·

Nog net ń paar taakspanne aanstel om die plaasmoorde te ondersoek.

Peet Schabort ·

Hopelik sal hul op hul herrie kry vir die koelbloedige MOORD.
Daar is nie ‘n verwysing na die vorige berig.

Nico Strydom ·

Dagsê Peet
Die skakel is bygevoeg.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.