Skokvideo uit Gautengse hoërskool lei tot ondersoek

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat nóg ʼn skokkende video aan die lig gekom het van ʼn hoërskoolmeisie van Gauteng wat oënskynlik by die skool ʼn seksueel uitlokkende dans vir ʼn hoërskoolseun doen.

In die video wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe die seun op ʼn stoel sit, terwyl die meisie teen hom dans. Albei is in skooluniform geklee. Ander leerders wat na die petalje staan en kyk juig die meisie entoesiasties toe.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê dié video is glo reeds in Februarie vanjaar by die Sikhululekile Secondary School in Hammanskraal verfilm. “Dit is jammer dat die leerder in die video tans nege maande swanger is en by die huis is waar sy wag om geboorte te skenk. Haar ouers is reeds na die skool ontbied [nadat die video aan die lig gekom het]. Die dissiplinêre proses teen haar sal voortgaan by haar terugkeer na die skool,” het Mabona gesê.

Hy het nie bevestig hoe oud die leerders in die video is nie, maar het gesê die video is deur graad 10-leerders opgeneem.

Dit is nie die eerste keer dat ʼn skokvideo van Sikhululekile Secondary School-leerders die lig sien nie. Vroeër vanjaar is ʼn video versprei van ʼn leerder van die skool wat seksuele gebare maak, kru-taal gebruik en deelname aan seksuele aktiwiteite aanmoedig. Mabona sê dié leerder het reeds voor ʼn dissiplinêre komitee verskyn en is vir vyf dae geskors.

“Ons is bewus van drie video’s wat in Februarie vanjaar deur graad 10-leerders by die skool gemaak is en daarom sal ons ondersoek die hele graad se leerders insluit. Dit uitkoms van die ondersoek sal bepaal wat die dissiplinêre stappe teen al die leerders betrokke sal wees.”

Mabona sê ʼn psigososiale span is intussen na die skool gestuur om berading en ondersteuning aan geaffekteerde leerders te verskaf.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, het die gedrag van die leerders in die video’s as “uiters teleurstellend” bestempel.

“Sikhululekile Secondary School is een van ons bes presterende skole wat ʼn 100% slaagsyfer vir wiskunde en wetenskap lewer. Skole is instansies van onderrig en leer en moet as sodanig hanteer word. Ons veroordeel enige gedrag wat ten doel het om die waardigheid van ons onderriginstansies te ondermyn,” het Lesufi gesê.

Hy het gesê die departement het reeds verskeie programme wat gefokus is op persoonlike welstand, insluitend programme wat vroeër seksuele aktiwiteit ontmoedig. Volgens Lesufi is die departement tans in gesprek met voormalige leerders van die skool met die oog daarop om ʼn mentorskapprogram op die been te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

schalk ·

Meisie nege maande swanger? Nee dis dan ‘n vrou as sy swanger is. Ouderdom beteken nie jy is nog nie ‘n vrou nie.

Wolkie ·

Wel broer, media skroom nie om verkleiningsvorme soos baba seuntjie dogtertjie ens te gebruik ipv net baba seun/dogter te gebruik nie, dis n manier om emosie uit te lok uit leser..

IK ·

Jare gelede is daar aan my swaer gevra wat is ‘n ‘me.’? Sy antwoord aan die dames was as volg: ‘Dit werk so: ‘n ‘mevr’. is getroud en het ‘n kind; ‘n ‘mej.’ is ongetroud en het nie ‘n kind; ‘n ‘me.’ is ook ongetroud maar het ‘n kind’.
So hierdie meisie neem ek aan is ongetroud en dus ‘n ‘me.’, maak nogal sin . . .
Dit laat my ook dink aan die meisie wat vir haar ouers gesê het: ‘Moenie so ontsteld wees, dis nie so erg soos julle dink, ek verwag net ‘n klein bietjie!!’.

Klo ·

So jy wil vir my se jy praat ook van n 12jarige vrou? of in gevalle waar pubirty al op 9 is, n 9jarige vrou?

Charles ·

Dis hoe Lesufi wil he al die skole moet wees, op selfde standaard….

Anne ·

Soos gewoonlik sal jy nie ‘n woord van die Lur oor hierdie skandelike voorval hoor nie . Pateties om die minste te se, kinders bring kinders in die wereld en die las word al swaarder op ons belasting betalers. O ja Santjie, dit het wel in die 70’s gebeur maar ek kan nie dink of onthou dat dit ooit so by ons skole gegaan het nie .

Andre ·

Nie verbaas sy is al swanger nie… Dis oor Mnr. onderwys LUR teveel tyd bestee om wit en Afrikaanse skole te ontwrig. Hoe is daar 100% slaagsyfer vir wiskunde? Is die kerikulum laag of is die onderwyser korup? Want met sulke gedrag in ‘n skool is dit duidelik daar is nie disipline nie. Dankie aan ons regering wat lyfstraf weg gevat het. Pluk nou maar die vrugte wat jul gesaai het!

Monique ·

Haha… Daar is seker Baie min leerders wat Wiskunde en Wetenskap nee..

Santjie ·

Theresa, ek weet nou nie uit watter era jy is nie, maar toe ek nog op skool was (in die 70’s) was daar ook maar ‘n hele paar meisies wat skool moes verlaat omdat hulle swanger was .
Ek was, dank die Vader, nie een van hulle nie. So hierdie is nie ‘n nuutjie nie.

Mielie ·

Kom net weer neer op respek en discipline ….Kinders van alle rasse raak swanger en is seksueel akief, dis die eerste keer dat ek hoor van lap dance op skool terrein. Daar is geen onderwyser, prefek of klaskaptein in sig nie. Is dit n saak van stel nie belang, wil nie, of bang vir intimidasie.

Lindtjies ·

Deesdae kan die groot mense by die kinders leer. Hoe het die lewe nie verander nie.

John ·

So, word rietdasklasse nou as prakties saam met die nuwe his-story aangebied? Wie gaan betaal vir die instudering van die lesse en die uitval? Seker ook die belastingbetalers…

ES ·

Dit gebeur in alle skole. Selfs in model-C skole met meerderheid wit kinders… dis lankal nie meer snaaks nie. Dit het nou al amper die norm geword.

Ja-Nee ·

Ja ek het ook al sulke videos gesien wat kinders in ‘n top Afrikaanse hoërskool waar my seun was, afgeneem het waar die onderwyser uit die klas was. Sulke videos word ook by “kuiers” afgeneem. Die kinders dink dit is baie snaaks.

Snowball ·

Lag ek my nou ‘n boggel vir Lesufi wat praat oor die waardigheid van onderwysinstellings!! Alom bekend hoe selfs onderwysers kinders seksueel misbruik in ruil vir slaagpunte. SA se onderwysininstellings het ‘n platform vir politieke indoktrinasie geword. Die kind en sy belange is laaste op die ANC se prioriteite in die sg waardige instellings. In SA waar kinders, kinders kry om staatstoelaes te ontvang, hoe spreek jy morele verval aan in die samelewing? Met mentorskapprogramme? Nee wat, norme en waardes kom nie deur programme nie; die koeël is klaar deur die kerk.

Geen komentaar op die een nie Snowball...jy't waarlik als goed bymekaar gevat! ·

Lees Snowball se momentarily dis so!

Willie ·

Ek dink ons sal sidder om te weet wat in skole aangaan, en na skool…

Suzi O ·

@ Willie, ek dink dis juis van te veel ‘stokkies’ wat gedraai word!

Staak ·

Tipies, skuif die blaam altyd rond.
Hoe dan anders, Zuma het dan so baie vrouens.
Begin om die probleem by die voorbeeld wat gestel aan te spreek.

Karen ·

Vreemde mense inderdaad ….. wat het geword van statutère verkragting ? Is daar nog so wet of is dit net maak en kry SASSA ? Almal kommer oor afrikaans maar jnr swanger op skool ?

Me ·

Hoekom moet hulle terug gaan skool toe na sy gekraam het, die seun en meisie(vrou) moet nie terug gaan nie. As jy grootmens dinge wil doen moet jy seker maar n werk gaan soek soos groot mense en dan vir die kind sorg maar nee dit sal nie waag doen nie………..

Heila ·

Sy moet teruggaan skool toe en matriek slaag. Daarsonder het sy geen kans om ‘n werk te kry nie. Met matriek darem ‘n effens groter kans. Op die einde is dit die arme onskuldige kind wat die swaarste kry.

NSA ·

WAT SKOK JULLE HIERAAN? Lesufi weet dit en dit is wat hy in alle AFRIKAANSE Skole wil inbring. Hy wil nie die standaard OPBRING nie, maar almal na hierdie vlak toe AFTREK . en almal lag en gesels en neem videos, sy sal seker teen vanaand BAIE kliente he . dit is wat die nuwe generasie soek in die SKOLE .. rand onderwysers aan, he seks by die skool WHY NOT?? That is the new South AFrica.

Anoniem ·

Skandelik hoe dit in die wereld gaan geen selfrespek ,trots ,en selfliggaam respek ek skaam my vir dit !!!!

Chris ·

As sy 9 mnd swanger is en die video is in Feb opgeneem was sy mos reeds swanger met die gebeure of is my wiskunde nou verkeerd ?

christa ·

daars ‘n gesegde ” vroeg ryp, vroeg vrot”. Vandag se kinders word ryp gedruk deur die ouers. Sommige kinders het al kinders al is hulself nog kind. Dis mos die norm om kinders te he voor jy getroud is.

Bennie ·

Die ander meisie was vir n soort gelyke daad 5 dae geskors. Niks soos vyf dae leeglê op straat (want by die huis sit en leer sal ook nie gebeur nie) om jou n les te leer om dit nie weer te doen nie. Jy hoor dan die kind word dan nog toegejuig terwyl sy dit doen. Hiedie is n opvoedings probleem wat nooit aangespreek sal word nie, wit en swart gelyk.

Nel ·

Geensins geskok nie net woedend dat my skoolgaande kinders aan sulke immorele en vieslike gedrag blootgestel moet word.

Ekke ·

Glad nie verbaas nie. Kry ook die leerders hoe staan hulle in die middae in die strate agter die bome en doen dinge wat in die eerste plek nie op straat hoort nie en nog minder as jy jou skool se trots dra nl die SKOOLDRAG!!!! Geen respek vir niks en niemand.

E.K. die eerste ·

Nou ja as mens allerhande danse doen dan moet mens maar die gevolge van uitlokkende gedrag dra. Was daar dan geen onderwysers wat toesig hou of het hul saam gejuig?

jannie ·

is daar nog kinders op skoolbanke of is hulle klaar vowasse

Casper Labuschagne ·

Eens op ‘n tyd was daar Christelike morele standaarde in ons samelewing en die swart kultuur het ook hul eie streng morele gedrag gehad. Vandag leef ons in die tydperk van ‘n linkse post-modernisme waar die mens kamtig bevry is van ‘n onderdrukkende patriargale Judeo-Christelike waardestelsel. Hierdie kinders kopieer eenvoudig die vloed van gedrag en waardes waaraan hulle blootgestel word, of dit nou die eksplisiete musiekvideos is, gratis kondome, aborsies beskikbaar vir skoolmeisies, seksonderrig wat nie waardes oordra nie, disfunksionele huishoudings, maklike toegang tot pornografie deur selfone asook die eerste blootstelling aan pornografie op ‘n geweldige jong ouderdom en ‘n kultuur wat fokus op die plesier en oombliklike gratifikasie van die onmiddelike. Voorheen sou dit hedonisme genoem word, maar vandag sou jy van haatspraak beskuldig word as jy ‘n morele waardestelsel besit wat iemand anders van hul reg op enige vorm van plesier sonder ‘n sanksie van nagevolge wil ontneem.

Persoonlik begin ek dink dat ek soos Noag moet maak en ‘n ark te bou sodat ek myself kan afsonder van die bose wêreld en wag vir ‘n sonvloed om tog te kom.

Anti-Kommunis. ·

Caper Labuschagne, jy het die spyker vierkantig op sy kop geslaan! Stem volkome saam.

Alice ·

Casper buiten vir besondere goeie taalgebruik sonder spelfoute stem ek meer as 100% saam met jou stellings. Die verval en bose wat regeer is verby skokkend.

MarieM ·

@Chris jou wiskunde is reg. Het jy ook ‘n 100% slaagsyfer gehad? Hehehehe.

Frans C ·

Is dit maar nie weereens ‘n geval dat sy nou later aansoek gaan doen vir ‘n ‘child support grant’ ?

Jacques ·

En daar dog ek kinders gaan skool toe om aan hulle toekoms te bou , duidelik was ek verkeerd . Hulle bou aan hulle families as ek die ding so kyk . Walglik man sies .

ABC ·

JMC, jy is baie naief as jy dink daar is nie Afrikaanse kinders wat ook so optree nie. Net so is daar ook baie kinders van ander tale wat goeie morele standaarde handhaaf.

Rebecca ·

Ek dink nie dit was wat JMC bedoel het nie – ek dink dit was meer op die punt van dit is reg dat kinders sulke gedrag toon maar dit is nie reg as kinders afrikaans praat nie.

Mamma ·

Dit ontstel my geweldig dat kinders so sonder enige moraliteit grootword. En dis nie ‘n kulturele problem nie, dis oor ons hele samelewing versprei. Maak mens se hart so seer dat hierdie kind se toekoms nou maan toe is. Vir wat? ‘n Bietjie plesier? Teen die tyd wat ‘n 16-jarige (ek raai die ouderdom) swanger is, is die morele skade al jare terug gedoen. Blameer die ANC en blameer ons regering en blameer ouers wat GEEN verantwoordelikheid vir hul kinders neem nie.

Humbug ·

Mamma ek stem saam jou. Meeste van vandag se kinders word met Sielkunde groot gemaak want jy mag mos nie meer slaan nie. Daarom geen selfrespek vir jouself of enige iets nie. Dis mos lekker om te maak soos ons wil. Ek sidder om te dink hoe hul as volwassenes gaan uitkom.

Zelda ·

Dis wat gebeur as hulle van Laerskool af met sex inligting begin. Dit prikkel die nuuskieragheid baie vroeer. En op hoerskool nog erger want hel hulle leer van Laerskool af van dit. So wat hulle leer pas hulle toe.

GM ·

Hulle is so trots op hul 100% slaagsyfer, maar as die slaagsyfer vir ‘n vak 30% is (of hoeveel dit ookal nou is), en dan moet punte nou nog aangepas word as te veel druip, dan sal almal mos nou ‘slaag’.

Pink ·

Met sulke swak gedrag en jy word vir 5 dae geskors, belaglik!

Chaotiese Pedagogie ·

Viva le Frans wat selfone uit skole gaan verban.
Onderwysdepartemente en onderwysers moet weer gereeld onvoorbereid deur buite Inspekteurs getoets word. Wat gesaai word …word nou geoes …”Chaos” morele verval agv. Eliminasie van Christelike opvoedingbeginsels.

christa ·

daarom kan mense wat in die apartheidsjare std 8 of matriek gemaak het trots kan wees. Vandag kom hulle uit matriek en kan nie lees of spel nie.

chantel ·

dis regtig waar n skande,ek sou my dood skaam is dit wat nou al gebeur in skole… Dis nou waar ek dink aan die gesegde vroeg ryp vroeg vrot….

Estelle ·

Hoekom is enige iemand verbaas? Dit word van baie jongs af vir kinders op TV programme gewys, daai programme wat moet kinderwagter speel. Dan word seksvoorligting (nee jammer, geboortebeperking en STD voorkoming) vir kinders in CAPS van ongeveer 10jaar oud af in baie detail in Lewensvaardigheid aangebied. Voddie Baucham het ñ fantastiese sêding kwyt geraak wat vir my hierby aansluit. “If you keep on sending your children to Ceasar for their education, you have to stop being surprised when they come home as Romans.”

Henry ·

Maar hulle fokus om Afrikaanse skole toe te maak of om beheerliggame aan te vat, hulle fokus op die verkeerde dinge.

FYI ·

25 jaar gelede in top Paarlse skool het ‘n klasmaat dieselfde gedoen in die gang…
Maar wat ek eintlik wil sê: ek gee skool, ek werk myself tot stilstand. Ek kan nie oral wees nie. Ek kan straf uitdeel soveel as wat ek wil, die kinders wat so optree, voel vere. En as jy weet hoe dit in kinders se huise gaan, sal jy ook nie verbaas wees dat kinders so optree nie. Kinders kom vertel vir stories uit hul huise wat my nagmerries gee, en ek kan niks doen om hulle te help nie. Nou gaan iemand my seker aanval. Ek wag vir jou om my te vertel wat jy doen.

Alice ·

FIY glo elke woord wst jy sê. My suster het die onderwys verlaat omdat dit so gaan. Sterkte jy klink nog na n onnie wat jou werk goed en met trots doen.

Nadine ·

Volgens die berig was daar n vorige voorval van dieselfde skool, en die leerling is net vir 5 dae geskors! Hoe skors hulle n kind net vir 5 dae?… Dis mos nie n skorsing nie, meer soos n ‘mini-vakansie’…. Sommige dinge gaan net n mens se verstand te bowe!!!!

anton ·

Ouers maak hulle kinders al vir die laaste 25 tot 30 jaar nie meer oordentlik groot nie!!!
Ek kry soms te doen met die van daardie ouderdom en voel ek kan hulle soms wurg.
Dus ouers se swak opvoeding word maar net later jare ander mense se probleem.

Alwyna ·

Jy is reg Anton. As ek so na vandag se ‘jongmense’ kyk, en ek praat nou van 30+, dan sidder ek soms.
Waar is die dae wat n man nog n vrou voor hom by n hysbak of trappe laat gaan het? Nee, hulle loop jou liewer uit die aarde (ek veralgemeen NIE!)
Die groot sondebok lê ek voor die deur van werkende ma’s. En daarby bedoel ek daar is nie meer tyd vir opvoeding tuis nie. Vroeër het n ma gewerk wat net n ‘ekstra’ inkomste ingebring het. Vandag MOET sy werk…

Lizette Uys ·

Here ons roep uit na U hier aan die Suidpunt van Afrika. Wees ons genadig!
Kinders het nie meer respek v hulself of selfs v grootmense. Ek sit en luister na hul taal wanneer ek my kind gaan oplaai. Hulle vloek soos matrose. Paartjies hang aan mekaar in hul skooldrag. Geen skaamte. Hulle voel vere as hul agterkom jy sit vir hulle en kyk. En ek praat hier van blanke kinders. Die Woord sê id laaste dae gaan dit weer wees soos in Sodom en Gomorra se tyd. Nét so mag jy nie meer praat teen dit wat duidelik in God se Woord sonde is nie, want MENSEREGTE word aangetas. Mense wil hoor wat hul ore sooth…nog iets wat id Woord staan. Moenie verbaas wees. Val op jul kniee en kyk na bo met n verwagting. Jesus Christus is oppad om Sy Bruid te kom haal. Alle tekens is daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.