Skokvideo van boelie-aanval by Jhb-skool

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn laerskoolseun van Johannesburg wat gewelddadig deur medeskoliere aangerand word, het sedert die naweek wyd opslae op sosiale media gemaak.

Op die video kan gesien word hoe ʼn leerder van Laerskool Randfontein deur ʼn groep skoliere op ʼn sportveld geslaan en geskop word. Die seun val naderhand op sy knieë en hou sy hande oor sy kop om homself te beskerm, maar die groep hou net aan om hom te skop terwyl omstanders hulle luidkeels toejuig. Die aanvallers en die leerders wat die voorval met hul selfone verfilm, gebruik ook deurentyd uiterse kru-taal wat nie van laerskoolleerders verwag word nie.

Sharon de Leur, die seun wat aangeval word se tannie, het op haar Facebook-blad van die voorval vertel en gesê die seun is deur ʼn ander leerder na die rugbyveld gelok. “Ongeveer 14 van sy medeskoliere het hulle gevolg, waarvan drie prefekte [lede van die leerlingraad] was,” het sy gesê.

Sy het gesê dit was vir haar byna erger om te sien hoe die omstanders staan en lag terwyl haar broerskind aangerand word. “Hulle het nie eens vir hom jammer gevoel toe hulle bloed en sy oopgebarste lip sien nie. Sy snikke het ook nie hul hartsnare geroer nie. Hulle het net gestaan en kyk en lag,” het sy gesê.

Volgens De Leur het die aanvallers haar broerskind daarvan beskuldig dat hy die onderwysers vertel het dat hulle rook, maar is dit glad nie waar nie. “Die beplanning van hierdie aanval ontstel my. Hulle het duidelik hierdie aanval oor ʼn geruime tydperk beplan,” het sy gesê.

“Al lag hy steeds en maak grappies, glo ek hierdie gewelddadige ervaring sal oor die langtermyn negatiewe effek op hom hê as hy nie behoorlike berading ontvang nie.”

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement, het aan Maroela Media bevestig dat die seun wat duidelik op die video gesien kan word terwyl hy die ander seun aanrand, met onmiddellik effek geskors is. “Die seun wat gehoor kan word hoe hy die ander seun aanmoedig en die slagoffer tart, sal ook dissiplinêr verhoor word,” het sy gesê.

Intussen sal die departement Woensdag saam met al die leerders in die video se ouers en sleutelrolspelers van die skool vergader. Sekhonyane het gesê die seun wat aangerand is, ontvang reeds berading.

Die seun se naam word weerhou om sy identiteit te beskerm.

Die video van die aanranding kan hier gekyk word. WAARSKUWING: Die taalgebruik en gebeure in die video is uiters kras en kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Maggie ·

Ek hoop uit my hart uit die seuns wat betrokke was kry net wat hulle toekom, selfsin hul volwasse lewe eendag, en dat die seun wat aangerand is ook kry wat hom toekom.

mandie ·

Wanneer gaan dit stop. Kinders pleeg self moord word aan gerand maar niemand doen niks. Om daai kinders te skors gaan die arme kind ni beter laat voel nie. Ek hoop daai kind se ouers maak aanranding sake oop teen oor elke een wat betrokke was. Kinders van vandag wat ander so boelie is vieslik. Dis hul ouers wat hul kinders ni disipliene kan leer nie, n boelie word gewoontlik geboelie deur hul eie ouers. Streke seun ek hoop jy voel gou beter , en onthou hulle is niks werd ni. Sulke skym mense maak my bevoeterd

Sanri Kotze ·

Waar is die onderwyser wat terreindiens moet doen? Op die platteland word boelies nie geduld nie! Daar is ‘n aantal onderwysers aan diens! Dankie tog my kinders is in een van daardie skole!

DW ·

Hoekom is dit die onderwyser se verantwoordelikhied om die kinders in toom te hou? n Skoolterrein is n groot area- hoe verwag jy moet n onderwyser oral wees op dieselle tyd? As die kinders mekaar wil uitsort, gaan dit gebeur. Al was daar n onderwyser naby, sou hulle die storie later net hervat het. Dalk buite die skoolterrein, waar dit baie meer gevaarlik kan wees. Ek dink nie hierdie tipe gedrag is iets nuuts nie. Ek dink meeste van ons en ons ouers het sulke goed gesien gebeur deur die skooljare. Ek voel jammer vir die outjie en dit is sleg om sulke goed te sien gebeur, maar ek dink al hierdie media aandag gaan vir hom slegter wees op die ou-end.

Francois le Cochon ·

@DW – Volgens die Skolewet is ‘n skoolhoof verantwoordelik vir leerders se veiligheid,
Daar moet ten alle tye terrein onderwysers op die skoolgronde wees.
Ek le^ egter hierdie tipe gedrag voor die deur van die ouers. Ouers voed nie meer hul kinders op nie, en leer hulle nie waardes nie. Hierdie kinders word dan volwassenes sonder enige etiese waardes. Ouers dink as hulle alles vir hul kinders koop wat hulle wil he^, dan is hulle goeie ouers. Hierdie ouers maak hulle eintlik skuldig aan kinderverwaarlosing.

M ·

Dit is altyd die kind wat sy huiswerk getrou doen en wat gedissiplineerd is wat die skuld vir alles kry. My kind is ook al so geboelie oor iets wat hy nie eers gedoen het nie. Ek leer my kinders van jongs af. As iemand jou uitvang as jy iets verkeer gedoen het, VAT DIT SOOS ‘N MAN! Dis net jou skuld, niemand anders s’n nie.

Letitia ·

Jy klink vir my soos iemand wat ook ander kinders geboelie het, sies man hoe kan jy so iets se??!!!!!!

Wilmarie ·

Leerlingraad wat staan en kyk? Julle is nie Leerlingraad se g@t werd nie man! Julle behoort julle te skaam.

ook 'n ouer ·

Leerlingraad staan nie net en toekyk nie, hulle raak betrokke deur die afgeknoude kind in die “”gevegslinie” terug te stoot. Ek hoop die ouers gaan ‘n klag le teen die onderwysers wie moes toesig hou. Kulle het hulle plig versuim. Die skole soek prima skoolfonds en faal die leerlinge skeielik. Sulke dinge sal aanhou terwyl kinders toegelaat word om met selfone skool toe te kom. Die ouers van die boelies behoort ook aangekla te word hulle is oor die algemeen heeltemal bewus van hulle kinders se gedrag en keur dit goed.

Retha ·

Kinders sonder maniere moet verban word uit skole uit. Almal wat daar was moet geskors word. Nou is 1 geskors en teen 1 sal opgetree word. Ag sjame. Die departement moet wakker word en sulkes in verbetering skole sit. Hulle verdien ‘n kriminele rekord.

Albert ·

Dis nou ‘n goeie geleentheid om van die bullebakke ‘n voorbeeld te maak – skors hulle summier – was die rotang en lyfstraf nog in plek sou dit nie gebeur het nie maar nee dit is mos menseregte en sielkundige benaderings wat alle disipline by die agterdeur uitgooi – hulle weet daar kan eintlik niks aan hulle gedoen word nie.

Henry ·

Boelies wat met die aanmoediging en ondersteuning van ‘n spul lafhartige aanhangers sulke dade pleeg, is so oud as die berge.
Skors die boelies en hul aanhangers, hulle behoort nie in ‘n skool tussen ander kinders toegelaat te word nie.

Hannatjie ·

Dis skokkend om die minste te se maar dit gebeur ook in die oos rand in skole in Boksburg. Ongelukkig word daar niks hieraan gedoen nie want die kinders sponser hoogwaarskynlik die skool met allerhande goed. Hoe kinders groot gemaak word is skokkend en blameer die ouers. Ek wou al n hele paar kere die ouers iets aan doen oor hulle swak ouerskap.

Asjas ·

Name and shame!! Leerlingraad lede moet onmiddelik van hul amp onthef word, dit moet op hul rekord gaan en hul volg tot by die eerste pos waarvoor hul aansoek doen!! Hoof boelie moet geskors word en verbeteringskool toe gaan. Watter ordentlike skool wil sulke kinders in neem? Ek wonder net altyd wat gaan deur hierdie ouers se gedagtes, is hulle trots op hul boelie? En moenie die onskluld kaart speel nie, jy weet wat jy grootmaak!! Die kinders kom gewoonlik met moord weg, ouers WEET van al die lelike goed wat hulle vir ‘n ander kind by die skool gese het en lag daaroor, natuurlik is die volgende stap fisiese geweld. Lag julle nou lekker Mnr & Mev Boelie? Ek haat boelies, kan die goed nie verdra nie! En as ek hulle kan uitken binne een ontmoeting, moet die ouers ook weet wat hul kastige “engeltjies” werklik is. En die leerlingraad is gewoonlik vrot van hulle. Skole moet ‘n leerlingraad kies en dan die res van die kinders as leiers aanstel. Ordentlike kinders word gewoonlik mis gekyk want hulle is nie sulke tweegat jakkalse nie.
Nou voel ek beter …

Ollie ·

Dis nie die kinders se skuld, blameer die ouers wat hierdie kinders groot maak hulle moet aan gekla word, waar leer n mens om so te praat, in jou ouer huis. Waar leer jy dat vuis gevegte dinge reg maak, in jou ouer huis. Volgende rand hy n vrou aan want dit word seker ook geleer in sy ouer huis.

Jacomien ·

Ema Sadler moet deur die ouers gekontak word. Nie net die bullebak is skuldig nie, maar diegene ook wat die video geneem het; dit gepost het en ook aangestuur het. Die aanhitsers en draadsitters wat net kom kyk het, is net so skuldig. Die hele spul moet vasgetrek word sodat hulle verantwoording vir hulle dade kan doen. Kinders moet die omvang verstaan van wat hulle doen en die lewenslange gevolge wat dit kan hê. Die skool moet daadwerklik optree teenoor al die partye. Ek is siek en sat vir bullebakke!

nig ·

VIESLIK verby! Mens wonder hoe gaan dit in die ouerhuise as LAERSKOOLKINDERS sulek afskuwelik taal gebruik? Waar anders leer hulle dit. Daar sal moet ‘n plan kom om leerlinge te beskerm teen boelies – beter toesig duer onderwysers of as daar ma’s is of oumas of enige “volunteers” wat nie werk en bereid is om gedurende pouses/voorskool te kom inspeksies doen op speelgronde en toilette ens. Of skole sal moet sekuriteitskamers oral opsit (ja dis duur maar is ‘n kind se veiligehid en geluk nie meer belangrik nei?) en iemand moet pal monitor wat oral gebeur. Kan mens nou dink hoe gaan die spul word as hul ouer word? Maar soos ek se dit seker hoe dit tuis ook gaan. Lae selfbeeld en niks anders as “loosers” wat soos klomp wildehonde op een prooi toesak. SKANDE! ajmmer vir die Engelse woorde maar ek is so ontsteld ek kan nie eers reguit dink nie.

maggie ·

Dit is skokkend, maar weer eens dit wys jou as die kinders so optree, word sulke woorde by hulle huise gebruik. Geen dissipline word toe gepas. Kinders doen en se wat hulle geleer word

Sollie ·

Mens akn ook nie altyd bly se dis nie die kinders se “skuld” maar die ouers s’n. Hie was daar nie eers EEN, en veral van die sg leerlingraad wat vir die arme kind kon opstaan en se NEE, mens doen dit nie. Dis geen verskoning as die ouers nie die kinders reg opvoed nie, iemand moes sekerlik iets in sy binneste gevoel het soos jammerte of dis nie REG nie! Nee wat sies vir die spul ek hoop die skool sorteer die spul goed uit. Hier sou ‘n goeie loesing dalk help, laat die boelies hul eie medisyne proe.

Michiel ·

Die tipe van ding gebeur in ek sou waag 90% of meer skole – dit kom net nie altyd uit nie. En al HET die kind dalk gaan klik oor gerook, wat se gemors laerskoolkind ROOK? Dan was dit REG as hy gaan klik het. So of hy geklik het of nie, wie gee die spul die reg om so op te tree. Dit klink my hulle hoort in verbeteringskole. En die tale, liewe hemel. Daar is GROOT fout in ons skole. Groot!

Gerhardt ·

Ek dink die tipe goed het maar nog altyd gebeur. Verkskil was veranwoordelike onderwysers en hoofde, iets soos terreindiens het destyds bestaan. Nou is dit god’s water oor god’s akker. Ons alamal moet maar spaar vir privaat skole. Ai tog!

Theresa ·

SKOKKEND!! Verby vrieslik….. Kinders weet nie waarmee hulle besig is nie. Dis agv van sulke gedra van onopgevoede kinders dat ouers soos ek met n kind sit met depressie van die ouderdom van 9!!

Carin Pelser ·

Nee genade dis siek!!!! Wil nou amper sê neuk die kinders. Dis vandat kinders gelek word om goeie maniere te hê dat dit gaan soos dit gaan. My kinders het pak gehad waar en wanneer dit nodig was en vandag op 19 en 17 weet hulle wat is reg en verkeerd. Ek sê nie mishandel kinders nie maar maak hulle ore oop op die beproefde outydse manier. Hoop die ouers van die boelies skaam hulle self. Julle het julle plig tot goeie opvoeding versuim!!!!!

Ook geboelie op skool ·

Ek wil graag vir die kind wat geboelie is die boodskap stuur: Byt vas seun. Skool is nie vir altyd nie. Daar is ‘n ding soos Karma en sy sorg vir kinders soos jy. Ek was ook geboelie op skool. Vandag het ek die hoogste sport bereik waar ek met top bestuur wereldwyd onderhandel en multi-miljoen dollar kontrakte teken. Een van my pakke klere kos meer as meeste van daardie latte se ouers in ‘n maand verdien. Wag maar vir ‘n 20 jaar reunie, dan sien jy hoe die brekers in gewone middeljarige middelklas boepens omies verander het.
Jy het nie nodig om met hulle mee te ding om in te pas. Jy is reeds beter as hulle.
Gaan kyk maar na Elon Musk se storie. Nog ‘n Biljoener wat hier in SA skole so geboelie is dat hy Amerika toe is.
Jy is gemaak om anders te wees en uit te staan. Jy sal die hoogste sport bereik !

Leeutjie ·

“Ook geboelie op skool”: Jou skrywe het dit voorwaar vir my gedoen. Puik gestel!! Ek stem 100%.

Babs ·

Hier blameer ek die Hoof. As daar strenger opgetree word by skole sal so-iets nie plaasvind. Wie is in beheer. Die kinders of die skoolhoof? Kinders wat so optree het in elk geval nie respek vir onderwysers of hulle ouers. Weet nie of die ouers altyd belang stel in wat hulle kinders by die skool aanvang. Opvoeding begin by die huis.

Adolf ·

Die jong man aģter die kamara is. absoluut siek. Hy behoort uit die hoofstroom verwyder te word. ‘N seun van 13 wat so optree is die misdadiger van more. Alles dui op ‘n uiters swak opvoeding. Geen waardes is gevestig nie. Ďie samelewing daar buite gaan hom opeet en uitspoeg.

Jakoos ·

Ek sou graag wou dat, soos Carte Blanche maak, die pers/tv joernaliste na die ouers van die boelies gaan en vir hulle vra wat dink hul van hul kinders se gedrag. Op bv Carte Blanche gaan hul mos reguit na die skuldiges en vra hulle direkte vrae so dit moet ook gedoen word in die ope. Dat eerstens mense weet wie die ouers is en ook dat die ouers in die openbaar moet verantwoording doen. Ek hoop ons hoor wat verder gebeur en dat dit nie net weer verdwyn nie.

Jakoos ·

Ek sou graag wou dat, soos Carte Blanche maak, die pers/tv joernaliste na die ouers van die boelies gaan en vir hulle vra wat dink hul van hul kinders se gedrag. Op bv Carte Blanche gaan hul mos reguit na die skuldiges en vra hulle direkte vrae so dit moet ook gedoen word in die ope. Dat eerstens mense weet wie die ouers is en ook dat die ouers in die openbaar moet verantwoording doen. Ek hoop ons hoor wat verder gebeur en dat dit nie net weer verdwyn nie.

M ·

Nee wat Dave, onderwysers voel ‘n veer deesdae. En ja ten minste 80% van hulle. En moenie eers prober stry nie Onnies. Geen passie meer nie, wil net ‘n salaris verdien. Weet nie hoekom word jy ‘n onderwyser as jy nie van kinders hou nie.

stan ·

Onaanvaarbaar! Diep teleurgesteld in Laerskool Randfontein se dissipline. Sulke gedrag is ‘n duidelike spieëlbeeld van die boellies se moraal. Die Skool moet verantwoordelik gehou word.

Monica ·

Kinders soos dié se monde kort elkeen ‘n bottel Jelapino Tabasco sous en daarna vir poeding, hul g@tvelle wat afgetrek word. As die seuns een van my kinders was, sou hul vir ‘n baie lang tyd baie versigtig gesit het. Wat ‘n skande. Wat word van die skole?

Theresa ·

Hierdie vieslike gedrag leer die kinders by hul ouerhuise. GEEN disipline word nêrens meer toegepas nie. Hier gaan nog groot ^%$#& in skole en Universiteite kom – wag maar. Skorsing en dissiplinêre verhore beteken minder as niks vir hierdie tipe nie. Wat se voorbeeld is die regering wat so korrup is en ‘n man wat in die tronk was, word president. Dink julle nou regtig ‘n skorsing en dissplinêr gaan iets aan hierdie spul doen. Vir hulle is dit ‘n helse prestasie.

Remondo ·

kinders kort dissipline , by die huis en by die skool …. Bring terug die roede!!

Ruby ·

Ek kry daardie kind so so jammer. Hy moes ‘n bitter slegte dag op skool gehad het.

Sy ouers moet weet daar is baie ouers wat agter hulle staan en die skuldiges moet behoorlik boet vir hulle dade.

Wat van die kind wat maar stil bly maar van binne bloei?

Boelies moet glad nie geduld word nie en vat daardie prefek se balkie weg.

Blondie ·

Hoe dan anders. ..van voetsool tot in die hoogste gesag is daar anergie. As die protokol slap is is als n gemors. Hoe kan jy die kinders, leerlingraad, onderwysers, skoolhoof of selfs die ouers blameer as die gesagsstruktuur boontoe slap is ne.

Bloues ·

MOENIE skuld op die onderwysers pak nie. Dit is 100% Ouers se skuld.
Wat die berig nie sê is vir hoe lank die boelie geskors is. Soos ondervinding my leer sal die kind oor ‘n week of wat terug wees by die skool. Al hoekom die onderwys departement optree is omdat die geval wyd gesien word. Erge gevalle wat grens aan verkragting, of waar kinders baklei en met messe gesteek word kry nie die blootstelling nie en skoolhoofde word verplig om die boelies in die skool te hou.

Jaco Grobler ·

Dis moeilik om die probleem uit te wys, kan baie dinge wees, of ‘n kombinasie daarvan. Ek is self menigmale bloedlip geslaan op skool, en het ook uitgedeel, dit was, en sal altyd daar wees, of dit nou meisies, groepsdruk, swak opvoeding, kompeterende sport/skole is, klik, of sommer net frustrasies uithaal, konflik en boelies gaan daar wees. Ek praat dit geensins goed nie, maar in ‘my’ tyd het jy maar wonde gelek en aanbeweeg, ek het beslis nie sielkundige letsels opgedoen van die voorvalle nie, en ons moet nie noodwendig alle kinders hanteer asof hulle sopas deur ‘n oorlog is nie. Elke mens is anders, die een outjie kan opstaan en die ding verwerk, die ander gaan staan op die rand van ‘n brug. Ouers moet maar altyd baie noukeurig let op hulle kinders se emosionele en geestes toestand en gespekke voer wat lei tot beter en vrymoediger kommunikasie. Ek wat my eie ‘battles’ moes veg vind dit by verre die moeilikste om my seun te aan te moedig om soos ‘n kind van God op te tree in sulke situasies, sou makliker gewees het om net te sê: “Man, mo2r hom laat die rook by sy ore uittrek” Sterkte aan ALLE ouers, met die probleem, wees bedag, en skep scenarios wat hom/haar kan help om so heel moontlik ander kant te kan uitkom.

Christell Nel ·

Dis skokkend!!! Hou op die onderwysers blameer!! Dis verdomde ouers wat onopgevoede kinders het! Ek sal my dood skaam as dit my kind is. Soos hulle se klas en opvoeding kan nie gekoop word in winkels nie, jy het dit of jy het dit GLAD nie. Onderwysers is nie daar om jou kind op te voed nie. Jy is verandwoordelik vir dit. Heel duidelik het hierdie kinders se ouers, asook die toeskouers se ouers baie erg gefaal!! Ek hoop julle krimp ineen van skaamte!! Verdomde skande!!!

M ·

Onderwysers word nie beskuldig oor die kinders onmanierlik is nie. Hoe word leiers gekies – wie het die finale sê. Onderwysers! En hoekom word daar nie terrein diens gedoen nie, veral by Laerskole. Dan sou die nie gebeur het nie.

Christell Nel ·

‘n Kind wat opvoeding tuis ontvang sou in die eerste plek nie so walglik geraak het nie!! Dis om van naar te word. As die kind so optree en vloek kan ek net dink watse goemors die ouers is!

Francois ·

As oud onderwyser kan ek met eerlik sê dat dit teen die land se demokratiese riglyne is om onderwysers “finale sê” oor leerlingraad te gee. Ons het bloot ‘n anonieme stembriefie soos die res van die skool ingevul. Indien daar skole is waar die Hoof of wie ookal die leerlingraad kies, behoort daar ondersoek ingestel word.
Ja daar moes ‘n onderwyser op die terrein gewees het. Dalk was daar en is die video gestop net voor hy daar aangekom het. Dat kinders mekaar slaan en aangemoedig word deur maatjies, is verkeerd en geweldadig maar definitief nie ‘n nuwe ding nie. Ons het dit ook gedoen, is dit ook aangedoen. By ons het ons mekaar na skool by die “treinbruggie” gekry! ek sê nie die ouers is onskuldig nie, maar aggressie kan voortspruit uit baie vorme van druk. Die toppresteerder in die skool wat uit ‘n fantastiese huis kom, kan ook soms ‘n maatjie klap as skooldruk te erg raak. Die leerlingraadslid moet geskors word, hetsy tydelik of permanent. Stel ondersoek in na die al betrokkenes se welsyn en staan hulle by dmv remediëring. Onthou skole en opvoedkunde is nie ‘n strafkamp nie. Skorsing is nie opvoeding nie.

BoereBikerBaby ·

dit maak my so hartseer om te sien hoe vandag se kinders optree, dan praat ek nie eens van die taalgebruik nie. ek skaam my dood as my kind sulke kru woorde gebruik want mense sal dink ek is net so “commin” – dis vieslik! geen respek nie. dan wonder mens hoekom die land in sy dinges is, want kinders van vandag het nie eens selfrespek nie!

Elfie ·

Wat van die klasonderwyser/es? Het sy nie na speeltyd gesien hoe lykdie kind se gesig en hoekom nie dadelik toe opgetree nie? M.a.w. as daar nie fb was sou die gemors nie uitgekom het nie. Wat se onnies is in die skool. En ja wat het geword van terreindiens? Sies RAM

Twaalfie ·

Jy moet jou veroordelinge aan die ouers van hierdie boelies en vloekende kinders rig.
Die onderwysers is beslis nie vir die swak gedrag van kinders verantwoordelik nie. Gedrag en respek vir jou medemens is van die talle voorskrifte wat ‘n verantwoordelike ouer aan sy/haar kinders moet leer.

Elfie ·

“Twaalfie”, (Sic)die onnies IS skuldig; volgens wet is hul verantwoordelik vir die kinders terwyl hul in die skool is. Dus weereens waar was die toesig – mense moenie nou kom se die terrein is groot nie, in my dae het elke onnie beurt gekry om pouse die terrein te partroleer – gewoonlik twee-twee, maar hul wil liefs net sit en tee drink ja. Gewoonlik het hul dan ‘n afperiode an pouse gehad sodat hul dan ‘n ruskans het. Dit sal party goed doen om bietjie rond te stap ook – dis gesond! Jou poging om met my naam te spot se baie van jou eie karakter.

twaalfie ·

Jammer dat jou onkunde oor die onderwysberoep dit ‘n sinnelose oefening maak om met jou oor hierdie onderwerp te gesels.

Michiel ·

twaalfie, lees maar ander kommnetare, baie voel net soos Elfie, maar nou spring jy net op haar. Ek dink jy is die een wat sinnelose redenasies hier weergee – dalk onderwyser by RAM en die dat jy so op jou agterpote is? Gaan kyk weer na die skolewet -wie is verantwoordelik as die kind die skooleiendom betree

heksie ·

Ja nee, bring daai seuntjies vir my!!! hul sal nie hul eie portuur aanvat nie (en moet dit in n groep doen) dis die tipe kinders wat in n verbeteringskool hoort waar hul maniere geleer word – weereens blameer ek die ouers vir hul opvoeding!! n skool is daar vir onderrig, nie opvoeding nie!! en patetiese leerlingraad: maar hoekom? Die kinders word mos gekies as ma en pa gat kruip en die skool instop met als – jy as normale ouer wat dit nie doen nie, se kind word misgekyk! as hul hard werk word hul MISKIEN raakgesien! Maar hoofleiers (soos op die video gesien kan word) se ouers “koop” mos hul plekke. Wens die hoofde en beheerliggame wil wakker word!!! Oos Rand se skole kan jul maar gaan kyk – al die hoofleiers kom van die gatkruipers, onderwysers, predikante, ens…….as jy nie in daai kategorie val nie mis jou kind die ‘bus’. maar ek se dankie, ten minste is hul nie n mislukking vir die samelewing nie en kan hul in die grootmenswereld oorleef – anders as die kinders. Jaag boelies uit die skole – dis hulle wat eendag die tronke vol sit!!

Bekommerde ouer ·

Ek wou my kinders volgende jaar in RAM (Laerskool Randfontein) inskryf. Maar nou het ek pas besluit ek sal nie!!! Duidelik geen toesig oor leerlinge nie.

Henry ·

Wil mos lyk asof die ouers van daardie boelies en hul vloekende aanhangers nie hul verantwoordelikhede om hul kinders ‘n ordentlike opvoeding te gee, nakom nie.
Loop soek eerder die fout op ander plekke en nie by die skool nie.

Jakoos ·

Skool is net so skuldig. En leerlingraad… hoekom het nei EEN van hulle onderwysers gaan roep nie. Nee wat hulle het dit mos ook geniet om te kyk. Ook seker geweet hul leierskap sou nie weggevat word want hul ouers is seker van die tipe wat gedurig goedjies aandra skool toe …ken die tipe. Dink nie hul kind is regtig goed genoeg om op eie stoom leier te word nou is hul pal by die skool om namens kind te kruip. As daar ‘n wet inkom wat se geen ouer wat op die raad is se kind mag as prefek verkies word nie en geen onnies/skoolhoofde se kinders mag in dieselfde skool as hul kind werk nie sal jy ‘n ander ding sien!

james ·

Wil mos godsdiens uit skole haal…ja,kykna die ouer huise dan weet jy hoekom

Hein ·

Waar is die onderwysertoesig op die skoolterrein tydens pouses?

Poplap ·

Is die opvoeding wat die kinders by hul huise ontvang so swak, dat hulle nie eers vir 15 of 30 minute sonder toesig gelaat kan word nie???

Johannes ·

Moenie huiwer om ‘n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe.
SPREUKE 23:13 AFR83
Voeter die bullies, bring lyfstraf (pak slae), en Die Woord, terug in ons skole.
Skaam my vir die kinders se ouers, en die leerlingraad, en die bullies en toeskouers, wel sterkte aan die toekomstige samelewing

Jeanetta Jonker ·

Daar moet iets fout wees met jou as jy as kind ‘n ander kind aanmoedig om iemand so te slaan en te verneder. Jy moet gaan vir sielkundige hulp en uit jou ouerhuis verwyder word want hulle is duidelik nie vir jou ‘n voorbeeld nie. As hierdie kinders dit met my kind gedoen het, belowe ek jou sal ek seker maak dat elke kind wat daarby betrokke was verantwooding doen vir hulle lae en gemene gedrag. Hierdie tipe kinders moet leer dat daar nagevolge is as jy so laag en gemeen optree. Ek praat nie van skors by die skole nie, of ‘n dissiplinere verhoor nie – dis niks!!! Ek sal kriminele klagte indien teen elke kind wat daar was, want jy as kind het ‘n verantwoordelikheid om dit te stop. Dan sal ek die ouers dagvaar, al is dit net vir mediese onkostes en vir die berading waarvoor my kind moet gaan. Ek sal ook seker maak dat die hele wereld weet wie hulle is, al is dit op ‘n oneerlike manier, maar ek sal seker maak die wereld weet. Elke liewe gesig wat daar was sal in sosiale media verskyn – julle commin gemors!!!

Christie Joubert ·

En die klein nar agter die kamera dink seker hy is nou baie groot met sy “fantastiese” woordeskat…

ronel ·

Ek kry die kind vreeslik jammer al het hy op die ander gaan split verdien hy gladnie wat met hom gebeur het nie..Ek blameer GLADNIE die onderwysers nie..Die eintlike skuldiges hier is die OUERS van al die kinders wat hier betrokke was..As jy mooi sit en dink die kinders wat sulke erg taale gebruik het..Waar hoor hulle hierdie woorde?? Waar kom hulle aan sulke vieslike maniere? Ouers def geen twyfel daaroor..As jy jou kind reg leer sal hy nie homself met sulke dinge betrokke kry nie..So geen maar geen onderwyser kan hier blameer word nie..Ek se ook vir die leerlingraad wat betrokke was..Hoekom is hulle leerlingraad?? Omdat hulle ouers die skool inprop dit gaan nie meer oor top prestasie nie dit gaan oor watse ouers die meeste inprop..Ek skaam my dood om sulke dinge te sien..Ek persoonlik dink hou op onderwysers blameer vir als en leer jou kind om ten alle tye RESPEK te he

E.K. ·

Ek wil graag weet of daar disipliner teenoor die “toeskouers” asook die leerlingraad ook opgetree is/gaan word? Kon nie een by homself dink jinne dis verkeerd, my ouers het my nie so geleer en alarm gaan maak nie? Of is hulin dieslfde bootjie as die boelies met betrekking tot leiding van hul ouers? Dus skort hier BAIE by die opvoeding van ‘n hele spul kinders van hierdie skool. Absoluut walglik

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek het dit al so baie in my lewe gesien dat skoolboelies meerendeels nie ver in die lewe kom nie want sodra hulle in die grootmenswereld kom bars hulle ” bubbles “.

Sollie ·

Gerhard Bezuidenhout – nes jy se, dan begin hul dit op hul vrou en kinders uithaal

Letitia ·

Als kom van die ouer huis af, ouers wat te SLEG is om hulle kinders te desiplineer, dis n blerrie skande!

Elani ·

Ek het ‘n video van my seun gekry van twee meisies wat baklei in ‘n skool. Hy is 14 en het vir my gese ma dis lelik. Ek hou nie van boelies in die skool nie, my kleintjie word geboelie deur ‘n ander kind, ek het dit onder die skoolhoof se aandag gebring, en dis uitgesorteer. Ek se, SKORS die boelie, sit dit op sy papiere, as mamma en pappa ‘n ander skool moet soek, moet die nuwe skool dit kan sien en WEIER om hom te vat. Dis eintlik hartseer, ons toekoms is in die kinders se hande, hulle is in die laerskool, as dit nou so gaan, hoe gaan dit wees as hy groot is? Ek voel so jammer vir die seun wat geslaan is, en wil net vir hom se, ek dink aan jou en bid dat die Here jou sal help en bystaan sodat hierdie wat gebeur het nie ‘n nadelige uitwerking op jou sal he nie, et ‘n vraag, tensy ek nou heeltemal uit die oudedoos is, van wanneer af rook kinders in die laerskool?

Elani ·

Net ‘n vragie, die seun wat die video geneem het en wat so lelik vloek, gaan hy ook geskors word? Ek hoop eerlikwaar so, dink aan die junior grade wat aan so iets mut blootgestel word. En ook die ander kinders. Heel duidelik het die seun wat dei video geneem het dit gate uit geniet. Sies vir julle!!!! En soos ek se, ek hoop die een wat die video geneem het met die aanhitsing word ook geskors en dat dit ook soos ‘n rooi vlek oor sy naam sal le

Carlo ·

Om geboellie te word is geen grap nie. die grootste deel van my skoolloopbaan is was ek geboellie, totdat ek vir myself begin opstaan het. dit doen afbreek aan jou menswaardigheid en sorg vir baie emotionele skade. Die probleem begin dikwels by die huis as gevolg van swak opvoeding. Ander kere is die opvoeding by die huise standvastig, maar die invloed van vriende, media en ander dinge weer die groot oorsaak. Boellies is gewoonlik ook slagoffers van een of ander intemidasie en doen so om hulle self te laat geld.
Ouers stuur hulle kinders skool toe om opgevoed en onderrig te word. Die onderwyser is nie daar om die ouers se rol oor te neem nie, maar hul kan die opvoeding wat grotendeels by die huis moet plaasvind versterk.
Sit net die TV aan sommer binne die eerste paar minute word daar iemand aangerand of vermoor in die films wat speel. kyk maar net na die kinderstories en sie hoeveel geweld daarin is wat ons as humor sien.
Daar is net een antwoord en een oplossing en dit is Jesus Christus. span saam om vir ons skole en gemeenskappe reg deur Suid Afrika te bid en dan sal die verandering kom. bid vir die onderwysers en die kinders want hulle spandeer baie tyd saam en soms onder groot druk. God het ‘n belofte vir hierdie land en dis tyd dat ons terug keer na God se waardes sodat Sy woord oor ons mooi land met sy pragtige mense in vervulling kan kom. (Ps) Ek is nie ‘n onwyser nie maar ‘n besorgde ouer.

Elizabeth ·

My dogtertjie van 11 is ook deur ‘n ONDERWYSERES verbaal, emosioneel en fisies geboelie by ‘n vooraanstaande skool. En dit omdat sy opgestaan het teen groter kinders wie haar by twee verskillende geleenthede geboelie het. Die rede: Die boelies se mammas koop gereeld vir haar blomme en stuur geskenk- en eetbewyse skool toe.

Die Departementshoof het sowaar van my dogter verwag om hande te skud met die boelies na halwe verskonings, en as versoening ‘n hemp vanuit die skool se klerebank aangebied inruil vir haar stukkend geskeurde hemp en stukkende vel waar sy met ‘n potlood in die nek gesteek is. Gaan dit dan oor die skoolhemp?

Selfs polisiebeamptes en staatsaanklaers wil dikwels nie op ‘sosiale tone’ trap nie. Eers nadat ek gedreig het om koerante toe te gaan met datums, tye, name en foto’s as bewysstukke, het die skoolhoof die nodige BEHOORLIK gedoen. Uiteindelik – dankie! Maar waarom was dit nodig om met sulke dramatiese uiterstes te dreig? As jy nie vir jou kind baklei sodat hul eiewaarde herstel word nie, sal die samelewing hul telkens faal.

Eliza-beth ·

Elizabeth – mooi so dat jy dit nie net so gelos het nie!

Thea Gerber ·

Ek stem saam – die ouers is die primêre opvoeders, maar die oomblik as die kind by die skool se hek instap tot hy weer uitstap, is hy/sy die verantwoordelikheid van die onderwyser/hoof. “in loco parentis” – m.a.w die ouer in die afwesigheid van die ouer. Ongelukkig is dit so dat die ouers geweldig neersien op die onderwysers en die houding suur dan deur na die kinders. Daardie opmerking wat jy maak – waar jou kind luister – ‘daai ou onderwysertjie, hy moet oppas vir my – ek verdien meer in ‘n maand as hy in ‘n jaar’ ‘ die onderwyser moet simpel wees – waar op aarde gaan ons hierdie tyd van die aand prente kry van plaasdiere’ of die geliefkoosde enetjie. ‘n Onderwyser – ‘n grootmens tussen kinders, maar ‘n kind tussen grootmense’ Die kinders het geen of weinig respek vir hulle onderwysers en hulle leer dit by hulle ouers. Durf die onderwyser net sy stem lig (praat glad nie van die hand nie), dan kom die woedende ouer by die skool aangejaag en skreeu en skel of beledig snerpend venynig en sarkasties. Die onderwyser se werk kom in gedrang en sy goeie naam is daarmee heen, want Mev Hoogmoed vertel wyd en syd presies hoe sy die onderwysertjie op sy plek gesit het. Dieselfde mamma wie se kind twee weke gelede met blou hale op haar bene skool toe gekom het, want pappa het bietjie laat en goed gekuier by die huis gekom en almal moes dit ontgeld. Dieonderwyser/hoof kan nie meer die kinders maniere leer en opvoed nie, want hulle is volgens die kind en die ouer nie goed genoeg nie. Ek het nie regtig ander raad as dat die ouer en die kind moet weer respek hê vir die onderwysers, maar dit gaan moeilik gaan want die kinders respekteer nie eens meer hulle eie ouers nie. Die ouers stop vir die kinders hope geld/slimfone, ens in die hand en dan dink hulle die kinders gaan op hulle eie groot word. Verder hoor ek alewig hierdie ding. “ek sal nie toelaat dat my kind so swaar kry soos ek gekry het nie” Daardeur ontneem ons die kinders van persoonlike groei en selfstandigheid. Wat het jou die grootmens gemaak wat jy vandag is? Die swaarkry, die ver skool toe loop, die aanvaarding dat daar nie nou geld is vir onnodighede nie, die klere wat jy ge-erf het van jou nefies/niggies, broers/susters, ens. Ouers wil nie hê dat hulle kinders ook die kans kry om soos hulle te ontwikkel nie. Alles word vir hulle gegee/gedoen. Hulle leer noot verantwoordelikheid, probleemoplossing, ens nie. Sit af die TV, skakel die Internet af, sê nee vir daardie werkspartytjie en praat met julle kinders. Luister na hulle, gee hulle aandag en liefde, geborgheid, aanvaarding en stel ‘n voorbeeld in jou doen en late.

Ek onthou ·

Ek sou se die skoolhoof moet ‘n dringende vergadering bele en ALLE ouers MOET dit bywoon, geen verskonings nie. Dan moet hulle baie duidelik uitspel dat hierdie tipe gedrag NIE geduld sal word nie. Laata elek ouer ‘n tipe brief/verdrag watookal onderteken waarin hulle onderneem om die onderwysers by te staan met die opvoeding van hul kinders. Dat hulle sal onderneem om streng met hul kinders te praat oor boeliegedrag. Dat hulle self instem tot skorsing van hul kind of watter straf ookal vanpas mag wees sou hul kind oortree. Dalk moet so tipe vorm sommer deur ouers ingevul en geteken word MET getuies die dag wta die kind by die skool ingeskryf word. Hierdie WAS altyd ‘n goeie skool. Ek onthou ‘n me Kloppers by RAM wat ‘n kind net ‘n kyk gegee het en hy het in sy/haar spoor getrap> Ek onthou mr Crous die skoolhoof wat streng was maar op so ‘n amnier dat kinders respek vir hom gehad het en nie vreesbevange vir hom was nie… so jammer dat dit so geword het. Ouers en onnies moet hier saamwerk om dit uit te sorteer – hier en in ander skole.

Stuart ·

Natuurlik is dit primer die ouers se taak om ‘n kind op te voed en waardes te leer maar die skool se plig is en was ook nog altyd om te help met die OPVOEDINGSTAAK. Dis hoekom jongmense “opvoedkunde” gaan studeer. Hopelik patrolleer onderwysers nou die skoolgronde tydens pouses soos jare gelede en andersins moet die skole maar opdok met kameras oral en iemand wat sit en die hele spul dophou, dis al hoe mens die twak kan voorkom. Sal net wil hoor presies wat met ALMAL betrokke in die video gebeur het. Wat van as straf lekker aaklige lang uitskryfsessies “ek mag nie ander kinders boelie nie” so 7 000 keer of so, dit is hoogs iriterend en tydmors en glo my, eerder as om ooit weer te moet uitskryf sal ‘n kind vinnig dink voor hy sy speeltyd wil mors deur eenkant te moet sit en uitskryfwerk doen

Stuart ·

Die onlangse opskrif van ‘n rubriek in Maroela is van toepassing hier: “Is ons dan ape? Nee, ape gedra hulle beter.” Baie waar – ape gedra hul beter as die skollies wat deesdae in skole is.

Paula ·

Meeste van die boelies in die skole se ouers het tonne geld wat hulle in die skole instop en as mens die boelies rapportreer kom hulle net mooi niks oor nie en die saak sterf een stil dood want die skool kannie hulle borgskappe by die ouers kwyt wees nie. en ek praat van ondervinding. Daar word net niks aan die boelies gedoen nie.

Sollie ·

Paula dan vat jy dit verder. Vra jou kind of ander kinders ook geboelie word deur dieselfde spul, kontak hul ouers en gaan koerante toe. Dis nonsens dat die tipe gedrag toegelaat word. Dis absoluut waar dat skoel baie dinge ooglopend toelaat omdat party ouers geld instop – die tipe van ding MOET aan die groot klok gehang word. Sterkte aan alle ouers wie se kinders geboelie word, staan by jou kind en moenie bang wees om dit uit te bring nie.

FJD ·

Ek hoop die klein vuilbek wat die selfoon hanteer het word ook aangekla – dit is skokkend hoe kinders in die Laerskool so kan aangaan – geen normal goeie opgevoede persoon tree so op nie – ek weet nie wie die skuld moet dra nie – die mammas en pappas wat ‘n gehoorsame generasie aan hul kindertjies geword het of die onderwysers wat duidelik skitter in hul afwesigheid – maar aan die anderkant ‘n kind word van kleintyd af waardes geleer en waar word dit geleer – aan die knie van sy ma en pa en onderwysers mag deesdae nie meer in ‘n kind se rigting hard praat, ‘n vingerwys of oe rek nie dan is die ma en pa hoof en department op hulle rue – die enigste wat ek kan se is dat daai boelies elk ‘n drag slae moet ontvang wat uitgedeel is – ‘n spreekwoord wat sê die deler is so goed soos die steler is ook hier van toepassing – die wat aangehits het is net so skuldig soos die een wat die slae uitgedeel het – liewe land wanneer gaan almal in hierdie land wakker skrik – eers wanneer ons bloedjies die massas help om alles met klippe te bestook alles te brand as ons nie ons sin kry nie en later die lewe uit iemand wurg net omdat ek nie van hom hou nie ……..

Ig Meyer ·

Hi ek wil net sê dis skokkend, ek self ouer en het al so baie gehoor dat pa’s en ma’s vir hul seuns sê slaan hom man AS… hy jou slaan, slaan hom terug… vir my def nie die uitweg… Ouers moet dink voor hul praat… waardes nie meer daar…

Ig Meyer ·

Hi ek wil net sê dis skokkend, ek self ouer en het al so baie gehoor dat pa’s en ma’s vir hul seuns sê slaan hom man AS… hy jou slaan, slaan hom terug… vir my def nie die uitweg… Ouers moet dink voor hul praat… waardes nie meer daar…

Griki ·

Nee, kyk, dis maar goed ek het nie kinders nie, want as iemand soiets aan my kind moes doen, sou ek sake in eie hande geneem het. Ek sou sy stertvelle een vir een met ‘n tweezer afgetrek het. En as my kind die boelie was sou ek in die tronk beland het vir kindermishandeling (my eie kind). Wat egter vir my hier so duidelik soos daglig is, is die feit dat die boelie en sy maats UITERS swak opgevoed is en die skuld daarvan voor die ouers se deur gelê moet word. Ek hoop die ouers van die kind wat geboelie is voer hierdie saak verder.

Trudie ·

Ek le Di hele dilemma voor die deur van die ouers asook die regering wat dissipline o.a. uit die skole haal….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.