Skokvideo van kettingbotsing tussen motorfietse, voertuie

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

WAARSKUWING: Nie vir sensitiewe kykers nie

Drie motorfietsryers het onlangs ʼn noue ontkoming gehad tydens ʼn kettingbotsing op die pad na Hartbeespoortdam naby Pretoria in Gauteng.

Die bestuurder van een van die motorfietse, slegs bekend as Kyle, het ʼn kamera aan sy valhelm gehad en die botsing op video vasgelê. Hy het die beeldmateriaal op 29 Julie op YouTube gelaai.

In die video ry Kyle, agter ene Kevin, toe ʼn Mercedes-Benz vir stilstaande verkeer uitswaai, ʼn ander motor aan sy kant tref en dié voertuig van die pad af stamp. Die Mercedes-Benz kom voor die motorfietsryers tot stilstand, waarna Kevin, Kyle, én die derde motorfietsryer, slegs bekend as Zane, mekaar tref.

Kyle het in die beskrywing by die YouTube-video geskryf hy is “gelukkig” dat hy geen bene gebreek het nie. Hy sê hy het net spiere gerek en beserings aan sy regterbeen en linkerhand opgedoen. “Kevin het sy arm, enkel en ruggraat gebreek. Hy het ook harsingskudding opgedoen,” het Kyle gesê. “Zane het ʼn diep sny onder sy knie opgedoen. Die sny was só diep dat die been uitgesteek het.”

Volgens Kyle is die bestuurder van die Mercedes-Benz ongedeerd. Die polisie was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mias ·

Dis presses wat met my gebeur het 15 jaar terug dis nie motorfiets se skuld dai kar het voor motorfiets ingedraai

Johann ·

6 Mei was ek in `n motorfietsongeluk. Ek het stil gestaan by `n rooi robot toe `n vrou ook met `n Mercedes-Benz my van agter af raak gery het, syt geen versekering nie en my motorfiets is afgeskryf.

Johann Roux ·

Om jou verlies te vergoed, gaan nou weer ‘n lang uitgerekte proses wees omdat sy nie versekering het nie, naamgenoot.

Ek hoop jy word vergoed vir jou skade.

Yvonne ·

Ek as vrou ervaar elke keer wanneer ek op my motorfiets klim motoriste se minag vir motorfietsryers. Mans wat in hul tru-spieeltjies jou in die gesig kyk, en dan voor jou inswaai. Dis ‘n klug dat meeste “bikers” onverantwoordelik is.

Annamarie ·

My Seun is verlede jaar oorlede agv ‘n motorfiets ongeluk. ‘n Swarte op ‘n trapfiets het reg voor hom ingery op die Wagpos pad hier in Brits…..hy het geen kans gehad nie. Dit is skrikwekkend hoeveel minag daar is vir motorfietse. Die voetgangers en motoriste is roekeloos en dobbel met mense se lewens. Motorfiets ryers het ook reg om openbare paaie te gebruik..hulle betaal ook lisensie gelde !!!! Dink net hoe jy sal voel as dit jou familie lid en geliefde is wat so moet heengaan. THINK BIKE ASB. Ek is ‘n diep bedroefde Mamma……

Trippie ·

Annamarie, my hart gaan uit na jou. Is dit nie skrikwekkend hoeveel motorfietsryers deesdae hul lewens verloor nie. Ek beleef dit daagliks, dis doodeenvoudig asof mense geen respek het vir motorfietsryers nie.

Weet jy, as ek sien een kom aangery, beweeg ek outomaties meer links – en wat so lekker hartklop veroorsaak, die hand of kopknik om DANKIE te se.

Ek self is ‘n motorfiets liefhebber !

Daardie seer gaan nooit weg nie, mag jy net die mooiste herinneringe he van jou kind.

Hier is ‘n bemoedigende drukkie vir jou – XXX

Johan ·

Uit die video kan ek verstaan dat die eerste motorfiets (Kevin) die motor getref het en nie die ongeluk kon vermy nie, maar ek sien geen rede waarom die 2de en 3de motorfietse (Kyle en Zane) ook betrokke moes wees nie. Laat dit nou ‘n les wees vir ander motorfietsryers om volgafstand aan te pas by die spoed wat jy ry, sodat daar betyds gestop kan word indien iets voor jou gebeur.

Piet Snot ·

Johan, anders as wat onkundige motorbestuurders dink, is dit soms nie so maklik om met ‘n motorfiets uit te swaai (of te stop) as met ‘n motor nie. Daai manne kon eenvoudig nie uitswaai nie; die omstandighede was nie geskik nie.
Terloops, die rede hoekom die eerste man geval het voor hy die motor getref het, is omdat mens val as jy te skerp probeer uitswaai (dis nou indien hy nie dalk die fiets veiligheidshalwe “neergesit” het nie).

Ignatius ·

Uit die kommentare en ondervinding van mense met motorfietse en ongelukke wat daarmee gepaard gaan is dit baie duidelik dat ‘n motorfiets ‘n gevaarlike ding is om mee te ry.
Nee dankie, nie ‘n motorfiets vir my nie.

Mariette ·

Dit is so dat ons as motorfietsryers al die nodige voorsorg tref om veilig en sigbaar te wees. Motoriste kyk nie vir die motorfietsryers nie – hul sien hom miskien een keer in die spieel en vergeet dat ons vinniger as hulle deur die verkeer beweeg (nie dat ons onverskillig ry nie!) soos algemeen gese word nie, maar dan besluit hulle om van baan te verander of voor jou in te draai – gaan kyk maar 90 % van jou motorfietsongelukke is veroorsaak deur motoriste. Ongelukkig het ons ouens op die pad nie soos met die Rossi hulle ‘n baan sonder sypaadjies en bome nie. So groot versoek aan die motoriste – maak maar daardie ekstra tydjie en kyk 3 tot 4 keer in jou spieeltjies en maak seker almal is veilig op die pad. Dankie vir diegene wat bietjie spasie gee om verby te kom en ons se graag dankie met ‘n handgroet of kopknik – en ons respekteer diegene wat ons respekteer – kom ons maak dit veilig vir almal op ons paaie.

Robi. ·

Dis niemand se skuld nie. Daai voertuig het die een voor hom gestamp en di inpak het dit laat swenk. Maar die persoon op die motorfiets het bietjies TE vinnig gery op daai smal besige pad. NIE baie slim van hom nie né.

Jacques Niemand ·

Ek ry self al jare motorfiets, maar ons is vir 80% van die ongelukke verantwoordelik. Die ouens moes hulle spoed aansienlik verminder het toe hulle al die karre by die besige kruising gesien het. Net gisteraand het ek weer ‘n noue ontkoming met my motorfiets gehad….maar ons ry selde 60km/h in ‘n 60 zone, 80km/h in ‘n 80 zone ens.

https://www.facebook.com/jacques.k.niemand

Squishy ·

Ja ek ry self en weet jy moet n verskriklike groot volg afstand hou as jy motorfiets ry want jou briek afstand is aansienlik meer… karre swaai altyd voor my in want hul dink jy kan net briek trap so hard as moontlik en reguit bly soos n kar… en as jy net n klein bietjie te veel briek gly jy in elk geval

Jacques ·

Ek stem saam….bikers het daai vuul gewoonte om in jou blinkspot te ry. En hulle jaag soos varke nwt omdat hulle kan. Beweeg tussen stilstaande kare. Laat dit n les wees dat nie te se dat net omdat jy n bike ry jy kan nou jaag….en nie n volg afstand hou nie….en maak nes julle dink…..julle moet ook leer om ophou in mense se blind spotst te ry. Ek voel vir hulle….maar laat dit n les wees. DONT ONLY THINK BIKE….THINK CAR AS WELL. as ek n biker wat in my blindspot ry ooit moet stamp….so be it…..ek het al gery…my flikker aangesit. Gekyk en net toe ek wil draai roe verskyn die bike out of no were. Wat as ek gedraai het. Hou op flipen jaag!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.