Vullisverwyderaars het Donderdag terwyl hulle in die weste van Pretoria gewerk het, ʼn skokkende ontdekking gedoen.
Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het gesê die werkers was besig om vullis uit vullisdromme in Philip Nelpark te laai toe ʼn werker ʼn fetus ontdek het wat in ʼn handdoek toegedraai was. Die bestuurder van die vullistrok en die werkers het die polisie ontbied.
“Paramedici het die fetus dood verklaar. Dit is nie bekend wie die ma is nie,” het sy gesê.
Die polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte. Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om hul naaste polisiestasie te bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
GOD SLAAP NIE
Wanneer word die fetus n baba? Volgens my gee jy nie geboorte aan n fetus nie so hoekom n verberging van geboorte? Aan n fetus…..
So hartseer dat so baie babas/fetusse die afgelope tyd net ‘weggegooi’ word….
M……Ek het ook nou daaroor gewonder. As jy n miskraam het en vertel niemand, dan het jy n sonde gedoen en kan vervolg word? As kinders, veral seuns maar net die ernstigheid wil besef van om n meisie swanger te maak. Doen grootmensgoed en jy word grootmens gestraf.
Amelia it takes 2 to tango. Meisies moet maar hulle bene ook toehou!