Skokvonds in weste van Pta

Argieffoto: Phillip Bruwer

Vullisverwyderaars het Donderdag terwyl hulle in die weste van Pretoria gewerk het, ʼn skokkende ontdekking gedoen.

Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het gesê die werkers was besig om vullis uit vullisdromme in Philip Nelpark te laai toe ʼn werker ʼn fetus ontdek het wat in ʼn handdoek toegedraai was. Die bestuurder van die vullistrok en die werkers het die polisie ontbied.

“Paramedici het die fetus dood verklaar. Dit is nie bekend wie die ma is nie,” het sy gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte. Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om hul naaste polisiestasie te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

M ·

Wanneer word die fetus n baba? Volgens my gee jy nie geboorte aan n fetus nie so hoekom n verberging van geboorte? Aan n fetus…..

Nonna ·

Tot op 20 weke swangerskap is dit n fetus. Volgens wet moet alle geboortes geregistreer word al is dit n fetus. So dit is verberg.

ant ·

Terminologie. As mens ‘n baba na geboorte in ‘n handdoek toedraai, sal mens dit bitter moeilik nog ‘n spontane aborsie kan noem. Ek dink nie spontane aborsies word geregistreer as geboortes nie, Nonna. Dalk het die mamma gedink ‘n doodgebore baba regverdig nie die skandes en uitgawes vir ‘n hospitaal nie. Dis ‘n bitter moeilike dilemma wat nou klink na die talle gevalle van verwaarlosing wat ons nou van lees. Dalk is die grootste verwaarlosing die ontoeganklikheid van mediese sorg in dié geval…

Elrina crafford ·

So hartseer dat so baie babas/fetusse die afgelope tyd net ‘weggegooi’ word….

Amelia ·

M……Ek het ook nou daaroor gewonder. As jy n miskraam het en vertel niemand, dan het jy n sonde gedoen en kan vervolg word? As kinders, veral seuns maar net die ernstigheid wil besef van om n meisie swanger te maak. Doen grootmensgoed en jy word grootmens gestraf.

jo ·

Amelia it takes 2 to tango. Meisies moet maar hulle bene ook toehou!

CAROL ·

Jo ek gaan jou stem op die een. Gans en al teveel meisie is way te los in vandag se tyd!!!

Anne ·

Ek moet saam met julle stem, sien genoeg as ek vir my kind wag om hom na skool op te laai. Party meisies se gedrag is verby goedkoop.

Ronel ·

Ek stem saam! Die jong mense in ons dorp praat alreeds dat jy nie ‘n meisie “date” nie, jy kry ‘n beurt.

MissDemeanor ·

‘n man kan maklik n vrou se bene oop dwing al probeer sy om dit toe te hou. Maar ja selfs verkragting slagoffers “soek” mos daarvoor. Takes two to tango… dis hoogtyd dat seuns geleer word dat hul nie ‘n reg op seks het nie.

H ·

Hoekom moet net meisies altyd as los bestempel word as hulle hul bene oop maak, die seun is mos net so los soos sy dan. Ek sê die pa van daai kind moet net soveel verantwoordelikheid soos die ma vat. Dis omdat die mans niks oorkom nie dat hulle net kan saam slaap en as die meisie swanger is dan verdwyn hulle. Maar ek se ook vandag se jeug word gans te veel toe gelaat en kom met hopeloos te veel weg.
Maar wie sê ook dit was ‘n jong meisie, kon net sowel ‘n volwasse vrou gewees het wat die fetus daar gedump het. Saak bly staan dis nie reg nie en daai persoon moet vervolg word.

MissDemeanor ·

Ja presies….it takes two to tango. Die pa van die doodgebore/ weg gegooide/ fetus / baba moet ook gestraf word.

Annie ·

Skole moet ook minder seks voorligting aandied want so hits hulle dit aan en ouers moet ook laat hulle kinders minder na flieks kyk met seks tonele in – dit alles lei na “unwanted” babas en dit is wanneer sulke goed gebeur. Kan nie die kinders alleen blameer nie ouers , onderwysers, tv en skole speel groot rol hierin.

Lynette ·

Ek dink ook die seks voorligting laat hul krap waar dit nie jeuk nie. As ek sien wat hul al van graad 4 af leer is dit scary.

Eksênet ·

As ouers hulle werk doen en hul eie kinders leer van dissipline, self-respek, God en seks sal die skole dit nie hoef te doen. Ouers dump net hulle kinders by die skool entoe verwag onnies moet alles doen.

Anoniem ·

Christelike waardes => seks is mooi en kosbaar EN hoort in die huwelik. Helaas…. daar is so min mense wat hulle deesdae deur die Here laat lei.

Jandre Kroeze ·

Teken van die tyd wat ons in lewe. Die Bybel noem dat indie laaste dae moeders hull kleintjies so sal agterlaat. Dit is verskriklik as mense soos demone word. Christus moet gou kom en alle slegtes en kwade uit die aarde veryder ter wille van die Nuwe Koningkryk.

MissDemeanor ·

Die laaste dae…die mens doen dit al reg van die begin of.

Verstand ·

Die oumense het gesê: ‘Wanneer die verstand ‘n meter val begin die moeilikheid’.

Sanja ·

Ai ek ken nie die omstandighede van die ma nie… Mens kan nie haar oordeel nie… Maar dit bly net ontsettend jammer….

Gideon ·

Wat is nou so skokkend??? Daagliks beland daar honderde fetusse in hospitale se asblikke as biologiese materiaal!! Dit is skokkend!!

weesWys ·

Presies, Gideon. En geen haan kraai ooit daarna nie. Dus, die groter, ouer babatjie het die reg om te lewe (as hy dood gevind word, is dit moord), maar die klein, klein outjie nie. Hy is net ‘n fetus. En tog is dit is ‘n piepklein mensie…

Anoniem ·

Ek stem saam met jou, Gideon. Hoe kan dit goed gaan in ‘n land waar moord (aborsies) wettig is? Wat sê dit van die landsburgers se ingesteldheid en morele waardes?

Anon ·

Ek wil aansluit by Elrina. Ek se steeds, die mense moet ophou Government grants kry. Hul raak swanger en sodra hul die geboorte sertifikaat in hul hande het, druk hul die weerlose baba in n asblik of drein.. Seker nie altyd die geval nie, maar ek glo meerderheid van die kere wel.

Ruby ·

Ma: Hier is vir jou ‘n disprin.
Kind: Maar ek het nie ‘n hoofpyn nie.
Ma: Sit dit tussen jou knieë, dit hou jou bene toe.

Sarel Strydom ·

Hierdie is maar een enkele geval. Weet mense hoeveel van sulke gevalle voorkom,selfs waar babas weg gegooi terwyl hulle nog lewe. Permisiewe gemenskap waar seks as ontspanning en geld maak gesien word. die lydende party is die babas.

Rika G ·

Ek is n Ma van 3 seuns 2 uit die huis en n laatlam wat nou 16 is en glo my toe hulle 16 geword het toe kry elkeen van hulle n wallet met n kondoom in vir julle verjaarsdag. ?Net daar het hulle geweet.. het altyd gese moenie jou jong lewe opmors vir 5 min se plesier nie. So ouer kinders is getroud hou maar valk oog op laatlam. ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.