Skokwending ná dubbele tragedie by hoërskool

Die koshuis by Hoërskool Stella. Foto: Via http://www.stellaskool.co.za

ʼn 19-jarige seun is Saterdag in hegtenis geneem nadat die liggame van twee tienermeisies aan die Hoërskool Stella in Stella in Noordwes Saterdagoggend in hul koshuis gevind is.

Lt.kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag aan Maroela Media bevestig die geregtelike doodondersoek is nou na moord verander nadat die tiener, glo een van die oorledenes se voormalige kêrel, in verband met hul dood in hegtenis geneem is.

“Die verdagte is ook ʼn voormalige leerder aan die skool. Hy is vanoggend aangekla en het ʼn bekentenis by die polisie gemaak dat hy die twee meisies vermoor het,” het Funani gesê.

Die seun se naam mag nie bekend gemaak word totdat hy in die hof verskyn het nie. Die meisies se name kan ook eers bekend gemaak word nadat die verdagte in die hof verskyn het. Die meisies was vriendinne.

Maroela Media het Saterdag berig die meisies, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud en in graad 11, was veronderstel om Saterdagoggend die skoolbus te haal om netbal op Koster te gaan kyk.

“Die koshuismoeder het na hulle gaan soek en een meisie naby haar kamer aan die trapreling sien hang. Die polisie is ontbied en die ander meisie se liggaam is in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ʼn tou om haar nek,” het Funani gesê.

Die polisie is ontbied en ʼn geregtelike doodondersoek is aanvanklik van stapel gestuur om vas te stel of daar moontlik vuilspel betrokke was.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Vryburg-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.

Die motief vir die voorval word ondersoek.

Mev. Laetitia Beukes, die skool se hoof, wou Saterdag geen kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Johan ·

Maroela media.

As mens jul berig lees is die motielf baie duidelik.

Sjoe. Maak reg.

Valerie ·

Hoekom reg maak? Feite is feite. Moord is moord. En tragies is tragies.

Giel ·

Jaloesie & besitlikheid is ń lelike ding, dit was die oorsaak. ??

Natasha ·

Hoekom hulle vermoor, hierdie 2 meisies se hele lewe het nog voor hulle gelê, dis so sad. Dis tyd dat die doodstraf terug gebring word. Dis belaglik hoe maklik daar in SA gemoor kan word en dan daarmee weg kom ook. Hy sal seker net vir ‘n paar jaar sit dan kom hy uit en gaan aan met sy lewe, ‘n lewe wat hy nog net.

Marietjie ·

Ek kan nie glo dat n kind van 19 met moord gedagtes loop en dit uitvoer ook nie die lewe daar buite het Siek geword ! Innige simpatie aan die ouers en familie van die 2 meisies

Sanell ·

Baie sterkte aan die ouers en familie, dit is baie seer geen woorde kan die pyn weg vat nie.

Oom Kalahari ·

@James, die motief is jaloesie omdat verhouding verbreek is. Vriendin was ongelukkig teenwoordig en sou praat en moes daarom ook boet.

Dit is hartseer en hy moet nooit weer in sy lewe die buitekant van ‘n tronk sien nie. Hy het gesinne se lewens verwoes en in pyn en hartseer gedompel. ‘n dubbele moord, dan moet daar ernstige afwykings wees.
Alle simpatie en medelye aan die families, gesinne, vriende en Onderwys personeel vir jul groot verliese aan die twee dogters. Dit is tragies en ‘n groot trauma wat jul moet verwerk. Sterkte deur jul rou tydperk asook vorentoe.

Laksman ·

Doen aan andere wat jy kan verwag om aan jou gedoen behoort te word. My (skuil)naam sê wat die antwoord is. Hierdie gebeure is uiters skokwekkend van aard en kan ek verstaan hoekom die meisie van hom probeer ontslae raak. Absoluut NIKS regverdig die neem van ‘n ander se ALLES nl. sy/haar lewe. Hoe het dit gebeur dat hy in die koshuis toegelaat is. In my tyd (1950’s) was ‘n meisieskoshuis VERBODE TERREIN.

Soekie ka Grange ·

Hoe skokkend moet dit nie vir moordenaar se ouers wees. Jammer vir al die betrokkenes. So hartseer.

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy dit met my dogter gedoen het, sou ek vir jou gewag het terwyl jy in die tronk in veilige bewaring was………..en dan sou ek en jy jou optrede en jou ondeurdagte aksies bespreek het………en glo my, jy sou dit minder aangenaam vind.

Onnie ·

Sien julle nie die geweld en misdaad elke dag in die nuwe Suid Afika van ons nie? Die wetteloosheid en korupsie? Die seun is 19 jaar oud, hy het daarmee groot geword. Nie ‘n verskoning nie, maar dalk wel ‘n goeie rede. Kinders en volwassenes raak afgestomp – in ‘n mate soos ‘n psigopaat se emosies werk. Maak ons siek wêreld nie dalk van ons almal emosielose, gevoelose, afgestompte wesens wat niks voel vir ander en hul lewens nie.?

Doring Rosie ·

Julle dit is hart verskeurend. Die familie het nou alle ondersteuning nodig. Wat gaan in die land aan?. Wanneer wil ons regering wakker word en begin om alle landswette weer reg toe te pas. Niemand se lewe is iets werd nie.

Reregtigheid ·

Kom ons wees eerlik als in ons land is korup maar dit gee niemand die reg om iemand se lewe te neem nie dit kom uit die wet van ons Vader uit Jy mag nie dood slaan nie so julle geregtigheid sal geskied. Ek kry al die ouers baie jammer wat betrokke is hier en mede leerders sterkte en ons bid vir julle

Hennie ·

My hart gaan uit na die ouers van hierdie 2 dogters. Wil my nie eers in daardie posisie indink nie. Opregte simpatie met hierdie wonde wat seker nooit sal genees.

Reregtigheid ·

Julle ons land is korup als is verkeerd maar in die liewe Vader se woord staan jy mag nie moord pleeg nie. So ek glo daar sal geregtlikheid geskied aan die ouers en leerders van die kinders sterkte en ons bid vir julle.

Vanessa ·

Dit is verskriklik. Maar hoe word 2 mense in n koshuis vermoor en niemand hoor of sien iets nie? Was hulle alleen in die koshuis?

Okay, dis vrydag aand gewees ·

Okay. Dit het moontlik vrydag aand gebeur. So baie van hul koshuus maats is huis toe. Aangesien skool net tot vrydag middag is en Saterdag naweek is. Gewoinlik gaan kinders nie skool toe op saterdae nie

mmmm ·

Ek vra presies dit hoe los hul in vandag se suid afrika 2 meisies alleen in n koshuis en die koshuis moeder hoor absoluut niks hul was 2 hy 1 ek is seker hul het geskreeu….. hoe nalatig is dit….

Koos de Meyer. ·

Hoe het die gemors in die meisies koshuis ingekom sonder dat iemand hom sien. Die betrokke skool en die koshuis moet verantwoordelik gehou word die kinders se veiligheid. Hou siek het ons samelewing geword. Niemand is meer veilig nie. Ons bly in tronke en die skelms loop buite rond. Hartseer.

mams ·

ek stem saam Koos de Meyer, die skool en koshuis moet verantwoordelik gehou word vir die gemors al is dit te laat. jy as ouer tref mos n reeling dat jou kind daar moet bly vir die volgende dag se sport. as die koshuis huisvesting bied vir sy leerlinge dan moet daar mos toesig wees en hoe kan niemand niks gehoor of gesien het nie. my kind is in jhb n obderwyser en as hulle opdiens is met sport naweke bly hulle by die leerlinge tot die laaste ouer sy kind veilig optel. maak nie saak of hulle 12 uur die nag wag vir die laaste ouer wag nie.

Etta van der Merwe ·

Dit moes baie traumaties vir veral die koshuismoeder gewees het. Geen woorde sal hierdie verskriklike tragedie beter kan maak nie, vir niemand betrokke nie. ‘n Stukkie van elke persoon wat een van die betrokkenes geken het of ken, sal vir altyd verlore wees.

Koshuis Kind ·

Ek is bitter jamer , maar ons almal wat in n koshuis was weet daar is altyd n manier om in en uit n koshuis tekom , sonder dat onderwyser/ koshuismoder of vader oot sal weet , en maak nie saak hoeveel security daar is nie . As n koskuis brak will uit of n meisies of ou will laat in slup sal hy dit reg kry . En n koshuismoeder /vader kani 24uur toesig hou nie dit is ontmoointlik bitter jamer . Dit gaan oor die keuse wat hulle gemaak tensy dit die 2 mesies was wat hom in gelaat het . Of Hy geslup het .

Muffin ·

Koos deMeyer en Mams. Dit is baie maklik om te se wie verantwoordelik gehou moet word. Was julle daar of is julle beter. Vra maar net.

E ·

Dis baie erg, ja. Asb die 19 jarige seun het ouers wat hom seker tot die beste van hul vermoë probeer grootmaak het. Ek dink ook aan hulle, en hoe erg dit vir hul moet wees. Hoekom Here moet ń ouer soveel hartseer verdra? My innige simpatie aan alle betrokkenis. Klippe gooi gaan niks verander nie.

Hartseer ·

@E. Dankie dat jy ook dink soos ek wat van die seun se ouers en familie
Almal is hartseer oor die tragedie maar die mense moet net onthou ons almal bly in huise van glas
Sterkte aan al die families van al die partye

Tragies ·

Dis verskriklik. Kan my nie indink waardeur die ouers moet gaan nie.

Wag maar vir bevestiging van volgende berigte, maar dis glo die een se nefie, ander een se eks kerel (soos reeds bevestig).

RS ·

Dis bitter erg. Ek gaan nie oordeel nie. My hart gaan uit na álmal wat betrokke is: die kinders se ouers, familie en vriende; onderwyseres wat op hulle afgekom het, die jong man se ouers en familie; die skool; en al die kinders by die skool en koshuis.

ñ Ouer ·

Soos ek dit verstaan behels die pos van koshuis moeder/vader nie net om te sorg dat “reëls” gevolg moet word nie…hulle aanvaar daardie pos om op te tree as ouer vir die kinders in haar/sy sorg. Ek as ouer staan ten minste 2 keer in die nag op om te sien dat my kinders wel rustig is, komberse oor hulle is en nog slaap en nie games speel op die foon nie ens…is dit nie deel van ñ koshuis moeder/vader se pligte nie? Ek wat so graag so pos wil beklee kry nie die geleentheid nie…verantwoordelikheid in enige profesie is tog die trots van jou werk…

Jane ·

Ek is so jammer daaroor. Tyd dat ons weer moet terug gaan na die basis. Geskeie skoole tussen seuns en meisies. Hiedie vryery op skoole lenk af van die skoolwerk en skep baie probleme by onvolwassenes.

Wonder ·

Dit is verskriklik. Sterkte aan al die families en die hele skool.

Pieter ·

Hierdie is n geval van n seun wie se meisie hom gelos het, Hy is dalk in emosioneel instaan om verwerping the hanteer nie. Hy haar besoek miskien rusie gehad,selfbeheersing verloor en haat verwurg. Haar vriedin het op alles afgekom en wat hy aan kon dink is om haar ook te vermoor. Vergeet asb van die land se toestand, wetteloosheid moord en roof. Hierdie is duidelik `n onbeplande daad van selbeheersing verloor. Innige Simpatiemet al die betrokkenes.

Mel ·

Ek wil my nie eers indink hoe erg dit vir die families en vriende van hierdie 2 dogters moet wees nie, my innige simpatie. Iets waaroor ek wel wonder, want ekself het nooit kinders in ‘n koshuis gehaad nie, is dit praktyk dat daar geen sekuriteit is nie? Hoe het die moordenaar toegang tot die meisies koshuis gekry?

Paul ·

En ons dink politiek is ‘n probleem????

Whaaaaau man ons hele samelewing is des dinges!!!!

Kalaharivrou ·

Hierdie insident is nie di eerste van sy soort in die afgelope paar jaar nie. Verseker moet huwelike in perspektief gebring word, skeppingsrolle van ma en pa en die prioriteite t.o.v ons kinders se opvoeding. Ons verhoudings in ons huwelike asook as geskeides dra geen basiese waardes van wat werklik belangrik is in n kind se opvoeding nie. En DIT is tragies! Want ons kinders sien nie meer basiese omgee en tyd vir mekaar nie. Wat nog van deurdagte opvoeding strukture binne gesins verband.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.