Skole betoog teen bendes

Onlustepolisie hou wag terwyl leerlinge van Bulumko en Joe Slovo-skole buite die Wes-Kaapse departement van onderwys betoog (9 September 2016) (Foto: Ashraf Hendricks, GroundUp)

Onlustepolisie hou wag terwyl leerlinge van Bulumko en Joe Slovo-skole buite die Wes-Kaapse departement van onderwys betoog (9 September 2016) (Foto: Ashraf Hendricks, GroundUp)

Meer as ʼn 100 leerlinge van skole in Khayelitsha in Kaapstad het Vrydag buite die Wes-Kaapse departement van onderwys teen bendebedrywighede in skole betoog.

ʼn Graad 10-leerling van Bulumko Secondary School het gesê sy betoog teen bendebedrywighede by haar skool, berig Ashraf Hendricks van GroundUp. Nog ʼn leerling het gesê ander leerders bring “messe en vuurwapens” skool toe.

ʼn Graad 11-leerling van Bulumko het gesê weens bendebedrywighede het “onderwys tot ʼn stilstand gekom. Sy het gesê sy het gesien hoe leerlinge in ʼn klas met ʼn skerp voorwerp gesteek word.

Verskeie leerlinge is Donderdag glo beseer tydens ʼn mesgeveg tussen bendelede by die skool.

“Bendebedrywighede spoel ongelukkig soms oor tot in skole in gebiede waar dit prominent is,” het die provinsiale departement van onderwys gesê. “Bendebedrywighede is ʼn breë maatskaplike kwessie en alhoewel die onderwysdepartement nie alleen daarvoor verantwoordelik gehou kan word nie, probeer ons ons bes om die impak daarvan op skole te minimaliseer.”

Leerlinge het by die ingang van die departement vergader, struggle-liedjies gesing en gedreunsing: “We want Debbie [Schafer, provinsiale minister van onderwys]!”

Talle beamptes van die polisie se onluste-eenheid, polisievoertuie en ʼn Njala-pantservoertuig was op bystand. Michael Milayo, provinsiale voorsitter van die Congress of SA Students (Cosas), het gesê die studente is gefrustreerd met Schafer. “Sy moet met onmiddellike effek bedank,” het hy gesê.

Masimange Mkhosaan, provinsiale adjunksekretaris van Cosas, het Schafer daarvan beskuldig dat sy slegs in “wit skole” belangstel. Mkhosaan het gesê wanneer dit by Khayelitsha kom, reageer sy nie.

Die departement van onderwys ontken bewerings van rassisme.

ʼn Memorandum is aan Tau Mateseliso, adjunk direkteur-generaal van instansie-ontwikkeling en samewerking, oorhandig.

Van die griewe van Bulumko Secondary School sluit in dat leerlinge, wat hulself aan bendebedrywighede skuldig maak, geskors moet word, die behoefte aan 24 uur-sekuriteit en ʼn einde aan lyfstraf.

Joe Slovo Secondary School het Woensdag sy memorandum oorhandig.

Mkhosaan het gesê hulle beplan om ʼn volledige memorandum van verskeie skole in die Wes-Kaap aan die departement te oorhandig.

Bron: GroundUp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sannie ·

Lekker ne? Ons “demand”” dan kry ons alles. Dan kan ons weer afbrand. Hoekom altyd hulle sin vir hulle gee. Se n slag Nee. Moenie skole herbou wat die sogenaamde minder bevoorregtes afbrand nie. Van ons blankes het ook swaar groot geword maar ons het nooit afgebrand of verniel nie. Ons het waardeer wat ons gekry het. Daar word te maklik aan hul versoeke toe gegee.

Gerrit ·

ek kan nie verstaan nie.as dinge skeefloop dan is dit rassisties. Nou word daar gepraat van blanke skole is daar nog blanke skole want sover my kennis is al die skole gemeng

Pik ·

Gerrit sover ek weet lyk al die skole soos n nommer een domino

Reg ·

Ai, ai. Wat gaan demokrasie en politiek nog opneuk. Ons pragtige land is een gemors. Nou word kinders betrek.
Swak!!!

KarooKlong ·

Tog is dit baie snaaks dat hierdie sogenaamde bendebedrywighede net onder ‘n sekere groep kinders voorkom.

snoefie ·

pleks van daardie ouers die “bende neiging” klein tyd al nek omdraai moedig hulle dit eerder aan deur vur kindjie klere inbende klere te koop. wanneer die bende dan buite beheer is, is dit werkloosheid se skuld.

John ·

Sodra reels en dissipline gehandhaaf word, kla hulle. Wat wil hulle he? Die betogings was seker in skooltyd. Nog bietjie klasbank, nog bietjie toi-toi en daarna ‘n maklike eksamen oor ‘n 10e van die leerplan (wat die leerders was beswaard oor ‘n saak en besig…) en haai mense, Kersfees is alweer hier… en 1917 vir nuwe onnies, nuwe klasse, nuwe tablets, nuwe haarmodes… en… en … en…

CHRISTA ·

Jy bedoel seker2017!!! Anders het ons van vooraf moles as ons weer vir ‘n eeu deur al hierdie politiese drama moet gaan!!!

CHRISTA ·

Waarom laat ouers hulle kinders toe om by die bendes aan te sluit? Hulle behoort te besef dat dit net hulle kinders se lewens gaan verwoes!!

John ·

Christa, skuus, ja, miskien hoop my brein ons kon ‘n paar goed oordoen…

Joe ·

Wel, darem kan hulle hul hare dra soos hulle wil.
Of dalk gaan hulle betoog dat daar te min blankes in die bendes is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.