Skole byt spit af oor gemeenskap se vete

(Argieffoto: Unsplash)

Die KwaZulu-Natalse departement van onderwys het ter wille van leerders en personeel se veiligheid besluit om die heropening van 11 skole in die uMkhambathini-distrik met ’n dag uit te stel.

Dié besluit volg nadat die betrokke skole se personeel deur lede van die gemeenskap met die dood gedreig is nadat hulle probeer het om slotte en kettings aan die skole se hekke oop te breek om toegang te verkry.

Kwazi Mshengu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, sê die skole se hekke is deur lede van die gemeenskap toegesluit sodat die leerders nie Woensdag kan terugkeer nie. Dit te midde van ʼn voortdurende regsdispuut in die plaaslike tradisionele leierskap wat reeds voor die hof is.

“Wat frustrerend is, is dat die dispuut niks met onderwys te doen het nie en tog het sommige lede van die gemeenskap gekies om skole as ʼn sagte teiken en ʼn bedingingsinstrument te gebruik,” sê die LUR nou.

Die departement het nie die skole geïdentifiseer nie. Die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling se hulp is ingeroep om die situasie te probeer bemiddel.

  • Die betrokke skole sal nou eers Donderdag heropen terwyl die res van KwaZulu-Natal en ander kusprovinsies se leerders reeds Woensdag na die skoolbanke terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andries ·

Omdat hul domonnosel is, wil hul he die kinders moet ook so wees.

Marius ·

Die gemeenskap het deesdae te veel sê oor die regering se gesag en outoriteit. Is dit nie ‘n kriminele oortreding om iemand met die dood te dreig nie? Diesulkes moet gearresteer en toegesluit word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.