Skole geboelie om werkloses vir verkiesing te registreer

Panyaza Lesufi.

Panyaza Lesufi. (Foto: Ntswe Mokoena / GCIS).

Openbare skole in Pretoria het Maandagaand, sonder waarskuwing, opdrag gekry om hul skole en personeellede dié naweek beskikbaar te stel vir wat Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, beskryf as “die soektog na ʼn halfmiljoen werklose mense”.

Die skole en personeel sal volgens inligting vanaf die departement gebruik word om dié mense te help registreer om tydens die komende verkiesing vir die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) werk te kan doen.

Die opdrag is uitgereik sonder enige oorlegpleging vooraf met die skoolbeheerliggame van die sowat 40 skole oor die hele Pretoria. Skoolgemeenskappe wonder dus onder meer wie vir die gebruik van hul hulpbronne gaan betaal.

Die opdrag kom nadat Lesufi Saterdag ʼn “werkskeppingsprogram” in die provinsie van stapel gestuur het. Werkloses word nou op sosiale media aangemoedig om die komende naweek by skole in OVK-stemdistrikte aan te meld.

Senior bestuurslede by skole sou Dinsdag begin met opleiding oor hoe om werkloses op die departement se stelsel vir jeugwerkers te registreer.

In ʼn inskrywing op X (voorheen Twitter) skryf Lesufi die werwing van die halfmiljoen mense word moontlik gemaak deur ʼn “belegging” deur die departement van arbeid van R8,2 miljard.

Marius Botha, ʼn onafhanklike onderwyskonsultant van Pretoria, sê skole is ter elfde ure hieroor ingelig.

“Hulle [die regering] moet ten minste met die skool beraadslaag. Dit voel asof die skool se hulpbronne misbruik word vir die verkiesing. Die skole het reeds gehoor dat hul drukkers, ink en papier gebruik sal word.”

In ʼn brief wat Maroela Media onder oë gehad het, skryf Zukile Kosi, distrikdirekteur van onderwys in Gauteng-noord, dat skoolhoofde of hul adjunkte Dinsdag al opleiding sou ontvang in die registrasie en verifikasie van werkloses, sodat hulle kan optree as “jeugbrigadeleiers”. Die hoofde sou dan na hul skole terugkeer en ander personeel oplei as jeugbrigade en die skool teen Vrydag gereed hê vir registrasies om oor die naweek plaas te vind.

Botha voorsien mense kan in hul hordes by skole opdaag, wat kan lei tot konfliksituasies by skole.

“Niemand het hiervan geweet nie, tot ʼn mediaverklaring uitgereik is. Skole het reeds ander verpligtinge, soos sportbyeenkomste, vir die naweek beplan.”

Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê hoewel die bedoeling agter die fasilitering van werksgeleenthede binne gemeenskappe prysenswaardig is, is daar groot kommer oor die uitvoering hiervan.

“Die uitwerking op skole se bedrywighede, hulpbronne en die veiligheid van skoolgemeenskappe, asook eiendom, is duidelik nie in ag geneem nie. Daar is boonop geen poging aangewend om skole se toestemming te vra vir die gebruik van hul persele nie,” sê Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die SOS.

Skole werk met beperkte begrotings, dikwels noukeurig beplan om opvoedkundige programme en instandhouding te ondersteun. Die bykomende koste verbonde aan elektrisiteit, drukwerk, skoonmaak en oortyd vir personeel – vereis om die ESSA-registrasie te fasiliteer – is nie in ag geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Casper ·

Weereens dwing Lefufi sy stemoel op skole af sonder om deusigtigheid aan die dag te lé.Hy het nie logistieke uitdagings in ag geneem nie.

Nici ·

Bere al die ink en papier. Om die waarheid te se sluit weg die drukkers voor hul opgebruik raak. Die departement kan hul eie werk doen. Hul gee skole en belasting betalers reeds nie wat hul toekom nie.

NWT ·

Skole kan weier. Ook jeugdiges kan mos self aanlyn registeeer. Snaaks die aansoek vir registrasie om die verkiesing te werk het reeds op 8 Maart gesluit en dan is dit ook verpligtend om 80% in n module te behaal voordat jy oorweeg word. Hierdie module neem dae om af te le.

Friedrich ·

Soos Oom Frik van Orney Snork Nie sou vra “Nê?”. Solank daardie mense nie gebrein spoel word om vir die ANC of EFF stem nie is daar seker nie n probleem nie.

Wat ook snaaks is, is dar ek nie eers meer my adres kon verander nie, want die verkiesongs datum is te naby, maar nou kan daar mense nog registreer? Ek ruik n rot.

Wondermaarnet ·

My dogter is ook werkloos, maar sal seker nie in aanmerking kom nie, want ons is deel van die “presently disadvantaged”.

Pieter ·

Nee is ook ‘n antwoord. Stille Nee of ignore in die geval is nog beter. Ons is almal groot mense en ons verstaan die basics. As jy jou soos gedra, sal jy so hanteer word. Ons is in beheer hier in PTA en sal saam die staan wat wil. Die ouens hier “sonder huise” soek ons eerlikwaar nie hier nie en hulle kom ook nie van hier af nie. ons sal sorg vir ons eie, vir die wat wil en die wat dit waardeer. Ons sal nie meer skaam wees om ons voete af te stof vir julle ongemanierde DIK-tators.

Pieter ·

Soek hulle nou stemme in sekere areas? Hoekom moet ons kiesers soek en hulle by ons area voeg as hulle duidelik nie eers van hier kom nie? Nee maar, dink jy nou ons is dom?

Pieter ·

Geld is klaar, kan nie busse bekostig. Nou wil hulle DIK-tator speel en ons hulle vuil werk maak doen. En dan nog tot ons eie nadeel ook. Wys my die voordeel aan hierdie, behalwe om die mense “op te spoor” en weg te ry? Hoe gaan jy elkgeval met van die ouens redeneer as hulle op gom is of nie wil nie? nee man, wraggies!

Republikein in die Wes Kaap ·

Lesufi moet nie in Uganda gaan vakansie hou nie. Die owerhede daar sal hom roer.

Misky ·

Net weereens `n bewys dat hulle nie `n benul het van wat hulle doen nie en heg geen waarde aan geld nie. Net nommertjies vir hulle

Cassie Carstens ·

Hierdie is tipies van Lesufi wat privaat sektor bronne nou wil gebruik om stemme te werf. Hy neem nie ander mense se privaatreg oor naweke in ag nie en behoort hom te skaam. Hier sit iets meer sinisters agter as wat ons dink. Tipies van hulle swak beplannings.

domheks ·

Laat ou Lesoufie sy eie VUIL WERK doen! Wie is hy om onderwysers voor te skryf? Elke mens het sy eie lewe om te reel cANCer kan nie vir jou voorskryf wat jy wanneer moet doen nie!

minnie muis ·

lesloffie is die probleem , en dis net voters foefie, gister op safm was daar arikel oor dit en volgens n persson is sa se probleme die skuld wat anc oorgevat van np af en volgems die knaap betaal ons vandag nog af aan die skuld

Jacobus ·

In werklikheid is daar niks so vernietigend as ‘n dom meglomaan op ‘n missie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.