Skole gewaarsku oor weerhouding van rapporte

skool

Argieffoto

Geen skool is daarop geregtig om leerders se rapporte te weerhou indien hul uitstaande skoolgeld nie betaal is nie, het Debbie Schafer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, Sondag gesê.

Schafer het gesê skole oor die hele provinsie sal vandeesweek rapporte aan hul leerders uitdeel aangesien die akademiese jaar Woensdag tot ʼn einde kom. Verlede jaar het Schafer se kantoor talle klagtes van ouers ontvang nadat skole geweier het om rapporte te oorhandig aan leerders wie se skoolgeld agterstallig was. “Hierdie praktyk is heeltemal onaanvaarbaar en sal nie geduld word nie,” het sy gesê.

Sy het egter bygevoeg in sommige gevalle het die skole wel die ouers versoek om self hul kinders se rapporte te kom afhaal. Personeel het dan van die geleentheid gebruik gemaak om die uitstaande skoolgeld met die ouers te bespreek. In hierdie spesifieke gevalle het die skole ontken dat hulle die rapporte weerhou het.

“Niks kan die skool verhoed om die ouers te versoek om die rapporte te kom afhaal nie. Indien rapporte om enige rede weerhou word, sal die departement dit egter ondersoek en verdere stappe doen, indien nodig,” het Schafer gesê.

“Ek het begrip en simpatiseer met skole wat sukkel om skoolgeld by ouers in te vorder, veral wanneer sommige ouers dit duidelik nie kan bekostig nie, maar diskriminasie teen ʼn leerder weens die finansiële besluite of posisie van ʼn ouer sal nie toegelaat word nie.”

Sy het ouers herinner dat skole regstappe teen mense kan doen wat nie hul kinders se skoolgeld betaal nie en nie vir kwytskelding of gedeeltelike kwytskelding van skoolgeld in aanmerking kom nie. “Ouers kan vir kwytskelding van skoolgeld in aanmerking kom indien die skoolgeld meer as 10% van hul gesamentlike inkomste is,” het Schafer gesê. “Daar is dus wel bepaalde kanale en prosesse om ouers wat werklik nie skoolgeld kan bekostig nie, by te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Natasha ·

My seun was in Gauteng in n skool en my man het werk in Natal gekry. Ons het op die einde Natal toe getrek waar ons die kinders in n paralel medium skool gesit het. Ek kon nie werk in natal kry nie en het my seun terug gesit in sy ou skool. Nou het ons geen ander keuse as om terug te gaan Natal toe nie. Die probleem….my kind mag nie terug gaan skool toe tensy ons nie die volle skoolfonds bedrag kan betaal nie. Hoe maak mens as jy net 2000 van jou salaris oor het nadat jou huis huur betaal is? Koop jy kos of betaal jy skoolfonds. My kinders is afrikaans so ons kan nie hulle sommer net in skole sit nie want daar is nie afrikaanse skole nie!

Francois le Cochon ·

@Natasha. Maak jouself bewus na Artikels 5 en 39 van die SA Skolewet, asook die inhoud van “Schoolfees Regulations” soos vervat in Staatskoerant( Government Gazette) 29311 van 18 Oktober 2006. (Google altwee) Die skool begaan in elk geval ‘n oortreding indien hulle nie die regulasie oor skoolgeldvrystelling aan ouers openbaar nie. Dit MOET op die skool se webtuiste wees, of op ‘n OPSIGTELIKE kenisgewingbord geheg word. Bespreek dit met jou Kringbestuurder. (Die Departement van Onderwys se hoof van jou area).

Hannelie ·

Graag wil ek weet of die stelling wat gemaak is dat geen rapport van leerlinge weerhou mag word nie aangesien dit tussen die skool en ouers is, ook geld vir Privaat skole?

Lizette de klerk ·

Geskei in laaste jaar, werk veeloor en is enkel ouer kind moes verlede week ha raport kry en is geweier. Moet more 8 des weer skool bel. Hoof het ok gese hy sal haar ok nie kan her registreer om volgende jaar matriek te kan doen nie…c oor al die geld betaal is nie

Francois le Cochon ·

@Lizette. Verwys jou skoolhoof na die bepalings van Artikel 5, van die SA Skolewet, en kla hom aan by die Departement van Onderwys se Kringbestuurder van jou area.

hettie ·

Van wanneer af mag skole rapporte gee voor die skool amptelik die 9 de Desember eers sluit

Yolande ·

Ek verstaan volkome wat almal se maar sal baie graag my punt ook hier wil stel.
Ek en my man is eienaars van elk ons eie besighede. Ons werk fisies en geestelik self was 5 jaar terug op vakansie en maak slegs toe die 24-26 Des. Baie sal se maar julle werk vir julself iewers het julle mos n klomp geld. Verassingtjie: Mense het deesdae hierdie ruggraatlose houding en nadat jy 6x al rekeninge uitgestuur het betaal hulle steeds nie. Prokureur sit met rekeninge wat ons oorhandig het al van 8 jaar terug. Dis die basiese agtergrond. Ten spyte van dit betaal ons al ons reekninge. My kind se skoolfonds is nie n 1c agterstallig nie, ek werk ten spyte van my besigheid by die skool se fondsinsamelings, wat vir die kinders gedoen word wie se ouers nie skoolfonds betaal nie en ook nerens te vinde is om n pannekoek of jaffel te help bak nie. Glo my ek dien op die OuerVereniging ek maak 100de oproepe en die ouers wat help by die skool is die ouers wat op datum betaal en nie agterstallig is nie.
Tweedens Statistieke bewys dat daar in 2012 reeds 492, 667 nuwe dstv intekkenaars is. Slaan my oor kop maar as jy dstv kan bekostig kry jy nr 1 nie swaar nie en dan nr 2 kan jy jou kind se skoolfonds betaal.
Saterdae gaan doen ek my inkoppies by ons plaaslike winkel en die mense vir wie ek weekliks kospakkies vir hulle kinders aandra skooltoe kom met sakke en sakkie drank uit die drankwinkel.
Ek en my man rook nie ons het nie dstv nie en ons drink nie, en my redenasie is eenvoudig as jy dit kan doen kan jy jou rekeninge betaal.
En ek weet ek kan enige dag my besigheid se deure sluit en mag dalk ook eendag in dieselfde posisie staan maar al beteken dit ek moet toiletrolle omruil by die skool sal ek dit doen want NOOIT hoef my kind sy kop in skaamte te sak nie.
Kruisig my oor wat ek nou se Maar dit word net al makliker om die gravy trein te ry

jennifer ·

Daar is altyd geld vir sporttoere, ander klere behalwe skooldrag, ons koop mos deesdae n hempie vir elke geleentheid, en dan moet jy nie vergeet van die matriekafskeid!

Yolande ·

Skies en nog iets vir die persoon wat reken skoolfonds moet wegfevat word.
Vandag maak ouers kinders vir CPS gelde. Tans is daar 50+ kinders reeds in n klaskamer met een onderwyser wat deur regering betaal word. Beheerligame word verplig om Beheerligaamposte te skep om sodoende klasse kleiner te maak en dan dit makliker te maak vir ons kinder om te presteer omdat n onderwyser beter aandag kan gee. So n pos word deur skoolgeld en fondsinsamelings betaal. Is daar geen skoolfonds nie is daar n kleinhuisie vol ongeletterde kinders wat in die samelewing verlore raak.

Fairness ·

Yolande, ek stem met jou 100% saam. Ek moet elke dag my huis van 6-6 verlaat om te gaan werk en skoolgeld te betaal. Ek besef ek is uiters bevoorreg om ‘n werk te hê en daar mense is wat werklik sukkel om kop bo water te hou. Dit gesê, ek het geen probleem om te help waar dit regtig broekskeur gaan nie, maar dan verwag mens minstens dat daardie ouers van hul kant af ook sal help met pannekoek bak en jaffles verkoop op snikhete atletiek dae, maar dis ongelukkig dieselfde betalers en helpers by elke funksie. Die feit dat ouers onbetrokke en lui is het geen verskoning. As jy ‘n kind in die wereld kan bring, kan jy darem wragtie seker ‘n pannekoek bak. My gevoel is dat wanneer jy in aanmerking kom vir glyskaal voordele, dan moet een van die voorwaardes wees dat ‘n sekere aantal ure by skoolfunksies gehelp moet word, anders verbeur jy die glyskaal voorreg. Ons gee heeltemal te veel ‘money for jam’ en maak sodoende ‘n lui generasie groot, want kinders doen (en verwag) wat hul by ouers sien.

Yolande ·

Dit is so Fairness. En dis nie asof ek uit n ryk agtergrond uit kom nie. Ek weet my ouers was nie betrokke nie en het ook nie skoolgeld betaal nie. Ek het 2000 Matriek geskryf uit die skool sonder geld om te studeer. Ekt oggende van 6-9 by Wimpy gewaiter, 9-5 kantoorwerk gedoen by n firma en van 6-10 die aand weer by n lodge gewaiter. Net om geld bymekaar te kry om te swot. En ekt dit reggekry. Ek leer my kind van 7 ook al is daar n lekker jol in ons dorp aan die dag en jy speel krieket of rugby op n ander dorp dan gaan speel ons ons sport. As jy jou commit tot iets oefen jy en jy daag op. Klaar. Ons sit met skole wat n rugbyspan moet volmaak met 8 kinders wat kom oefen. Ons is n groepie mammas wat alhoewel ons dit self nie breed het nie, pt broekies en tekkies koop om die kinders te help wie se ouers dit nie kan bekostig nie te help, maar waar is die ouers…nerens! Ondersteun nie eers die kind nie. Dan is daar ouervergaderings uit n skool van 500 leeringe daag 8 ouers op. Maar net die vlg dag hoor jy hoe kla hulle oor skoolgeld wat weer opgaan, waar was hulle toe ons oor skoolfonds by n vergadering gepraat het.
Ek se die beheerligame van skole moet in die personeelkamer op dag van rapporte uitdeel wees, met die rapporte van ouers wat agterstallig is, ouers moet dit by hulle afhaal met reelings en verduideliking hoe hulle sal help om skool te help. Mens raak moedeloos vir slapgat ouers

Francois le Cochon ·

Skoolgeldvrystelling werk op ‘n glyskaal (4% tot 100%) soos deur die wet bepaal. Met skoolgeld van bv R17,000 per jaar, sal ouers met inkomste van minder as R480,000 pj al kwalifiseer vir gedeeltelike (4%) afslag. Indien skoolgeld meer as 10% van hul inkomste is, kwalifiseer hulle vir 100% afslag.

Wiebo ·

My en my vrou se jaarlikse inkomste saam is onder R200, 000 per jaar. Skoolfonds is R13000 per jaar, en ons is agterstallig met skoolfonds. Sal maar Woensdag moet sien wat gebeur. Wonderboom Hoerskool in Pretoria hou daarvan om ouers te dreig om die rapport nie te gee nie. Wat kan ek doen as hulle nie die rapport wil gee nie??

Francois le Cochon ·

@ Wiebo. Volgens paragraaf 6.(6).(e) van die Regulasie wat skoolgeldvrystelling bepaal, kwalifiseer jy vir 73% afslag indien jy een kind op skool het. (78% met twee kinders en 82% vir 3 kinders ens.).

Francois le Cochon ·

@Wiedo. Wees ook bewus dat skoolgeldvrystelling terugwerkend is (Artikel 41 (3) van die SA Skolewet) Dit beteken, indien jy al in Januarie 2014 vir skoolgeld kwytskelding gekwalifiseer het, is jy in krediet by die skool, of moet hulle jou skoolgeld terug betaal.

Se maar net ·

My inkomste is R288 000.00 per jaar. Ek het twee seuns op skool, een in gr 8 een in gr 1. Skoolfonds op datum betaal, en busgeld op dastum betaal. Ek het aansoek gedoen, as ;n alleen ma vir ‘n beurs, was vir my gese ek verdien ver oor die benchmark vir beurse. Die een man op die beheerliggaam het vir my reguit gese ek moet hof toe gaan en gaan baklei vir onderhoud. Goed en wel, ek verstaan, maar nou is die probleem: as ek moet hof toe gaan en aanhoudened gaan baklei vir onderhoud, want glo my, ek gaan elke maand moet hof toe gaan, wie gaan my help as ek my werk verloor? Wie gaan dan vir my seuns sorg? Ek verstaan ons moet betaal, want my kinders is Afrikaans, en ja< die skole word duurder en skaarser, maar wat as jy nie regtig kan nie, maar net so maak en betaal om nie weer so vernederd te voel nie? En nee, net vir iets anders, ons het ni dstv, of 'n internet lyn by die huis nie, en raai hoekom? My kinders moet leer, ons moet 'n dak oor ons koppe he, ons moet eet en ek moet hulle skoolfonds betaal. So daar is baie wat huolle nie het nie en nie kan kry nie, omdat dit net ons drie is

Se maar net ·

En ek het ook matriek gekryf met ouers wat ook nie kon betaal nie, in 1997. Kon ook nie kollege of universiteit toe gaan nie, het myself opgewerk, okk drie werke gelyk gedoen en studeer. So dis nie asof ek net wil terugsit en net wil he en ontvang nie, want daar is kinders wat dit meer nodig het, en ek kla ook nie om te betaal nie, lug maar net my mening ook dat daar wel ouers is, enkel alleen ouers, wat betaal al is dit hoe moeilik en al moet die kinders sonder goed gaan, daar is altyd iemand wat dit meer nodig het.

Francois le Cochon ·

@ Se maar net. Wees versigtig met beurse. Beurse wat uit’n skoolfonds betaal word is hoogs onwettig, en die houer kan aanspreeklik daarvoor gehou word om dit terug te betaal indien iemand ‘n klag sou le. Beurse mag slegs uit ‘n trust betaal word, wat deur die stigter befonds word. GEEN SKOOLGELD, SKENKINGS of DONASIES aan ‘n skool, mag in ‘n trust betaal word, of gebruik word om ‘n trust te stig. ‘n Skool mag ook GLAD NIE aan enige iemand vra om skenkings aan ‘n Trust te maak nie. Dit is HOOGS onreelmatig.
Met jou inkomste sal jy kwalifiseer vir skoolgeld afslag. Vul die nodige vorm in wat aangeheg is by die “Schoolfees Regulation” (byvoegsel B). Laat die SBL die nodige doen om geld van jou ex te vorder. Die SBL gaan heel waarskynlik vir jou ‘n ander vorm gee, wat jou weke gaan neem om in te vul. Moenie hiervoor val nie, die Wet is aan jou kant. Jy hoof net inligting te versaf wat relevant is tot jou inkomste, en niks meer nie. Die SBL mag jou nie vra oor jou bates nie. Dit was in die wet voor 2006 gewees. Dit is nou as jy vir gedeeltelike afslag aansoek doen op grond van inkomste konsessie soos toegelaat deur die Minister van Onderwys.
Neem ook kennis dat ‘n SBL GEEN skoolgeld afslag mag gee op grond van ‘n leerder se akademiese- op sport prestasie (beurse) of aan kinders van onderwysers of SBL lede. Skoolgeld afslag mag SLEG toegestaan word deur ‘n SBL soos bepaal deur die Wet.

Francois le Cochon ·

@Se maar net. Ek moet byvoeg dat jy aansoek doen by die skool met die hoogste skoolfonds.
Dit is seker die Hoerskool. Jy sal dan ‘n persentasie afslag kry bereken op twee kinders volgens die HS se skoolgeld. Die HS moet dan die laerskool laat weet.

Se maar net ·

@Francois Le Cochon. Baie dankie vir die advies, sal dit gebruik volgende jaar wanneer die skool weer heropen vir die nuwe jaar.

Tom ·

Net ‘n gedeelte van ons hoërskool dogters se skoolgelde vir 2014 is betaal. Ek het die skool geskakel en gevra of hulle my kinders se rapporte gaan terughou, die dame was skoon uit die veld geslaan omdat ek so ‘n vraag gevra het, en het my kinders sonder enige probleme hul rapporte ontvang. 2015 het ons aansoek gedoen vir vrystelling, en alhoewel ons net gedeeltelike vrystelling ontvang het, het ons met behulp van ons familie die skoolgelde vir 2015 tenvolle betaal. My probleem is nou dat daar steeds gelde uitstaande is vir 2014, my dogter het nou matriek geskryf. Ek het gehoor dat die skool nie haar uitslae kan weier nie, maar is dit glo die gebruik by ander skole om nie vir die kinders wat agterstallige skoolgelde het om vir hul ‘n getuigskrif te gee nie. Is dit aanvaarbaar? Die kind salnie kan aansoek doen vir ‘n werk ens nie, want moet sy tog ‘n getuigskrif kan lewer.

Tom ·

My vorige kommentaar isnie gepubliseer nie.
Albei my dogters is in die hoërskool – ons konnie al die skoolgelde vir 2014 betaal nie. Die skool hetnie ons kinders se rapporte teruggehou nie, waarvoor ons baie dankbaar was.
2015 het ons aansoek gedoen vir vrystelling, en gedeeltelike vrystelling ontvang. Met die hulp van ons familie kon ons die skoolgelde vir 2015 tenvolle betaal. My dogter het nou matriek geskryf. Ek is bekommerd want weet ek nie of sy haar uitslae gaan ontvang nie omdat daar nog gelde vir 2014 uitstaande is. Ek het ook al gehoor dat daar wel skole is wat nie ‘n getuigskrif gee vir die leerder as daar gelde uitstaande isnie. Kan die skole dit doen?

Francois le Cochon ·

@Tom. Nee, geen vorm van enige diskriminasie weens wanbetaling van skoolgeld. Lees Artikel 5 en 41 (7) van die SA skolewet. (Google SA Skolewet).
Indien skoolgelde langer as 30 dae agterstallig is, MOET die skool eers vasstel of die ouer(s) nie kwalifiseer vir kwytskelding (of gedeeltelike-) alvorens die skool enige stappe mag neem. Sien Artikel 41 (4) van die SA Skolewet. ‘n Skool mag dus nie ‘n aanmaning of prokureursbrief aan die ouer(s) stuur voor ‘n ondersoek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.